Is evolusie ’n teorie of hipotese?

Soms sê mense dat evolusie slegs ’n teorie is en nie ’n feit nie. Almal weet wat so ’n persoon bedoel as hy dit sê, maar is dit streng gesproke reg om so te praat? Is evolusie ’n teorie of ’n hipotese? Kom ons kyk eers wat is die definisie van ’n teorie en ’n hipotese:

Hipotese:

Volgens die HAT is ’n hipotese: Ongegronde veronderstelling wat gebruik word om iets anders te bewys.

’n Hipotese word algemeen gesien as ’n voorlopige veronderstelling of verduideliking vir die oorsaak van ’n ​​gebeurtenis of verhouding tussen dinge. Hipoteses moet toetsbaar en weerlegbaar (Engels: “falsifiable”) wees.

Teorie:

Volgens die HAT is ’n teorie: Grondreëls van ’n wetenskap om waargenome feite of verskynsels te verklaar.

Volgens die National academy of sciences is ’n teorie die volgende: ’n Goed gemotiveerde verduideliking van sommige aspekte van die natuurlike wêreld wat feite, wette, afleidings en ​​getoetste hipoteses kan insluit.

Met ander woorde, ’n wetenskaplike teorie is ’n verenigende verduideliking vir ’n spektrum van waarnemings, gevolgtrekkings en ​​getoetsde hipoteses. In die wetenskap is teorieë die idees waaroor wetenskaplikes baie seker is. Wetenskaplike teorieë is nie ongegronde spekulasie of ongegronde gevolgtrekkings nie. Teorieë is ons begrip van die natuur. ’n Vinnige en maklike manier om te dink oor die wetenskaplike betekenis van die woord teorie is om te kyk na ’n lys van bekende wetenskaplike teorieë: Einstein se Relatiwiteitsteorie, Newton se Gravitasieteorie, elektromagnetiese teorie, kwantumteorie, selteorie en die teorie van plaattektoniek. Al hierdie teorieë is goed beproefde idees, wat ondersteun word deur diverse lyne van bewyse en wat in staat is om baie data en waarnemings te verduidelik.

Opsommend:

Dus kan die verskil tussen ’n teorie en ’n hipotese soos volg opgesom word:

  • ’n Teorie is ’n goed getoetsde en algemeen-aanvaarde hipotese.
  • ’n Hipotese is ’n toetsbare idee en ’n teorie is ’n hipotese wat ondersteun word deur baie data en wat algemeen aanvaar word as waar.

Maar:

Volgens die 1996 weergawe van Webster’s Encyclopedic Unabridged Dictionary of the English Language (WEUDEL), het die woord “teorie” ’n hele aantal betekenisse:

  1. ‘n samehangende groep van algemene stellings wat gebruik word as die beginsels van die verduideliking vir ’n klas van verskynsels: Einstein se teorie van relatiwiteit.
  2. ‘n voorgestelde uiteensetting wie se status is nog steeds vermoedelik, in teenstelling met goed gevestigde stellings wat beskou word as die rapportering van sake van die werklikheid.
  3. Wiskunde. ’n liggaam van die beginsels, stellings, of iets dergeliks, wat deel uitmaak van een vak: die getal teorie.
  4. die tak van ’n wetenskap of kuns wat handel oor die beginsels of metodes, soos onderskei van sy praktyk: musiekteorie.
  5. ‘n bepaalde opvatting of siening van iets wat gedoen moet word, of van die metode om dit te doen, ’n stelsel van reëls of beginsels.
  6. gemik op of spekulasie.
  7. raai of vermoede.

Gevolgtrekking

Indien iemand sê dat evolusie slegs ’n teorie is en nie ’n feit nie, is hy volgens Webster’s Encyclopedic Unabridged Dictionary of the English Language (WEUDEL), 1996, streng gesproke nie verkeerd nie. Dit is egter veiliger om net van evolusie te praat as ’n hipotese. Evolusie is nie bewys nie en ook nie ’n feit nie.

Bronne:

Kyk ook

 

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui