Hoekom moes Jesus sonder sonde wees?

Jesus was sonder sonde

Die Bybel is duidelik daaroor dat Jesus sonder sonde was.

Johannes 8: (29)Hy wat My gestuur het, is by My. Hy het My nie alleen gelaat nie, omdat Ek altyd doen wat Hy wil.” … (46)Wie van julle kan sonde by My aanwys?

2 Korintiërs 5: (21)Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees.

Kyk ook 2 Korintiërs 5:21.

Hebreërs 4: (15b)Hy was immers in elke opsig net soos ons aan versoeking onderwerp, maar Hy het nie gesondig nie

Hebreërs 7: (26)Vir ons was so ‘n hoëpriester nodig, een wat heilig, skuldeloos en sonder smet is, verwyder uit die midde van die sondaars en verhoog bo die hemele, (27)een wat nie, soos die hoëpriesters, elke dag offers hoef te bring, eers vir sy eie sondes en dan vir dié van die volk nie. Hy het immers eens en vir altyd ‘n offer vir die sondes gebring toe Hy Homself geoffer het.

1 Petrus 1: (18)Julle weet tog dat julle nie met verganklike middele soos silwer of goud losgekoop is uit julle oorgeërfde sinlose bestaan nie. (19)Inteendeel, julle is losgekoop met die kosbare bloed van Christus, die Lam wat vlekloos en sonder liggaamsgebrek is.

1 Petrus 2: (22)“Hy het geen sonde gedoen nie en uit sy mond het daar nooit ’n leuen gekom nie.” (*)

(*) Jesaja 53: (9)Hy het ’n graf gekry by goddeloses, hy was by sondaars in sy dood al het hy geen misdaad gepleeg nie en al was hy nooit vals nie.

1 Johannes 3: (5)Julle weet dat Jesus gekom het om die sondes weg te neem, en daar is geen sonde in Hom nie.

Hoekom is dit belangrik?

Met die kruisiging het Jesus ons sonde op hom geneem en ons los gekoop. Dit is soos om in die hof skuldig bevind te word aan iets en ’n boete opgelê te word. As jy nie die geld het nie, kan iemand anders namens jou jou boete betaal en dan is jy vry om te gaan.

Die straf vir sonde is die dood:

Rom 5: (12)Verder nog dít: Deur een mens het die sonde in die wêreld gekom en deur die sonde die dood, en so het die dood tot al die mense deurgedring, omdat almal gesondig het. (21)Die doel was dat, soos die sonde deur die dood heerskappy gevoer het, die genade deur die vryspraak ook heerskappy kan voer en tot die ewige lewe kan lei deur Jesus Christus ons Here.

Rom 6: (23)Die loon wat die sonde gee, is die dood; die genadegawe wat God gee, is die ewige lewe in Christus Jesus ons Here.

Omdat almal sondig is, verdien ons almal die dood. As Jesus self sonde gehad het, sou Hy nie die straf vir ons sonde namens ons kon betaal nie, omdat Hy dan self sy eie straf moes uitdien vir sy eie sonde. Daarom moes Jesus sonder sonde wees om die straf vir ons sonde namens ons te betaal.

Kyk ook die volgende videos van Ray Comfort wat hierdie baie mooi verduidelik:

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui