Moraliteit

Morele waardes is relatiewe waardes wat lewe beskerm. Dit respekteer die lewenswaarde van beide self en ander. Die hoof morele waardes, soos waarheid, vryheid, naasteliefde, ens, het een ding gemeen: As hulle reg funksioneer, beskerm en verbeter dit die lewens van almal.

Probleem met ateïsme

Ateïste redeneer dat ’n mens nie ’n god nodig het om morele waardes te hê nie. Hulle sal dan as voorbeeld gee dat Afrika ’n baie godsdienstige kontinent is, maar die morele waardes in Afrika oor die algemeen is op ’n baie laer vlak as die morele waardes van ateïstiese lande soos Swede, Noorweë en Nederland.

Dit is absoluut waar dat ateïste ook morele waardes kan hê, maar daar is geen rede vir hulle om dit te hê nie omdat hulle dink dat hulle aan niemand verantwoording doen nie.

Indien daar nié ’n god is nie, dan is daar geen absolute morele waardes nie. Ek mag dalk dink dat diefstal of moord onaanvaarbaar is, maar die volgende persoon nie. Daar is geen gronde waarop ek so ’n persoon anders sal kan oortuig nie, tensy daar ’n hoër gesag is waarop ek my kan beroep.

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui