Teoloog bely sy geloof oor ‘ander’ Jesus

*******

Teoloog bely sy geloof oor ‘ander’ Jesus | Beeld

Beeld, 25 November 2000

Neels Jackson

‘n Teologieprofessor van Pretoria om wie se kop ’n storm losgebars het na aanleiding van sy navorsing oor die “historiese Jesus” het in sy kerk se amptelike mondstuk ‘n geloofsverklaring gedoen oor wat en hóé hy glo.

Prof. Andries van Aarde, Nuwe-Testamentikus van die Hervormde Kerk en Universiteit van Pretoria, antwoord hierin ’n vraag van ‘n ouderling wat ’n verduideliking wou hê van wat hy glo.

Baie lidmate het ontsteld gereageer op berigte oor Van Aarde, ’n lid van die Jesus Seminar, en dié groep se navorsing na die “historiese Jesus”. Uit dié navorsing het gevolgtrekkings gekom soos dat Jesus nie uit ’n maagd gebore is nie en nie liggaamlik uit die dood opgestaan het nie.

Van Aarde sê in Die Hervormer onder meer: “Vir my lewe Jesus. As ek dit sê, sê ek dieselfde as wanneer die Bybel en die belydenisskrifte sê ons glo in die opstanding van Jesus,”

Oor die maagdelike geboorte van Jesus sê hy: “God het in Jesus na mense toe gekom. Dit sê dieselfde as dat Jesus waaragtig God en waaragtig mens is.

Die moderamen van die Hervormde Kerk het ook ’n verklaring aan al die kerk se gemeentes gestuur na aanleiding van ’n gesprek met Van Aarde. Van Aarde se verklaring is hierby aangeheg.

In die verklaring sê die moderamen onder meer dat berigte oor Van Aarde die indruk kan wek dat hy nie die kerklike belydenisskrifte onderskryf nie.

Die verklaring verwys na Van Aarde so geloofsverklaring waarin hy sê hy doen die geloofshelydenis in die erediens nie met teësin nie, maar met instemming.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui