Samuel

Samuel was een van die bekendste profete van die volk Israel. Hy was die laaste rigter wat geheers het oor die volk.

Hanna se gelofte

Hanna, een van Elkana se twee vrouens was onvrugbaar en het ’n gelofte aan God gemaak dat indien God vir haar ’n seun sou gee, sy hierdie seun aan Hom sou gee.

Samuel is gebore en nadat hy gespeen is, het Hanna hom na Silo geneem waar hy by Eli, die priester, grootgeword het.

Eerste openbaring aan Samuel

(1 Samuel 3) Toe Samuel nog ’n klein seuntjie was, het God met Samuel gepraat en gesê dat hy Eli sou straf oor die goddeloosheid van sy twee seuns, Hofni and Pinehas. Ten spyte daarvan dat God reeds vir Eli ’n vorige keer gewaarsku het oor sy seuns (1 Sam 2:27-36) het hy ook na hierdie nuus steeds nie iets gedoen aan sy seuns se goddeloosheid nie.

Die Israeliete vra vir ’n koning

(1 Samuel 8) Die volk Israel het gesien dat die heidense volke ’n koning gehad het en hulle het vir Samual gevra dat hulle ook ’n koning wou hê. Samuel was baie onsteld daaroor, maar God het aan hom gesê om die versoek toe te staan.

Hy het Saul gesalf as koning (1 Samuel 9-10).

Saul as koning verwerp

(1 Samuel 15) God het vir Sameul gesê om vir Saul te beveel om Amalek te gaan verslaan. Saul moes almal doodmaak.

Saul was egter ongehoorsaam: Hy het Agag gespaar en ook die mooiste kleinvee en beeste.

Saul het homself verweer deur te sê dat hy die diere aan God wou offer. Daarop het Samuel geantwoord:

(23)“Is brandoffers en ander diereoffers net so aanneemlik vir die Here as gehoorsaamheid aan sy bevel? Nee, gehoorsaamheid is beter as offerande, om te luister is beter as die vet van ramme. (23)Weerspannigheid is net so erg as die sonde van waarsêery; eiesinnigheid net so erg as die bedrog van afgodery. Omdat jy die woord van die Here verwerp het, het Hy jou as koning verwerp.”

(Kyk ook Die Bybel oor ware liefde vir God.)

Daarna het die volgende gebeur:

(32)Toe beveel Samuel: “Bring vir koning Agag van Amalek na my toe.” Agag het opgeruimd na hom toe geloop en gesê: “Nou is ek nie meer bang dat hulle my sal doodmaak nie.” (33)Samuel het vir hom gesê: “Soos jou swaard vrouens kinderloos gemaak het, so sal jou ma onder die vrouens kinderloos wees.” En Samuel het vir Agag in stukke gekap voor die Here in Gilgal.

(Kyk ook Pinehas en Jehu wat baie sterk opgetree het vir die saak van die Here.)

Tot die dag van sy dood het Samuel nie weer vir Saul gesien nie. Samuel het oor Saul getreur, en die Here was bedroef daaroor dat Hy vir Saul koning oor Israel gemaak het.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui