Dit werk nie sonder die duiwel nie

*******

Dit werk nie sonder die duiwel nie | Netwerk24

Chris Thomas, Kaapstad

28 April 2023

As “die duiwel” die oorblyfsel is van ’n uitgediende mite, prof. Anton van Niekerk (25.04), is “die god” ook die oorblyfsel van ’n uitgediende mite.

Die duiwel is die belangrikste karakter in die Christelike meesterverhaal. Sonder die duiwel is daar nie ’n vyand om te oorwin nie. “God” het die “Duiwel” so nodig soos Luke Skywalker vir Darth Vader nodig het.

Ek is deeglik bewus van die gesofistikeerde teologie wat interne sinodale spanning handhaaf met voorsiening vir die “feitelike” bestaan van God en die “mite” oor die duiwel.

Maar die storie werk net nie sonder die duiwel nie. By behoorlike besinning werk die storie in elk geval nie. Die héle storie is ’n uitgediende mite.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui