Moederbelofte

Die moederbelofte word gegee in Genesis 3:15:

Ek stel vyandskap tussen jou en die vrou,
tussen jou nageslag en haar nageslag.
Haar nageslag sal jou kop vermorsel
en jy sal hom in die hakskeen byt.”

Die moederbelofte verwys na die eerste (“moeder”) van al God se beloftes oor die verlossing wat Hy ná die sondeval sou bewerk. In Galasiërs 3:16 word na hierdie belofte verwys en aangetoon dat die nakomeling (nage­slag, saad) van die vrou Christus is. In die vonnis oor die slang hoor ons dus die evangelie van die verlossing deur Jesus Christus. Die evangelie klink reeds voordat die vonnis oor die mens gevel is. Al die ander heilsbeloftes is gegrond op hierdie belofte.

Jesus = tweede Adam

In Romeine 5:12-17 en 1 Korintiërs 15:21-56 word na Jesus verwys as die tweede Adam:

Die eerste Adam (in Genesis) het sonde in die wêreld ingebring en die tweede Adam (Christus) het gekom om lewe te bring.

Bronne

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui