Hoe dan met hierdie derduiwels?

*******

Hoe dan met hierdie derduiwels? | Netwerk24

Eva Van Eden, Stellenbosch

28 April 2023

Ek is net ’n gewone Bybel-leser en geen kritiese teoloog of Skrifgeleerde nie, maar tog ’n ywerige student.

Prof. Anton van Niekerk se flink skrywe oor waar die duiwel sigself nou bevind (25.04) het my erg geprikkel. Satan is blykbaar nie meer die kwaadstoker (soos in Genesis) nie, maar die restant van die groot kwaaddoener-setel in elkeen se hart en lewe.

Duidelik kan ons ons eie kwaaddoenery hier ook nie op duiwels-mite of -ideologie blameer nie, maar moet self verantwoordelikheid aanvaar.

Sover alles goed. Maar hoe gemaak, wonder ek toe, met die derduiwelse mitologiese en ideologiese satan in Job se geloofstoets (Job 1), Jesus se versoeking in die woestyn (Mattheus 4), Judas se verraad (Lukas 22:3; Johannes 13:27), Jesus se uitdryf van demone (Mattheus 8; Markus 3; Lukas 11), die finale oordeel oor satan (Openbaring 20) en ander Skrifverwysings, afgesien van die paradys-slang?

Sou ’n mens, met besondere afwagting, kon uitsien na verdere toeligting?

1 thought on “Hoe dan met hierdie derduiwels?”

  1. Dalk kan mens help met die duiwel besigheid.
    Oom Langenhoven het so 100 jaar gelede geskryf oor die ding. aanhaling “die leuen wat mens die maklikste glo is die leuen met die meeste waarhied in”. Om dit te verduidelik het hy die voorbeeld gebruik van melkboer. Daardie tyd het die melk bedryf mos heel anders gewerk as vandag. Die melkboer het mos op die plaas gemelk en die melk daar gebottel en dan met n rubberwiel muilwa dorp toe gery. die dorpenaar het weer sy lee bottle met die geldjie op die sypaadjie gesit, en dan het die boer die bottel omgeruil. (vandag is daar nie n manier wat dit sal werk nie). Nou, so nou en dan het dit gebeur dat n koeie die melkemmer omskop, of n kalf het uitgesuip, dan was daar nie genoeg melk om al die bottels vol te maak nie, dan het hy so bietjie water bygegooi, om die bottels vol te kry. Die geheimenis van die ding is om nou net soveel water by te gooi sodat die “mix” darm nog lyk en proe soos melk.
    Nou gebruik oom Langenhoven die melk as waarheid en die water as leun. So hoe meer meer melk (waarhied) nou in die “mix” is hoe makliker glo mens dis melk. Die problem is nou as mens agterkom jy het nou “mix” beet wat maak mens daarmee, gooi die spul in die drein af, dit is mos “mix” (leun) of gebruik mens dit as melk (waarheid). Die ideaal sal wees as mens die water (leun) kan afskep, dan het mens minder maar darm melk (waarhied)
    Nou terug by die duiwel besigheid. Die bokkop mannetjie met die sekelstert en vurk wat vuurmaak in die hel, is mos nou n pot snert. (water) wat maak mens nou daarmee? Daar is nou die wat die hele spul in die drein af gooi, met reg seker is mos snert, maar sit dan met niks, daar is nie n duiwel nie. Ander weer glo die hele besigheid, mis ook. So die ideaal is om net die sekelstert mannetjie “af te skep” en te weet daar is n duiwel.
    Hoop dit help dalk bietjie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui