Kerk stel sy saak

*******

Kerk stel sy saak | Beeld

Beeld, 1 November 2000

Neels Jackson

Verskeie gemeentes en ringe van die NG Kerk het die afgelope tyd deur besluite ‘n standpunt ingeneem in teologiese polemieke. Nadat die kerk se algemene sinodale kommissie (ASK) vroeër sy standpunt duidelik gemaak het dat Jesus Christus die enigste Middelaar en toegang tot God is en dat seks net binne die huwelik moet plaasvind, het talle ander kerklike vergaderings soortgelyke besluite geneem.

‘Terwyl van die besluite net die saak self aanroer, is daar ander soos die gemeentes Oudtshoornpark en Bloemhof-Oos en ringe soos Uitenhage, Lichtenburg en Port Elizabeth-Wes wat proff. Sakkie Spangenberg en/of Christina Landman by name uitsonder vir kritiek.

Bloemhof-Oos vra byvoorhbeeld dat die twee openlik hul “dwalinge” bely en die korrekte leer aanvaar.

Dis egter nie net dié twee wat deurloop nie. Die ASK self word deur die ring van Uitenhage op die vingers getik oor die besluit wat hy vroeër vanjaar geneem het waarin die staatslotery nie onvoorwaardelik veroordeel word nie.

Die gemeente Rant-en-Dal het ook in ’n besluit die maagdelike geboorte van Jesus on die liggaamlike opstanding onderskryf.

Talle van die besluite, waarvan party in Die Kerkbode gepubliseer is, onderskryf ook die gesag van die Bybel as die onfeilbare Woord van God.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui