Matteus 10:34-39 (Jesus bring nie vrede nie maar die swaard)

Matteus 10:34-39

(34)Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie maar die swaard. (35)Ek het gekom om tweedrag te bring
“ ‘tussen ’n man en sy vader
en tussen ’n dogter en haar moeder,
tussen ’n skoondogter en haar skoonmoeder;
(36)ja, ’n man se huismense sal sy vyande wees.’
(37)“Hy wat sy vader of moeder liewer het as vir My, is nie werd om aan My te behoort nie; hy wat sy seun of dogter liewer het as vir My, is nie werd om aan My te behoort nie. (38)Hy wat nie sy kruis opneem en My volg nie, is nie werd om aan My te behoort nie.
(39)“Hy wat sy lewe wil behou, sal dit verloor; en hy wat sy lewe ter wille van My verloor, sal dit vind.”

Hierdie stem ook ooreen met Eksodus 32:29:

(29)Toe het Moses vir die Leviete gesê: “Vandag is julle gewy vir diens aan die Here, want julle het selfs teen seuns en broers opgetree. Om hierdie rede gee die Here vandag aan julle hierdie besondere voorreg.”

Baie mense is onder die indruk dat die strewe na vrede onder mekaar een van die grootste deugde is. Jesus het egter self gesê dat Hy nie gekom het om vrede te bring nie, maar verdeeldheid (die swaard). Wat Hy hiermee sê is dat dit belangriker is om aan Hom (Sy Woord) gehoorsaam te wees as om vrede te hê. Of anders gesê: Volle gehoorsaamheid aan Sy Woord, gaan verdeeldheid veroorsaak.

Kyk ook Vrede.

Nog leeswerk

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui