Pinehas

Pinehas, seun van Eleasar, seun van Aäron is bekend daarvoor dat hy Simri (seun van Salu, ’n vooraanstaande man uit die stam Simeon) en Kosbi (‘n Midianitiese stamhoof se dogter) doodgemaak het, hoogs waarskynlik terwyl hulle intiem verkeer het.

(Hierdie Pinehas moenie verwar word met Hofni en Pinehas, Eli se twee seuns nie – kyk 1 Samuel 2:12-17.)

Numeri 25 beskryf die insident soos volg:

(1)Terwyl Israel in Sittim was, het van die Israelitiese mans met Moabitiese vrouens gemeenskap gehad. (2)Dit het gebeur toe die mans deur die Moabitiese vrouens uitgenooi is na die offers ter ere van hulle gode. Die mans het aan die offermaaltye deelgeneem en die gode van die vrouens aanbid. (3)So het die Israeliete vir Baäl-Peor aangehang. Die toorn van die Here het teen Israel ontvlam (4)en Hy het vir Moses gesê: “Vat hierdie manne se leiers en hang hulle in die openbaar voor die heiligdom op. Dan sal my toorn nie langer teen Israel woed nie.” (5)Moses het toe vir die stamhoofde van Israel gesê: “Julle moet elkeen julle eie manne wat vir Baäl-Peor aangehang het, doodmaak.” (6)Onder dit alles het ’n Israelitiese man tog nog ’n Midianitiese vrou tussen sy familie in gebring. Hy het dit gedoen voor die oë van Moses en die hele gemeente van Israel wat by die ingang van die tent van ontmoeting gestaan en huil het. (7)Toe Pinehas seun van Eleasar, seun van die priester Aäron, sien wat die man doen, het hy uit die gemeente opgestaan, ’n spies gevat (8)en die man na die vrouetent toe gevolg. Daar het hy die spies deur albei gesteek, deur die man tot in die onderlyf van die vrou. Daarmee het die ramp onder die Israeliete tot ’n einde gekom; (9)daar het vier en twintig duisend deur die ramp gesterf.

God het net hierna ’n verbond met Pinehas gesluit oor wat hy gedoen het:

Numeri 25: (10)Die Here het toe vir Moses gesê: (11)“Pinehas seun van Eleasar, seun van die priester Aäron, het my toorn teen Israel laat ophou deurdat hy vir my eer opgekom het. Dit was nie nodig dat Ek self vir my eer moes opkom en die Israeliete vernietig nie. (12)“Daarom moet jy vir Pinehas sê dat Ek ’n verbond met hom sluit wat hom vir altyd ten goede sal kom. (13)Hierdie verbond verseker vir hom en vir sy nageslag ’n blywende priesterskap omdat hy vir die eer van sy God opgekom het en vir die Israeliete versoening gedoen het.”

In Psalm 106:30-31 word soos volg na Pinehas verwys:

(30)Pinehas het opgetree en die skuldiges gestraf, en die plaag het opgehou. (31)Dié optrede is deur al die geslagte heen vir Pinehas as ’n daad van geregtigheid toegereken.

Pinehas word ook in die volgende plekke in die Bybel genoem:

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui