Kommentaar op Herman Toerien se “’n Saak vir Deïstiese Evolusie”

Kyk ook:

Kliek hier vir kommentaar op Herman Toerien se dokument ‘n Saak vir Deïstiese Evolusie.

*******

Daar het menige debatte op verskeie Media24 webwerwe geheers vanaf Junie 2010 wat grootliks gevolg het op ʼn opmerking deur prof Piet Strauss tydens ʼn onderhoud met die tydskrif JUIG! waar hy gevra is oor die NG Kerk se opinie oor onder andere evolusie. Die debatte het, soos voorspel, nominaal die skepping vs evolusie gesprekslyn gevolg. Uit hierdie gesprekke is ’n e-boek getiteld ‘n Saak vir Deïstiese Evolusie verskeie kere deur Herman Toerien bemark. Herman was een van die gebruikers wat vir evolusie met ’n geestelike kleurtjie geargumenteer het.

Dit het wel geblyk dat die e-boek baie meer ’n aanval op die skeppingsleer is (genoem kreasionisme in die e-boek) as ’n werklike saak vir deïstiese evolusie. Die e-boek was propvol wanvoorstellings oor die skeppingsleer en die aanhangers daarvan en dit het die outeurs genoop om ’n kommentaar daarop saam te stel om die saak reg te stel.

Die doel van hierdie bundel is nie regtig vir Herman Toerien om op antwoord te lewer nie, alhoewel dit hom vry staan om dit te doen en konstruktiewe debat verwelkom sal word. Ons sal egter verkies dat hy dit wel behoorlik deurlees om te leer waaroor die skeppingsleer werklik gaan en nie wat hy dink dit oor gaan nie. Dit is ook nie bedoel as ’n persoonlike aanval op Herman nie.

Die outeurs hoop dat diegene wat wel hierdie kommentaar lees ’n ingeligte besluit sal neem of hulle die skeppingsleer wil aanhang al dan nie. Maar dit moet ingelig wees, nie gebaseer op die wanvoorstellings in ‘n Saak vir Deïstiese Evolusie nie.

Op ’n ander noot, die kommentaar dokument is via twee e-pos adresse, asook ’n harde kopie in Herman se posbus in Langenhovenpark gestuur alvorens dit hier op www.glodiebybel.co.za geplaas is.

Groete

Coert Welman

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui