Piet Strauss se siening oor evolusie

Kyk ook:

Prof Piet Strauss het die afgelope tyd die volgende gesê:

Hy dink daar kan binne die soorte van plant, dier en mens evolusionêre verandering plaasvind. “Daar is egter geen bewese sprake van ‘spontane’ oorgange tussen die soorte soos konsekwente evolusioniste beweer nie.” Strauss het aangevoer dat dooie fossiele dit nie kan bewys nie. Hy het konsekwente evolusie bestempel as “’n (by-)geloof met bewerings wat nie behoorlik gestaaf kan word nie”. Sy voorouers was nie ape nie, het hy gesê.

Prof Jurie van den Heever het onder meer gesê dis gewoon dom om van spontane oorgange tussen spesies te praat, want die oorgange is nie spontaan nie. Oorsaak en gevolg is aan die orde van die dag. Om te sê fossiele kan evolusie nie bewys nie, is volgens Van den Heever om in die induktiewe wetenskaplike metodes van die 17de eeu vasgevang te wees. “Om al die empiriese bewyse te ignoreer en evolusie as bygeloof te bestempel, toon duidelik dat Piet Strauss óf nie lees nie óf geen kritiese oordeelsvermoë het wanneer dit by voor die handliggende feite kom nie.” Strauss se stelling dat sy voorouers nie ape was nie, is volgens hom doodgewoon belaglik. “Wetenskaplikes het al by herhaling daarop gewys dat ons nie van ape afstam nie, maar dat ons en die ape minder as 10 miljoen jaar gelede ’n gemeenskaplike voorvader gehad het.” Van den Heever meen enigeen wat vandag nog uitsprake soos Strauss s’n oor evolusie maak, verstaan geen snars daarvan nie.

Kyk:

Hoe reg is prof Piet Strauss? Daar is niks fout met wat hy gesê het nie. Kyk:

Briewe ter ondersteuning van Strauss:

Briewe teen Strauss:

Kyk ook na verwante besprekings onder “Debatte en Kommentare”.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui