1986 NGK besluit: Aborsie

Die volgende besluit oor aborsie is geneem tydens die NG Kerk se algemene sinode van 1986.

******

Agenda

6. Verslag Van die Algemene Kommissie vir Leer en Aktuele Sake

Punt 4.2, Aborsie, p 91

4.2.1 Uit verskillende oorde word aborsie tans ook as gesinsbeplanningsmetode bepleit. Daar bestaan organisasie wat aktief propaganda maak vir die wysiging van wetgewing sodat aborsies meer geredelik uitgevoer kan word. Die dagbestuur het ’n onderhoud met die Minister van Gesondheid en Welsyn gevoer waartydens ons Kommissie vir die behoud van die bestaande wetgewing gevra het. Die reaksie van die minister het die Kommissie gerus gestel.

4.2.2 Die Algemene Sinode doen ’n beroep op die owerheid om nie die wetgewing te wysig ten einde die uitvoering van aborsies te vergemaklik nie.

Handelinge

Punt 4.2, p 600

4.2.1 Kennis geneem
4.2.2 Aanbeveling – goedgekeur

Agenda

Punt 5, Aborsie, p 107

5.1 Opdrag

“Die Sinode besluit dat, aangesien die omstandighede vir aborsie “in hoogs uitsonderlike gevalle” nie uitgespel is nie, die Algemene Kommissie vir Leer en Aktuele Sake versoek word om ’n kommissie saam te stel, waarin ook vakkundiges behoort te wees, om hieraan aandag te gee vir voorlegging aan die Algemene Kommissie vir Leer en Aktuele Sake met die oog op finale afhandeling. Die resultaat wat desnoods in ’n brosjure beskikbaar gestel kan word, kan ook as riglyn dien in die onderhandeling met die owerheid (Handelinge, Algemene Sinode 1982: 1241-1242)

5.2 Optrede

Gedurende die reses het Kommissielede die vraagstuk van aborsie met verskeie medici – veral persone wat aan opleidingshospitale verbonde is – bespreek. Nadat die Kommissie mondelinge verslag ontvang het, is besluit om nie op ’n kasuïstiese wyse die moontlike indikasies vir aborsie te tabuleer nie. Die taak van die Kerk is om die Skriftuurlike beginsel aan te dui. Binne die ruimte van hierdie beginsel-standpunt bepaal die gelowige sy optrede. Daarom beveel die Kommissie aan dat die Sinode volstaan met die besluite wat in verband met aborsie geneem is.

5.3 Aanbeveling

Die Algemene Sinode volstaan met die besluite wat reeds in verband met aborsie geneem is.

Handelinge

5. Aborsie, p 602
5.1 Opdrag – kennis geneem
5.2 Optrede – kennis geneem
5.3 Aanbeveling – goedgekeur

Die Algemene Sinode volstaan met die besluite wat reeds in verband met aborsie geneem is.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui