Seisoen van luister

Die Seisoen van Luister was ’n inisiatief deur die NG Kerk leierskap om lidmate aan te moedig om na verskillende standpunte te luister.

Dit het lyk my in Oktober 2006 afgeskop kort nadat die NG Kerk se parlementêre verteenwoordigers voorgestel het dat die parlement moes voortgaan om homoseksuele huwelike in Suid-Afrika te wettig (kyk Luister uit genade).

‘n Mens het egter die idee gekry dat dit bloot ’n dekmantel was om dwaalleer in die kerk in te smokkel as ’n mens in ag neem hoe eensydig dit soms toegepas is – kyk byvoorbeeld Seisoen van (eensydig) luister!

As deel van die seisoen van luister word gespreksplatvorms geskep, soos die NGK Diversiteitsforum 2010 en NG Kerk/KerbodeFacebook blaaie. Ongelukkig word heelwat van die behoudendes se plasings verwyder wat weereens bewys dat slegs sekere standpunte werklik gehoor wil word.

Die Seisoen van Menswaardigheid het gevolg op die Seisoen van Luister.

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui