Om kerk en staat te skei

Baie mense dink die term “om kerk en staat te skei” beteken dat die regering van ’n land neutraal moet staan teenoor geloof.

Dit is hoegenaamd nie waar nie. Die president van Liberty University in Amerika, Jerry Falwell Jr het dit soos volg gesê in ’n onderhoud op Hannity:

Dit is ’n gruwelike verdraaiing van die idee van skeiding van kerk en staat (wat ons stigters daarmee bedoel het) wat die regsaktiviste in hierdie eeu geskep het. … Ek sal jou sê wat Thomas Jefferson bedoel het met skeiding van kerk en staat: In daardie stadium was Virginië ’n kolonie onder Britse bewind en elke inwoner was verplig om ’n lid van die Anglikaanse kerk te wees en om tiendes aan die Anglikaanse kerk te betaal. Die probeem daarmee was dat die koning die aartsbiskop aangestel het. Dus het die koning die kerk beheer en baie van die grond in Virginië opgekoop. Ná die revolusie was Thomas Jefferson vasbeslote dat die kerk nooit weer deur die staat gebruik sal word om die mense te beheer nie.

Hier volg die onderhoud waarin hy dit gesê het (4m12s):

Left attacks first lady over reciting ‘The Lord’s Prayer’

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui