Paulus

Kyk ook:

Paulus was een van die apostels in die Nuwe Testament.

In Filippense 3:5-6 gee hy ‘n kort CV van homself: “(5)ek is op die agste dag besny, van geboorte ‘n Israeliet, uit die stam Benjamin, ‘n egte Hebreër, in wetsopvatting was ek ‘n Fariseër, (6)in my ywer ‘n vervolger van die kerk, in onderhouding van die wet van Moses om vryspraak te kry, onberispelik.

Roeping

Toe Paulus (op daardie stadium was sy naam Saulus van Tarsus) op reis naby Damaskus kom, het daar skielik ‘n lig uit die hemel op hom gestraal. Jesus het hom tydens hierdie geleentheid geroep (Handelinge 9). Na die insident was hy blind. Ananias het vir hom gebid en iets soos skille het van sy oë afgeval en hy kon weer sien.

In Handelinge 13:9 word Saulus die eerste keer Paulus genoem.

Paulus se opleiding

 

Skrywes

Paulus het veertien briewe geskryf wat in die Nuwe Testament opgeneem is:

  1. Romeine
  2. 1 Korintiërs
  3. 2 Korintiërs
  4. Galasiërs
  5. Efesiërs
  6. Filippense
  7. Kolossense
  8. 1 Tessalonisense
  9. 2 Tessalonisense
  10. 1 Timoteus
  11. 2 Timoteus
  12. Titus
  13. Filemon
  14. Hebreërs

By sommiges is daar twyfel of Paulus Hebreërs ook geskryf het, maar volgens Nederlandse Geloofsbelydenis, artikel 4 was Paulus die outeur.

Paulus se doring in die vlees

In 2 Korintiërs 12:7-10 vertel Paulus van ‘n “doring in sy vlees” waaroor hy vir God gevra het om dit weg te neem. Hy noem nie spesifiek wat dit is nie, maar ‘n mens lei af dat hy aan ‘n ernstige oogkwaal gely het wat algemeen in die Midde-Ooste voorgekom het. Dit staan as oftalmie bekend. Hierdie afleiding word gemaak uit die meegevoel wat die mense met hom gehad het: “Dít kan ek van julle getuig: As dit moontlik was, sou julle julle oë uitgeruk en vir my gegee het.” (Gal 4:15). Kyk ook 1 Kor 16:21; Gal 6:11; Kol 4:18; 2 Tes 3:17; Fil 1:19

Tydlyn

#33 nC: Jesus word gekruis. Na drie dae word Hy opgewek uit die dood. Na 40 dae vaar Hy op na die hemel.

Saulus is teenwoordig by Stefanus se steniging. In Handelinge 7:58 word hy “‘n jong man” genoem. {Hand 7} Dit word algemeen aanvaar dat Paulus in ongeveer 5 nC gebore is. Dus is hy hier 28 jaar oud.

#35 nC: Saulus kom tot bekering. {Hand 9}

#37 nC: Saulus preek kragtig vir die Jode in Damaskus. Hulle sweer saam om hom dood te maak, maar die medegelowiges laat sak hom in ‘n mandjie deur ‘n opening in die stadsmuur. {Hand 9:23}

#43 nC: Barnabas gaan na Tarsus toe om vir Saulus te gaan soek. Toe hy hom kry, bring hy hom na Antiogië toe. Hulle twee werk ‘n jaar lank daar saam. In Antiogië word die gelowiges die eerste keer Christene genoem. {Hand 11:25-26}

#44 nC: Die hongersnood wat Agabus voorspel het, word hewig. Die gelowiges besluit om ‘n hulpfonds te skep. Hierdie geld word saam met Barnabas en Saulus aan die ouderlinge in Jerusalem gestuur.

#45 nC: Eerste sendingreis: Saulus en Barnabas. {Hand 13:1-4} Saulus word die eerste keer Paulus genoem. {Hand 13:9}

#52 nC: Die vergadering in Jerusalem oor die besnydenis. {Hand 15:6-32}

Paulus berispe vir Petrus omdat hy homself weerhou om saam met nie-Joodse gelowiges te eet. {Gal 2:11-14} (Kyk ook Meningsverskil tussen Paulus en Petrus)

#53 nC: Tweede sendingreis: Paulus en Barnabas skei van mekaar. {Hand 15:36-41}

Paulus sien ‘n gesig in Troas van ‘n Masedoniese man wat hom smeek om na Masedonië toe te kom. {Hand 16:6-10}

Paulus en Silas word in die tronk gegooi omdat Paulus ‘n waarsêersgees uit ‘n slavin uitdryf. Hulle word weer vrygelaat. {Hand 16:16-40}

#54 nC: Paulus skryf 1 Tessalonisense en 2 Tessalonisense in Korinte.

#56 nC: Paulus se derde sendingreis. {Hand 18:23b}

#60 nC: Paulus word gevange geneem

#62 nC: Paulus beroep hom op die keiser. {Hand 25:1-12}

Paulus voor Agrippa en Bernice. {Hand 25:13-27}

Paulus verdedig hom voor Agrippa. {Hand 26}

Paulus se reis na Rome. {Hand 27:1-12}

Die storm op die see. {Hand 27:13-38}

Die skipbreuk. {Hand 27:39-44}

Paulus op die eiland Malta. {Hand 28:1-9}

#63 nC: Van Malta gaan Paulus na Rome toe. {Hand 28:10-14} In Rome is Paulus onder huisarres in ‘n huis wat hy huur. Hy ontvang besoek van baie. Hy bly twee jaar in hierdie huis.

#65 nC: Na twee jaar van huisarres in Rome word hy vrygelaat. {Hand 28:30} Van daar blyk dit dat hy na Asië gaan en by Filemon gaan bly. {Fil 1:22}

#67 nC: Paulus word onthoof.

Kyk ook

1 thought on “Paulus”

  1. Dit maak sin dat die doring in die vlees moontlik sy swak sig kón gewees het, en hy dus afhanklik sou wees van ánder om sekere “kleindruk skrif” te lees tot sy eie👂👂, en hy nie sélf ook in klein letters kón skrywe nie. Hy het waarskynlik wél baie van die Ou Testament en ánder Rabbiniese Skrifte, alreeds in sy geheue gestoor, want hy was op grond van die getuienis vanuit die Bybel, ‘n ernstige student onder die geklank van ‘n groot leermeester en ‘n ” teologiese skool” vanuit daardie tyd. Groot letters het impliseer groter skryfruimtes, en dit was baie duur in daardie tye. ‘n Absolute oormaat van skryfmateriaal en ekonomies bekostigbaarheid soos in die tye daarná vir die gemiddelde mens, het nie bestaan nie.

    Lees juis van “ruimte” in 1Samuel 26:13 dié week, en as mens Saul se psige sou probeer ontleed deur na sy hele lewensverhaal te 👁👁, is dit duidelik dat hy, ten spyte van sy roem en aansien en posisie en mag en invloed, nie waarlik kon “👁👁” gemeet teenoor die lig soos die Here “sig” omskryf nie.

    Waarom nie? Ongehoorsaamheid aan God se woorde: “Omdat jy nie na die stem van die Here geluister en die gloed van sy toorn teen Ámalek nie uitgevoer het nie, daarom het die Here jou vandag hierdie ding aangedoen.
    I SAMUEL 28:18 AFR53”

    Paulus daarteenoor, kon nie meer goed “sien” volgens menslike oordeel nie, maar sý “👁👁” was van ‘n totale ánder kaliber as Saul s’n. En ironies, het Paulus selfs dié letters gedra van “Saul” in sy eertydse naam van ” Saulus”, en dit is verstommend die Ou en Nuwe Testament parallel tussen Saul en Saulus en tussen Dawid en Jesus.

    Toe “Saulus” Christus op die Damaskuspad 👁👁, word hy tydelik fisies blind. Mens kan aflei hieruit, dat “vleeslike denke” – soos by Saulus hier, en ook soos by Saul – één ding in gemeen het: geen insig in God se werkinge nie, wat ook net Hy kán bring. Dit is opmerklik hoe Saul vir járe gemeen het sy dénke is belyn met God se denke, en die voorveronderstellings wat sy hele lewe bestuur het. Eerder as om God te raadpleeg in bykans alles soos Dawid, het hy sy eie 🧠 dikwels en ver meer geraadpleeg, as vir God. Die groot ruimte tussen Saul se denke en Dawid se denke, word amper letterlik voorgestel in sigbare vorm in die 1 Samuel 26 verhaal. Dit is ‘n stryd van “vlees” teen “gees”, en daar is ‘n geweldige ruimte tussen dié twee denkrigtings. Dit was ook letterlik só: Bose Gees teen Heilige Gees. Gaan lees gerus 1 Samuel van hoofstuk 1 tot 31. Mens lees ook van dié groot “ruimtelike afstand” of kloof in denkprosesse tussen Jesus en satan in Lukas 4, en tussen die bedelaar en bedorwe ryk man in Jesus se verhaal oor die lewe ná die dood, en tussen Jesus se 🧠 en Petrus (Sy “hoof dissipel”) se 🧠 waar Hy Petrus se 🧠 vergelyk met dié van satan, ens. Baie mín leraars of leiers in sekulêre sfere, sal ooit hulself in Petrus se 👣 plaas, wat aanduidend is, hoe subtiel en misleidend die mag – en selfs ‘lig’ en oënskynlike insig – van woorde en frases en “kognitiewe logika” en intellek kán wees, waar God se ware Lig nié skyn nie, vanweë die gordyn van die vlees van eie denke, wat nooit weggetrek word nie.

    Daar is soveel juwele van God se Gees wat 👁👁 en 👂👂 en ✍✍ in 1 Samuel 26, maar die gehoor, sal waarskynlik nie eens gehoor gee aan mens se meninge daaroor nie, maar eerder hardloop na Spurgeon of Calvyn of Luther of John G Lake of Derek Prince of die “Puritans” of 10 000 ánder bronne, wat ek dink, moontlik nie sou opper wat mens se 👁👁 sien nie. Mens wonder wat het deur Jesus Christus se 🧠 geflits, wanneer Hy hierdie deel 👂👂 of 👁👁 het as kind en tiener en volwasse man, veral teen die lig van LUKAS 24:27 AFR53, “En Hy het begin van Moses en al die profete af en vir hulle uitgelê in al die Skrifte die dinge wat op Hom betrekking het”?

    En so 🧠 ek vanoggend, toe ek dié 👁👁:
    “Toe sê Saul: Ek het gesondig; kom terug, my seun Dawid, want ek sal jou geen kwaad meer doen nie, omdat my lewe vandag kosbaar was in jou oë; kyk, ek het dwaas gehandel en my grootliks misgaan.
    I SAMUEL 26:21 AFR53
    https://bible.com/af/bible/5/1sa.26.21.AFR53“”

    Wanneer sal die volgende 🧠 sáám Saulus se 🧠 bely, dat ” Ek het teen jou gesondig. My woorde het jou kwaad aangedoen. Jou vermoor. Ek het dwaas gehandel en my grootliks misgaan”. Net soos Lakshmi Mittal en Aditya Mittal in hul eie hoedanigheid en déúr hul invloed sfere van Barak Obama en Jacob Zuma en
    – AS van NG Kerk en hul lidmate en leraars en kerkrade,
    – Dolerende NG Kerke en Kairos en Koinonia,
    – AGS,
    – VEK,
    – EG Kerk,
    – APK,
    – Ander Pinkster en Protestante Denominasies in SA,
    – “Reformed/Protestant and Pentecostal and Charismatic Spheres” in die VSA en “Engeland- Ierland- Skotland” en Australië en Nieu-Seeland en Afrika as Kontinent en Europa as Kontinent,
    – Die VATIKAAN in ROME,
    – Die Joodse Rabbi’s in die 🌏🌎🌍?

    Wat is die KERN van die WET, en hoe interpreteer God se Gees die WET en hoe moet die WET toegepas word?

    Hul dink hul kén GOD se denke, maar die Skrif het vir bogenoemde, ver meer ‘n antieke toepassing, as ‘n moderne een.

    “ONS KAN MAAR BAIE LIEG. GOD SÊ DIT IS ✅ OM TE SÊ JY MOET JOU NAASSTE LIEFHÊ SOOS JOUSELF, EN DIT NIE TE BEDOEL NIE, MAAR PRESIES DIE TEENOORGESTELDE”.

    Soos hul hierbo dínk, is beslis nié hoe mý 🧠 dink nie…

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui