Van postmodernisme tot post-teïsme

Kyk ook:

Van postmodernisme tot post-teïsme | Netwerk24

Deur Bernhard Ficker, Somerset-Wes

21 Desember 2020

Dr. Ben du Toit se eerste boek twee dekades gelede was God? Geloof in ’n postmoderne tyd, waarin hy gelowiges glo van die wal in die sloot gehelp het. Hiervoor is hy van dwaalleer aangekla.

Sy tweede boek se titel moes eerder gewees het “God? Geen geloof in ’n post-teïstiese tyd”. Kombineer postmoderne teologie en fundamentalistiese makro-evolusie-sieninge, dan lei dit tot totale ongeloof, want daar is geen nodigheid vir God met sulke vertrekpunte nie, veral nie vir ’n Skepper-God nie. Dit is tragies dat dít die vertrekpunte is waarmee huidige kweekskoolstudente dikwels opgelei word deur postmoderne dosente.

Om studente sistematiese teologie vanuit ’n postmoderne denke en fundamentalistiese makro-evolusieleer op te voed, is verdoem tot mislukking, want sulke sieninge lei normaalweg tot ongeloof en ateïsme, soos Du Toit se ervaring self bevestig.

Ek kan nie verstaan wat Du Toit beoog het met die skryf van sy tweede boek nie. Is dit om die laaste klompie NG Kerk-gelowiges ook nou tot ongeloof en post-teïsme in te praat en hulle die ewige duisternis en “wye poort” in te lei, soos DC Coetsee (15.12) bevestig?

Kan hy miskien die doel van sy boek vir ons verduidelik, want ek kon dit nie in sy onderhoud met Murray La Vita (11.12) agterkom nie. Sy boek maak in elk geval nie teologies sin nie en het onbybelse vertrekpunte.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui