Jakob

Jakob se tydlyn volgens The Annals of the World.

Beskrywing vC Jakob ouderdom Nota
Jakob word gebore toe Isak 60 jaar oud was 1836 0 Gen 25:26
Abraham sterf toe hy 175 jaar oud was 1821 15 Gen 25:7-8
Esau trou met Jehudit en Basemat, beide Hetiete 1796 40 1
Ismael sterf toe hy 137 jaar oud was 1773 63 Gen 25:17
Isak seën Jakob toe hy 76+60=136 jaar oud is 1760 76
God sluit ‘n verbond met Jakob by Bet-el 1759 77 Gen 28:10-22
Esau trou met Magalat, dogter van Ismael 1759 77 Gen 28:8-9
Jakob trou met Lea en Ragel 1759 77 2
Ruben, seun van Lea, word gebore 1758 78
Simeon, seun van Lea, word gebore 1757 79
Levi, seun van Lea, word gebore 1756 80 Gen 29:34
Juda, seun van Lea, word gebore 1755 81 Gen 29:35
Josef, seun van Ragel, word gebore.
Werk nou 14 jaar vir Laban.
1745 91 3
Jakob vlug uit Haran nadat hy 20 jaar vir Laban gewerk het 1739 97 Gen 31:38,41
Josef word verkoop toe hy 17 jaar oud was 1728 108 Gen 37:2
Josef lê die drome van die skinker en bakker uit. Dit gebeur twee jaar voor Josef in diens van die farao tree. 1717 119 Gen 41:1
Isak sterf op 180 jarige ouderdom. 1716 120 Gen 35:28
Josef lê farao se droom uit en tree in diens van die farao toe hy 30 jaar oud is. 1715 121 Gen 41:46
Sewe jaar van hongersnood begin. 1708 128
Eerste jaar van droogte. Jakob stuur sy seuns om koring te koop. 1707 129
Tweede jaar van droogte. Jakob stuur weer sy seuns om koring te koop. Josef (30+7+2=39 jaar oud) sê wie hy is. Jakob en sy seuns trek na Egipte. Jakob sê vir die farao dat hy 130 jaar oud is. Dus verskil Jakob en Josef met 130-39=91 jaar 1706 130 Gen 47:9
Jakob sterf toe hy 147 jaar oud is. Hy was 17 jaar in Egipte. 1689 147 Gen 47:28

Notas

  1. Gen 26:34-35. Net voor Jakob gevlug het na Haran spreek Rebekka haar misnoë uit oor Esau se Hetitiese vroue (Gen 27:46).
  2. Gen 29:14-. Hierdie datum is volgens James Ussher en neem aan dat Jakob met Lea en Ragel getrou het in dieselfde jaar wat hy hulle ontmoet het. Kyk Hoe oud was Jakob toe hy Ragel ontmoet het?
  3. Jakob was 91 jaar oud toe Josef gebore is en gevolglik 77 jaar oud toe hy Laban die eerste keer begin dien het. Dit kan afgelei word, want Jakob was 130 jaar oud toe hy die eerste keer voor Farao gestaan het in die tyd toe die sewe jare van oorvloed verby was en twee jaar van die hongersnood verby was. (Gen 45:6; Gen 47:9) Josef was toe 39 jaar oud. Hy was 30 jaar oud toe hy die eerste keer voor Farao gekom het, net voor die sewe jaar van oorvloed. (Gen 41:32,46)

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui