‘n Openbare nota aan die moderator van die nuwe gay kerk

Kyk ook:

SOMERSET MORKEL, FACEBOOK, MONDAY, 9 NOVEMBER 2015

[Ds Nelis van Rensburg…: Hou asb op om in die Naam van Jesus oor die liefde van God te praat maar terselfdertyd dit wat God in Sy Woord tot gruwelike sonde verklaar het, te vergoeilik….]

Dit maak van u ’n vals profeet.

Matteus 7:21-23 is u voorland indien u u nie tot die ware Christus bekeer nie.

U verkondig tans ’n ander evangelie.

Paulus het in Galasiërs 1:8 van so iemand geskryf: ‘Laat hom ’n vervloeking wees’.

Dit is nie my liefdelose woorde nie.

Dit is nie ek wat bitter is en veroordelend is nie.

Dit is die woorde van ’n Apostel van Jesus Christus.

U het sy lering versaak en leef nou in rebellie teen God deur die sonde waarvoor Hy Sodom vernietig het, goed te praat.

U is ’n misleier wat die skape mislei na die afgrond toe.

Die duiwel wie u nie glo bestaan nie, beheer u denke en is in beheer van die woorde wat u spreek.

Jesus het die duiwel ’n leuenaar genoem.

Indien u aanhou om hom te volg, is u ook ’n leuenaar met ’n leuengees.

Elke ware kind van God wie nog in die NGK is, sal opstaan en teen u getuig.

My intense hoop is dat u nog nie deur God ‘oorgegee’ is nie, soos Rom 1 dit stel.

Want dan is u die tragieste van alle skepsele, ten spyte van u posisie, intellek en gladde woorde.

Mag die Here u genadig wees!

Indien u op hierdie weg volhard ten spyte van die waarheidsgetuienis wat teen u uitgebring word, let op die woorde van Hosea:

“My volk gaan onder omdat hulle nie aan my toegewy is nie. Omdat jy jou taak om hulle aan My te wy, verwerp het, verwerp ek jou as my priester. Omdat jy die wil van jou God verontagsaam het, verontagsaam ek die priesters wat onder jou dien.” (Hosea 4:6)

U en die Nuwe Gay Kerk waarvan u aan die leiding staan, spreek met ’n gesplete tong.

U handhaaf sogenaamd die definisie van die huwelik as tussen ‘een man en een vrou’.

Maar u ‘laat ruimte’ vir NGK-predikante wat ‘kans sien’ om homoseksuele ‘paartjies’ in die huwelik in te seën.

Sien u nie die gespletenheid hiervan nie?

Dit kom neer op ’n leuen, want u en die Algemene Sinode lieg met betrekking tot die definisie van die huwelik wat u amptelik handhaaf, maar prakties ter syde stel.

Daarmee mislei u die skape van u kudde.

Maar erger: U tas die karakter van God in Sy wese aan.

Hy het die mens geskape na Sy beeld: “Man en vrou het Hy HULLE geskape.”

Na Sy beeld: Man en vrou.

Dit is ’n uitdrukking van Christus en Sy bruid, die kerk, wat in eenheid met Hom sal wees wanneer Hy weer kom.

Maar u het ’n nuwe bruid geskep.

‘n Alternatiewe beeld: ’n Demoniese afskynsel van God se heerlikheid in Christus Jesus (manlik) met Sy bruid (vroulik).

U lei mense nou na die hel in plaas van om hulle na Christus se kruisoffer en opstanding te wys sodat hul van hul sonde kan vrykom.

Daar kan nie gemeenskap wees tussen lig en duisternis nie.

U het nou die pad van die duisternis gekies.

Die konsekwensies daarvan is bo maat en perk, want daarmee het u ’n vyand van God geword.

U vergoeilik nou ’n gruwel in God se oë en herdefinieer God se Waarheid in Christus Jesus tot ’n alternatiewe vorm van ‘liefde’.

Maar die Waarheid kan nooit verander nie.

Die uiteinde van enigeen wat die Waarheid van God se Woord verlaat, is dat hy homself sal breek op die rots van die Waarheid wat ewig staan.

U weet dit nie, tragieserwys, maar u het vir die duiwel gekies, teen God se skeppingsorde in.

U bring nou soos Koning Saul ’n vals offer met vals motiewe.

Die resultaat sal dieselfde wees soos wat Samuel vir Saul gesê het: “God het jou verwerp as Koning oor Israel”.

U bring nou soos Aaron se twee seuns vreemde vuur voor die Here.

Die resultaat sal dieselfde wees.

Hulle is met die dood geslaan.

U sal deur geestelike dood geslaan word, want u gee nie meer ag op die Woord van die Waarheid nie, maar het ’n goue kalf gebou wat ’n vals god is, en u eer hom.

Bekeer u terwyl daar nog tyd is, want die getuienis teen u groei by die dag.

Indien u dit ignoreer, sal dit aan u siel vreet soos ’n vuur.

Mens wil dit nie hê nie.

Mag u drasties tot inkeer kom en wegdraai van die sonde af, terug na die Kruis van Jesus Christus.

Dit sal nie maklik wees nie, want u sal self gekruisig word.

Maar dit is die moeite werd.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui