Vredeskruis moet verwyder word

Kyk ook:

In die artikel Court Rules WWI Memorial Must be Torn Down (18 Maart 2018), word die volgende berig:

In Bladensburg, Maryland, is daar ’n gedenkteken vir die 49 manne uit dié gebied wat in die 1ste wêreldoorlog gesterf het. Dit is in 1925 deur die Amerikaanse Legioen opgerig.

Die gedenkteken staan bekend as die Vredeskruis en is veertig voet [12.2 m] hoog.

Die American Humanist Association is ’n groep wat mense verteenwoordig wat glo dat hulle “goed is sonder ’n god.” Hulle beskou hierdie gedenkteken as ongrondwetlik omdat dit ’n godsdienstige simbool is wat die indruk skep dat dit slegs mense wat Christene is, vereer.

In 2014 het hulle ’n regsgeding ingedien wat daarop aangedring het dat die gedenkteken vernietig, verander of weggeneem word waarop die hof beveel het dat die gedenkteken verwyder moet word omdat dit die vorm van ’n kruis het.

Volgens dié uitspraak is die kruis die “kern simbool van die Christendom”, en daarom is ’n staatsbeheerde gedenkteken in hierdie vorm ’n skending van die skeiding van kerk en staat. Die hof het in sy uitspraak gesê dat ’n waarnemer uit die gedenkteken sou aflei dat die regering die Christendom onderskryf.

Dus mag die Amerikaanse regering, ’n land waar die oorgrote meerderheid inwoners Christene is, nie die Christendom onderskryf nie.

Christelike gedenktekens

Dit is belaglik dat Christelike gedenktekens, wat baie jare gelede opgerig is, nie toegelaat word nie omdat dit kwansuis aanstoot gee.

Skeiding van kerk en staat

As ’n mens die skeiding van kerk en staat soos volg verstaan, dan het ek nie noodwendig ’n probleem met hierdie filosofie nie:

Die staat moenie die kerk voorsê of beheer of befonds nie. Netso moet die kerk ook nie betrokke wees by besluite van die staat nie.

Dear God
Why do you allow so much violence in our schools?
Signed: Concerned student
—-
Dear Concerned student
I am not allowed in schools.
Signed: God

Ek het egter wel ’n probleem daarmee dat die regering van ’n Christenland hom nie met Christenskap mag/wil assossieer nie. Die gevolg hiervan is dat baie dinge soos skriflesing en gebed by veral skole verban is.

Dit kom daarop neer dat die regering hom skaam vir die Evangelie. Ek het hierdie ook kortliks genoem in die artikel Sataniste se aanslag problematies vir regerings wat hulle skaam vir die Evangelie.

Dit laat mens ook baie dink aan al die dinge wat van afstand gedoen is weens politieke korrektheid (om tog net nie die Moslems aanstoot te gee nie):

Sommiges mag soos volg redeneer: Hoe sou ek daaroor gevoel het as Obama die Moslemgeloof namens die Amerikaanse regering gesteun het?

My antwoord sou wees:

  1. Hy is deur die meerderheid van Amerikaners ingestem, dus moet hulle die gevolge van hulle besluite dra.
  2. Indien die meerderheid Amerikaners nie daarmee tevrede is nie, dan loop hy die risiko om met die volgende verkiesing uitgestem te word.

Inwoners van ’n land is eintlik maar altyd oorgelewer aan die leier, ongeag watter sisteme is plek is om hulle te beskerm van was swak leier.

As ons die Koningstydperk (1 en 2 Konings en 1 en 2 Kronieke) in die Ou Testament lees, wys dit duidelik dat God die regerings geseën het van konings wat aan Hom gehoorsaam was. Nie net het dit goed gegaan met die koning self nie, maar vanselfsprekend ook met die mense van die land.

Hier volg ’n paar voorbeelde:

Dawid: Hy was bekend daarvoor dat hy ’n openlike liefde en lojaliteit vir God gehad het. In sy tyd het dit ook baie goed gegaan met die Israeliete.

Salomo: Hy het die Here verlaat en dit het gelei tot die skeuring van die Ryk, wat nie goed was vir Israel nie.

Asa: 2 Kron 16: Hy het die altare van die vreemde gode verwyder en bevel gegee dat Juda gehoorsaam aan God moes wees. Hy het egter nie sy koningskap goed geëindig nie omdat hy op die koning van Aram vertrou het in plaas van God.

Josafat: 2 Kron 17: (3)Die Here was by Josafat, want hy het sy voorvader Dawid se vroeëre lewe nagevolg. Hy het nie die Baäls gedien nie, (4)maar die God van sy vader. Hy het die gebooie van God gehoorsaam en nie gemaak soos Israel nie. (5)Daarom het die Here Josafat se koningskap bevestig.

Joram: 2 Kron 21: (6)Hy het die pad van die konings van Israel geloop soos die koningshuis van Agab gedoen het, want hy was getroud met ’n dogter van Agab. Hy het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here. (20)Joram was twee en dertig toe hy koning geword het en hy het ag jaar lank in Jerusalem geregeer. Sy heengaan is nie betreur nie. Hy is in die Dawidstad begrawe, maar nie in ’n koningsgraf nie.

Joas: 2 Kron 24: (4)Joas het besluit om herstelwerk aan die huis van die Here te doen. (17)Na die dood van Jojada het die leiers van Juda die koning kom ophemel, en hy het hom dit laat geval. (18)Toe het hulle die huis van die Here die God van hulle voorvaders verlaat en gewyde pale en afgodsbeelde gaan dien. Met dié sondige optrede van hulle het Juda en Jerusalem die toorn van die Here op hulle gehaal. (20) Die Gees van God het vir Sagaria seun van die priester Jojada in besit geneem. Sagaria het voor die volk gaan staan en vir hulle gesê: “So sê God: Waarom oortree julle die gebooie van die Here? Dit sal nie met julle goed gaan nie. Omdat julle die Here verlaat het, sal Hy julle verlaat.”

Ussia: 2 Kron 26: (5)Hy het na die wil van God gevra gedurende die hele lewe van Sagaria, wat insig in die openbaring van God gehad het. In die tyd dat Ussia na die wil van die Here gevra het, het God dit goed laat gaan met hom. (15)In Jerusalem het hy uitvindsels gehad wat deur slim mense ontwerp is en wat bo van die forte en van die hoeke af pyle en groot klippe kon afskiet. Sy roem het wyd gestrek. Hy het op ’n wonderbare wyse hulp ontvang en hy het ’n magtige man geword. (16)Maar toe hy eenmaal die mag het, het Ussia ingenome geword met homself, en dit was die begin van sy einde. Hy het aanmatigend teenoor die Here sy God opgetree: hy het in die tempel van die Here ingegaan om wierookoffers op die wierookaltaar te bring. (21)Koning Ussia was melaats tot die dag van sy dood.

Agas: 2 Kron 28: (1)Hy het nie gedoen wat reg is in die oë van die Here soos sy voorvader Dawid nie. (2)Hy het die pad geloop van die konings van Israel en hy het selfs beelde van die Baäls laat giet. (5)Daarom het die Here sy God hom oorgegee in die mag van die koning van Aram. Dié het hom verslaan en ’n groot klomp van sy mense krygsgevangenes gemaak en hulle na Damaskus toe weggevoer. Agas is ook oorgegee in die mag van die koning van Israel wat hom ’n verpletterende neerlaag toegedien het.

Hiskia: 2 Kron 29: (2)Hiskia het gedoen wat reg is in die oë van die Here en het in alles die voorbeeld van sy voorvader Dawid gevolg. (3)Hy het in die eerste jaar van sy regering, in die eerste maand, die deure van die huis van die Here oopgemaak en hulle herstel. (4)Daarna het hy die priesters en die Leviete laat kom en hulle op die Oosplein bymekaargebring (5)en toegespreek: “Luister na my, Leviete! Reinig julle en reinig die huis van die Here, die God van julle voorvaders. Vat die vuilgoed uit die heiligdom uit. (6)Ons voorvaders was ontrou en het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here ons God. Hulle het Hom verlaat, die woning van die Here nie versorg nie en dit die rug toegekeer.

*************

Hierdie gee ’n goeie prentjie.

Geen regering moet seën van die Here verwag indien daardie regering nie lojaliteit teenoor God betoon nie.

’n Mens voel dat meer mense moet doen wat Heidi Mund van Duitsland gedoen het:

Brave German Woman: Why Heidi Mund Rebuked Islam

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui