Metafoor

Inhoud: Wat is ‘n metafoor? | Metafore in die Bybel | Hoekom is dit belangrik?

Wat is ‘n metafoor?

‘n Metafoor is wanneer A gelyk gestel word aan B, met die intensie om die kenmerkende eienskap van B aan A toe te dig. ‘n Metafoor is baie naby aan ‘n vergelyking, met die verskil dat ‘n vergelyking die woord “soos” bevat:

  • Vergelyking: Jou gesig is so rooi soos ‘n tamatie
  • Metafoor: Jou gesig is ‘n tamatie

In die voorbeeld hierbo word ‘n persoon se gesig (A) gelyk gestel aan ‘n tamatie (B). Die kenmerkende eienskap van ‘n tamatie (B) is dat dit rooi is. Die intensie is dus om hierdie eienskap aan die persoon se gesig (A) toe te dig.

Metafore in die Bybel

Hier volg voorbeelde van metafore in die Bybel

  • God is ‘n herder (Psalm 23:1)
  • God is ‘n rots (Psalm 29:1 en Psalm 118:2)
  • God is ‘n hen (Matteus 23:37)
  • God is ‘n arend (Deuteronomium 32:11)
  • God is ‘n leeu (Jesaja 31:4)
  • Bome voer gesprek met mekaar (Rigters 9)

Hoekom is dit belangrik?

Wanneer mense die Bybel verkeerd wil interpreteer, neem hulle metafore soms letterlik op om hulle argument te staaf. Hier volg twee voorbeelde:

1. God is vroulik

Die Bybel sê op heelwat plekke dat God soos ‘n moeder is en Israel haar kind.

Hierdie metafore word verkeerdelik letterlik geïnterpreteer om te wys dat God ook vroulik gesien kan word.

Kyk ook Die Bybel oor God se geslag.

2. Die Bybel is nie ‘n wetenskap handboek nie

Die Bybel verwys op plekke na die aarde asof dit plat is, op vier pilare staan of stilstaan. Kyk Verkondig die Bybel dat die aarde plat is? Dit is metafore, dus moet ons alles wat in die Bybel staan oor die ouderdom en ontstaan van die aarde ook beskou as metafore.

Hierdie argument word gebruik om te redeneer dat die aarde miljoene jare oud is en ook selfs dat God evolusie gebruik het om te skep.

Kyk ook Die Bybel is nie ’n geskiedenis of wetenskapshandboek nie.

Kyk ook

2 thoughts on “Metafoor”

  1. Waar GOD metafore gebruik, is daar by Hom geen onderskeid tussen A en B, en is A=B. Inteendeel, soos mens meer die Bybel lees, kom mens onder die indruk van God se Ontsagwekkende Grootheid. BV. A=B=C=D=E=…..Z. Self al ontdek, GOD se metafore kan sélfs wees 1=2=3=4=5=6=7=8=….153. MENS sien ietsie hiervan in Daniël, waar die Heilige Metafoor van Christus as die Diepte en Kennis van God se Openbaring, waar Hy maar ‘n voorsmakie gegee het aan die mens deur die Ou Tempel voorwerpe, dus GOD se Hart, met duiwels vergelyk word deur mense. Sy GEES het die voorwerpe gesalf…soos met ‘n mens…en kyk wat doen hulle (en nog steeds vandag)….sélfs “konserwatiewe leraars”: Hul bréék GOD se Heilige Metafoor op om eie genot te verkry: “By die genot van die wyn het Bélsasar bevel gegee om die goue en silwervoorwerpe te bring wat sy vader Nebukadnésar uit die tempel van Jerusalem weggevoer het, sodat die koning en sy maghebbers, sy vroue en sy byvroue daaruit kon drink. Hulle het wyn gedrink en die gode van goud en silwer, koper, yster, hout en klip geprys. Op dieselfde oomblik het daar vingers van ‘n mens se hand te voorskyn gekom en teenoor die kandelaar op die kalk van die muur van die koninklike paleis geskrywe, en die koning het die deel van die hand gesien wat geskrywe het.
    DANIËL 5:2‭, ‬4‭-‬5 AFR53
    https://bible.com/af/bible/5/dan.5.2-5.AFR53

  2. Waar GOD metafore gebruik, is daar by Hom geen onderskeid tussen A en B, en is A=B. Inteendeel, soos mens meer die Bybel lees, kom mens onder die indruk van God se Ontsagwekkende Grootheid. BV. A=B=C=D=E=…..Z. Self al ontdek, GlOD se metafore kan sélfs wees 1=2=3=4=5=6=7=8=….153. MENS sien ietsie hiervan in Daniël, waar die Heilige Metafoor van Christus as die Diepte en Kennis van God se Openbaring, waar Hy maar ‘n voorsmakie gegee het aan die mens deur die Ou Tempel voorwerpe, dus GOD se Hart, met duiwels vergelyk word deur mense. Sy GEES het die voorwerpe gesalf…soos met ‘n mens…en kyk wat doen hulle (en nog steeds vandag)….sélfs “konserwatiewe leraars”: Hul bréék GOD se Heilige Metafoor op om eie genot te verkry: “By die genot van die wyn het Bélsasar bevel gegee om die goue en silwervoorwerpe te bring wat sy vader Nebukadnésar uit die tempel van Jerusalem weggevoer het, sodat die koning en sy maghebbers, sy vroue en sy byvroue daaruit kon drink. Hulle het wyn gedrink en die gode van goud en silwer, koper, yster, hout en klip geprys. Op dieselfde oomblik het daar vingers van ‘n mens se hand te voorskyn gekom en teenoor die kandelaar op die kalk van die muur van die koninklike paleis geskrywe, en die koning het die deel van die hand gesien wat geskrywe het.
    DANIËL 5:2‭, ‬4‭-‬5 AFR53
    https://bible.com/af/bible/5/dan.5.2-5.AFR53

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui