Word die 4 evangelies bevestig in die res van die Nuwe Testament?

Kyk ook:

Daar is ’n siening dat die 4 evangelies later geskryf is as Paulus se briewe en dat die 4 evangelies “geïnterpreteer” is en nie akkurate geskiedenis is nie. Daar is selfs sprake dat Johannes deur ’n vrou geskryf is. Maar selfs al is hierdie spekulasies korrek, help dit nie om Jesus se wonderwerke, opstanding en hemelvaart in die 4 evangelies te bevraagteken nie, omdat die res van die Nuwe Testament ook daaroor skryf. Paulus is veral in 1 Kor 15 baie duidelik oor Jesus se opstanding en die belangrikheid daarvan. Dit is egter so dat dit nie lyk of die res van die Nuwe Testament weer oor Jesus se maagdelike geboorte praat nie, maar dit beteken nie dat Jesus nie uit ’n maagd gebore is nie en verder wonder ’n mens hoekom Lukas moeite sou doen om Maria se geslagsregister in Lukas op te teken as Jesus nie uit ’n maagd gebore is nie. Vir meer hieroor, kyk Jesus se geslagsregister volgens Matteus en Lukas.

Hier volg ’n paar Bybelverse wat hierdie kwessie bevestig:

Romeine 1:4

(4)op grond van sy opstanding uit die dood is Hy deur die Heilige Gees aangewys as die Seun van God wat met mag beklee is, Jesus Christus ons Here.

Romeine 5:6-9

(6)Toe ons nog magteloos was, het Christus immers reeds op die bestemde tyd vir goddeloses gesterwe. (7)’n Mens gee tog nie sommer jou lewe prys nie, selfs nie vir ’n regverdige nie. Ja tog, vir ’n goeie mens sal iemand miskien nog die moed hê om te sterwe. (8)Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was. (9)Aangesien ons nou vrygespreek is op grond van sy versoeningsdood, staan dit soveel vaster dat ons deur Hom ook van die straf van God gered sal word.

Romeine 6:4-10

(4)Deur die doop is ons immers saam met Hom in sy dood begrawe, sodat, soos Christus deur die wonderbaarlike magsdaad van die Vader uit die dood opgewek is, ons ook so ’n nuwe lewe kan lei. (5)Aangesien ons met Hom een geword het in sy dood, sal ons sekerlik ook met Hom een wees in sy opstanding.

(9)Ons weet dat Christus wat uit die dood opgewek is, nie weer kan sterwe nie; die dood het nie meer mag oor Hom nie. (10)Hy het gesterwe en is eens en vir altyd vir die sonde dood. Nou lewe Hy, en Hy lewe vir God.

Romeine 8:34

(34)Wie kan ons veroordeel? Christus Jesus het gesterf, maar meer as dit: Hy is uit die dood opgewek, Hy sit aan die regterhand van God, Hy pleit vir ons.

Romeine 14:9

(9)Hiervoor het Christus ook gesterf en weer lewend geword: om Here te wees van die dooies en die lewendes.

Romeine 15:19

(19)deur kragtige tekens en wonders, in die krag van die Gees van God. En so kon ek van Jerusalem af al verder tot in Illirikum my taak om die evangelie van Christus te verkondig, ten volle uitvoer.

1 Korintiërs 12:10,28-29

(10)Aan die een gee Hy die krag om wonders te doen, aan ’n ander die gawe om te profeteer, en aan nog ’n ander die gawe om tussen die geeste te onderskei. Aan nog een gee Hy die gawe om ongewone tale of klanke te gebruik en aan ’n ander om dit uit te lê.

(28)En in die kerk is daar mense aan wie God ’n bepaalde taak gegee het. Ten eerste is daar apostels, ten tweede profete, ten derde leraars; verder is daar dié wat wonderdade kan doen, dan dié wat genadegawes ontvang het om mense gesond te maak, om hulp te verleen, om leiding te gee of om ongewone tale of klanke te gebruik. (29)Is almal miskien apostels? Is almal profete? Is almal leraars? Kan almal miskien wonders doen?

2 Korintiërs 12:12

(12)Die dinge wat ’n apostel kenmerk, het ek met groot geduld by julle verrig: tekens en wonders en kragtige dade.

1 Korintiërs 15:2-20 (NB)

(2)Deur dié evangelie word julle ook gered as julle vashou aan die boodskap soos ek dit aan julle verkondig het. As julle aan iets anders vashou, het julle tevergeefs tot geloof gekom. (3)Die belangrikste wat ek aan julle oorgelewer het en wat ek ook ontvang het, is dit: Christus het vir ons sondes gesterf, volgens die Skrifte; (4)Hy is begrawe en op die derde dag opgewek, volgens die Skrifte. (5)Hy het aan Sefas verskyn, daarna aan die twaalf, (6)en daarna aan meer as vyf honderd broers tegelyk, van wie sommige al dood is maar die meeste nou nog lewe. (7)Daarna het Hy aan Jakobus verskyn en toe aan al die apostels.

(12)As ons dan verkondig dat Christus uit die dood opgewek is, hoe kan party van julle nog beweer dat daar geen opstanding van die dooies is nie? (13)As daar geen opstanding van die dooies is nie, beteken dit dat Christus ook nie opgewek is nie. (14)En as Christus nie opgewek is nie, is ons prediking sonder inhoud en julle geloof ook sonder inhoud. (15)Verder sou dit beteken dat ons vals getuienis oor God afgelê het, omdat ons teen God in getuig het dat Hy Christus opgewek het. As dit dan waar is dat die dooies nie opgewek word nie, het Hy Christus ook nie opgewek nie. (16)As die dooies nie opgewek word nie, is Christus ook nie opgewek nie. (17)En as Christus nie opgewek is nie, is julle geloof waardeloos en is julle nog gevange in julle sondes. (18)Dan is ook dié wat in Christus gesterf het, verlore. (19)As ons net vir hierdie lewe ons hoop op Christus vestig, is ons die bejammerenswaardigste van alle mense. (20)Maar nou, Christus is opgewek uit die dood, as eersteling uit dié wat gesterf het.

2 Korintiërs 5:15

(15)En Hy het vir almal gesterwe, sodat dié wat lewe, nie meer vir hulleself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en uit die dood opgewek is.

Galasiërs 2:21

(21)Ek verwerp nie die genade van God nie. As ’n mens vrygespreek kon word op grond daarvan dat hy die wet onderhou, sou dit immers beteken dat Christus verniet gesterwe het.

Filippense 3:10-11

(10)Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood, (11)in die verwagting dat ek self deel sal hê aan die opstanding uit die dood.

Kolossense 1:22

(22)Maar nou het Hy ook julle met Homself versoen deurdat sy Seun as mens gesterwe het om julle heilig, sonder smet en onberispelik voor Hom te stel.

1 Tessalonisense 4:14,16

(14)Ons glo immers dat Jesus gesterwe maar ook opgestaan het. Net so glo ons ook dat God saam met Jesus die ontslapenes wat in Hom geglo het, na Hom toe sal neem.

(16)Wanneer die bevel gegee word en die stem van die aartsengel en die trompet van God weerklink, sal die Here self uit die hemel neerdaal. Allereers sal dié wat in Christus gesterf het, uit die dood opstaan;

1 Tessalonisense 5:10

(10)Hy het ter wille van ons gesterwe, sodat ons, of ons by sy koms nog lewe of reeds dood is, saam met Hom kan lewe.

1 Timoteus 6:16

(16)Hy alleen besit onsterflikheid; Hy woon in ontoeganklike lig. Geen mens het Hom gesien of kan Hom sien nie. Aan Hom kom toe eer en ewige mag! Amen.

Hebreërs 2:4,9

(4)Daarby het God ook saam getuig deur tekens en wonders en ook deur allerhande kragtige dade en gawes van die Heilige Gees, soos Hy dit toebedeel het volgens sy wil.

(9)Maar ons sien Jesus, met eer en heerlikheid gekroon op grond van sy lyding en dood. Hy is ’n kort tydjie minder gemaak as die engele, sodat Hy deur die genade van God vir almal sou sterwe.

1 Petrus 1:3

(3)Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! In sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood. Nou het ons ’n lewende hoop

1 Petrus 3:21

(21)Dit dui op die doop, waardeur julle ook nou gered word. Die doop is nie ’n afwassing van die vuilheid van die liggaam nie, maar ’n bede tot God om ’n skoon gewete, en dit red julle op grond van die opstanding van Jesus Christus.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui