Voorspoedsteologie

Voorspoedsteologie (Engels = “prosperity gospel“) is die idee dat God sy kinders met aardse dinge sal seën. Hierdie aardse seëninge sluit die volgende in:

  • Finansiële sukses
  • Goeie gesondheid
  • Lang lewe

T-hemp met die woorde 'I can do all things through a verse taken out of context' Dit sinspeel natuurlik op Filippense 4:13Dit staan ook bekend as die “Word of Faith”-beweging of die “name it and claim it“-benadering. Dit is die idee dat jy positief moet spreek sodat God sal doen soos jy sê. Wat jy sê bepaal alles wat met jou gebeur.

Beloftes in die Bybel wat vir sekere situasies bedoel was in daardie tyd word geneem en vandag toegepas. Die volgende is voorbeelde:

  • Aan siekes sal gesê word: “Soos God Hiskia se lewe verleng het, so sal God ook jou lewe verleng.” (2 Konings 20 en Jesaja 38)
  • Aan mense wat finansieel sukkel sal gesê word: “Soos God Jabes se gebed verhoor het (1 Kronieke 4:10), so sal hy ook jou gebed verhoor.”

Gewoonlik is dit mense wat die volgende glo:

  • Jy moet lewe spreek as jy enigsins wil hê dat dit met jou goed moet gaan.
  • God het bedoel dat sy kinders goeie gesondheid moet hê en nie jonk moet doodgaan nie. Daarom het ’n mens nie dokters nodig om gesond te word nie.
  • God het bedoel dat sy kinders finansieel welgesteld moet wees. Daarom moet jy finansiële sukses ervaar.
  • Alle teëspoed het een of ander geestelike rede.
  • Gewoonlik hou hulle daarvan om Johannes 10:10 te gebruik: ’n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed. (Kyk Johannes 10:10 vir ’n bespreking daaroor.)
  • En ook Filippense 4:13 : Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.
  • En Markus 11:23-24 : (23)Dit verseker Ek julle: Elkeen wat vir hierdie berg sê: ‘Lig jou op en val in die see,’ en daarby nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sê, gebeur, vir hom sal dit gebeur. (24)Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit al ontvang het, en dit sal vir julle so wees.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui