’n Eierdans om die ware kwessies

’n Eierdans om die ware kwessies | Netwerk24

Deur Arie W van Rooyen, Oudtshoorn

21 Julie 2021

Ek volg gewoonlik nie skrywes oor NG Kerk-sake nie.

Die berig oor Die Strand-gemeente en hul dolering (14.07) het egter my oog gevang. Meer nog ds. Nelis Janse van Rensburg se kommentaar (17.07).

Dis vir my diep verontrustend dat hy nie die gemeente se besware direk behandel nie, maar ’n wafferse riel dans rondom die punte gelys. Die aanhaal van die “eer van Christus wat op die spel is” lyk vir my soos politiekery uit die boonste rakke!

Die geloofskringe waarin ek beweeg, het grotendeels al vergeet van die NGK en sy poging om draaie te loop om juis die kwessies gelys.

Janse van Rensburg se reaksie bevestig weer eens dat niks verander het nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui