Die Bybel oor gebed

Soms wonder ’n mens hoekom ’n mens moet bid as God in elkgeval weet wat in mens se hart is. Die Bybel is egter baie duidelik daaroor dat ons (baie) tyd aan gebed moet afstaan. Hier volg dele in die Bybel oor gebed. Kyk ook wat ander geloofshelde oor gebed gesê het in Aanhalings oor gebed.

********

Nehemia 1:6 (NLV)

(6)Hoor my gebed! “Kyk, en U sal sien dat ek dag en nag vir die mense van Israel, u dienaars, intree in gebed. Ek bely dat ons teen U gesondig het. Selfs ook ek en my familie het sonde gedoen!

Psalm 141:2

(2)Mag my gebed voor U wees soos ’n wierookoffer, die uitstrek van my hande soos ’n graanoffer in die aand.

Psalm 143:6

(6)Ek strek my hande uit in gebed na U toe, ek is voor U soos ’n uitgedorde land.

Spreuke 15:29

(29)Die Here is ver van die goddeloses af, maar Hy hoor die gebed van die regverdiges.

Daniël 6:11

(11)Toe Daniël hoor dat die dekreet uitgevaardig is, het hy na sy huis toe gegaan. Sy dakkamer se venster het na Jerusalem se kant toe gekyk en soos sy gewoonte altyd was, het Daniël voortgegaan om drie maal per dag voor sy God te kniel en Hom te prys, te aanbid en te dank.

Miga 7:7

(7)Maar ek sal vertrou op die Here, ek sal wag vir die God wat my red. My God sal my gebed verhoor.

Matteus 6:9-13 (Onse Vader gebed, Lukas 11:2-4)

(9)”So moet julle bid: Ons Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word;

(10)laat u koninkryk kom; laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel.

(11)Gee ons vandag ons daaglikse brood;

(12)en vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree;

(13)en laat ons nie in versoeking kom nie maar verlos ons van die Bose.

Dit is opvallend dat hierdie gebed nie voorbidding vir andere insluit nie. Mens sou kon verwag dat Jesus ook sou insluit om mense se harte oop te maak vir die Evangelie.

Matteus 7:7-12 (Lukas 11:9-13)

(7)“Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry; klop, en vir julle sal oopgemaak word, 8want elkeen wat vra, ontvang; en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word. …

Matteus 14:23 (Mark 6:45-52; Joh 6:15-21)

(23)Nadat Hy (Jesus) die mense weggestuur het, het Hy alleen na die berg toe gegaan om te bid. Toe dit aand word, was Hy daar alleen.

Dit is baie duidelik dat Jesus gereëld gebid het.

Matteus 18:19

(19)Verder verseker Ek julle: As twee van julle op aarde oor enige saak saamstem en daaroor bid, sal my Vader wat in die hemel is, hulle dit laat kry,

Matteus 19:13 (Mark 10:13-16; Luk 18:15-17)

(13)Die mense het kindertjies na Hom toe gebring dat Hy hulle die hande moet oplê en vir hulle moet bid.

Matteus 21:13 (Mark 11:17; Luk 19:46)

(13)… ‘My huis sal ‘n huis van gebed wees,’

Matteus 21:22 (Mark 11:12-14, 20-24)

(22)As julle glo, sal julle alles ontvang wat julle in die gebed vra.

Matteus 26 (Mark 14:32-42; Luk 22:39-46; Joh 18:1-2)

(36)Daarna kom Jesus met sy dissipels by ’n plek met die naam Getsemane, en Hy sê vir hulle: “Sit hier terwyl Ek daar gaan bid.”

(39)Hy het ’n entjie verder gegaan en daar gekniel met die gesig teen die grond en gebid: “My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie lydensbeker by My verbygaan. Moet nogtans nie doen soos Ek wil nie, maar soos U wil.”

(41)Waak en bid, sodat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is gewillig, maar die vlees is swak.”

(44)Hy het hulle weer alleen laat bly en ’n derde keer gaan bid…

Twee dinge: (1)Jesus het gebid. (2)Hy het gebid dat God se wil sal laat geskied.

Markus 9:29 (Mat 17:14-20; Luk 9:37-43)

(29)Hy het vir hulle gesê: “Hierdie goed kan met niks anders as met gebed uitgedrywe word nie.”

Lukas 6:12 (Mat 10:1-4; Mark 3:13-19)

(12)In daardie tyd het Jesus uitgegaan na die berg toe om te bid en die hele nag deurgebring in gebed tot God.

‘n Mens kry die idee dat Jesus deurnag gebid het voor Hy sy dissipels geroep het.

Lukas 18:1-8 (Die gelykenis van die weduwee en die regter)

(1)Jesus het vir hulle ‘n gelykenis vertel om duidelik te maak dat ‘n mens altyd moet aanhou bid sonder om moedeloos te word. …

Lukas 23:34

(34)Toe sê Jesus: “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie!”

Johannes 16:23-24

(23b) “Dít verseker Ek julle: Wat julle die Vader ook al in my Naam sal bid, sal Hy vir julle gee. (24) Tot nou toe het julle nog nie in my Naam gebid nie. Bid, en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees.”

Johannes 17 (Gebed van Jesus)

(1)…“Vader, die tyd het gekom. Verheerlik u Seun, sodat die Seun U kan verheerlik.

(6)“Ek het u Naam bekend gemaak aan die mense wat U My uit die wêreld gegee het. Hulle het aan U behoort, en U het hulle aan My gegee,…

(9)“Ek bid vir hulle. Ek bid nie vir die wêreld nie maar vir dié wat U My gegee het, omdat hulle aan U behoort.

(11)… “Heilige Vader, bewaar hulle in u Naam, die Naam wat U My gegee het, sodat hulle net soos Ons een kan wees.

(15)Ek bid … dat U hulle van die Bose moet bewaar.

(17)Laat hulle aan U toegewy wees deur die waarheid.

(20)“Ek bid egter nie net vir hulle nie, maar ook vir dié wat deur hulle woorde tot geloof in My sal kom. (21)Ek bid dat hulle almal een mag wees,

(24)“Vader, Ek wil graag hê dat waar Ek is, hulle wat U My gegee het, ook by My moet wees,

Dit is opvallend dat Jesus sê dat Hy nie vir die wêreld bid nie, maar vir sy volgelinge.

Handelinge 6:4

(4)Ons sal dan al ons aandag aan gebed en die bediening van die woord bly gee.”

Handelinge 12:12

(12)Met dié gedagte is hy na die huis van Maria, die moeder van Johannes wat ook Markus genoem is, waar baie gelowiges saam was om te bid.

Handelinge 16:25

(25)Teen middernag was Paulus en Silas besig om te bid en tot lof van God te sing.

Romeine 12:12

(12)Verbly julle in die hoop; staan vas in verdrukking; volhard in gebed.

1 Korintiërs 7:5

(5)Moenie vir mekaar omgang weier nie, behalwe met wedersydse toestemming en net vir ’n bepaalde tyd om julle aan die gebed te wy. Daarna moet julle weer saamkom, sodat die Satan julle nie miskien weens julle gebrek aan selfbeheersing verlei nie.

Efesiërs 3:14

(14)Daarom kniel ek in gebed voor die Vader

Efesiërs 6:18

(18)Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees. Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges.

Filippense 4:6

(6)Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend.

Kolossense 4:2

(2)Volhard in die gebed! Wees daarby waaksaam en dankbaar

1 Tessalonisense 3:10

(10)Dag en nag bid ons met ons hele hart om julle weer persoonlik te mag sien en om aan te vul wat nog aan julle geloof ontbreek.

1 Tessalonisense 5:17

(17)Bid gedurig.

1 Tessalonisense 5:25

(25)Broers, bid ook vir ons.

1 Timoteus 2:1

(1)Ek dring daarop aan dat daar in die eerste plek met smeking, voorbidding en danksegging gebid moet word vir alle mense,

Hebreërs 13:18

(18)Hou aan om vir ons te bid, …

Jakobus 1:5-6

(5) As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt. (6) Maar ’n mens moet gelowig bid en nie twyfel nie, want iemand wat twyfel, is soos ’n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word.

Jakobus 4:2

(2b)Julle kry nie, omdat julle nie bid nie.

Jakobus 5:13

(13a)As daar iemand onder julle is wat swaar kry, moet hy bid.

Jakobus 5:14-16

(14) As daar iemand van julle is wat siek is, moet hy die ouderlinge van die gemeente laat kom, en hulle moet vir hom bid en hom met olie salf onder aanroeping van die Naam van die Here. (15) En as hulle gelowig bid, sal dit vir die sieke genesing bring: die Here sal hom gesond maak. As hy gesondig het, sal dit hom vergewe word. (16) Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die gebed van ’n gelowige het ’n kragtige uitwerking.

Kyk Jakobus oor die gelowige gebed.

1 Johannes 5:14-15

(14)En nou kan ons met vrymoedigheid na God gaan, omdat Hy ons gebede verhoor as ons enigiets volgens sy wil vra. (15)En aangesien ons weet dat Hy ons gebede verhoor as ons iets só vra, weet ons ook dat ons kry wat ons van Hom vra.

Judas 1:20

(20)Julle, geliefdes, moet egter voortgaan om julle lewe te bou op julle allerheiligste geloof. Bid altyd deur die krag van die Heilige Gees.

Openbaring 5:8

(8)Net toe die Lam die boek neem, het die vier lewende wesens en die vier en twintig ouderlinge voor Hom gekniel. Elkeen van hulle het ’n siter gehad en ’n goue bak vol wierook, die gebede van die gelowiges.

Paulus se briewe

Die woord “bid” kom 42 keer in Paulus se briewe voor. In die meeste gevalle gaan dit oor voorbidding vir ander mense:

  1. Romeine 1:10
  2. Romeine 8:26
  3. Romeine 15:30
  4. 1 Korintiërs 11:4
  5. 1 Korintiërs 11:5
  6. 1 Korintiërs 11:13
  7. 1 Korintiërs 14:13
  8. 1 Korintiërs 14:14
  9. 1 Korintiërs 14:15
  10. 2 Korintiërs 1:11
  11. 2 Korintiërs 9:14
  12. 2 Korintiërs 12:8
  13. 2 Korintiërs 13:7
  14. 2 Korintiërs 13:9
  15. Efesiërs 1:17
  16. Efesiërs 1:18
  17. Efesiërs 3:1
  18. Efesiërs 3:13
  19. Efesiërs 3:16
  20. Efesiërs 3:20
  21. Efesiërs 6:18
  22. Efesiërs 6:19
  23. Efesiërs 6:20
  24. Filippense 1:4
  25. Filippense 1:9
  26. Filippense 1:19
  27. Kolossense 1:3
  28. Kolossense 1:9
  29. Kolossense 4:3
  30. Kolossense 4:4
  31. Kolossense 4:12
  32. 1 Tessalonisense 3:10
  33. 1 Tessalonisense 5:17
  34. 1 Tessalonisense 5:25
  35. 2 Tessalonisense 1:11
  36. 2 Tessalonisense 3:1
  37. 2 Tessalonisense 3:2
  38. 1 Timoteus 2:1
  39. Filemon 1:4
  40. Hebreërs 11:21
  41. Hebreërs 13:18
  42. Hebreërs 13:19

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui