Panspermia

Panspermia is die hipotese dat mikrobes in die heelal lewe oordra na bewoonbare planete in die ruimte (soos die aarde). Hierdie hipotese word gebruik om die ontstaan van lewe op aarde te probeer verklaar omdat dit so hoogs onwaarskynlik is dat lewe per toeval ontstaan het. Fred Hoyle het byvoorbeeld die volgende gesê:

“The likelihood of the formation of life from inanimate matter is one to a number with 40,000 naughts after it … It is big enough to bury Darwin and the whole theory of evolution. There was no primeval soup, neither on this planet nor any other, and if the beginnings of life were not random, they must therefore have been the product of purposeful intelligence.”

Hoyle self laat ruimte vir panspermia.

Daar is heelwat ander ateïste wat ook panspermia aanhang, juis omdat die bewyse van ’n ontwerper so hard skreeu. Kyk byvoorbeeld ook wat Richard Dawkins daaroor sê in Wie is Richard Dawkins? Wat hulle egter faal om in te sien is dat hulle bloot die bestaan van God verder weg skuif, want die vraag moet gevra word:

Waar kom die buiteruimtelike wesens vandaan wat lewe op aarde geplant het?

Hier volg ’n lys van name wat panspermia aanhang:

  • Fred Hoyle (1970’s)
  • J Craig Venter onderskryf panspermia (25 Januarie 2005)
  • EO Wilson onderskryf panspermia (10 Mei 2007)
  • Richard Dawkins onderskryf panspermia (18 April 2008)
  • Stephen Hawking onderskryf panspermia (7 April 2009)
  • Freeman Dyson praat gunstig oor panspermia (2 Mei 2009)
  • Francis Crick
  • James Watson

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui