Anglikaanse Kerk sê nee vir seëngebede vir gays

Kyk ook:

Die volgende artikel het in Die burger verskyn (kyk ook Anglikaanse Kerk verwerp seënbede vir gays).

********

Anglikaanse Kerk sê nee vir seëngebede vir gays

30 September 2016 23:12

Die Anglikaanse Kerk van Suid-Afrika het Vrydag ’n voorstel om “seëngebede” vir egpare van dieselfde geslag toe te laat, afgekeur.

Die bisdom van Saldanhabaai het voorgestel dat die seëngebede gedoen word. Die bisdom strek van Kaapstad se noordelike voorstede tot by die Namibiese grens.

Aanvanklik is voorgestel dat biskoppe toelaat dat leraars wat as LGBTI identifiseer en getroud is gemeentes kan bedien, maar dit is later laat vaar.

Aartsbiskop Thabo Makgoba, Anglikaanse aartsbiskop van Kaapstad, het voor hy die uitslag van die stem bekend gemaak het, gesê die pyn in die kerk oor die kwessie is “tasbaar”.

Die kerk sluit in Anglikane in Angola, Lesotho, Mosambiek, Namibië, Suid-Afrika, Swaziland en St. Helena, waarvan Suid-Afrika die enigste land is wat gay huwelike toelaat.

Makgoba het gesê die kwessie kan by die volgende provinsiale sinode in 2019 en by die wêreldbyeenkoms van Anglikaanse biskoppe in 2020 gelug word.

Nadat hy die uitslag bekend gemaak het, het hy vir stilte gevra “terwyl ons die pyn wat die uitslag aan kerklede gaan bring voor God neerlê”.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui