Piet Strauss: “my voorouers was nie ape nie!”

Piet Strauss: “my voorouers was nie ape nie!”

Hennie Mouton

28 Julie 2010

Die moderator van die NG Kerk, prof. Piet Strauss se stelling in JUIG! oor evolusie: “Daar mag mense wees wat anders dink maar my voorouers was nie ape nie!”, het groot reaksie op Kletskerk, en later in ander koerante tot gevolg gehad. Kyk bv:

Dr. Jurie van den Heever, ’n paleontoloog van die Universiteit Stellenbosch, het op navraag deur Jean Oosthuizen, glo geskryf: “Die laaste stelling dat sy voorouers nie ape was nie, is doodgewoon belaglik.Wetenskaplikes het al by herhaling daarop gewys dat ons nie van die ape afstam nie, maar dat ons en die ape minder as 10 miljoen jaar gelede ’n gemeenskaplike voorvader gehad het.”

As Van den Heever wil sê dat die evolusieteorie nog nooit te kenne gegee het dat ons voorouers MODERNE ape was nie, het hy dit reg, maar dit is nie wat prof. Strauss gesê het nie – hy het net na ape verwys.Evolusioniste wil graag sê dat ons en moderne ape ’n gemeenskaplike voorganger moes gehad het, soos deur Van den Heever bevestig hierbo.Die vraag is of daardie hipotetiese voorganger dan nie maar ook ’n aap sou gewees het nie.Australopithecus sediba is onlangs voorgehou as ’n moontlike voorganger van die mens.Ander Australopithecus-spesies is al dikwels in die verlede deur evolusioniste voorgehou as ons voorouers.Die vraag is wat Australopithecus beteken. Die antwoord is Suidelike Aap (Australis = Suid, Pithecos = Aap).Die evolusiehipotese sê dus al lankal en by herhaling dat ons van ape afstam, wel nie moderne ape nie, maar uitgestorwe APE.’n Maklike verdere bevestiging hiervan kan gekry word deur die terme “ape ancestors” op die internet te gaan soek.Omtrent 30 000 verwysings kan gevind word waarvan meeste na die mens se sogenaamde voorouers verwys, en duisende in wetenskaplike publikasies te vinde is — nie net in populêre artikels nie.

Dr. Jurie van den Heever het voorts geskryf: “Piet Strauss hoef nie te dink dat daar binne soorte (hy bedoel klaarblyklik spesies) sekere evolusionêre veranderings kan plaasvind nie.Dit gebeur daagliks.Daar is letterlik duisende voorbeelde.Een van die jongste voorbeeld is die vlieëvangers van die Solomon-eilande.Navorsing oor die voëltjies toon juis hoe genetiese veranderings (mutasies) in ’n enkele spesies besig is om aan ’n nuwe spesies oorsprong te gee.”

Hierdie is ’n goeie voorbeeld van ’n strooipopargument te gebruik om jou opponentse stellings verkeerd te probeer bewys.Jy gee ’n verdraaide of vals voorstelling van jou opponent se stellings, al is dit nie wat hy gesê het nie, en skiet dan jou eiegemaakte strooipop af.Van den Heever se verandering van Strauss se woord “soorte” na “spesies” doen presies dit.Prof. Strauss het beweer dat daar geen verandering van een soort na ’n ander soort plaasgevind het nie.Van den Heever gee dan ’n voorbeeld van een spesie wat deur ’n natuurlike proses moontlik in ’n ander spesie verander.Strauss het nooit gesê dat een spesie nie in ’n ander spesie kan verander nie.Van den Heever se voorbeeld is dus irrelevant.Dr. Jurie van den Heever demonstreer eintlik hiermee hoe min hy van die skeppingsleerteorie weet – op die oog af ver minder as wat prof. Strauss van die evolusiehipotese weet.

Hennie Mouton

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui