Facebookdebat oor Belhar en NGK-leiding

Somerset Morkel het die artikel Belhar – ’n Futiele oefening op Facebook gedeel. Die gesprek het twee hooftemas:

  1. Belydenis van Belhar
  2. Die dwaling van sommige NGK leiers en die onvermoë van ander NGK leiers om dit raak te sien.

Wie is wie:

Dit is hartseer dat Johann Ernst geen begrip toon vir die huidige situasie in die NGK nie. Hy vergelyk bv panenteïsme en ontkenning van die duiwel as dwaling net soos die grootdoop. Hy sê: “Vir my lê dit wat Julian Müller na bewering oor panenteïsme leer, dit wat Ben du Toit na bewering oor die duiwel sê en dit wat Kobus vd Walt na bewering oor die doop sê op presies dieselfde vlak – dit is strydig met ons belydenis.”

Hier volg die plasing en ook die debat hierop. Kommentaar in [rooi-bruin blokhakies] is later ingesit. Sommige van die belangrikste woorde het ek in geel gemerk.

**********

Somerset Morkel

Kliek hier om na Facebook te gaan

17 Augustus 2014 om 02:35 NM

VOORTGANG VD VALS KERK: AANVAARDING VAN BELHAR IS ‘N STAP VERDER NA DIE ONDERGANG VD WAARHEIDS-GETUIENIS VD KERK..

[NG-kerk-gemeentes moet stem of hulle Belhar wil aanvaar of nie..]

Soos duidelik uit hierdie uitstekende stuk hieronder deur NGK ds Jan Louw – en ander* – is dat Belhar ’n onnodige humanisties-geinspireerde dokument is wat ’n politieke doel moet bereik m.b.t. eenheid aldan nie met die liberalistiese Verenigende Gereformeerde kerk van die links-liberale bitterbek-teoloog Allan Boeksak en sy trawante.

Die blote feit dat Boesak en sy medelopers in die geweldsteologie (bevrydingsteologie) die aanvaarding daarvan as ’n rewolwer-teen-die-kop voorwaarde stel vir eenheid, toon hulle on-Christelike harte –

en hul intimidasie-karakter..

Dit is voorwaar pateties dat die NGK hul daarmee laat intimideer.

Wat egter ook jammer is, is dat mense soos die voormalige Moderator prof Piet Strauss, gekapituleer het hierin.

Prof Strauss het in sy tyd as top-leier vd NGK en Moderator vd Alg Sinode dapper en sterk openlik standpunt ingeneem téén Belhar…

en selfs voor die besluit m.b.t. Belhar by die laaste Alg Sinode vd NGK, ’n boek geskryf teen Belhar.

Hy het destyds as NGK Moderator in ’n groete-boodskap op ’n Sinode vd Verenigende Gereformeerde Kerke (deur wie Belhar as belydenis geformuleer is) gese “Ek is nie ’n Belhar-man nie”.

Maar na die aanvaarding vd besluit vd NGK se Alg Sinode, het Prof Strauss sy steun vir Belhar in die openbaar in die media uitgespreek.

Wat het verander?

Dit is tragiese kompromie-making met die proses vd die vals kerk-in-voortgang.

Die waarheid is nie onderhewig aan ‘demokratiese’ meerderheidsbesluit nie en as mens dit dan so sien, verstaan mens nie meer wat die waarheid behels nie –

en word jy net meegesleep deur die prosesse wat in voortgang is.

Dit smaak ook na misplaaste lojaliteits-maneuvering.

Geen mens behoort meer lojaal aan ’n kerk te wees as aan die waarheid nie.

Dit is jammer dat mense wat in die verlede staatmakers was in die behoudende inhoud vd kerk van Christus, kapituleer en saam met die stroom aan-beweeg –

i.p.v. om in die reformasie te staan van Semper Reformanda, terug na die Skrif, nie weg daarvan nie..

Dit tas hul nalatenskap drasties aan en laat ’n nasmaak van in-die-steek-gelaat wees by diegene wat voorheen die pad saam met hulle gestap het..

Indien ’n gemeente vandag onseker is oor hoe hul moet besluit, en hul nooi ’n man soos Prof Strauss uit om hul toe te spreek, wat sal sy standpunt wees?

Seker die een wat hy laas in die media verklaar het, of sal hy terugkeer na sy standpunte binne sy boek en tydens sy termyn as Moderator?

Daar is ’n ongesonde dualisme daarin wat hom in sy statuur as man wat in die verlede vasgestaan het, ondermyn.

Kompromie het die manier om ’n glyerige baan na benede te word.

Die NGK is lank reeds op daardie glyerige baan na benede.

Die NGK is op pad na wyer ekumene as wat Belhar meebring…

Belhar is maar net ’n tree in die rigting van ongesonde breer ekumene,

nl Rome toe o.l.v. die Alg Sinode se liberale Sekertaris dr Kobus Gerber

(van wie een NG-teoloog gese het “Ek vertrou hom nie eens agter tralies nie..”):

Predikante hou naweekseminare saam met Roomse priesters en kom heel beindruk terug –

Hulle word mislei deur mistieke ‘Bybelstudie’ en kontemplatiewe gebedsaksies binne die RKK –

nogal saam met priesters wie die titel van ‘Vader’ (‘Father’) dra, tweryl Jesus duidelik gese het “Noem niemand Vader nie, behalwe jul Vader wat in die hemel is…”

Daar is geluide wat mens hoor dat die Vrymesselary die leierskap oorgeneem het..

In die lig van die modere teologie wat die botoon voer binne die NGK, sal dit nie verbasend wees nie,

hoewel dit moeilik is om te bevestig weens die geheimsinnige aard vd Vrymesselary.

Die filosofiese ‘guru’ vd NGK, dr Ben du Toit is ’n Skrifgesag-ontkenner en sy boek “God..?” bevat denke wat totaal uit lyn is met die Skrif en met die gereformeerde belydeniskrifte.

Die boek bevat o.a. die arrogante stelling dat ons vandag meer weet oor die wetenskap as wat Jesus in sy tyd geweet het..

Ben du Toit weet duidelik nie wie Jesus is nie..

Wynand Louw skryf op hierstaanek.com: “Dr du Toit ontken die maagdelike geboorte, die bestaan van die duiwel en die evangelie van verlossing uit genade alleen deur geloof alleen (omdat hy beweer geloof is nie nodig vir verlossing nie).”

Tog het die huidige Moderator, Prof Nelus Niemand, op Kyknet gese dat Ben du Toit se denke “deel is van die hoofstroomdenke vd NGK..”

Hierdie hele proses is een van bou aan die een-wereld-kerk wat die geestelike en morele onderbou sal vorm vir die super-Een Wereld-Orde van die anti-Chris.

Dit is tyd vir meer mense om uit te klim – of af te gaan in die gees van kompromie met die weg-beweeg van God se Woord.

Die Roomse Instansie is in wese nie ’n kerk as liggaam van Christus nie – dit is ’n vals kerk en is in wese ’n kultus wat alle gelowe as geldig beskou en in eukumene is met hulle.

(Openb. 18:4) “… Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie.”

Die hoer van Openbaring is nie die Roomse kerk nie, maar die vals kerk, wat Rome insluit –

en die NGK is onder die huidige geestelik-korrupte leierskap goed op pad Rome toe.

Gaan kyk hier vir goeie materiaal oor die Roomse kultus en die misleiding daarin: https://www.facebook.com/groups/WCvsBC/?fref=ts

* Kliek HIER vir ’n skrywe deur Wyand Louw van hierstaanek.com aan sy kerkraad.

Mense wat dink ’n mens is negatief as mens bg stellings maak, is korrek, maar die vraag bly of mens nie eerder negatief moet wees en die valsheid uitwys, as om sg.’positief’ te wees en ’n meeloper en kompromiteerderder met die vals kerk en die dwaling te word nie..

Die profete van ouds – en die skrywers vd Nuwe Testaemt – was ook abie negatief en hard wanneer dit by dwaling kom.

Heelwat van vandag se ‘positiewes’ is eintlik loues – en akkommodeer bloot die leuen, en dit is op sigself negatief… al is hulle so ‘positief’.

Dit word in die Skriflig ‘misleiding’ genoem…

Kommentaar

Kobus van der Walt

en so val hulle een na die ander

17 Augustus 2014 om 02:37 NM.

Jan Buter

Ek sien hulle ook om my val.

17 Augustus 2014 om 02:47 NM. · Hou van · 3

Jan Kirsten

Not my zoo.

17 Augustus 2014 om 03:55 NM. · Hou van · 1

Somerset Morkel

LOL! thought you could pray, you know..

17 Augustus 2014 om 03:56 NM. · Gewysig · Hou van · 1

Jan Kirsten

Laat u wil geskied , laat u koningkryk kom.

17 Augustus 2014 om 03:58 NM. · Hou van · 2

Somerset Morkel

Jan, julle moet gereed wees om die ontnugterdes te ondersteun wanneer hulle uitkom.

17 Augustus 2014 om 04:07 NM. · Hou van · 2

Somerset Morkel

Die Here haal hulle uit – elke jaar in tiendduisende uit die NGK.

17 Augustus 2014 om 04:07 NM. · Hou van · 1

Somerset Morkel

Weet iemand hoeveel mense is verlede jaar – 2013 – uit die NGK?

Ek het nerens syfers gesien nie.

17 Augustus om 04:08 NM. · Hou van · 1

Somerset Morkel

2012 was dit 30 000

2011 was dit 20 00

2010 was dit 10 000

17 Augustus om 04:12 NM. · Hou van

Somerset Morkel

Miskien wil die NGK nie meer die syfers bekend maak nie..

17 Augustus om 04:13 NM. · Gewysig · Hou van · 2

Gerhard Potgieter

Geen kommentaar nodig nie. Die ingeligtes weet mos lankal ’n groot deel van die leierskap is nie Christene (dissipels van Christus) nie. More of the same. Nog ’n klompie gemeentes wat vooruitboer. In die die stede loop hulle oor na groot lewendige gemeentes of onafhanklike kerke, huis kerke of geen ander kerk.

17 Augustus om 04:49 NM. · Gewysig · Hou van · 2

Gerhard Potgieter

Snaaks dat kleiner egte gereformeerd/evangelistiese denominasies groei en ook onafhanklike gemeentes – nie teen die spoed van lig nie maar konstant. REACH is een. Ook in die res van Afrika. Die George Whitefield college groei en brei uit en lei predikante op vir SA, Afrika en elders – ’n groeinde “mark” terwyl die Afrikaanse teologie fakulteite krimp en ’n kwynende “mark” bedien. Laat mens dink.

17 Augustus om 04:57 NM. · Gewysig · Hou van · 2

Johan Fourie

Sommerset as ek na die drie jare 2010-2012 se syfers kyk dan wil dit voorkom asof 2013 dalk 40 000 kon wees. Miskien is dit darem ’n bietjie te erg om te publiseer, die dat jy (ek ook nie) nog nie syfers te sien gekry het nie.

17 Augustus om 04:54 NM. · Hou van · 2

Kobus van der Walt

Johan, dit kan onmoontlik nie 40 000 wees nie – nooit………………… daar is nie meer 40 000 oor nie

17 Augustus om 05:20 NM. · Hou van · 1

Kobus van der Walt

Gerhard Potgieter, jy is so reg. maar wat my veral ontstem en hartseer maak is die duisende (ek dink dat dit die meerderheidsgroep van die “weglopers”) wat loop en net heeltemal kerkloos raak (nie kerklos nie – kerkloos) – hulle is ontnugter; hulle is kwaad en hulle dink dat dit God se skuld is, of dit is die kerk se skuld, terwyl hulle nie besef dat daar ’n Kerk is nie, maar lg. a.g.v. ’n gebrek aan lering oor jare heen dink hulle dat dit is hoe Kerk lyk – dis tragies en ek huil daaroor.

17 Augustus om 05:24 NM. · Hou van · 2

Marthie Labuschagné

Sug sug sug – wat kan ek se?? Sommie jy weet ek sal graag wil uitspring!! Die vraag is net waarheen spring ek?? Ek het jou al moeg gekerm, maar ek weet nie waarheen nie. Dis vir my belangrik om aan ’n gemeente te “behoort”, anders voel ek soos ’n los baksteen. Ek het van van die een NG na die ander NG gespring en hoop maar vir die beste. Tenminste kry ek nou elke Sondag ’n boodskap wat meer is as wat ek van die vorige een kon se.

17 Augustus om 05:36 NM. · Hou van · 1

Johann Heinrich Ernst

Ek ken vir prof Piet Strauss goed en was telkens by toe hy sy standpunt oor die Belydenis van Belhar en die voorgestelde wysiging van Artikel 1 [kyk Terugblik op die Algemene Sinode 2013.] van die Kerkorde in verband daarmee uitgespreek het. Wat Jan Louw hierbo skryf, is nie net blatante leuens nie – dit is ook lasterlik! Ek wil nie eers praat oor Kobus van der Walt se opmerkings nie. Hy sal hom ook weer moet laat herdoop om hierdie sonde van laster en leuens teenoor die NG Kerk afgewas te kry! Kan hy regtig met vrymoedigheid die Evangelie van die Opgestane Jesus in sy gemeente verkondig, as die liefde van Jesus opsigtelik nie in sy hart leef nie. Ek weet ek stel my oop vir “geweldadige” reaksie – maar so kan ’n mens ook nie oor die kerk van Jesus, waarvan die NG Kerk deel is, praat nie! Mag die Here ons hierin genadig wees en ons ons liefdeloosheid teenoor mekaar vergewe.

17 Augustus om 06:11 NM. · Hou van

Gerhard Potgieter

Net so Kobus van der Walt maar waar is die wat weg is om die wat wegkom na waarheid en ’n veilige hawe te lei? Ek dink ook waar jy in ’n gemeente is waar die predikant EN ouderlinge die pad stap moet jy bly. Waar jy in ’n gemeente is waar jy jou nog kan uitleef in diensbaarheid aan die ander gemeentelede en die gemeenskap moet jy bly ongeag die predikant en ouderlinge. Die belangrikste wanneer jy vaarwel moet sê is om te getuig en redes te gee hoekom jy weggaan. Gaan sien die predikant en ouderlinge en verklaar jou oortuiging van die ware geloof. Wanneer jy dan na ’n ander gemeente soek kry een waar die vrugte van die Gees duidelik te bespeur is. Ons is hier on te dien en nie bedien te word nie. As dit met respek net weer net ’n klomp Sondag stoelverwarmers is soek voort.

17 Augustus om 06:22 NM. · Hou van · 4

Jan Kirsten

Ons is maar weer in ’n tyd waar die tempel ( kerkstrukture) eers afgebreek moet word voor Christus geopenbaar kan word. Die uitloop daarvan sal ons nog sien ontvou.

17 Augustus om 06:48 NM. · Hou van · 1

Henrietta Klaasing

Ek ken vir Ds Jan Louw goed en weet dat hy niks sal skryf wat nie DEEGLIK nagevors is nie.

17 Augustus om 06:50 NM. · Hou van · 1

Henrietta Klaasing

Die enigste regstelling wat voorgestel is, is deur Willie Du Plessis gedoen, naamlik die volgende:

“Net een regstelling: Die Gereformeerde Kerk (GKSA) het in 1859 te Rustenburg tot stand gekom met lidmate wat uitsluitlik uit die Nederduits Hervormde Kerk weggebreek het. Ds Dirk Postma, wat aanvanklik as leidende persoon vir die Gereformeerde Kerk (GKSA) opgetree het, was voor sy verbintenis met die Gereformeerde Kerk (GKSA) ’n predikant van die Nederduits Hervormde Kerk. Die Nederduits Hervormde Kerk het reeds vroeër onder leiding van ds Dirk van der Hoff van die NG Kerk afgeskei. Van die oorspronklike lidmate was baie min afkomstig vanuit die destydse Nederduitse Gereformeerde Kerk .”

17 Augustus om 06:54 NM. · Hou van · 2

Philip Venter

Tussen 2011 en 2013 was dit altesaam 85 000. Amptelike syfers.

17 Augustus om 06:55 NM. · Hou van · 3

Henrietta Klaasing

‘n Nuwe boekie, kort en maklik leesbaar vir lidmate, onder die titel ”BELHAR-’n EIETYDSE GETUIENIS MAAR NIE ’n BELYDENISSKRIF NIE” is geskryf deur prof. Johan Janse van Rensburg. Baie van wat Ds Jan Louw hier sê, staan in hierdie boekie.

17 Augustus om 06:58 NM. · Hou van · 2

Philip Venter

Ek was as jong dominee by ’n sinodesitting waar aangekondig is dat die NG Kerk die AGS as ’n kerk erken het (na baie, baie jare). Sover ek weet is die AGS tans, wat lidmaattal betref, groter as die NGK.

17 Augustus om 07:12 NM. · Hou van · 3

Wynand Louw

Johann jy is ’n professionele persoon. Ek daag jou hier in die openbaar uit om 1) Te sê watter stelling van Jan Louw nie waar is nie en 2) wat hy gesê het wat lasterlik is.

17 Augustus om 07:49 NM. · Hou van · 4

Gerhard Potgieter

Philip die nuwe AGS is ’n samesmelting van verskeie denominasies maar ondelukkig is daar nou ’n baie groot persentasie pentekostale gemeentes as gevolg. Verder is daar AGS kerke wat meer pentekostaal beweeg het. Een AGS pastoor het onlangs vir my in sy studeerkamer gesê – militant – ek sal doen wat ek wil en ons gemeentes is onafhanklik. Oor die volgende 6 maande preek ek net oor Heilige Gees gawes. Needless to say we don’t have contact. Ek verkies om te evangelie in maklike verstaanbare taal te verkondig en hy in tale wat niemand verstaan nie. So wat ek bedoel Philip is dat die “numbers game” sinneloos is. Soos reeds genoem groei kleiner denominasies en groepies onafhanklike kerke wat Woord getrou is, missiologies is en hulle mense bemagtig om hulle geloof uit te leef, reg oor die wêreld. Selfs die “low church” in Engeland terwyl die “high church” leeg loop. Soos reeds genoem is REACH in Suid Afrika nog ’n voorbeeld.

17 Augustus om 07:56 NM. · Hou van · 3

Wynand Louw

My brief aan my kerkraad oor Belhar

17 Augustus om 08:01 NM. · Hou van · 4

Wynand Louw

Ek het Johann Ernst in ’n persoonlike boodskap gevra om sy bewerings oor Jan Louw hier te staaf. Ek glo hy het genoeg integriteit om te reageer.

17 Augustus om 08:11 NM. · Verwerp · 6

Gerhard Potgieter

Net nog ’n klip in die bos. Wat is ’n belydenis? In Engels ’n CREED. ’n Confession is not a creed. It is a statement of faith of sorts and not a creed. Does this document compare favourably with other Biblical creeds off history? Is it apologetic for the right reasons? To state Biblical truth? If it is apologetic in the sense of being against anything it is worthless. Let me explain it simply – Creeds are for something and not against anything – True Biblical Creeds are apologetic and very concisely restate Biblical truths in a concise format. They do not have a “Thou shallt not” character. As soon as it attempts to preach as most of this document does it does not have the credibility of a creed. A useful document perhaps to adopt by any denomination as part of their ethos. Nothing more. In short then a creed is a restatement of foundational Biblical truth and not a sermon. Positive affirmation of truth and not a statement of what truth is not. This is specifically true of point 2 and 4 of the confession of Belhar and its greatest flaw. That is what it is. A confession and not a very good one and not a CREED. However I have seen very little criticism that take this line of argument. I have no links with NG church but I must say that if this confession is being attacked to keep a denomination race pure it is an entirely different matter. In fact let me say that a lot of the attack on Belhar is totally from a racist perspective. Let me also say that there is a very large percentge of whites – also in the NG church – who are racist. I have never been a member of any denomination that has not been mixed right down to the pews of every local church. Not only in its theoretical “statements of faith” or confessions and rules and regulations. Nor will I ever be. So Belhar is a negative document in that it takes the format of “thou shalt not” instead of being a statement of faith or a creed that focuses on what one believes rather than what one does not believe. At best I think it can be termed in Afrikaans as a “beleidsdokument” and as such I find little if anything wrong with it.

17 Augustus om 08:33 NM. · Gewysig · Hou van · 3

Johan Fourie

Daar is soveel uiteenlopende standpunte rondom hierdie kwessie. Miskien moet die agtergrond waarteen Belhar geskryf is ’n groter rol speel. Wanneer ’n mens dan na die agtergrond van die teologie daaragter kyk soos wat Wynand in die skakel hierbo baie netjies uiteensit, dan is dit duidelik dat hierdie belydenis bitterlik moeilik in sommige opsigte met die onfeilbare Woord in lyn gebring kan word. Die feit dat hierdie kwessie wat die NGK betref op ’n ramp afstuur en dat nog baie meer lidmate die NGK as gevolg daarvan gaan verlaat is ongetwyfeld. Soos Marthie sê; “die vraag is waarheen?”

17 Augustus om 08:47 NM. · Hou van · 4

Philip Venter

Gerhard, wat jy sê is waar. My punt is dat die NGK lankal nie meer die grootste kerk onder blankes is nie. Ek stem ook saam dat klein, onafhanklike gemeentes tesame groter gaan word as die NGK. En ek dink gou ook. En dis nie net belhar nie, maar die liberale teologie waarmee die NGK homself in ’n hoek geverf het.

17 Augustus om 08:52 NM. · Hou van · 7

Jaco De Beer

Ek is baie bly Johann Ernst raak die punt van laster aan. Dis ’n baie geldige en werklike punt. So kom ons kyk bietjie wat is laster.

Dis laster om die maagdelike geboorte van die Seun van God te verdraai en te ontken. Dis laster om dit wat God as teken van die koms van Sy Seun (‘n maagd sal swanger word), te verdraai en as nie-essensieel te sien terwyl die Vader self dit verklaar het.

Dis laster om die liggaamlike geboorte en liggaamlike opstanding van die Seun van God te herdefinieer en te ontken of selfs mense toe te laat om dit te ontken en voort te gaan in die kerk asof hulle ware gelowiges is.

Dis laster om die Woord van God as mense woorde af te maak en daardeur God die Vader tot leuenaar te maak wat Sy Woord gegee het as onfeilbaar en foutloos. Dis verder laster om diesulkes wat dit ontken en mee mors te laat voortgaan in die kerk asof hulle hoog gerespekteerde kinders van God is wat wedergebore is.

Dis laster om sonde (homoseksualiteit, saambly en geen satan) goed te maak en vrede te spreek waar daar nie vrede is nie. Dis hoe God dit noem.

Dis laster om al die mense wat tans in top posies sit toe te laat om die evangelie te verdraai en die goed wat ek hier genoem het te propageer. Paulus het gesê vervloek is iemand wat ’n ander evangelie verkondig al is hy ’n engel uit die hemel.

Ek dink wat hierbo genoem is, is laster en nie wat Ds Jan Louw geskryf het nie. Ek dink ook die NG kerk sinode het baie groter probleme om uit te sorteer as Belhar. Om aan die verkeerde kant van God die Vader te staan omdat jy Sy geliefde Seun se geboorte, dood, opstanding en Woord verdraai tot iets wat nie evangelie is nie, is ’n plek waar ek niemand toewens om te wees nie.

Johann Ernst, ek sou dis voorstel dat die NG kerk sinode hulself verootmoedig en bekeer van hul verkeerde wee en weer die vrugte van bekering dra en die ware belydenis van die geloof bely. Dat hulle die onder hulle wat daai belydenis verlaat het onder dissipline plaas en as hulle nie bekeer nie, hulle buite die gemeenskap van die gelowiges plaas.

17 Augustus om 09:09 NM. · Gewysig · Hou van · 9

Philip Venter

Vir my is die kernmisleiding van Belhar dat dit neerkom op: “Ons bely dat julle sonde doen”.

17 Augustus om 09:04 NM. · Hou van · 3

Gerhard Potgieter

Jaco en Philip – Honderd persent plus 10 vir skerpheid. Philip soos jy sê maar dan is dit mos nie ’n “creed” in die tradisionele sin nie. Dit is nie eers a “Statement of faith” nie. Feit is nog steeds dat baie dit teenstaan vir rasse redes en nie die regte redes nie. Sad but true

17 Augustus om 09:07 NM. · Gewysig · Hou van · 3

Philip Venter

Miskien is dit so, Gerhard. Maar jy kan nie iets soos Belhar goedpraat omdat rassiste dit slegmaak nie. Vir my gaan dit nie oor wat hulle daarvan sê, of die rede hoekom hulle (die rassiste) dit afkraak nie. Vir my gaan dit oor die oneerlikheid waarin belhar omhul is.

17 Augustus om 09:10 NM. · Hou van · 3

Stefaan de Jager

Daar word vertel van twee ouens wat by `n huis verbygeloop het waar `n rowwe partytjie aan die gang was. Die een ou reken die duiwel is daar los. Die ander ou antwoord: “Nee, die duiwel lê op die dak en ontspan, want alles loop reg daaronder.” So lyk dit my is ons so besig om in die kerk oor Belhar te baklei, dat Satan doodtevrede is omdat alles reg loop. Hy lê op die kerk se dak en ontspan!

Ons is al vir dertig jaar met Belhar besig en ek raak al meer oortuig dat dit `n houvas van die Satan op die kerk is. Rome brand, maar ons is so besig met hierdie futiele Belhar poging, dat kernsake soos wat Jaco hierbo geskets het, nie aan geraak word nie.

17 Augustus om 09:19 NM. · Hou van · 5

Gerhard Potgieter

Ek het mos reeds gesê Belhar stink Philip. Almal beveg dit egter nie vir die suiwer Bybelse redes soos jy nie. Dit is wat vir my jammer is.

17 Augustus om 09:33 NM. · Hou van · 2

Philip Venter

Ek verstaan. Dis ook vir my sleg.

17 Augustus om 09:35 NM. · Hou van · 3

Jaco De Beer

Belhar is ’n polities korrekte saak vir die sinode om aansien te herwin, maar dit gaan nie oor Christus nie. Die NGB se kern is Christus en dit wys na die Woord. ’n Ware belydenis in sy wese is leeg as dit nie na Christus en die Woord wys nie. Belhar het geen Christus alleen fokus nie en dis nie Woord gebaseer nie. In wese is dit ’n humanistiese dokument en nie ’n belydenis van geloof nie.

Die NG kerk sinode moet eerder Christus alleen verkondig en die 5 Solas as sentraal voorhou en ophou om op die speelveld van die wêreld te gaan meeding vir aansien by homoseksueles, politici, liberales en ongelowiges. Die sinode moet weer wedergeboorte herontdek as die enigste manier hoe die Koninkryk van God gesien kan word en kerk dissipline begin toepas soos wat Jesus opdrag gegee het en deur die apostels geleer en toegepas is. Die kerk is vir wedergeborenes, nie vir ongelowiges nie. Die kerk is ’n lig vir soekers en nie ’n klub vir soekers nie. Die kerk is die liggaam van Christus, nie die den van rowers en sondaars wat in seksuele wanpraktyke wil leef nie.

17 Augustus om 09:47 NM. · Hou van · 7

Johan Fourie

Gerhard, wat jy sê is baie waar en ’n vars perspektief. Wanneer ons na die huidige belydenisskrifte van die NGK kyk, is daar nêrens enige melding van skeiding van gelowiges op grond van ras of kleur nie en dit alleen maak die aanvaarding van Belhar as ’n belydenisskrif inderdaad onnodig of oorbodig. Waar daar dus teenkanting is bloot om die NGK ras suiwer te hou is dit ook ’n dwaling wat ten sterkste afgekeur moet word. Sou Belhar bloot as beleidsdokument aanvaar word is daar baie min verkeerd daarmee. As belydenisskrif is daar ernstige gebreke wat nie met die Woord versoenbaar is nie en teenkanting op grond daarvan dus geregverdig. Hoe dit ookal sy, dat hierdie saak asook die “liberale teologie” waarvan Phillip praat eenheid in die kerk ernstig bedreig is ’n feit.

17 Augustus om 09:51 NM. · Hou van · 3

Gerhard Potgieter

Beide jy en Jaco is hier reg Philip en ons ouens wat anders groot geword het en nog altyd van kinds af op geestelike vlak multi-kultureel was – ook op gemeente vlak – het ’n ander perspektief. Die ding is polities want die ouens wat dit voorstaan uit die swart en bruin kerke het net soveel rassiste onder hulle en kom uit ras eie denominasies. Ai – was dit maar anders…..

17 Augustus om 10:13 NM. · Hou van · 6

Wynand Louw

Apartheid was ’n gruwelike sonde. Maar een sonde kan nie ’n ander sonde regmaak nie. Die probleem is dat Nelus Niemandt beweer dat die verwerping van Belhar “gesien sal word as ’n terugkeer na Apartheid”. Dus as jy teen Belhar stem is jy ’n rassis. Ek dink dit is ’n lae taktiek om die minste te sê. Ek is nie ’n rassis nie. Maar ek gaan nie vir ’n Marxistiese dokument stem om dit te bewys nie.

17 Augustus om 10:17 NM. · Gewysig · Hou van · 8

Jan Lynzaad

As die kerk nie meer gaan om die Liggaam van Christus en die Koninkryk van God nie, is dit nie meer kerk nie. As politieke invloede die loop van die kerk moet bepaal gaan dit nie meer om Christus ontwil nie. Dit word nou ’n mensgemaakte “kerk” wat soos ’n jassie in die rigting van die politieke winde waai.

17 Augustus om 10:15 NM. · Hou van · 5

Johan Fourie

Gerhard, ek het in jou woorde in ’n rasegte denominasie groot geword, maar danksy die voorbeeld van my pa, wat sendingwerk baie ernstig opgeneem het, het ek op ’n vroeë ouderdom geleer dat dit nie saak maak wie langs my by die Kruis kniel nie, solank ek net kniel. Wynand ek stem 100% saam met jou.

17 Augustus om 10:23 NM. · Gewysig · Hou van · 4

Jan Lynzaad

Wynand, ja apartheid was ’n gruwelike sonde. Maar, ons kan nie een sonde met ’n ander probeer regmaak nie. Apartheid was nooit ’n “belydenisskrif” nie – die toepassing daarvan in die kerk was sondig, soos ons maar almal sondige mense is. Deur ’n politieke beleidenisskrif egter in te bring om die loop van die kerk te bepaal is om die liggaam van Christus en dan ook die Woord te misken. Belhar is dan vir my niks anders as laster teen die Woord van God nie.

17 Augustus om 10:23 NM. · Hou van · 3

Gerhard Potgieter

Mooi getuienis Johan Fourie en ek is lankal oortuig daarvan in jou lewe. Dit is net so jammer dat wanneer jy “gebreinspoel” is dit so moeilik is om daarvan ontslae te raak. Ek kry die wat daarmee worstel innig jammer – regtig. Daar is nou weer ander dinge wat my laat swaartrek maar so het ons almal ons dinge. Die ding het ’n politiese kleur van alle kante af en ek het nie antwoorde behalwe gebed nie. Dit kan die swart, bruin en blanke kerke in vlarde laat skeur en ek wil dit nie sien nie. Onthou daar is net soveel teenstand teen ekumenie in die kerke van kleur as wat daar in die blanke kerke is. Maggies kan ons nie “oor dit kom” en net in Jesus mekaar lief hê nie?

17 Augustus om 10:49 NM. · Gewysig · Hou van · 4

Wynand Louw

Interessante feit: Prof Jaap Durand was een van die opstellers van Belhar.

‘n Jaar of wat gelede skryf hy ’n ophemelende boek oor Teilhard de Chardin. Dit is duidelik uit die boek dat hy dink Teilhard se teologie is reg.

Teilhard is ’n panenteis en hoofguru van die New Age.

Jaap skryf in dieselfde tyd ’n artikel in Kerkbode waarin hy die bestaan van die hel ontken.

Deur Teilhard se New Age panenteisme te verkondig en die bestaan van die hel te ontken kom hy uit die kas as ’n nie-Christen.

Kyk wat sê Johannes oor “Christene” wat die evangelie verwerp, soos Jaap dit in sy boek oor Teilhard doen:

1Johannes 2:19 Hulle het wel uit ons geledere voortgekom, maar niemand van hulle was ooit werklik een van ons nie, want as hulle werklik van ons was, sou hulle by ons gebly het. Dit moes duidelik word dat geeneen van hulle werklik een van ons is nie.

Johannes sê sulke mense was nooit gered nie.

Dus: Een van die opstellers van Belhar was ongered, en dus ’n vyand van God toe hy aan Belhar gewerk het. (Al was hy miskien in die tyd arm, noodlydend of onderdruk…)

Dit laat mens dink…

Hier is my resensie van Durand se boek. KLIEK HIER.

As iemand voel ek is hard in my oordeel dat Durand ongered is – ons kan dit bespreek. Geen wedergebore kind van God sal glo dat die mens deel is van God nie: DIt is juis Satan se oudste leuen: “Jy sal soos God wees”

17 Augustus om 11:01 NM. · Gewysig · Hou van · 7

Wynand Louw

Ek wou ’n skakel pos na Jaap Durand se artikel oor die hel, maar die skakel is nou dood. Kerkbode het hulle webwerf oorgedoen…

17 Augustus om 11:14 NM. · Hou van · 3

Gerhard Potgieter

Wynand dit mag waarde hê wat jy sê in ’n ander konteks maar kom ons bepaal ons liewers by die dokument self, die faktore wat ’n rol speel op die grond en gevolge daarvan gemeet aan die Bybel. Durand is nie Belhar nie – Belhar is Belhar en hy was meer een van die wat daaraan gewerk het. Kom ons val mense nie aan nie want dit haal ons oog van die bal af en die bal is Belhar en nie die wat daaraan gewerk het nie. Ek glo die oorgrote konsensus is in elk geval onder ons klomp wat vriende van Somerset is, dat die dokument nie kwalifiseer as enige vorm van belydenis soos histories en skriftuurlik aanvaarbaar is nie. Wat doen ons daarmee en hoe help ons die kerke en hulle lede wat betrokke is om konsensus te bereik. Dit is die netelige kwessie. Ek het natuurlik respek vir jou dieper navorsing en ontledings van dwaal maar dit hoort op jou WordPress platform vir die wat dit wil nagaan en min van ons het nie al alles daar gelees nie. Ons hier is lankal verby daardie bewyslas. Ons praat van die pad vorentoe en nie wat agter ons lê nie. Eintlik voorbarig van my want ek het nie ’n susterskerk agtergrond nie maar ek dink ek praat vir meeste hier as ek die saak so stel. Belhar is Belhar en gaan nie verdwyn nie – so wat nou gedoen?

17 Augustus om 11:25 NM. · Hou van · 1

Jan Lynzaad

Wynand, ’n stem roepende in die woestyn? Ek hoop werklik nie dit gaan so uitdraai nie! En tog, wat sê die geleerde kommentaar waarom die Nederlandse Gereformeerde Kerk (in Nederland) uiteindelik ten gronde gegaan het: “Omdat hulle die Liggaam van Christus misken het”. Dit maak nie saak hoe Durand en sy maaitjies dit doen nie. Ek is van harte oortuig dat God self die Nederlandse Gereformeerde Kerk toegemaak het. Dit kan hier ook gebeur.

17 Augustus om 11:28 NM. · Hou van · 2

Gerhard Potgieter

Om by te las – Die dwaal wat daar is is daar. Niemand stribbel tee daaroor nie. Wat nou? Hoe maak mens? Dit is wat op Somerset buite die eertydse NG kerk en die ander nog binne die NG kerk se agenda is. Hoe maak ons nou?

17 Augustus om 11:28 NM. · Hou van · 3

Stefaan de Jager

Gerhard, ek begin al meer dink dat wanneer daar binnekort gestem moet word oor Belhar, ons eerder ons kerkrade versoek dat daar vir eens en altyd van Belhar afgestap moet word. Wonder wat sou gebeur as so `n voorstel voor ons volgende sinode van Oos-Kaap sou dien? Dalk is die meerderheid al so moeg vir Belhar, dat dit dalk goedgekeur word. Dan kan ons Belhar begrawe en aan ander belangriker sake aandag gee.

17 Augustus om 11:35 NM. · Hou van · 4

Jan Lynzaad

Gerhard wat my as buitestaander bekommer, is jou woorde (soos ek dit ook sien) “Niemand stribbel tee daaroor nie”. Hoekom staan so weinig mense soos Wynand op? Is die ander bang om op te staan en te sê: “Hoor die Woord van die Here”? Of het hulle maar boedel oorgegee? Of dink hulle die Here sal nie toelaat dat Sy kerk ten gronde gaan nie, en wandel daarom maar net saam?

17 Augustus om 11:36 NM. · Hou van · 1

Gerhard Potgieter

Jy verstaan verkeerd Jan – Ek het gesê en bedoel dat ons hier reeds die bestaan van die dwaal erken, herken en veroordeel het. MAAR wat nou? Dalk is Stefaan se voorstel die sinvolste. Ander sê verlaat die sinkende skip. Ander sê byt vas en veg van binne ens.

17 Augustus om 11:39 NM. · Gewysig · Hou van · 2

Jan Lynzaad

Gerhard, ek hoor jou en Stefaan. Maar die dalk is bietjie groot in sy voorstel. 30 Jaar is ’n lang tyd – ’n generasie is al verby. Weinig is bereid om die vorige generasie se stryd op te tel. Die stryd in die NG kerk waai ook oor na die ander susterskerke toe. Ook die susterskerke loop leeg. En dit kom nie noodwendig om dieselfde rede nie, maar vanweë wedersydse beïnvloeding en afbreking.

17 Augustus om 11:54 NM. · Hou van · 1

Gerhard Potgieter

Kom ek sê vir julle watter gevolg my die meeste pla. Ook wat volgens my Jesus Christus die meeste pla. Vele sending organisasies, die Bybelgenootskap, evangelisasie programme word finansieël ondersteun deur die NG kerk op verskeie vlakke – van individue tot die sentrale sinode (Wat dit ook al genoem word). Die ondersteuning is lankal aan die kwyn en die werk van die kerk kry seer. Bars die Belhar sweer en die blanke, bruin en swart kerke spat van mekaar af weg en breek ook self op tot op gemeentelike vlak gaan dit baie skade doen aan die werk van die evangelie. Maar net nog een van die gevolge? Nee – Dit is die belangrikste rede om al hierdie groepe terug op die pad te kry van waarheid.

17 Augustus om 11:56 NM. · Hou van · 3

Gerhard Potgieter

Wat ek probeer sê is – kom ons vergeet hoe ons hieroor voel en kom ons probeer sien waar dit God die meeste seermaak en hoe dit van God se troon lyk. 1. Mense wat valse evangelies moet aanhoor. 2. ’n Kerk (Ekklesia) se getuienis wat vernietig word. 3. Wat eintlik oorhoofs is – God se eer en plan vir ons wat ignoreer word. Al die retoriek ens. staan in skriile kontras teenoor hierdie drie waarhede. Soos reeds gevra wat doen ons nou?

18 Augustus om 12:02 VM · Hou van · 2

Jan Lynzaad

Wel, ek hoop regtig julle is reg. Die doppers se Algemene Sinode is Januarie 2015. En daar kan ook ’n groot klomp klippe val.

18 Augustus om 12:03 VM · Hou van · 1

Johann Heinrich Ernst

Wynand, dit is ’n blatante leuen dat prof Piet Strauss “sy steun vir Belhar in die openbaar in die media uitgespreek het”, soos Jan Louw dit as feit stel en prof Strauss daarmee in die openbaar verdag maak. Prof Strauss het hom slegs ten gunste van die voorgestelde nuwe Artikel 1 van die Kerkorde uitgespreek, wat aan hom die ruimte bied om Belhar nie as belydenisskrif te onderskryf nie. Maar Jan Louw wil prof Strauss, soos enigiemand wat van hom verskil, persoonlik verdag maak. Sy stuk is deurspek van ad hominem-opmerkings, en ek verwag dit ook nou teenoor my. Kobus van der Walt se verwysing na die NG Kerk se lidmatetal as nou 40 000, is net so leuenagtig. Daar was vandag net in Pretoria soveel NG lidmate in die eredienste, vergeet nog van dié wat nie gekom het nie. As Jan en Kobus aanspraak maak op Christenwees, sal hulle ophou om mense en kerke by die naam aan te val en sal hulle die waarheid baie liewer moet hê. Weens my persoonlike kontak met hulle, kan ek met oortuiging sê dat elke lid van die Moderamen van die NG Kerk die Here van harte liefhet en die leer van die kerk in alle opsigte onderskryf. Hulle het ook ander mense van harte lief, sê nie lelike goed oor hulle eie en ander kerke nie en prober regtig doen wat die Here in sy Woord van ons vra. Daarteenoor laat baie van die goed wat hierbo gesê word ’n mens wonder of dit regtig van die Here en deur sy Gees kom. Sela.

18 Augustus om 12:03 VM · Hou van

Wynand Louw

Hallo Johann

Dankie dat jy hier antwoord, ek waardeer dit. Dis Sommie wat die stuk hierbo geskryf het, nie Jan Louw nie. Jy beskuldig die verkeerde persoon…

Die opmerking oor die 40000 was duidelik ’n grap. Pas asb histories literêre hermeneutiek daarop toe en neem die literatuursoort (‘n grap) in ag as jy die teks uitlê! Ek besef jy dink dit is dalk ’n onsmaaklike grap, die waarheid is dat mens tragedies, in die geval die vernietiging van ons kerk, op die manier verwerk.

Nou my vraag aan jou, Johann, is dit: Hoe het iemand wat ontken dat Jesus uit ’n maagd gebore is en glo dat Jesus verkeerd was oor die bestaan van die duiwel, die Here lief? As jy iemand lief het maak jy hom mos nie tot leuenaar nie? En as jy beweer die duiwel is nie n persoon nie maak jy mos vir Jesus tot leuenaar!

Ek waardeer jou betrokkenheid by die gesprek en wag op jou antwoord.

18 Augustus om 01:09 VM · Gewysig · Hou van · 6

Kobus van der Walt

40000 “likes” Wynand Louw! Soos jy tereg sê, lees dit in konteks met wat ek direk daarna geplaas het. O ja en van wanneer word sonde afgewas as jy gedoop word? As dit die geval was klim ek nooit uit die doopbad uit nie!

18 Augustus om 06:34 VM · Gewysig · Hou van · 5

Henrietta Klaasing

Die Bybel plaas ’n hoë premie op EENHEID. Hierdie voorstel vir die verandering van Artikel 1 van die Kerkorde is VERDELEND. Die inbring van Belhar verdeel. Die Drie Formuliere word die formuliere van EENHEID genoem. Wanneer Belhar in watter vorm ook al ingebring word, sal ons kan praat van die VIER formuliere van EENHEID?? Ek dink nie so nie.

Nie net verdeel dit lidmate in gemeentes nie, maar ook gemeentes onderling. Wat van die ander NG Kerke, soos Gehard hierbo al genoem het? Die “swart” en “Indiër” kerke wil al jare niks met Belhar te doen hê nie … ’n Mens wonder waarom nie – sou hulle fyner op die Heilige Gees ingestel wees?

Daar is ook die ander twee ander “susterskerke” ( eintlik DRIE, maar die APK is mos “persona non grata” in hierdie familie!) – hoe gaan dit hierdie verhoudings raak? Gaan daar nog kanselruiling plaasvind soos daar tans gebeur?

18 Augustus om 07:07 VM · Hou van · 4

Jaco De Beer

Johann Ernst, nog steeds is jy besig met andere en Belhar wanneer jy gedrag en christelikheid adresseer. Jy is meer besorg oor aansien en wat die ander kerke gaan dink as julle nie Belhar aanvaar nie as wat jy besorg is oor die Vader, Sy Seun en Sy Woord. Hoe kan jy besorg wees oor sending as julle nie eers meer die ware evangelie bely nie. Wanneer adresseer jy die dwaling van prominente NG kerk leiers soos die maagdelike geboorte, liggaamlike opstanding, Woord as onfeilbare Woord van God, homoseksualiteit, satan bestaan nie, saambly, historiese Adam en sondeval ensovoorts. Jy bly besorg met Belhar en ander se gedrag terwyl die NG kerk die Nederlandse Geloofsbelydenis op vele plekke lankal nie meer bely in die aspekte wat ek hier genoem het nie. Jy antwoord ook nie die punte nie. Julle tree nie op teen mense wat die Woord verlaat het in die punte nie. Die manier hoe julle dit eerder doen is om te sê die NG kerk is ’n ruim geloofshuis waar almal geakkommodeer kan word. Wat ’n skande om God die Vader en Sy Seun so te verneder en te laster. Hou op oor Belhar worry en bekeer julle voor die Here julle uitspoeg.

18 Augustus om 08:07 VM · Gewysig · Hou van · 5

Jaco De Beer

Die NG kerk sinode is meer besorg oor ’n vriendskap met die Pous en RKK, wêreld raad van kerke, VGK ensovoort, as wat hy is met ’n verhouding met God die Vader. Die organisasies is werêldse organisasies wat in hul eie reg dwaal van die Woord van God af. Hy wie die werêld liefhet, het God nie lief nie.

18 Augustus om 08:14 VM · Gewysig · Hou van · 3

Henrietta Klaasing

Hierdie laaste plasing van jou Jaco, is die kruks van die saak, na my mening. Dit sluit baie nou aan by Dr Wynand Louw se laaste stuk op sy blog – hy het die skakel hierbo gegee.

18 Augustus om 08:21 VM · Hou van · 4

Wynand Louw

Interessant dat jy die WRK noem. Bonino, n prominente Marxis en Bevrydingsteoloog het sy boek oor bevrydingsteologie in 1975 publiseer. In die boek beweer hy onder andere dat mens veral in Marxistiese klassestryd gehoorsaam aan Christus is.

Hy is in 1975 aangestel as president van die WRK vir Suid Amerika.

Die WRK se DNA is Marxisme. Die feit dat die NGK nou aangesluit het is uiters ontstellend.

18 Augustus om 08:22 VM · Hou van · 3

Henrietta Klaasing

Jaco lees ook hierdie op Wynand se blog oor die WRK:

NG Kerk word weer deel van die Wêreldraad van Kerke. Waarom is ek nie opgewonde nie?

18 Augustus om 08:25 VM · Hou van · 2

Wynand Louw

Interessant dat jy die WRK noem. Bonino, n prominente Marxis en Bevrydingsteoloog het sy boek oor bevrydingsteologie in 1975 publiseer. In die boek beweer hy onder andere dat mens veral in Marxistiese klassestryd gehoorsaam aan Christus is.

Hy is in 1975 aangestel as president van die WRK vir Suid Amerika.

Die WRK se DNA is Marxisme. Die feit dat die NGK nou aangesluit het is uiters ontstellend.

18 Augustus om 08:29 VM · Hou van

Henrietta Klaasing

Wat prof Piet voorstel ( die sogenaamde opsionele opsie / kompromis voorstel ) is onhoudbaar. As vrou weet ek dat daar seker goed in ’n resep is wat “opsioneel is” ( jou koek sal nie noodwendig “flop” as vanielje geursel daar is of nie) , ander “bestanddele” soos bakpoeier is nie opsioneel nie. So ook as dit by die “kerk” kom. Die dra van ’n toga / das / hoed – daai goed is “opsioneel”. ’n Belydenisskrif kan nie opsioneel wees nie, veral nie as wat bely word, deel is die “groter familie” van Gereformeerde Kerke dwarsoor die wêreld nie.

18 Augustus om 08:35 VM · Hou van · 6

Johan Fourie

Dit is kommerwekkend dat die NGK so besorgd is oor “vriendskappe” soos Jaco dit beskryf en dat prominente figure binne die kerk (leiers) dan met uitsprake ten opsigte van sake soos deur Jaco aangehaal vorendag kom. Ek kan nie oordeel oor die moderamen nie, maar met sulke uitsprake wat nie baie konsekwent veroordeel word nie hang daar vir my ’n redelike groot vraagteken oor die liefde vir God wat die leer van die kerk moet voorafgaan. Dit blyk my ’n geval te wees van leiers wat sê; “Volg my ek is reg agter jou.” Ten opsigte van Belhar sit ons hier met dieselfde scenario. Ter wille van “vriendskappe” is die leierskap nie bereid om dit as in sommige opsigte on skriftuurlik te verwerp nie en word die bal na die kant van die gemeentes en lidmate gegooi.

18 Augustus om 08:54 VM · Hou van · 5

Jan Lynzaad

Ek wil graag verwys na Gerhard se kommentaar hierbo. Hy wys tereg op die gevare wat dit onderling tussen die kerke kan hê as Belhar aanvaar word. Dan is dit ook uit bogaande duidelik dat die stryd rondom Belhar al meer as 30 jaar duur. Ek het my voorgraadse teologiese studie aan ’n universiteit met erkende NG teoloe as dosente voltooi. Een van my modules was Christelike Sosiale Etiek. 13 van die 17 skrywers na wie die auteur van die voorgeskrewe handboek verwys het, is van die Unitarian Universaliste wat die Drie-Eenheid verwerp. Die auteur het dit ook baie duidelik gemaak dat hy nie saamstem met die gedagte van Christelike Etiek nie. Dit het niks met ’n moderamen van ’n kerk te make nie, maar alles met wie op die einde van die dag die Woord op die preekstoel moet verkondig. Dit is die plig van die dosente om toe te sien dat die Woord suiwer aan die studente oorgedra word, en dat die studente die Woord weer suiwer uitdra. Wanneer studente nie meer die nodige onderskyd geleer word nie, waar gaan die kerk dan heen?

18 Augustus om 09:50 VM · Hou van · 6

Henrietta Klaasing

Johan, jy sê in jou laaste plasing hierbo: ” word die bal na die kant van die gemeentes en lidmate gegooi.” – die bal MOET volgens die Kerkorde soontoe gegooi word. Die NGK se orde is volgens die Presbiteriaanse stelsel (die “presbiters” is die ouderlinge) Dit is dus nie soos in die RK Kerk waar die Pous die hoogste gesag is nie . Die gesag is “van onder na bo” ( vanaf kerkrade na die moderamen) en nie andersom nie.

18 Augustus om 10:22 VM · Gewysig · Hou van · 2

Henrietta Klaasing

Jan, jou laaste sin “waar gaan die kerk dan heen” verwys. Dis presies wat ons in ons boek aangetoon het:

Die Trojaanse Perd in die NG Kerk (7 skrywers)

18 Augustus om 10:26 VM · Gewysig · Hou van · 3

Wynand Louw

Johan Fourie jy is natuurlik reg. Een van die pilare van bevrydingsteologie is dat leer volg op praktyk. Ek doen, besin oor wat ek gedoen het, en basseer dan my weergawe van die waarheid, my geloof en my leerstelling op wat ek gedoen het. Al Boesak se belangrike invloede, Gutierrez, Bonini, en die swart bevrydingsteoloog Cone stel dit eksplisiet as die basis van hulle metode. Dit beteken dat n gemeenskap se praxis gestel word bo God se selfopenbaring in die Bybel. Dit stem ooreen met die RKK se tradisie en is n eksplisiete verweping van Sola Scriptura.

Die Moderamen volg hierdie teologiese metodiek. Kyk byvoorbeeld na die besluit oor die duiwel. Die bewoording is, “daar is mense wat dit glo, daarom gee ons vir hulle ruimte”. Die teologie soos dit in die gemeenskap praktiseer word is dus die norm vir wat aanvaar word, ongeag van wat die Bybel as God se openbaring daaroor sê.

Dieselfde stert oor kop metodiek word gevolg met Belhar: Ons teologie spruit voort uit ons stryd teen Apartheid. Dit vorm nie net ons teologie nie maar bepaal dit. En nou weer met kerkvereniging: die teologie moet volg op die besluit om te verenig.

Dit stel die mens bo God se openbaring en is rebellie teen God.

18 Augustus om 10:58 VM · Gewysig · Hou van · 7

Philip Venter

Sommie, waar is jy nou. Jy het hierdie klip in die bos (of knuppel in die hoenderhok) gegooi en nou hoor ons nie van jou nie.

18 Augustus om 11:17 VM · Hou van · 1

Gerhard Potgieter

Presbiteriaans? Dink jy regtig dit is nog so? Management these days is top down or am I wrong? Die “groot” dominees weet beter en die skape -sorry – seker bokke – volg. Of hoe?

18 Augustus om 11:24 VM · Hou van · 1

Philip Venter

Nee, Gerhard. Die dominees wat die waarheid uit die Bybel probeer kry en verkondig word deur die presbiters wat aan ’n ander organisasie, buite die kerk, uitgewerk.

18 Augustus om 11:27 VM · Hou van · 1

Jan Lynzaad

Henrietta, ek sou wat wou gee om ’n vlieg teen die dak kon gewees het met die bespreking van die werk! Sal my die boek kry!

18 Augustus om 11:33 VM · Hou van · 2

Johan Fourie

Henrietta, ek hoor jou omtrent die kerkorde. Die probleem is egter dat kerkrade vandag al agter die geleerde groot teoloë aan draf. Hierdie groot manne (dank die Vader nie almal nie) is in ’n “popularity contest” en wil tog asseblief nie op tone trap nie al beteken dit dan dat die waarheid vir die leuen verruil moet word of dat ruimte vir die leuen geskep moet word. Hierdie siening syfer dan deur tot op gemeente vlak waar die predikant en kerkraad ook tog te bang is om op tone te trap. Met Belhar sit ons pens en pootjies in hierdie skippie.

18 Augustus om 11:38 VM · Hou van · 5

Jan Lynzaad

Johan, dit was die Nederlandse Gereformeerde Kerke se ondergang. Vandag bestaan die kerke nie meer nie.

18 Augustus om 11:47 VM · Hou van · 1

Henrietta Klaasing

Gerhard: “The Synod of Emden is generally considered to be the founding of the Dutch Reformed Church, the oldest of the Reformed churches in the Netherlands. The Synod both affirmed the actions of the earlier Synod of Wesel, as well as ESTABLISHED PRESBYTERIAN CHUCH GOVERNMENT for the Dutch Reformed Church.” Lees dit self hier ( rol af of gebruik control f soekfunksie) :

Dutch Reformed Church – Wikipedia, the free encyclopedia

18 Augustus om 11:49 VM · Hou van · 2

Henrietta Klaasing

Dutch migrants carried the Dutch Reformed Church with them, planting several Reformed denominations in South Africa, including the Dutch Reformed Church in South Africa (Nederduitse Gereformeerde Kerk), the Nederduitsch Hervormde Kerk, the Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika, the Afrikaans Protestant Church (Afrikaanse Protestantse Kerk), and the Uniting Reformed Church in Southern Africa.

18 Augustus om 11:51 VM · Hou van · 1

Jan Louw

Laat ek ook nou maar bykom na al die baie en skerp bydraes.

Dankie Sommie vir die bespreking wat jy begin het.

Ek wil net vir Johan Ernst daarop wys dat ek nie een van die kerkleiers se name in my dokument genoem het nie. Ek het feite genoem wat kontroleerbaar is en na aanleiding daarvan gevra: WAARHEEN IS DIE LEIERSKAP MET ONS OP PAD? Om so roekeloos beskuldigings te maak van leuens en laster, pas nie by die leierskapsposisie waarmee die NG Kerk jou toevertrou het nie.

18 Augustus om 12:26 NM. · Gewysig · Hou van · 8

Somerset Morkel

Ek loer in want ek beweeg biki rond vandag.

18 Augustus om 12:32 NM. · Hou van

Somerset Morkel

Dit is goed dat hierdie sake deeglik onder loep geneem word en dat mense in die kerk-leierskap ontmasker word vir wie hulle is.

Ek sal later weer by kom in die debat.

18 Augustus om 12:33 NM. · Hou van · 6

Gerhard Potgieter

Henrietta – miskien was dit so – mar dit is nie meer nie. Miester Jan Louw nou spreek jy Johan korrek aan. Dit help nie om om die saak die praat nie – dit is lankal die ontwykende metodiek van die “nuwerwetse” NG kerk leierskap. Ek is egter nie so seker dat jy sinvolle antwoorde en erkening van daardie kant gaan kry nie. As die skoen pas moet diesulkes mos maar aantrek. Maar eerlik genoeg is hulle nie.

18 Augustus om 01:49 NM. · Gewysig · Hou van · 2

Henrietta Klaasing

Gerhard, die Kerkorde is vir die NKG soos ons grondwet vir die land – – wanneer daar onkerkordelik opgetree word, kan hulle aangevat word, soos Thuli met die Prez doen

18 Augustus om 03:17 NM. · Hou van · 1

Jan Buter

Belhar dra ’n ekonomiese klassestryd (a la Karl Marx) in die kerk in. Die langtermyn gevolge daarvan gaan erger wees as wat die “goedkeuring van apartheid” gehad het.

18 Augustus om 05:03 NM. · Hou van · 2

Johann Heinrich Ernst

Verskoning aan Jan Louw, dat ek die opmerkings oor Piet Strauss in sy mond geplaas het. Ek sukkel nog om die eintlike outeurs te kry, want hierbo word sommer ’n klomp name genoem, voordat Jan Louw se stuk eintlik aan die orde kom. Ek het verkeerdelik afgelei dat alles wat gesê word uit Jan se stuk kom. Tog het niemand hulle nog gedistansieer van die leuens wat oor Piet Strauss versprei word nie. Ek sou verwag het dat Jan Louw dit minstens selfs sou doen, maar toe val hy my persoonlik aan. Tog het, wat gesê is, met verwysing na hom begin en dit was nie dadelik vir my moontlik om die opmerkings oor Piet Strauss van hom te skei nie. Gelukkig het Wynand my daarop gewys en kon ek sy oorspronklike artikel/bydrae lees. Gaan Wynand hom daarvan distansieer, en Sommy, en Henrietta? Of gaan daar later weer in een of ander “Hier Staan Ek”-stuk gesê word dit is gesê vir die waarheid. Kobus vd Walt se sogenaamde grappie (siek is dit dan inderdaad), is môre ook ’n feit soos ’n koei. Want so leef leuens voort. Maar Jan Louw lyk ontskuldig.

18 Augustus om 05:30 NM. · Hou van · 1

Wynand Louw

Johann baie dankie vir die regstelling.

Ek maak nooit stellings in die openbaar as ek dit nie dokumentêr kan bewys nie. So moenie vrees dat ek môre op hierstaanek sal beweer daar is net 40 000 mense in die NG kerk oor nie.

Wat Sommie betref: hy en Piet Strauss is ou vriende. Ek is seker Sommie sal dit met Piet kan uitklaar.

Baie mense is uiters ontsteld oor Piet se aanvaarding van die kompromis. Onthou dit gaan nie net oor Belhar nie. Dit gaan daaroor dat die Quia beginsel ondergrawe word deur die konsep dat ’n belydenisskrif opsioneel kan wees. Plaatjies van Huffel wil dan juis hê dat ons Quia in die wind moet gooi, soos dit vir my lyk.

So, ons is ontsteld oor Belhar se eksplisiet Marxistiese wortels wat God aan die kant sit van politieke groeperings (presies wat Apartheid gedoen het) EN die aanslag op die Quia beginsel wat ons kerk as belydeniskerk sal vernietig. ’n Opsionele belydenis is nie die papier werd waarop dit geskryf is nie. As Belhar opsioneel is is die definisie van wat ’n belydenisskrif is onherroeplik verander, en daarmee ons belydenisgrondslag.

En hier is iets wat jou behoort ontstel, Johann. Mense soos Ben du Toit sien dit as hulle plig om die NG Kerk se teologie te verander. Hy sê dit openlik. Dit is dus nie verregaande om tot die gevolgtrekking te kom dat die aanslag op Quia doelbewus is nie.

Onthou, ek sê net goed in die openbaar wat ek kan bewys.

18 Augustus om 06:11 NM. · Gewysig · Hou van · 1

Gerhard Potgieter

Henrietta net so min as wat Thuli die groot koppe sal en kan laat val is dit blykbaar die geval in die NG kerk. Waar of nie waar nie? Reg of verkeerd tel nie meer nie – net wie die mag het en darmee doen hulle wat hulle wil. Ek hou van jou vergelyking – dit is ’n goeie een en tot ’n mate spieëlbeelde. Skokkend as mens mooi daaroor dink of hoe? Voordat ouens soos byvoorbeeld, Niamandt, Kruger en Bothma nie uitgegooi word nie sal niks verander nie. Inteendeel……..

18 Augustus om 06:09 NM. · Gewysig · Hou van · 2

Gerhard Potgieter

Die feit is – apologie ten spyt – Johann Ernst het nog niks verduidelik nie. Waar staan Johann Ernst rakende die dwaalleer van die NG kerk leierskap en prominente predikante? Word dit onderskryf of nie? Waarvoor moet daar apologie aangeteken word? Is die NG Kerk op ’n dwaalspoor of nie? Johann as jy saam met manne soos Bothma, Kruger, du Toit. Niemandt ens. staan is jy ook deel van die gemors in daardie denominasie. Ons weet waar Wynand, Sommie, ek, Kobus, Jaco, Jan Lynzaad, Jan Louw, Johan Fourie, Henrietta en ander staan – vraag is waar staan Johann Ernst? Ek ken jou nie maar dit wil my voorkom asof jy die huidige denk en besluitnemingsrigting steun. Asof jy sulke manne “ruimte” gee binne die denominasie. Ek hoop ek is verkeerd.

18 Augustus om 06:36 NM. · Gewysig · Hou van

Johann Heinrich Ernst

Gerhard, skakel my kollegas in die gemeente en vra hulle direk waar ek staan ten opsigte van die leer van die NG Kerk. Ek is beslis geen wederdoper nie, omdat ek in die genade alleen (sola gratia) met my hele wese vasklou. Die Bybel is vir my die Woord van God. Jesus is God en Here. Hy het ligaamlik uit die dood opgestaan. Jesus is wonderbaarlik en deur die Heilige Gees in Maria verwek, maar Maria was defintief nie meer ’n maagd na Jesus se geboorte nie. Want Jesus is as ware mens gebore. Die aarde is waarskynlik heelwat ouer as wat ons dink en glo, maar God is en bly die Skepper van alles en almal. Wat wil jy nog meer van my weet. Ek is nog met dieselfde vrou getroud, lojaal teenoor my kerk, hopenlik ’n goeie pa vir my kinders, bly getroue lidmaat van die NG Kerk.

18 Augustus om 08:15 NM. · Hou van

Somerset Morkel

Ek kan nie veel byvoeg by wat reeds hierbo geskryf is nie, en dit is deeglik gedoen.

Belangrik is dat die NGK-leierskap ontmasker word vir die misleier wat hy deesdae is.

Johann Ernst lyk my ook met blindheid geslaan omdat hy dink die res vd leierskap is sulke toegewyde kinders vd Here – terwyl dit so duidelik soos daglig uit stukke hierbo genoem dat hulle misleiers is..

Johan se bewering dat mens liefdeloos is omdat jy die NGK kritiseer, is ook maar dun.

Mens moet die waarheid meer liefhe as die struktuur-kerk met ’n misleiers-leierskap, wat hom insluit, sou ek se.

Die profete, Jesus self, en die Apostels het ook by tye baie liefdeloos geklink – uit Johan se perspektief sekerlik.

Johann het letterlik nie een vd argumente wat oor die lang lyn hierbo en in die intro genoem is, substantief aangespreek nie.

18 Augustus om 08:21 NM. · Gewysig · Hou van

Jan Lynzaad

Openbaring 2 & 3 is so ’n duidelike vingerwysing dat ons nie saam met die stroom moet gaan nie. Dit is net so ’n duidelike waarskuwing dat ons in alles – ja veral ons kerkwees – God in alles eerste moet plaas.

18 Augustus om 08:25 NM. · Hou van · 2

Somerset Morkel

Die punt is, Johann E kan nie, want die NGK is uit lyn met die Skrif, soos meermale hierbo genoem is.

Daarom is die NGK reeds vals kerk – met poele van waarheid daarbinne, vir hoe lank nog?

18 Augustus om 08:26 NM. · Gewysig · Hou van

Johann Heinrich Ernst

Wynand, ek verskil van jou oor Belhar se sogenaamde “eksplisiet Marxistiese wortels”. Verder is ek in my hart oortuig dat diegene wat Belhar aanvaar as belydenisskrif, dit op die quia-standpunt doen. So ook diegene wat die drie ekumeniese belydenisse en die drie formuliere van eenheid as belydenisgrondslag aanvaar. As ons Handelinge 15 lees, het die besnydenis ook sogenaamd “opsioneel” geword. Dit was nie die einde van die vroeë kerk nie, inteendeel, dit het ’n tyd van groei en uitbreiding ingelei vir die jong kerk. Die voorgestelde nuwe Artikel 1 van die Kerkorde gaan ook nie die NG Kerk skeur, soos so maklik beweer word nie. Ek was nou al by baie gemeentes en het met baie lidmate, ook lidmate van al 4 ons familiekerke daaroor gepraat. Dit word oorwegend as ’n goeie oplossing vir die huidige teenoorstaande standpunte gesien en bring rustigheid waar daar openheid is. Die toets is eintlik of ek iemand anders gun, wat ek myself gun. Dit is nogal evangelies: moet nie aan ander doen, wat jy nie aan jouself gedoen wil hê nie. Ondersteuners van Belhar is nie ketters nie, want die Belydenis van Belhar is in sy essensie in ooreenstemming met die Skrif. Prof Johan Janse van Rensburg het dit by meer as een geleentheid gesê waar ek teenwoordig was, en tog aanvaar hy nie Belhar as belydenisskrif nie. Dit is ook Piet Strauss se standpunt, as ek hom reg verstaan. Dit is net ’n paar mense soos jy wat iets duiwels en onBybels daaragter en daarin sien. Maar dit is ook julle goeie reg, totdat julle dalk ook to beter insigte kom. Jy het al self hierbo gesê dat Apartheid ’n gruwelike sonde was/is. Dit sê Belhar ook. Nie op grond van Karl Marx nie, maar op grond van die Jeses-Woord. So laat ons ’n bietjie rustig raak en focus op die dinge waarop dit werklik neerkom. Vrede vir jou!

18 Augustus om 08:27 NM. · Hou van

Somerset Morkel

Baie dinge in Belhar klink goed, maar is onnodig in terme van die feit dat die bestaande belydenis skrifte dit lankal aanspreek.

18 Augustus om 08:30 NM. · Hou van

Somerset Morkel

Maar een Marxistiese term wat in Belhar bv gehuldig word is dat “God by uitstek die God van die armes is”.

Groot leuen…

In die gereformeerde leer is dit ’n onhoudbare standpunt.

Die NGK het toegelaat dat hierdie leuen nou die kerk binnekom – by al die ander leuens soos bv wat op die Alg Sin oor die duiwel besluit is – en Johan E weet dit want sy gemeente het ’n mosie ingedien om daardie besluit in revisie te bring, maar waar was Johann E se stem op die Sinode daaroor toe dit onder die tafel ingevee is?

Dit is kompromie met dwaling – niks anders nie.

18 Augustus om 08:34 NM. · Gewysig · Hou van

Johann Heinrich Ernst

Sommy, ’n mens is nogal magteloos as daar ’n strooipop van jou gemaak word en jy dan weer afgeskiet word. Daar is talle goed oor Nelus Niemandt gesê wat dood eenvoudig nie waar is nie. Ek het al by baie vergaderings en ander geleenthede gesit en luister hoe hy sy geloof in die drie-enige God bely en kan getuig dat hy dit met oortuiging uitleef. Maar een swaeltjie maak nie die somer nie. Ek kan dieselfde sê van elke lid van die huidige Moderamen. En ek sê dit omdat ek hulle persoonlik ken en nie op grond van vermeende uitsprake beoordeel en belaster nie. Kyk wat is nou van prof Piet Strauss gemaak, net omdat daar van hom verskil word. Hoe verdedig hy homself tussen wilde diere wat net wil verskeur (Paulus se metafoor).

18 Augustus om 08:34 NM. · Hou van

Somerset Morkel

Johann, dit gaan oor die waarheid en dit sal seevier.

18 Augustus om 08:36 NM. · Hou van · 2

Somerset Morkel

Christus hou self Sy kerk in stand – ten spyte van dwaalleraars.

18 Augustus om 08:37 NM. · Hou van · 2

Somerset Morkel

Maar solank ’n mens in die openbaar goed se wat onskriftuurlik is, moet jy tog verwag om in die openbaar gerepudieer te word.

Ek het hierbo geskryf dat Nelus Niemandt op Kyknet gese het dat Ben du Toit se denke deel is vd hoofstroomdenke vd NGK. [Kyk NGK/Facebook debat oor Nelus se Dagbreekonderhoud.]

Dit is mos ondersteuning van klinkklare dwaling.

Jy mag beindruk wees met Nelus se skynheiligheid, maar hy is wat sy eie uitspraak betref, ’n ketter.

18 Augustus om 08:39 NM. · Hou van

Somerset Morkel

Die probleem is julle laat ketters soos Ben du Toit toe om hulle onheilige onskriftuurlike gedagtes in die NGK te handhaaf.

En dan verdedig julle dit.

Dis duidelik dat julle die vals kerk verder dryf.

18 Augustus om 08:41 NM. · Gewysig · Hou van

Philip Venter

Johann, ek het baie waardering vir hierdie belydenis van jou geloof. Werklikwaar, dit is so. Maar die moderamen leef in ’n droomwêreld as hulle dink belhar gaan nie skeiding bring in die NGK nie. Al is die kompromisvoorstel hoe goed uitgedink, gaan daar altyd die voor- en teen-Belhar gemeentes wees.

18 Augustus om 08:42 NM. · Hou van · 1

Johann Heinrich Ernst

Sommy, daar staan nie in Belhar dat God by uitstek die God van die armes is nie, wel dat Hy op ’n besondere wyse die God van die noodlydende, die arme en die verontregte is. Dit is allermins wat die marxiste sê, want hulle glo nie eers in God nie en ken aan Hom geen rol in die wêreld toe nie. Ek het ook op ’n tyd geglo dat dit nie Bybels kan wees nie, maar toe wys my buurman, dr Eduan Naudé my op die woorde in verskeie Psalms wat presies dit sê. Toe moes ek ’n keer preek oor Lasarus en die ryk man, en toe weet ek ook dit is wat Jesus vir ons self kom sê het. Toe my ma aan kanker siek en sterwend was, en sy ’n noodlydende, het ek geweet dat dit inderdaad waar is en van God self kom. Ook elke keer as daar ’n onreg teen my eie mense gepleeg word, het dit vir my waar geword. Maar jy hoef dit nie te glo en te aanvaar nie. Moet net nie vir my sê ek het dit by Karl Marx en sy volgelinge geleer nie!

18 Augustus om 08:43 NM. · Hou van · 2

Johann Heinrich Ernst

Philip, dankie vir jou reaksie. Ek waardeer. Met of sonder die voorgestelde nuwe Artikel 1 kan daar skeiding in die NG Kerk wees. Maar sonder die voorgestelde nuwe Artikel 1 sal ampsdraers, kerkvergaderinge en lidmate hulle ook nie amptelik teen Belhar kan uitspreek nie. Die voorgestelde Artikel 1 sny na albei kante.

18 Augustus om 08:45 NM. · Hou van

Somerset Morkel

Maar steeds word Ben du Toit se openlike kettery in die NGK behou en hy word geduld, nie net geduld nie, maar ook ondersteun.

Daarom kom die tyd vinnig nader vir kinders vd Here om die dwaalkerk te verlaat, soos Philip reeds gedoen het.

In hierdie proses is Belhar ’n kleiner saak in die lig vd veel groter dwaling, maar Belhar is tans ’n katalisator.

Belhar is net ’n simptoom van ’n veel dieperliggende probleem in die NGK en die leierskap vd NGK.

18 Augustus om 08:51 NM. · Gewysig · Hou van · 1

Jan Lynzaad

Johann Ernst ek verstaan nie die noodsaaklikheid van ’n belydenisskrif om ’n politieke regstelling te maak nie. Die wat nie saamstem dat apartheid sonde is en was nie het lank voor Belhar gekom het, padgegee. Waar gaan dinge nie eindig as daar vir elke politieke verandering nuwe belydenisskrifte moet kom nie. Is die huidige drie formuliere na 500 jaar so onvoldoende dat lidmate in die war gestuur word?

18 Augustus om 08:52 NM. · Hou van · 2

Philip Venter

Ek het met groot hartseer die NGK verlaat.

18 Augustus om 08:55 NM. · Hou van · 1

Somerset Morkel

Jy praat vir baie mense, Philip. Baie mense. En daar kom nog.

‘n Baie lojale NGK-man het verlede week vir my gese hy het ook nou die einde vd pad met die NGK bereik, maar hy het soveel hartseer dat hy weifel oor hoe hy dit moet oordra.

18 Augustus om 08:58 NM. · Hou van · 1

Wynand Louw

Johann, baie dankie vir jou getuienis. Maar onthou God verwag nie net van ons om die waarheid te glo nie maar ook die leuen te weerstaan. NGB is baie duidelik dat die ware kerk nie net die evanglie suiwer verkondig nie maar ook dwaaleraars onder die tug plaas. Die opdrag om vals profete en dwaalleer te beveg kom meer in die Bybel voor as die opdrag om te evangeliseer of te doop.

Ben du Toit beweer dat Jesus nie uit ’n maagd gebore is nie, dat hy nie wonderwerke gedoen het nie en dat hy verkeerd was toe hy gesê het die duiwel is ’n persoon. Hy ontken verder die sondeval en die Bybel se teistiese wêreldbeeld. Nelus Niemand verklaar in die openbaar dat du Toit se teologie binne die raamwerk van die NG kerk val. Jaap Durand verkondig Teilhard se panenteisme en new age teologie onbeskaamd en Pieter Fourie publiseer dit deur die amptelike kanale van die NG Kerk. Durand skryf ’n artikel in Kerkbode wat die bestaan van die hel ontken en Fourie self skryf ’n artikel wat die opstanding van die vlees ontken.

Jy is ’n herder van jou kudde en Jesus het jou direk opdrag gegee om jou kudde teen dwaalleer te beskerm. God het 2 boeke in die NT laat opneem wat net oor dwaalleer gaan en amper elke ander boek in die Bybel spreek dit aan.

Jesus het gesê as jy Hom lief het sal hy Sy opdragte gehoorsaam. Johann, ek stel nie belang om te hoor hoe lief jy Jesus het nie, al is dit belangrik. Ek wil hoor wat Jy doen om Jou kudde te beskerm teen Ben du Toit en Jaap Durand se antichristelike teologie.

Werklik. Jy werk elke dag met die mense. Jou getuienis klink hol tensy jy hulle aanspreek oor hulle dwaalleer.

18 Augustus om 09:04 NM. · Gewysig · Hou van · 4

Philip Venter

Ek kon nog met die hele debakel van Belhar saamleef, maar met die liefdeloosheid, veroordeling en veral die dwaallering was vir my te veel

18 Augustus om 09:03 NM. · Hou van · 4

Jan Lynzaad

Jy sien Johann, is dit nodig om mense uit die kerk te verdryf ter wille van ’n politiek gedrewe regstelling? Julle het mos nou die Woord doelbewustelik gebruik terwille van politiek. Kan jy vir my dan sê die middele heilige die doel?

18 Augustus om 09:03 NM. · Hou van · 3

Wynand Louw

Ek vra om verskoning dat ek so direk is in my pos hierbo. Dit is gebore uit frustrasie oor mense wat die waarheid bely maar die leuen steeds vrypas in die kerk gee. Wat help dit jy glo die evangelie maar ondersteun elke dwaalleraar in sy boosheid?????

18 Augustus om 09:06 NM. · Gewysig · Hou van · 4

Somerset Morkel

Wynand, kon jy dit sagter gestel het?

Kwalik.

Maar dan moet ek ook verskoning vra.

18 Augustus om 09:11 NM. · Hou van

Philip Venter

My bedoeling is geensins om Johann aan te val nie. Dis nie regverdig nie. Johann, ek ken jou nie persoonlik nie, maar weet genoeg van jou om te weet jy is opreg. Ek sou net graag wou sien dat die NGK die wese van die evangelie handhaaf. Dit is nie geleë in belydenisse en tughandelinge nie. Dis eerder om net lief te hê. ENIGE kerk wat nie hierby hou nie, sal nie staande bly nie.

18 Augustus om 09:11 NM. · Hou van · 2

Somerset Morkel

Die probleem is dat die NGK-leierskap eintlik om verskoning moet vra dat hulle soveel mense mislei.

18 Augustus om 09:11 NM. · Gewysig · Hou van

Jaco De Beer

Ek stem Wynand. Dis ook baie frustrerend vir my. ’n Mens wil aan die Here Jesus alleen vashou en die leuen uitwerp uit jou lewe en kerk. Die gepraat verwar alles en die een oomblik lyk dit of mense die regte goed se maar more sien jy hulle hand op die blaas sit met leuenaars. Dit is verwarrend. Ek het al geleer “talk is cheap.” Die Bybel leer ons dat iemand wat ware geloof het lief is vir die waarheid. Selfs 1 Kor. 13 se dat liefde lief is vir die waarheid. Hoekom sien ek dit nie by die kerkleiers nie.

Hulle praat maklik, maar wanneer dit kom by doen en kerk dissipline toepas vir die regte redes, dan doen hulle nie. Inteendeel hulle begin sonde goedpraat soos homoseksualiteit.

Jesus het in Sy aardse bestaan direk die satan en sy demone gekonfronteer. Hoe kan mens Jesus se lewe in twyfel trek oor die werk van satan wat Hy kom vernietig het. Hoe kan mens die mense glo en vertrou as hulle so slinks met die Bybel omgaan.

18 Augustus om 09:12 NM. · Hou van · 2

Wynand Louw

Oor Belhar. LEES ASB MY BRIEF OOR BELHAR OP HIERSTAANEK.

Om te beweer Boesak was nie onder die invloed van Bonino, Gutierrez en Cone wat al drie uitgesproke Marxiste is nie is n growwe verdraaing van die waarheid.

Ja ek weet die teologie dat God die kant van politieke groepe buite die verband vsn die verbond kies is ouer as hulle. Ek het dit gister in Moltmann gelees. MAAR BELHAR HET DIT VAN HULLE, DIE MARXISTE GEKRY.

En Moltmann self is hewiglik deur Marx en Hegel beinvloed.

God is slegs op n besonderse wyse die God van die verbond. Enigiets wat dit weerspreek trek n streep deur die evangelie van Genade Alleen!

18 Augustus om 09:12 NM. · Hou van · 1

Somerset Morkel

Philip: dis een ding om opreg te wees.

Moslems en Hindoes is ook opreg.

Hulle is net opreg verkeerd.

So ook die NGK se leierskap, wat Johann E insluit.

En daarvoor vra mens nie verskoning nie want dit is bloot die waarheid, al maak dit seer.

18 Augustus om 09:14 NM. · Gewysig · Hou van · 2

Philip Venter

Vanaand is ek nog hartseer, maar ook dankbaar om uit die NGK te kon gaan.

18 Augustus om 09:17 NM. · Hou van · 2

Somerset Morkel

Die hartseer bly lank… maar mens moet weet dat die groter hartseer is dat soveel mense steeds mislei word binne die NGK.

18 Augustus om 09:18 NM. · Hou van

Henrietta Klaasing

Ek het weer Sommie se inleidende stuk gelees, en daar is waarlik niks waarmee ek nie kan saamstem nie. Ek sê weer soos vroeër hierbo: Prof Piet se opsionele opsie / kompromis voorstel is onhoudbaad en was ’n reuse teleurstelling, soos Wynand in ’n vroeëre plasing geskryf het.

Waarom onhoudbaar? Ek stel my die volgende voor:

‘n Groep jong lidmate staan voor die kansel om belydenis van geloof af te lê. Omdat daar nou ’n keuse gegee word , MOET dit op een of ander manier prakties uitgevoer word. By ons onderteken die jong mense voor in die kerk ( net na hul een vir een by name “ja” gesê het) ook nog ’n sertifikaat . Die laaste vraag lui iets soos :

“Beloof jy om as lidmaat van die gemeente van Christus deur sy genade in die belydenis van die leer tot die einde van jou lewe te volhard en alle leringe wat daarvan afwyk te verwerp?”

Nou is daar drie moontlike hede:

*Met Belhar

*Sonder Belhar

*Onseker ( want daar is die paar woordjies “sonder dwang” – m.a.w. jy kan die persoon nie nou dwing om ’n keuse te maak nie)

Gaan die bewoording verander word vir die mondelinge en die skriftelike verklaring?

Dieselfde geld voornemende predikante. Die legitimasie verklaring wat hulle moet aflê en teken lui so:

1. dat ek glo dat die leer soos vervat in die drie algemene belydenisskrifte en die drie Formuliere van Eenheid – naamlik die Nederlandse Geloofsbelydenis (Confessio Belgica), die Heidelbergse Kategismus en die Dordtse Leerreëls, ooreenkom met die Woord van God;

2. dat ek hierdie leer getrou sal verkondig en uitleef;

3. dat ek alle dwalinge wat met hierdie leer in stryd is, sal weerlê en alles in my vermoë sal doen om dit uit die Kerk te weer.

Ook hulle sal dieselfde opsies moet hê as hierbo.

En wat van AL die huidige predikante: sal hul opnuut ’n verklaring moet onderteken? Want dalk is die eerste een vir sekeres nie meer geldig nie …

18 Augustus om 09:18 NM. · Hou van · 6

Jan Lynzaad

Dit klink so wonderlik en mooi. ’n Nuwe belydenisskrif! Wow!!! En daarmee gaan ons die probleme in hierdie land uitwis! Sal dit? Sal dit in die eerste plek werk as jy jou eie kinders woestyn toe stuur? ’n politiesgedrewe Belydenisskrif gaan nie meer om God nie, maar om sekere mense se gesindhede. Ons moet ook onthou politiek gaan om mag – die sondige mens se eie begeertes.

18 Augustus om 09:21 NM. · Hou van · 1

Somerset Morkel

Uitstekend, Hen.

Dit illustreer die dwaasheid vd huidige pad wat die NGK loop.

18 Augustus om 09:22 NM. · Hou van · 1

Wynand Louw

As een belydenisskrif opsioneel is is Quia vernietig deur presedent. Daar gaan n New Age guru soos Julian Muller op jou gemeente se kansel staan en jy sal totaal magteloos wees om hom in die pad te steek omdat jy nie kan aandring daarop dat hy die evangelie verkondig nie.

Die voorgestelde verandering van art 1 sal die einde van die NGK as christelike kerk beteken.

18 Augustus om 09:24 NM. · Hou van · 4

Jan Lynzaad

Maar nou bly die aktuaris stil. Glibberig stil.

18 Augustus om 09:26 NM. · Hou van

Philip Venter

Ek het myself al afgevra: hoe groot is die VGK? 80 000, 100 000 mense? Maak dit sin om sê maar 400 000 lidmate te verloor om die VGK by te kry? Of gaan dit hier om ander redes? Was dit ’n voorwaarde om weer deel te wees van die Wêreldraad van Kerke?

18 Augustus om 09:27 NM. · Hou van · 2

Johann Heinrich Ernst

Wynand, ek het reeds in vorige korrespondensie aan jou gesê dat ek teen niemand valse getuienis mag aflê nie, niemand se woorde mag vedraai nie, nie ’n kwaadsteker of lasteraar mag wees nie, niemand ligtelik en onverhoord mag veroordeel of help veroordeel nie. Heidelbergse Kategismus Sondag 43 Vraag en Antwoord 112. Jy hou openbare verhore oor mense soos prof Nelus Niemandt, tree op as aanklaer en maak dan ook sommer as regter in die saak ook die uitspraak. Jy skeer almal onder dieselfde kam (almal wat nie met jou saamstem, is panenteïste, new age, aanhangers van dwaalleer, of wat ook al. Intussen swyg jy oor iemand soos Kobus van der Walt se wederdopery en sy verwerping van Artikel 34 van die Nederlandse Geloofsbelydenis. Hoekom? Omdat hy ook met ’n aksie teen die NG Kerk besig is of hom daarmee besig hou? Ek het reeds vir jou geskryf dat daar onder die beste Gereformeerde teoloë van die vroeë en latere tyd nie eenstemmigheid is oor die “persoonlike aard” van die duiwel nie. Ek het vir jou gesê dat die engele wesens en nie, in terme van ons verstaan, persone is nie, al het hulle hul persoonlik voorgedoen (soos die engel Gabriël en Migael en die klomp ander wat die Roomse Kerk by die naam noem). Maar jy weet klaar beter as almal, as dit hierby kom. Die laaste Algemene Sinode het dit duidelik gestel dat die verskil in mening binne die NG Kerk hiertoe beperk is. Jy het verkies om dit in die wind te slaan en voort te gaan met jou eie verdagmakery van bepaalde individue en die kerk se leierskap. Maar jy werk net met die feite en die waarheid, natuurlik as dit jou pas. So het Boesak wat onder invloed van Bonino, Gutierez en Cone was, weinig, indien enigsins, met die opstel of skryf van die Belydenis van Belhar te doen. Maar jy glo dit en daarom is dit die waarheid, en is almal wat daarvan verskil met die leuen besig, moet hulle bestraf en verguis word, met reg liefdeloos behandel word. Red nou ’n kerk met sulke kritici! Ons moet pasop dat ons ons nie self skuldig maak aan dit waarvan ons ander beskuldig nie. Hoe gebeur dit dat ek myself veel gemakliker bevind tussen die NG Kerk se aangeklaagde en vals beskuldigde leierskorps, as by diegene wat op hierdie blad soveel oor ander te sê het. Wat van die balk in ons eie oë? Wat van selfondersoek om die bedoelinge van ons eie hart te bepaal? Wat van waarheid en geregtigheid? Is almal wat van my verskil, altyd leuenaars,of het hulle dalk tog die waarheid, al is dit net ten dele, beet? Ek begin by myself …

18 Augustus om 09:30 NM. · Hou van · 1

Henrietta Klaasing

Philip, baie relevante vraag en met heelwat implikasies … Volgens Operation World het die VGK 1,2 miljoen lidmate. Die NGK ongeveer 800 000. Die “nuwe kerk” sal dus ’n mega-kerk van ongeveer 2 miljoen lidmate hê … en dus nogal ’n groep om mee rekening te hou, né?

18 Augustus om 09:31 NM. · Hou van · 1

Jaco De Beer

Johann Ernst, kan jy asb. ook aan my daai bronne verskaf van die gereformeerdes wat geglo het daar is nie ’n persoonlike satan nie. Ek hoop nou nie dis ’n klomp RKK wat as gereformeerd gesien word nie.

Ek het nou al verskeie kere hier genoem oor homoseksualiteit as sonde wat julle wil goed praat as nie sonde. Kan jy daaroor antwoord.

18 Augustus om 09:38 NM. · Gewysig · Hou van · 1

Johann Heinrich Ernst

Philip, die lidmate van die VGKSA is grootliks die vrug van die NG Kerk se eie arbeid. Waarom kon die Doppers so naatloos met hulle “dogterkerke” verenig. Belhar is nie meer ’n voorwaarde vir kerkhereniging nie. Vereniging met die VGKSA of die aanvaarding van Belhar was ook nie voorwaarde vir lidmaatskap van die Wêreldraad van Kerke nie. Ons was in 1948 saam met die Hervormde Kerk stigterlede van die WRK. Die WRK het intussen self ook ’n transformasie ondergaan en is nie meer die rewolusionêre organisasie van voorheen nie. Ons is ook nie meer die varke in die verhaal nie, danksy goeie en waagmoedige leierskap wat die NG Kerk in hierdie land geopenbaar het.

18 Augustus om 09:35 NM. · Hou van · 1

Philip Venter

Ek was in 2004 by ’n beraad (dit was anders genoem, maar ek kan nie onthou wat nie) in Pretoria, wat verteenwoordig was deur afgevaardigdes van die NGK en VGK. Toe was genoem dat die NGK mense meer was as die VGK (by die beraad). Elke afgevaardigde van die VGK het toe twee stemme gekry. My gevolgtrekking was dat as die NGK en VGK ver(her)enig, sal drie dinge gebeur: Die nuwe kerk sal ’n nuwe naam kry; die voertaal in meerdere vergaderings sal Engels wees en Belhar sal as vierde en primêre belydenis aanvaar word. Kom ons kyk of ek reg is.

18 Augustus om 09:38 NM. · Hou van · 2

Johann Heinrich Ernst

Jaco, gaan lees die verslag daaroor wat voor die Algemene Sinode in 2011 gedien het. Dit kan van die internet afgetrek word. Ek sal met jou op ’n persoonlike basis praat oor my eie standpunt rakende homseksualiteit. Die probleem is dat enige standpunt in dié verband tot selfs geweldadige persoonlike aanvalle lei, waarvoor ek nie meer kans sien nie. Ek onderskryf egter die besluit van Algemene Sinode 2007 in dié verband, wat ’n klomp duidelike grense rakende die huwelik en ampsbevoegdheid trek. Jy is welkom om persoonlik met my kontak te maak hieroor.

18 Augustus om 09:40 NM. · Hou van

Wynand Louw

Johann

Ek sê nooit iets wat ek nie kan brwys nie. Alleswat ek van spesifieke mense hierbo gesê het is reeds voldoende in die openbare domein bewys.Die bewyse is op my blog.

Die doop is n perifere saak. Lees asb 1 Kor 3. Die fondasie is Chritus. As jou fondasie reg is is jy gered al is dit soos deur die vuur heen. Die wederdopers hierbo is my broers in Christus want hulle fondasie is Christus. In liefde, hulle is verkeetd oor die doop. Maar die mense wat ek by name aanspreek hierbo ONTKEN DIE FONDASIE.

Dit gaan hier oor die Evangelie, Johann en nie oor die perifere sake nie. Dit gaan oor die hart van die evangelie. En ek en die wederdopers stem daaroor saam.

Gaan lees asb 1 Kor 3. Dan sal jy verstaan.

18 Augustus om 09:41 NM. · Hou van · 1

Johann Heinrich Ernst

Philip, ek was twee weke gelede by ’n gesamentlike vergadering van die moderature van al vier die kerke in die NG Kerkfamilie. Ek wil waag om te sê dat jy met al drie die dinge verkeerd gaan wees, wat jy voorspel. Daar is ander kragte aan die werk waarmee jy nie in jou gevolgtrekking rekening hou nie. Die speelveld lyk vandag heeltemal anders.

18 Augustus om 09:43 NM. · Hou van · 1

Jaco De Beer

Johann, dankie vir jou antwoord. Uit jou antwoord klink dit dat jy dit dalk as sonde sien. Hoekom kry ek die indruk en hoor by baie van jou kollegas dat dit nie sonde is nie. Hoekom maak so baie van jou kollegas en mede predikante voorbrand om gays in die amp toe te laat en te herken as ’n verhouding onder God se skepping. Hoekom is die NG kerk so bang om te se wat Hy glo en God lief te hê bo alles.

Nog iets: hoekom word kerk dissipline nie toegepas op mense wat die sentrale waarhede van die kerk verlaat het en selfs liberale teologie van Spong en Borg bevorder.

18 Augustus om 09:45 NM. · Gewysig · Hou van · 1

Johann Heinrich Ernst

Wynand, die doop mag vir jou ’n randsaak wees, maar die wederdoop is strydig met die NG Kerk se belydenis en die beoefening daarvan verskeur die NG Kerk dalk meer as Belhar. Die hart van die evangelie is defintief nie die persoonlike bestaan van die duiwel nie, maar die opgestane Here self wat sonde, dood en duiwel oorwin het. Ek het al baie gelees wat jy geskryf het. Ek hoor ongelukkig weinig van die hartklop van die evangelie daarin. Ek lees baie meer waarteen en teen wie jy is, Wynand.

18 Augustus om 09:48 NM. · Hou van · 1

[Dit is baie interessant dat Johann Ernst baie sterk opinies oor die doop het, maar dinge soos die bestaan van die duiwel, homoseksualiteit, ens is nie vir hom so belangrik nie.]

Philip Venter

Johann, in hierdie geval sal ek bly wees as ek verkeerd is. Maar ek voel soos duisende ander wat die NGK die afgelope tyd verlaat het: dit maak nie meer vir my saak nie.

18 Augustus om 09:48 NM. · Hou van · 1

Jaco De Beer

Johann, die vraag wat ek vroeër gevra het wil ek ook van hoor. Hoekom is julle so besorg oor Belhar maar die dwaling in die NG kerk word nie bestry nie. Liefde vir God kom juis daarin tot uitdrukking dat ons nie leuens oor Hom verdra nie. Hoekom verdedig jul sake van mense maar nie die saak van God nie. Hoekom word mense wat goed teenstrydig met God en Sy Woord leer nie aangespreek en vermaan nie, maar julle sal alles in julle vermoeë doen om by die RKK, WRK en VGK aan te sluit — ten alles koste (selfs ten koste van die Woord en God ). Hoekom lyk dit so vir mens of die saak van God en Sy Woord nie eers belangrik is nie.

18 Augustus om 09:50 NM. · Gewysig · Hou van · 1

Jan Lynzaad

Johann Ernst: Wat is nou die waarheid, asseblief!!!

The drafting and acceptance of the Belhar Confession

The Belhar Confession, drafted in 1982 by the DRMC, has its roots in the above-mentioned racially segregated churches’ struggle against apartheid. The deliberations between the DRMC, DRCA and RCA on apartheid, racism, the migrant labour system, apartheid laws and so on played a critical role in the ultimate drafting of the Belhar Confession by the DRMC in 1982. Already in 1978 the DRMC Synod declared that apartheid (separate development), and the moral and theological justification of it, is a ridicule of the gospel and a theological

heresy. The racism of apartheid was seen as a structural and institutional sin. The 1982 DRMC Synod, which took place shortly after the 1982 WARC General Council, declared that apartheid constituted a status

confessionis in which integrity of the gospel and the Reformed faith was at stake. The DRMC affirmed that apartheid contradicts the very nature of the church and denounced apartheid (“separate development”) as a

heresy (Agenda en Handelinge NGSK1982:21). The DRMC reasserted that apartheid is a misrepresentation of the gospel. This led ultimately to the declaration of a status confessionis. Professor Gustav Bam, lecturer in Pastoral Theology at the Faculty of Theology at the University of the Western Cape (UWC), elucidated that the acceptance of the status confessionisshould inevitably led to the formulation of a confession (Agenda en Handelinge NGKA1983:22).

The Synod appointed a committee, consisting of two ministers delegated to the Synod, Reverend Dr Alan Boesak and Reverend Isak Mentor, as well as three lecturers from the UWC, Professors Dirkie Smit, Jaap

Durand and Gustav Bam, to draft a concept confession of faith, known today as the Belhar Confession.

Uit The Belhar Confession: born in the struggle against apartheid in southern Africa

18 Augustus om 09:52 NM. · Hou van · 1

Wynand Louw

Johann, uit ’n joernaalartkkel van Plaatjies van Huffel:

The Synod appointed a committee, consisting of two ministers delegated to the Synod, Reverend Dr Allan Boesak and Reverend Isak Mentor, as well as three lecturers from the UWC, Professors Dirkie Smit, Jaap Durand and Gustav Bam, to draft a concept confession of faith, known today as the Belhar Confession

Uit The Belhar Confession: born in the struggle against apartheid in southern Africa

18 Augustus om 09:54 NM. · Hou van

Wynand Louw

Ek sê nooit iets wat ek nie kan bewys nie.

18 Augustus om 09:54 NM. · Hou van

Johann Heinrich Ernst

Ek sal prober om more weer te reageer. Ek gaan nou na ’n harde dag slaap. Mooi nag vir julle! Mag ons almal more met sagter harte opstaan.

18 Augustus om 10:04 NM. · Hou van · 2

Jaco De Beer

Mag liefde vir die Vader en Sy Seun deur die krag van die Heilige Gees mense dring om getrou te bly aan Hom tot die dood toe. Hy is ’n Heilige God en verdra nie sonde en onheil nie, maar seën tot in die duisendste geslag die wie getrou Sy gebooie bewaar en Hom lief het.

18 Augustus om 10:11 NM. · Hou van · 2

Jan Lynzaad

Johann, rustige nag. Ek probeer nie aanvallend teenoor jou wees nie. Ek vra net opregte antwoorde omdat ek hier nie verstaan hoe God se Woord as speelbal gebruik kan word terwille van politike korrektheid nie, Ja, die drie susterskerke was verkeerd om apartheid goed te keur. Maar is dit reg om Sy Woord nou te misbruik om polities korrek te wil wees?

18 Augustus om 10:13 NM. · Hou van · 3

Johan Fourie

Ek het nou hier deur hierdie elle lange draad gelees en het as gewone lidmaat van die NGK (vir hoelank nog????) nie n konkrete antwoord gevind ten opsigte van Belhar, waaroor hierdie gesprek in werklikheid handel nie. Wat ek wel gesien het is dat die onhoudbare kompromie aan die een kant met alles verdedig word terwyl die een na die ander lagie verf waarmee dit opgesmuk is/word afskilfer. Sonder om iemand aan te val het Johann Ernst dit gestel dat Boesak absoluut niks met die skryf van Belhar te make gehad het nie terwyl daar baie verdoemende bewyse op die tafel gesit is wat dit wel staaf. Henrietta het ’n baie wesenlike praktiese probleem op die tafel gesit waarvoor niemand ’n antwoord gegee het nie. Daar was wel kommentators wat met haar saamstem. Daar is bewerings dat Belhar nie meer as vereiste vir hereniging op die tafel is nie, terwyl die inligting in die artikel van Jan Louw die teendeel bewys. Sou dit inderdaad so wees dat Belhar nie meer as voorvereiste vir hereniging dien nie, waarom dan verder daarmee karring? Vee dit van die tafel en gaan voort met die volgende kwessie. Dit blyk vir my asof selfs die leierskorps van die NGK in die donker rondtas betreffende hierdie saak. Hoe moet die gewone lidmaat sin maak van hierdie gemors?

18 Augustus om 10:43 NM. · Hou van · 4

Wynand Louw

Johann. As Jesus verkeerd was oor enigiets, soos byvoorbeeld die duiwel, is Hy nie die Christus wat mens geword het nie en KAN Hy jou nie verlos nie.

Dit is die hart vam die evangelie.

Die lang anwoord is: die bestaan van die duiwel word ontken omdat hulle panenteiste is. En dit is n godsbeskouing wat onverenigbaar met die evangelie is.

‘n Persoon wat Teilhard se New Age panenteisme verkondig, soos Belhar teoloog Jaap Durand is nie ’n Christen nie want Teilhard se teologie is onverenigbaar met die evangelie.Teilhard ontken die sondeval. As daar nie ’n sondeval was nie waarvoor het Jesus gesterf? Gutierrez bou op Teilhard en beweer, soos Moltmann dat Jesus gesterf het om Hom buite die verband van die verbond te vereenselwig met die armes, noodlydendes en verontregtes.

Sien jy hoe Durand, die Teilhard akoliet en Belhar teoloog in die prentjie inpas????

Durand ontken die bestaan van die duiwel en glo God is op besonderse wyse die God van die armes noodlydendes en verontregtes. Alles deelvan die selfde dwaalsisteem.

18 Augustus om 10:43 NM. · Gewysig · Hou van · 3

Gerhard Potgieter

Die meeste van julle het pad gevat tteen die tyd wat ek nou hier aankom. Wat se gedans is dit om die vuur hierdie? Glo die hele moderamen in die bestaan van Satan? NEE. Glo die hele modaremen in die maagdelike geboorte? NEE. Glo die leraars soos onder andere sy vrind Gerhard Bothma letterlik in die apostoliese geloofsbelydenis? NEE! Is dit vir jou – Johann – aanvaarbaar? Blykbaar! Glo die lede van die leierskap hulle kan hierdie mannne ondersteun ten spyte daarvan? JA. Die bogenoemde sluit blykbaar die Herr Ernst in lyk dit my. Dan glo hy mos dit is maar reg so of hoe? Dan dans hy mos saam met die Satan om die vuur of hoe? Wat het waarheid en die liegstorie in gemeen soos die Bybel leer? Nee wat – ek het al te veel gesien hoe liberaal die NG leiers en dosente die waarheid hanteer. SO OF DIE HEER ERNST IS MET HULLE OF HY IS TEEN HULLE. Wat sal dit wees Johann? Staan jy by ons, die waarheid en Jesus Christus se suiwer evangelie? OF Staan jy saam met Bothma, du Toit, Julian, Nelus en vrinne annie anner kant? Eenvoudig – baie eenvoudig. Deur die leun toe te laat is om die waarheid te misken. Dit is net so goed as lieg. JA OF NEE. Twee of drie letters in die antwoord sal doen. Ons is besig met waarheid – skerp tweesnydend – en nie ’n politieke debatsvergadering nie. So waar staan jy? Saam met hulle – die kollektief? JA OF NEE. Ek wag geduldig op jou antwoord. Jesus Christus ook. Soos ek sê – ek wag – en ander ook. Het jy die guts om vir waarheid te stem Johann en te sê NEE? Of is dit te duur ’n prys vir jou om te betaal en ’n halwe waarheid is ook maar OK. Wys ons jou rugraat en getuienis vir Jesus Christus en tik NEE of wat sê jy?

18 Augustus om 11:07 NM. · Gewysig · Hou van · 6

Henrietta Klaasing

Johan, Belhar nie meer ’n faktor vir kerkhereniging nie?? Dis nuus vir my! Lees by die skakel hieronder en kyk sommer na die datum ( 2012)

“Kerkverband tussen kerke wat nie dieselfde belydenis het nie, of wat dieselfde belydenisskrifte verskillend vertolk en kerkregtelik verskillend georganiseerd is, is nie moontlik nie AANGESIEN EENHEID IN BELYDENIS DIE SAMEBINDENDE FAKTOR BY DIE KERKVERBAND IS.”

Uit Die reis met kerkeenwording tussen die Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika en die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika.

18 Augustus om 11:09 NM. · Hou van · 1

Henrietta Klaasing

Philip, daar is meer mense wat saam met jou stem oor die tot standkoming van ’n “nuwe kerk” / “nuwe kerkverband”. Redelik bo aan hierdie stuk is daar ’n skakel na ’n dokument van die Ring van Louis Trichard – kyk hoe baie keer kom die begrippe daar voor :

Louis Trichardt ring kritiseer die Algemene Sinode van 2011 se besluite

18 Augustus om 11:17 NM. · Hou van · 1

Philip Venter

Ja, Henrietta. Ek was voor 2013 vir 5 jaar ondervoorsitter vd ring van Louis Trichardt. Van die stukke is deur my opgestel.

18 Augustus om 11:20 NM. · Hou van · 3

Johan Fourie

Henrietta Klaasing, dit is nie my standpunt nie maar was deur Johann Ernst geopper in een van sy plasings. Indien hierdie plasing van jou verkeerdelik deur my verstaan word, vra ek verskoning.

18 Augustus om 11:21 NM. · Hou van · 1

Henrietta Klaasing

Ek het so aangeneem Johan – maar indien mense dalk sou twyfel, dink ek hul moet maar self lees

18 Augustus om 11:37 NM. · Hou van · 1

Henrietta Klaasing

Philip, ek het nogal gewonder… ek dink dis ’n uitstekende stuk

18 Augustus om 11:38 NM. · Hou van · 2

Jan Lynzaad

Vol verwachting klopt mijn hart!

18 Augustus om 11:41 NM. · Hou van

Somerset Morkel

Op die ou einde kan die Aktuarius en wie ookal die NGK se standpunt wil verdedig, nie bly staan teen die geldige vrae wat deur mense gevra word wat duidelik kan aantoon dat die NGK dwaal nie.

19 Augustus om 05:55 VM · Gewysig · Hou van · 2

Somerset Morkel

Die argumente en standpunte wat hierbo aangegee word ter verdediging vd NGK se besluite, is lig en sonder veel substansie – met ’n beroep op die sg geestelikheid vd leierskap en verder nie veel nie.

Skriftuurlik kan dit nie verantwoord word nie –

en dit kan ook nie gefundeer word i.t.v. die bestaande reformatoriese belydenisskrifte nie.

Belhar word duidelik hierbo uitgewys – o.a. baie effektief deur Wynand Louw – as ’n speelbal in ’n politiek-korrekte proses waar gebuig word voor ’n intimidasie-tegniek van ’n ander vals kerk wat liefdelose en Bybels-onhoudbare voorwaardes stel vir eenheid..

Die NGK kapituleer daarin.

Dit adem egter ook die gees van ’n vals kerk waar mense hul eie keuses kan uitoefen oor wat hulle wil glo of nie –

o.a oor Belhar en of die duiwel bestaan of nie(!).

Watse kerk is dit?

Nie meer die kerk van Christus van die Skrifte nie.

Christus is die waarheid.

Die NGK gee mense die keuse-vryheid om self te besluit wat is die waarheid.

Dit het ’n demokratiese instansie geword waar die sg waarheid bepaal word deur die mens se keuse-vryheid –

nie deur die fondament en lering vd Skrif nie.

Dit le dus in die kader van die aanvaarbaarheid van humanistiese dwaal-denke eerder as leiding deur die H.Gees in die beginsels vd Skrif.

Dit word ’n deurmekaar-soustrein waar dwaling so goed aanvaar word as enige ander definisie vd waarheid.

Relatiwisme heers dus.

Die Skrif-basis is weg.

Maar dit wil verdedig word deur die sg geestelikheid vd leierskap?

Die vrug van waarheidsgetroue geestelike leierskap is in die feit dat leiding gegee word Semper Reformanda, terug na die Skrif –

nie WEG daarvan nie.

19 Augustus om 06:19 VM · Gewysig · Hou van · 5

Somerset Morkel

Johann Ernst kan eers weer naby ‘Ernst’ opgeneem word as hy kan verduidelik wat die houdbaarheid vd NG Alg Sin se besluit oor die duiwel is, en wat Nelus Niemand se woorde beteken dat Ben du Toit se denke ‘deel is vd hoofstroomdenke vd NG-Kerk’..

Tot hiertoe het Johann dit nie gedoen nie maar dit vermy.

Om mense af te maak as liefdeloos wat die NGK hieroor kritiseer o.g.v. Skrifwaarheidsgetuienis – soos Johann E dit inderdaad doen – is manuvrering en manipulering tot ’n grootliks-ongesonde mate.

19 Augustus om 06:12 VM · Hou van · 2

Jaco De Beer

EN hieraan weet ons dat ons Hom ken: as ons sy gebooie bewaar. Hy wat sê: Ek ken Hom — en sy gebooie nie bewaar nie — is ’n leuenaar en in hom is die waarheid nie. Maar elkeen wat sy woord bewaar, in hom het die liefde van God waarlik volmaak geword. Hieraan weet ons dat ons in Hom is. Hy wat sê dat hy in Hom bly, behoort self ook so te wandel soos Hy gewandel het. 1Joh2:3-6

Die mense laat toe dat ander mense die Woord verdraai en hulleself verdraai ook die Woord. Verder ontken hulle fondamente waarhede wat nie debatteerbaar is nie, maar hulle stel dit oop vir debat asof God gedebatteer kan word. Dan wil hulle daarop aanspraak maak dat hulle God liefhet. Dis skreiend om Ben du Toit in dieselfde asem as liefde vir God die Vader te noem. Dit openbaar die begrip van liefde en waarheid waarvan die mense praat.

19 Augustus om 07:38 VM · Gewysig · Hou van · 2

Jan Lynzaad

Julle moet Sakkie Spangenberg ook nie vergeet nie.

19 Augustus om 08:08 VM · Hou van · 2

Somerset Morkel

Sakkie was net een van die dapper voorlopers wat die klimaat begin skep het vir wat vandag gebeur.

Hy was destyds Sakkie-Spanner-in-the-Works.

19 Augustus om 09:16 VM · Gewysig · Hou van · 3

Somerset Morkel

Hy is, as ek reg is, op ’n stadium as dwaalleraar uitgewys en deur sy kerkraad gevra om die pad te vat.

Soos dinge nou aangaan, sal hy teruggenooi word NGK toe, om verskoning gevra word –

en is hy ’n kandidaat vir die volgende Moderator vd Alg Sin.. sommer onbestrede ook.

19 Augustus om 09:24 VM · Gewysig · Hou van · 2

Johann Heinrich Ernst

NG Kerk in KZN (Sinode)

Dr Kobus Gerber vertel weer die storie van die pad wat al gestap is met die Belhar-belydenis. “Vandag is ek BAIE bly om te kan se dat die aanvaarding van die Belhar-belydenis is nie meer ’n voorwaarde vir eenwording nie. Dit kan ook nie anders nie, want sulke voorwaardes is direk instryd met die inhoud van Belhar.”

Kommentare:

Hennie Mouton

Goed om te hoor. Waar kan so ’n amptelike verklaring gevind word?

Henrietta Klaasing

Waarom hoor ons dit NOU eers? Mag hierdie nuus WYD verkondig word!

19 Augustus om 09:26 VM · Hou van

Somerset Morkel

Die NGK is baie meer teologies verrot as wat meeste mense besef.

Dit geld vanaf die kweekskole af, deur die leierskap heen tot op gemeentevlak waar honderde predikante dwaalleraars in gemeentes is, of hoogstens neutralistiese jellievisse is .

Mens kan geen jongmens wat uit die kweekskole kom, vandag vertrou nie.

Hulle word as halfheidene en dwaaleraars die kerk ingestoot.

Die situasie vir die NGK is inderdaad sleg.

Mens kan geen mens vandag aanbeveel om NGK toe te gaan nie, inteendeel.

Mense is geestelik veiliger vandag in geen kerk (kerklos) as om in die NGK te wees, met dankbaarheid is daar uitsonderings natuurlik omdat daar nog leraars is wat teen die stroom in hul werk vir die Here doen en nog die waarheid verkondig.

19 Augustus om 09:27 VM · Gewysig · Hou van

Somerset Morkel

Johann, die dag as jy jou hande saam slaan en jou hart amper gaan staan oor die leuens wat die NGK deesdae voor staan, is daar vir jou hoop.

Intussen is jy in kompromie met die dwalings wat meermale hierbo uitgewys is –

en sal jy na grashalms gryp om jou punte te verdedig en jou basis in die al-meer-dwalende-NGK te behou…

19 Augustus om 09:32 VM · Hou van

Johann Heinrich Ernst

Party maal slaan ’n mens net jou hande saam. Op HierStaanEk van 18 Oktober 2012 staan geskryf: “Dr Kobus Gerber vertel weer die storie van die pad wat al gestap is met die Belhar-belydenis. “Vandag is ek BAIE bly om te kan se dat die aanvaarding van die Belhar-belydenis is nie meer ’n voorwaarde vir eenwording nie. Dit kan ook nie anders nie, want sulke voorwaardes is direk instryd met die inhoud van Belhar.

Kommentare:

Hennie Mouton

Goed om te hoor. Waar kan so ’n amptelike verklaring gevind word?

Henrietta Klaasing: Waarom hoor ons dit NOU eers? Mag hierdie nuus WYD verkondig word ”

Maar dan skryf Henrietta hierbo:

Waarom hoor ons dit NOU eers? Mag hierdie nuus WYD verkondig word.

19 Augustus om 09:33 VM · Hou van

Somerset Morkel

Die NGK het nie meer leiers nie, hy het net misleiers, want hulle verdedig die dwaling.

En jy is een van hulle.

19 Augustus om 09:33 VM · Hou van · 1

Johann Heinrich Ernst

Sommy, dit gaan nie help om te beledig nie. En om sommer so in die algmeen te beskuldig nie. Kyk ook na al die persoonlike beledings hierbo. As dit is hoe die lidmate van die kerk van Christus buite die NG Kerk praat, wil ek nie van hulle deel wees nie. Dit kan dalk as ’n goeie ding gesien word as sulke huigelaars die NG Kerk verlaat het. Wonder wat Jesus self van die taal en styl hierbo sou gesê het. En dan hou ek my nie vroom nie. Ek voel dit aan my eie lyf en is dankbaar dat ek nie elke dag van my lewe met soveel haat en liefdeloosheid te doen moet kry nie. En natuurlik die leuens – die leuens wat jy self oor Piet Strauss vertel het en nog geen verskoning of regstelling aangebied het nie. Praat vir jouself, my broer! En haal eers die balk uit jou eie oog.

19 Augustus om 09:39 VM · Hou van

Johan Kriel

Jy moet weer ’n slag gaan lees hoe Jesus die dwaalleraars van Sy tyd aangespreek het! Slange, Addergeslag, kinders van die Duiwel, ens. [Kyk Die Bybel oor Jesus se houding teenoor die waarheid en verkeerde dinge.]

19 Augustus om 09:42 VM · Hou van · 3

Somerset Morkel

Dis nie ’n belediging nie, Johann E, om die NGK se leierskap misleiers te noem nie.

Dis bloot die waarheid.

Dit kom klinkklaar uit vele standpunte hierbo.

En jy het dit nie effektief beantwoord nie want jy kan nie.

Jy is ’n meeloper daarmee.

Dit maak jou ook ’n misleier.

Jy pas in die kader in.

19 Augustus om 09:48 VM · Gewysig · Hou van · 1

Jaco De Beer

Johann, wanneer gaan jy bietjie binne toe kyk en eerlik wees met jouself oor die dwaling in die NG kerk. Hoekom kyk julle altyd na buite. Is dit nie vir jou ooglopend dat dit skryend is dat ’n kerk wat homself liggaam van Christus noem na 2000 se kerkgeskiedenis nog sukkel om die evangelie reg te verstaan. Verder om Bybelse waarheid as primer en nie onderhandelbaar te sien nie. En moet nou nie vir my kom se julle doen nie want dis snert. As dit so was dan sou meer as 20 leiers wan die Wes Kaap nie ’n brief geskryf het en gevra het gays moet lidmate wees en predikante word nie. Dan sou Ben du Toit nie nog in die NG kerk gewees het en sy tug saak gewen het nie. EN dan souNelus Niemand hom nie geprys het as iemand wat Bybelse waarheid leer nie. Dan sou die maagdelike geboorte nie ’n onderhandelbare wees in die liggaam van Christus nie. Dan sou die liggamlike opstanding nie ’n onsekerheid wees nie. Mense wat die Jesus ken wat die aarde geloop het weet wie Hy is.

Jou eerlikheid oor die dwaling in die NG kerk is skreiend. Tweedens is jou onvermoe om die ernstigheid van die sake nie raak te sien kommerwekkend en stel dit vrae wara jy staan met die lewende Here Jesus. As jy Hom ken hoe kan jy toelaat wat tans aangaan.

Wat het die liggaam van Christus met ’n afvallige instansie soos die RKK en die wereld raad van kerke te doen. Hoe kan satan en die Heilige Gees gemeenskap he. Hoe durf jy die offer wat Jesus Christus gebring het so minderwaardig hanteer deur met die werke van die satan om te gaan. Dit waarvoor Jesus self Sy lewe kom gee het.

Kan jy nie sien dat baie mense wat omgekrap met julle is nie, dit is weens wat julle aan Jesus doen nie. Hoe julle met God se Woord omgaan nie.

19 Augustus om 09:49 VM · Hou van · 4

Henrietta Klaasing

Johann, jy haal my aan in ’n stuk op 2 plekke hierbo – – hier is ’n skakel na ’n groter stuk van die gesprek: Belhar glo nie meer nodig vir eenheid

19 Augustus om 09:58 VM · Gewysig · Hou van

Gideon Aggenbag

Dit bly vir my nog immer ’n vraag: Wat het Belhar-belydenis waarin ons bestaande belydenisse kortkom? Indien wel, waarom is dit vir baie honderde jare nog nie aangevul nie.

19 Augustus om 10:00 VM · Hou van · 4

Henrietta Klaasing

Heel onderaan as kommentaar het ek geskryf: “Hul aand- en môrepraatjies stem nie ooreen nie – ek wil hierdie woorde van my herhaal. WAAROM word honderde duisende Rande dan spandeer aan Toolkits, gratis Kerkbodes wat landswyd uitgedeel word, en afgevaardigdes wat die land deur reis om gemeentes oor te haal om “die regte ding” (volgens sommige) te doen en Belhar te aanvaar?? Dr Plaatjes van Huffel het op verskeie plekke ( onder andere in ’n akademiese artikel wat ek hierbo na verwys het) gesê dat eenwording NIE moontlik is tussen kerkverbande wat nie dieselfde belydenisgrondslag het nie.

19 Augustus om 10:02 VM · Hou van · 2

Somerset Morkel

Al gehoor van die Skrifwoord “The Lord is not the author of confusion..”?

19 Augustus om 10:04 VM · Hou van · 1

Henrietta Klaasing

Dr Plaatjes van Huffel weereens: “Die standpunt van die VGK is egter dat die onderskrywing van al die belydenisse sonder dwang geskied. Dit geld die belydenis van Belhar, maar dit geld ook al die ander belydenisskrifte. Wat die VGK betref, het ons nog altyd konsekwent gesê die belydenis van Belhar moet presies net soos die ander behandel word, en dit beteken inderdaad sonder belydenisdwang.”

Nie almal tevrede oor Belhar besluit

19 Augustus om 10:06 VM · Hou van · 1

Gerhard Potgieter

So – ons wag nog steeds vir ’n antwoord. Waar staan Johann Ernst? Mense dit is die kwessie wat die NG Kek laat vou, wat mense laat loop, wat mense onseker maak. Leiers wat nie sê wat hulle glo, waar hulle staan en nie ketters uitgooi nie maar by hulle staan. Ek sê nou onomwonde – Johann Ernst jou denominasie het nie ’n toekoms nie – net ’n verlede. Confess – return to truth – or face demise – simple as that. Dit is waar die rubber die teerpad slaan. Die gemiddelde lidmaat en ek ken baie – het geen vertroue in die leierskap as verteenwoordigend van hulself nie en die leierskap as geloofsleiers nie. MAAR dit pla julle glad nie – solank die maters hulle pay kry en hulle pensioenfondse kan beskerm is dit maar OK. DAAROM het ek respek vir Sakkie wat ten minste die guts gehad het om te bedank en openlik is oor waar hy staan. Die res is rugraatlose rugryers wat glad nie glo wat hulle verteenwoordig nie. How do expect others to buy the product when the leaders don’t believe in the product themselves? Nee wat dit het ’n klug geword en jy het geen virende vir die NG Kerk gemaak deur om die issues te dans nie. Your denomination will continue to spiral down into oblivion and the reason is the apostasy of the leadership. YOU ARE RESPONSIBLE FOR SINKING THE SHIP!

19 Augustus om 10:07 VM · Hou van · 3

Henrietta Klaasing

Dr Plaatjes van Huffel: “Kerkverband tussen kerke wat nie dieselfde belydenis het nie, of wat dieselfde belydenisskrifte verskillend vertolk en kerkregtelik verskillend georganiseerd is, is nie moontlik nie AANGESIEN EENHEID IN BELYDENIS DIE SAMEBINDENDE FAKTOR BY DIE KERKVERBAND IS.”

Die reis met kerkeenwording tussen die Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika en die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika

19 Augustus om 10:13 VM · Hou van

Somerset Morkel

Mens moet werklik ’n klipkop he om nie die boodskap hier te kry nie..

19 Augustus om 10:14 VM · Hou van · 2

Somerset Morkel

Johann E, jy en jou mede-leierskap-ouens moet julle ore en harte oopmaak en HOOR wat gese word.

So ver vededig julle net die onverdedigbare.

19 Augustus om 10:15 VM · Hou van · 2

Henrietta Klaasing

Johann, ek sal net so opgewonde reageer soos in die twee plekke waar jy my aanhaal indien dit nie nodig is om Belhar as belydenis te aanvaar nie:

Henrietta Klaasing: Waarom hoor ons dit NOU eers? Mag hierdie nuus WYD verkondig word ”

19 Augustus om 10:15 VM · Hou van · 3

Jan Lynzaad

Henrietta Klaasing, Dit is die rede hoekom Belhar afgedwing word.

19 Augustus om 10:16 VM · Hou van · 2

Henrietta Klaasing

Jan, ek kan aan geen ander rede dink nie. So hul aand- en môrepraatjies stem regtig nie ooreen nie

19 Augustus om 10:21 VM · Gewysig · Hou van · 1

Somerset Morkel

Korrek Jan…

Daar is ’n duidelike tweeslagtigheid in die toepassing m.b.t. Belhar.

Tweeslagtigheid is nie eerlikheid nie.

Voilà!

19 Augustus om 10:26 VM · Hou van · 2

Gerhard Potgieter

Gesit en dink en gegewe die hele gesprek tot dusver en ek is diep teleeurgesteld. Ek het genoem waarom die voortbestaan van ’n suiwer Woordgetroue NG Kerk so belangrik is. Weereens is die konsensus soos met vorige gesprekke. 1. Die NG leierskap lieg oor waar hulle as kollektief staan oor Belhar. 2. The leadership or many of them to a larger or lesser extent by their own admission have contradicted the Apostolic Creed, Athanasian Creed and Nicene Creed. (You cannot affirm these creeds and support the apostasy of the leadership) 3. You refuse to discipline and expel apostate men as the Bible instructs. 4. You have formed a leadership clique totally out of touch with the majority of your denomination’s membership. 5. You have allowed the training of your ministers to deteriorate in value to the extent that I could never recommend it 6. You pander to the liberal press and loud liberal critics instead of the church at large whom you ignore despite their pleas for a return to truth. So in short it should not surprise you that the ship is sinking BUT then you will all be in happy retirement when it finally happens (like dear Julian) so my question is? How do you all feel when you look in the mirror every morning or have you reached the point where truth just doesn’t matter anymore? How does it feel to part of the “team” responsible for the fall of a once proud Godly institution that had a strong witness for the gospel of Jesus Christ? How do you feel about the many institutions you were once able to support financially (missions and evangelism) who must now see your dwindling support? THAT IS THE TRAGEDY AND RESULT OF AN APOSTATE LEADERSHIP. Oh yes, and please don’t blame societal changes, changes in the religiosity of members etc. The first and primary reason for the demise of the church is the leadership. You are the shepherds that have led the church into the desert instead of leading it to the Oasis.

19 Augustus om 10:48 VM · Hou van · 2

Philip Venter

Henrietta, reeds etlike jare gelede het Ds Petrus Kriel gesê dat dit gaan gebeur, nl. dat die VGK Belhar as struikelblok vir kerkeenheid gaan voorhou en dit dan skielik wegvat – net om kerkeenheid te bespoedig. As dit so is, en ek twyfel nie dat jy reg is nie, sal kerkeenheid nou vinnig gebeur.

19 Augustus om 10:51 VM · Hou van · 4

Stefaan de Jager

Ek spook ook maar met die NG Kerk denominasie waarvan ek deel is.Die baie kompromië hinder my diep. Waar die Algemene Sinode bv ruimte maak vir die Bose om nie te bestaan nie, is dit waarlik `n Sinode wat besig is om te dwaal. Wanneer teoloë en dominees die maagdelike geboorte van Jesus ontken is hulle met heiligskennis besig want die Skrif is tog duidelik dat Maria se swangerkap van die Heilige Gees was. Wie die maagdelike geboorte ontken, laster teen die Heilige Gees.

Wat my egter net so diep hinder Sommie, Wynand, Gerhard en Jaco, is die manier hoe julle met Johann Ernst aangaan. Dis nie net liefdeloosheid nie, dis amper`n soort haat wat ek teenoor hom optel.

Ironies dat die liefdeloosheid wat hy nou moet trotseer van mense wat bekommerd is oor dwaling in die kerk, dieselfde soort liefdeloosheid is wat hy op `n stadium daar op Jean Oosthuizen se muur moes trotseer van `n klomp ouens wat juis voorstanders is van die dwalinge wat julle hier wil beveg. Die tragiese is dat julle styl van allerhande vrae vra wat beantwoord moet word, persoonlike aanvalle (Sommie wat Johann `n misleier noem) ens presies dieselfde liefdelose styl is wat ek by die vyande van die kruis optel. Op hierdie manier dien julle nie die saak van die koninkryk nie.

Die waarheid en die liefde gaan hand aan hand. Paulus skryf dat ons in liefde en waarheid sal groei na Christus toe.

Die liefde sonder die waarheid `n vals liefde. Ongelukkig gebeur dit in ons kerk dat mense in die naam van die liefde van God alle dwalinge akkomodeer terwyl Sy heiligheid wat sonde haat van die tafel gevee word.

Eweneens is die waarheid sonder die liefde weer `n koue kliniese waarheid wat ook nie die saak van die Here dien nie. Al sou ek my goed uitdeel, al sou ek tale praat, en ja, al sou ek die verdediger van die waarheid wees, maar die liefde verloor het, sou ek niks wees nie.

19 Augustus om 10:55 VM · Hou van · 3

Jaco De Beer

Dankie Stefaan vir die vermanning en ek neem dit ernstig op want die Woord leer om die waarheid in liefde te praat. Dis maar ’n moeilike een die, want mens word diep gegrief met wat jy lees, hoor en sien en ook met die “flippent” manier waarmee daarmee omgegaan word. Dit is frustrerend dat jy nie gehoor word nie. Jy loop jou teen ’n muur vas. Daarom wonder ek of mens nie dalk moet wegstap nie. God hou nie so aan nie. Hy gee mense aan hul eie misleiding oor en verhard hulle. Hy het dit baie gedoen met Israel en Hy waarsku daaroor ook in die NT. Miskien het dit tyd geword om weg te stap.

Laastens sal ek weer noem dat jy reg is, maar ek sal ook versigtig wees dat dit weer die enigste dryfveer raak. Beide moet gehandhaaf word. Heilige woede en liefde leef saam. God stel beide ten toon. Goddelike liefde het die waarheid lief en liefde is sagmoedig en spreek die waarheid in liefde. Nie die een of die ander op ’n slag nie.

Daarom sal ek jou graag daarop wil wys dat die liefde ook nie teenwoordig is in die sinode en NG kerk nie, want hulle is nie lief vir die waarheid nie. Johannes het mooi in Sy eerste brief geskryf iemand wat se Hy ken God en nie Sy gebooie (Woord) gehoorsaam nie, is ’n LEUENAAR. Dan is dit die Woord wat hulle leuenaars noem en nie ek nie. EK praat die Woord na.

Dan sal ek graag vir jou wil vra om die woorde aan te haal wat jy dink ek die lyn van waarheid in liefde oorskry het dan kan ek daarna kyk. Dankie.

19 Augustus om 11:45 VM · Gewysig · Hou van · 2

Gerhard Potgieter

Stefaan – daar was ’n tyd – die ding kom al jare – wat daardie tyd met baie deernis en baie liefde behandel is. Dit is ge”stonewall” . Dit is nou al minute voor twaalfuur. Die tyd vir aksie is nou. Net soos African Bank in die besigheidswêreld word die punt bereik waar daar niks meer te redde is nie. Dan help panado’s nie meer nie. Die pasiënt is ernstig siek en die oplossing is radikale chirurgie. Die NG kerk bloei dood – pleisters plak gaan nie meer help nie. MAAR dit lyk of die pasiënt saligheid het met die storie. Dit was Israel se probleem en ons weet wat God toegelaat het om met hulle te gebeur. See, he is puffed up; his desires are not upright– but the righteous will live by his faith– indeed, wine betrays him; he is arrogant and never at rest. Because he is as greedy as the grave and like death is never satisfied, he gathers to himself all the nations and takes captive all the peoples. Will not all of them taunt him with ridicule and scorn, saying, ‘Woe to him who piles up stolen goods and makes himself wealthy by extortion! How long must this go on?’ Will not your debtors suddenly arise? Will they not wake up and make you tremble? Then you will become their victim. Because you have plundered many nations, the peoples who are left will plunder you. For you have shed man’s blood; you have destroyed lands and cities and everyone in them. Woe to him who builds his realm by unjust gain to set his nest on high, to escape the clutches of ruin! You have plotted the ruin of many peoples, shaming your own house and forfeiting your life. The stones of the wall will cry out, and the beams of the woodwork will echo it. Woe to him who builds a city with bloodshed and establishes a town by crime! Has not the LORD Almighty determined that the people’s labor is only fuel for the fire, that the nations exhaust themselves for nothing? For the earth will be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea. Woe to him who gives drink to his neighbors, pouring it from the wineskin till they are drunk, so that he can gaze on their naked bodies. You will be filled with shame instead of glory. Now it is your turn! Drink and be exposed! The cup from the LORD’s right hand is coming around to you, and disgrace will cover your glory. (Hab 2:4-16, NIV)

19 Augustus om 11:49 VM · Hou van · 1

Somerset Morkel

Ek onderskryf Jaco se woorde hierbo 100%.

19 Augustus om 11:50 VM · Hou van · 2

Somerset Morkel

My vraag aan jou, Stefaan, is of wanneer Paulus in Skrif noem dat iemand wat ’n ander evangelie bring ’n vervloeking is, is dit liefdeloos?

Hierdie mense bring ’n ander evangelie, sonder twyfel, dit is hierbo so duidelik uitgewys…

Is dit nou ’n belediging om so iemand ’n misleier te noem?

Ek is nie oortuig nie.

Maar ek sal jou woorde oordink.

19 Augustus om 11:52 VM · Gewysig · Hou van · 2

Somerset Morkel

Fantastiese stuk met ontstellende korrekte toepassing, Gerhard..

19 Augustus om 11:54 VM · Hou van

Wynand Louw

Johann, as ek liefdeloos teenoor jou of enigiemand anders oorkom, vergewe my asseblief. Dit is nie die bedoeling nie. Ek is n dokter. As my pasient moet ophou rook vertel ek dit vir hom reguit. As my pasient kanker het vertel ek vir hom reguit. In beide gevalle maak dit, maak nie saak met hoeveel liefde en deernis ek dit sê nie, die pasient seer. As ek sê Ben du Toit of Jaap Durand is verlore omdat hulle dwaal sê ek dit omdat ek hulle liefhet. Ek het vir Ben du Toit persoonlik in die teenwoordigheid van ander ampsdraers gesmeek om tot bekering te kom. Is dit nie liefde nie?

God sê dat as ons dwaalleraars bemagtig ons skuldig is aan die sonde van die antichris. Sien die 2e brief van Johannes. As ek jou dan smeek om op te hou om die dwaalleraars in jou werksomgewing te bemagtig, is dit nie liefde nie?

Jesus sê dwaalleraars is wolwe wat die kudde veskeur. As ek my gemeente beskerm deur dwaaleraars te ontmasker, is dit nie liefde nie?

As ek niks sê vir n pasient wat kanker het omdat ek hom nie wil ontstel nie, het ek hom dan lief?

Stefaan, ek hoop ek antwoord jou vraag: Jesus het vir die Fariseers gesê Addergeslag! As julle so aanhou gaan julle hel toe! Was dit nie liefde nie?

Ons lees van n hele groep fariseers wat deel was van die kerk in Jerusalem. Het hulle tot bekering gekom; is hulle gered omdat Jesus nice was met hulle of omdat Hy hulle die waarheid reguit vertel het?

Ek is amtelik die grootste liefdelose verdagmaker hier. n Kerkbode se voorblad is aan my afgestaan.

My antwoord is: Wat sou Jesus doen?

Jesus sou ’n sweep vleg en dié wat Sy tempel, die kerk, onheilig se tafels omskop en hulle uitboender.

Hierdie voorbeeld van Jesus se liefde-in-aksie is nog vir ons oop. Ons het nog nie so vêr gegaan om mense met swepe uit die kerk te dryf nie.

Ben, Jaap, Nelus, Julian, ek het julle lief. Daarom sê ek vir julle, Addergeslag! As julle op die pad voortgaan gaan julle hel toe! Kom tot bekering!

In Gods naam, kom tot bekering!

19 Augustus om 12:01 NM. · Gewysig · Hou van · 3

[Kyk Die Bybel oor Jesus se houding teenoor die waarheid en verkeerde dinge.]

Stefaan de Jager

Ons moet aanhou praat wat ons moet. Ek het self op `n Ringsvergadering vir Julian Muller gesê dat ek hom nooit op Humansdorp-Oos se kansel kan vertrou nie, want hy verkondig `n Jesus wat ek nie ken nie. Paulus is dus reg in sy waardeoordeel dat iemand wat `n ander Jesus en `n ander Evangelie verkondig, `n vervloeking in God se oë is.

As jy dan klaar gepraat het en vir iemand mooi vertel het, hou op en laat die res in die Heilige Gees se hande. Moenie in jou oorywer in die pad van die Gees staan nie. Mens kan `n saak ook oormoer draai en dan kan jy met daardie moer en draad verder niks doen nie.

19 Augustus om 12:20 NM. · Hou van · 3

Gerhard Potgieter

Net vir so bietjie kontras. Ek was vir jare betrokke by CESA (REACH) ’n denominasie wat suiwer is, Woordgetrou is, onomwonde getrou aan die 5 Sola’s. Hulle is nie baie groot nie. Elke jaar groei hulle stadig maar seker. Nuwe gemeentes, groei binne gemeentes en so meer. Hulle teologiese kollege word wêreldwyd erken as tops en groei in waarhaeid en studente. (George Whitefield College). Hulle ondersteuning van gemeentes in Afrika, stig van gemeentes in Afrika buiten hulle werk in die land en streng fokus op sending en evangelisasie lewer standvastige resultate. Die hele idee dat jy inklusief moet wees om jou voortbestaan te regverdig en te groei is twak. REACH wys dat deur eksklussief suiwer te wees en te bly lewer resultate. Daar is geen “ruimte” binne REACH vir apostate nie. Tog groei hulle. Hulle het bykans geen gemeentes wat nie veelrassig en multi-kultureel is nie. Die denominasie is streng presbiteriaans en by die nasionale sinodes is die lidmate se stemme ver meer as dubbeld die dominees se stemme. Die lidmate maak seker die kerk hou koers. Op ’n kol kon hulle nie genoeg predikante kry nie omdat groei die opleiding van predikante verbygesteek het en goeie NG manne is ingetrek. Missiologies manne wat die evangelie preek, manne van waarheid vir wie daar nie plek in die NG kerk was nie. Net nog iets. In hulle preekstoele staan manne. Homoseksualiteit is nie aanvaarbaar nie maar word met deernis aangespreek en so meer. Jy hoef nie “modern” te wees of “liberaal” te wees om te groei nie. Om die doelwit van die kerk uit te leef naamlik om suiwer en missiologies te wees is die Bybelse resep en instruksie. Tot op gemeentelike vlak. Daardie missie en visie is lankal reeds verlore in meeste NG gemeentes. Daar is nie meer – en lankal nie meer Andrew Murray’s in die NG kerk se leierskap nie. Let wel – ek sê nie REACH maak nie ook foute nie en het nie al foute gemaak nie MAAR hulle gaan nie ligtelik om met die waarheid van God se Woord nie. Daar is heel waarskynlik ander suiwer denominasies wat dieselfde getuienis het – ek kan net getuig oor dit waarvan ek weet. As Johan my kan oorreed dat hierdie model verkeerd is en dat die NG kerk dieselfde kan sê dien ek vandag my aansoek om lidmaatskap van die NG kerk in. MAAR ons weet dit gaan nie gebeur nie.

19 Augustus om 12:28 NM. · Hou van · 4

Somerset Morkel

Net ter inligting hier: CESA / REACH waarna Gerhard hierbo verwys, is die voormalige (gereformeerde) Church of England in SA (nie TUTU se Anglikaanse kerk nie)

Die (Engelse) gemeente van REACH hier in Queenswood Pretoria bestaan uit 60% Afrikaanse voormalige NGK-lidmate en verskeie is in leiersposisies.

Hulle het die NGK verlaat omdat hulle nie kon vrede maak met die groeiende dwaling nie.

Hierdie kerk groei dus soos die NGK lidmate verloor.

Die voormalige predikant hierso is ’n goeie vriend van my – Hy het nou Kaap toe geskuif as lektor by George Whitfield College: Dr Mark Norman.

19 Augustus om 12:37 NM. · Gewysig · Hou van · 3

Somerset Morkel

‘n Ander voorbeeld is die LIGPUNT-gemeente http://www.ligpunt.com/ hier in Lynnwood Pretoria waar Tobie Meyer die een prediker is.

Tobie is ’n paedo-baptis (ek ken hom persoonlik).

Sy kollega Poen is ’n baptis (aan wie se kant ek m.b.t. die doop is).

Hulle doop om die beurt grootmense en/of kinders en stry oor die doop, maar handhaaf die eenheid.

Dit is KERK..

LIG.punt

19 Augustus om 12:52 NM. · Gewysig · Hou van · 2

Somerset Morkel

Beide die predikers is voormalige NGK-lidmate wat weg is a.g.v. dwaling, en hulle is by George Whitfield College opgelei en is gereformeerd Bybels-gefundeerd.

Die gemeente groei teen ’n vaste tempo en is reeds baie groot – hulle begin sattelliet-gemeentes stig met 5 predikante wat in lyn is daarvoor.

Die meeste van hul lidmate by verre (90% plus) is voormalige NGK-lidmate – waarvan my eie oudste dogter en haar man en twee kindertjies ook is.

19 Augustus om 12:44 NM. · Gewysig · Hou van · 2

Johan Fourie

Na alles wat reeds gesê is, is die antwoord vir hierdie en al die ander kwessies eintlik dood eenvoudig. Die bestuurder (leierskap) van die NGK Bus moet net stihou, die GPS (Woord van God) uithaal, die eindbestemming (die Ewige Lewe) insleutel en daardie soet stemmetjie sal onmiddellik sê “Herbereken..herbereken…. afgrond voor…. draai nou om.” Voila – volg daarna net die aanwysings.

19 Augustus om 12:47 NM. · Hou van · 6

Gerhard Potgieter

Johan jou doring – mooi gestel. Kom ons bid dat dit sal gebeur want dit is die wens van my hart.

19 Augustus om 12:49 NM. · Hou van · 4

Somerset Morkel

Ek bid dat dit so sal wees, maar ek is werklik sinies.

Persoonlik dink ek die NGK is reeds oorgegee aan die dwaling om die leuen te glo wat diegene wat in die leierskap is, dus nie meer kan sien nie..

Maar dit is nie in my hande nie, gelukkig.

Ons harte is hard en kwaad en soms baie ongenaakbaar.

Die Here is genadig, en kan mense omdraai.

Die wonderwerk is moontlik.

Dit sal egter – soos Johan hierbo aandui – daadwerklike bekering uit die dwaling nodig he..

19 Augustus om 12:59 NM. · Gewysig · Hou van · 1

Daniel du Plessis

Baie dankie, Gerhard vir wat jy oor REACH geplaas het. Ek en Petro (my vrou) aanbid al vir geruime tyd by hulle gemeente in Somerset -Wes en kan getuig van getroue, Skrifgefundeerde prediking. Jesus Christus is altyd sentraal.

19 Augustus om 01:04 NM. · Hou van · 6

Gerhard Potgieter

Ek is bly julle kon ’n tuiste kry Daniel. Daar is nog baieplekke in die land waar ’n soutie soos ek geen tuiste het nie. Hier in Kuruman is daar nie ’n enkele Engelse gemeente wat Woordgetrou is nie. Verstommend as mens dink dat die dorp se oorsprong aan Robert Moffat te danke is.

19 Augustus om 02:07 NM. · Hou van · 2

Kobus van der Walt

Gaan loer gerus in by die volgende webtuiste – SOLA5 is ’n Assosiasie van Godgesentreerde Evangeliese Gelowiges in Suider-Afrika. Ons hou ons jaarlikse konferensietussen 4-7 Spetember in Pretoria. Talle Woordgefundeerde Kerke in SuidER Afrika is deel van SOLA5 , o.a. talle Gereformeerde Baptiste gemeentes in Zambia (waarvan die bekende Conrad Mbewe se gemeente maar een is): Sola 5 – An association of God-centred evangelicals in Southern Africa

19 Augustus om 02:16 NM. · Hou van · 4

Somerset Morkel

Ek het geluister na Julian Muller vanoggend op Praat Saam op RSG met Lynette Francis.

Wat ’n mors van tyd om na te luister.

Julian Muller het geen enkele konstruktiewe kommentaar gegee wat as Christelik beskryf kan word nie.

Die naaste wat hy gekom het (!) is “Ons kan ook Christelik wees in post-teisme..”

Hy het verder verwys na die mens wat ‘vry’ is deesdae om sy eie keuses te maak oor geloof en dat dit ’n goeie ding is…

Pateties..

Mens kan sonder om beledigend te wees, se hy is ’n misleier.

Hy is egter nog nooit deur die NGK gerepudieer nie –

hoewel hy in bybelse terme nie ’n Christen is nie.

Sy panenteistiese neiging het ook uitgekom in sy uitspraak dat daar nuwe maniere van dink oor God is en dat mens een kan wees met die geheel van die natuur om jou..

Hy het ook die ‘nostalgiese vashou aan die verlede’ i.t.v. godsdiens beskryf as fundamentalisties.

Kliek HIER om die onderhoud te hoor.

19 Augustus om 02:39 NM. · Gewysig · Hou van · 1

Wynand Louw

Johann Ernst

Waarom is Julian Muller nog nooit deur die NGK leierskap repudieer nie?

Hy verwerp die evangelie eksplisiet. Jy sê hulle het Jesus lief – maar hulle voer nie Sy opdrag uit om die kudde te beskerm nie. Verduidelik asb!

19 Augustus om 02:38 NM. · Gewysig · Hou van · 5

Somerset Morkel

Hy kan nie verduidelik nie, Wynand.

Jy is nou ongenaakbaar en liefdeloos teenoor die man en netnou moet jy weer verskoning vra…

19 Augustus om 02:42 NM. · Gewysig · Hou van

Philip Venter

Ek was by ’n vergadering vd ring van LTT en die dosentekorps van UP so ongeveer drie jaar gelede. Ons het hulle gevraa oor hierdie uitsprake, veral van Julian Muller. Daarna is ’n verklaring opgestel, wat nooit uitgereik is nie. Uiteindelik was dit ’n mors van tyd.

19 Augustus om 02:50 NM. · Hou van · 1

Daniel du Plessis

Hoe hartseer! Dat Julian Muller, ’n prof in teologie, kan praat asof Atëisme en geloof ewe geldige ‘keuses’ is. Die Atëis maak dit duidelik waar sy staan maar die ‘gelowige’ bly ’n onpartydige buitestander. Tragies!

19 Augustus om 02:58 NM. · Hou van · 3

Wynand Louw

En terwyl ek nou opgepsych is.

Ben du Toit beweer By Implikasie Jesus se moeder het die kat in die donker geknyp en toe n liegstorie oor n engel en n heilige gees opgemaak om steniging vry te spring.

Het Ben du Toit Jesus lief as hy dit van Sy ma impliseer? Maria, moeder van Christus, owerspeler en leuenaar.

Johann, staan jy op vir Jesus se ma omdat jy Jesus lief het as jy en Ben saam koffie drink?

19 Augustus om 03:00 NM. · Gewysig · Hou van · 1

Henrietta Klaasing

Philip jy het seker al Ferdie Mulder se boek “Opgestaan” gelees of van sy lang stryd teen liberale strominge by Tukkies se Teologiese departement gehoor /gelees? Lyk my van 2006 af tot nou ( jy praat van 3 jaar gelede) het dinge niks beter geword nie …

19 Augustus om 03:05 NM. · Hou van · 1

Henrietta Klaasing

Philip, om jou geheue te verfris (2005 is langerig gelede : ) ):

Proff Dirk Human, Jurie le Roux en Julian Müller. Persverklaring rakende dwaalleer brief van mnr Ferdie Mulder en ander.

19 Augustus om 03:07 NM. · Gewysig · Hou van · 1

Gerhard Potgieter

Jy weet mos wat die antwoord is Wynand. Hy is ook dik pêlle – dik – met Nelus, Neels Jackson ens. Hoekom dink jy skerm hy? Hy is pens en pootjies deel van die clique of hoe? Ek gaan nou die draad verlaat – sjoe dit was weer insiggewend. Die feit is dat die ware dissipels van Jesus in ons landjie deesdae maar dun gesaai is. Mens moet dankbaar wees indien die Heilige Gees jou met die insig geseën het om waarheid te herken en daarvoor op te staan. Vrede vir julle.

19 Augustus om 03:08 NM. · Hou van · 2

Henrietta Klaasing

Ons moet dankie sê EN daagliks bid vir die GAWE van onderskeiding Gerhard .1 Kor 12:10

19 Augustus om 03:11 NM. · Gewysig · Hou van · 2

Jaco De Beer

Dis ’n hartseer dag, die dag as ’n kerk met ’n ryk geskiedenis as deel van die liggaam van Christus nie meer weet wie Christus is nie en lidmate moet veg om gehoor te word om seker te maak Christus bly sentraal en die Woord bly soos wat die kerk dit glo vanaf die belydenis van Petrus.

Al die kwessies hier gaan oor sentrale waarhede wat die liggaam van Christus al die eeue bely. Nou moet mens veg om dit in die kerk gepreek en aanvaar te kry.

19 Augustus om 03:22 NM. · Hou van · 4

Henrietta Klaasing

ORAL klink die protesstemme op:

Waters Waar Rus Is: Belharbeitel laat kerkfondamente skeur

19 Augustus om 03:27 NM. · Hou van · 2

Jaco De Beer

Dis duidelik die mense hoor ons nie en sien ook nie die Bybel soos ons nie. Jy loop jou teen ’n muur vas.

Ons moet tog onthou dis net ’n menslike instansie en die onsigbare kerk bestaan uit ware wedergeborenes en word nie gevind in die organisasie van die NG kerk nie al wil die sinode so voorgee. Ons moet ook nie so vasgevang raak aan ons herkoms nie. As dit afwyk van Christus af en dit wil nie hoor nie, kom daar ’n tyd van afsny en aanbeweeg terwille van Christus. En dit is makliker gesê as gedoen. EN nog makliker vir my wat nie meer daar is nie. Maar ons moet ons nie blindstaar nie.

19 Augustus om 04:04 NM. · Gewysig · Hou van · 4

Jan Lynzaad

Jaco, 1 Mei 2004 het 2 Kerkgenootskappe in Nederland opgehou bestaan – die NHK en die GK (ook genoem Synodaal Gereformeerd). Maar, hulle het saamgesmelt met die Lutherse kerk en staan nou net as Protestantse Kerk bekend. Hulle moes almal en elkeen hulle onderlinge geskille laat vaar en Christus eerste stel. Die beste ding wat daar kon gebeur het. Dit gaan nie meer om die identiteit van die kerk nie, maar van Christus.

19 Augustus om 04:40 NM. · Hou van · 3

Wynand Louw

Jaco

‘n Bietjie verbondsteologie:

In die Ou Testament was die sigbare volk Israel die verbondsvolk. Die uitverkorenes is in die sigbare verbond geplaas sodat hulle geloof in ’n Godskultuur kon gedy. Nie almal van Israel was regtig Israel nie, se Paulus in Rom 9. Daar was die sigbare besnydenis en die besnydenis van hart.

God se verbond met Abraham is ’n ewige verbond, dit staan vandag nog.

Volgens Galsiers 3: 26 en aan is almal wat in Christus gedoop is erfgename van Abraham. Die verbond vandag is dus die sigbare kerk. Maar net soos die sigbare besnydenis/verbond groter was as die besnydenis van hart is die sigbare kerk/verbond vandag veel groter as die onsigbare kerk. Nie almal wat besny was was ook besny van hart nie. Nie almal wat gedoop is, is gedoop met die Heilige Gees nie. ( dit geld vir groot gedooptes net soveel as vir klein gedooptes).

Paulus treur oor Israel – die verbondskinders- wat verlore gaan. Die hervormers het ten spyte van die feit dat hulle geglo het die pous is die antichris steeds geglo die RKK is deel van die verbond. Daarom het hulle geweier om katolieke wat tot bekering kom weer te doop.

Die NGK is deel van die sigbare kerk, dus deel van die verbond. Daarom kan ek nog nie van die NGK wegloop nie. En ek sal altyd soos Paulus getreur het oor die Jode treur oor my kerk.

19 Augustus om 04:42 NM. · Gewysig · Hou van · 3

Wynand Louw

(En nou weet jy sommer hoekom ek glo in die verbondsdoop… )

19 Augustus om 04:54 NM. · Gewysig · Hou van · 1

Henrietta Klaasing

Stem heelhartig saam Wynand.

19 Augustus om 04:54 NM. · Hou van

Wynand Louw

Net ’n nota aan Johann oor die wederdopers. Ek aanbid graag met Gees vervulde wederdopers.

By die laaste Algemene Sinode het die NGK leierskap ikone aanbid. As ek daar was sou ek verplig wees om uit te stap. Daar is geen manier wat ek aan so n verfoeilike heidense praktyk kan deel hê nie.

19 Augustus om 05:06 NM. · Hou van · 3

Jan Louw

Die onwilligheid van die leierskorps van die NG Kerk om dwaalleer in die kerk te repudieer is hier ter sprake. Ek het ’n opsomming gemaak van ’n paar aksies wat ek peroonlik gemaak het om dwaalleer onder die aandag van die leierskap te bring. Dit kan besigtig word by: Is ek met verdagmakery besig?

Nou praat ons nie eens van die boek DieTrojaanse Perd in die NG Kerk, al die debatte op die Diversiteitsforum en die NG Kerk se faceboek in die verlede nie. Alles is afgemaak as leuens en daar is gespot.met mense wat in ordentlikheid gewys het op dinge wat verkeerd is.

In die Kerkbode van 1 Augustus word gevrra dat ons sal ruimte maak vir almal en sowat 20 leiers in die NG Kerk word aan die woord gestel om Belhar te verdedig. Ek het by myself gedink: Dit is dieselfde leiers wat ook hulle hande opgesteek het om te vra dat ons ruimte maak vir mense wat nie in die duiwel glo nie.

Paulus het op ’n stadium vir die Jode gesê in Hand 13:46: “Die woord van God moes eerste aan julle verkondig word. Maar omdat julle dit verwerp en daarmee beslis dat julle die ewige lewe nie werd is nie, gaan ons nou na die mense toe wat nie Jode is nie. As Paulus en Barnabas so oor die Jode gevoel het, hoe voel die Here nie oor die NG Kerk nie? Ek is oortuig die leiers wat nie optree teenoor dwaalleer in die NG Kerk nie voor die Here daaroor verantwoording sal doen.

19 Augustus om 05:22 NM. · Gewysig · Hou van · 4

Kobus van der Walt

Kan iemand my asb. help: Wat of wie is ’n Wederdoper?

19 Augustus om 05:23 NM. · Gewysig · Hou van

Stefaan de Jager

Kobus, `n Wederdoper is iemand wat as kind gedoop is, en toe weer gedoop is as grootmens. Eintlik maar `n sinoniem vir herdoop. Twee maal gedoop in die Naam van die Vader, Seun en Heilige Gees. Kom daarop neer dat hul glo dat hul ouers slegs met `n ritueel besig was wat nie waarde in God se oë gehad het nie.

19 Augustus om 05:42 NM. · Gewysig · Hou van

Jaco De Beer

Jan Louw, jy is 100% reg en dankie dat jy dit presies noem soos wat dit is en soos die Bybel gee. Amen daarop.

19 Augustus om 05:46 NM. · Hou van · 2

Stefaan de Jager

Wynand, wederdoop is natuurlik ook `n dwaling, maar die verskil is dat hierdie ouens gewoonlik juis met Christus erns maak, al verstaan hulle nie mooi die troos van die Verbond nie. Hulle verskraal die genade, maar anders as Julian en kie, glo hulle dat die genade alleen in die verlossing in Christus lê. Hulle is minstens ons broers en susters in die Here.

19 Augustus om 05:56 NM. · Hou van

Jan Louw

Sommie het die gesprek begin met Belhar. Die kwessie van dwaalleer in die NG Kerk het ter sprake gekom. Mag ek vra dat die gesprek nie hier oorgaan in die onderwerp van die doop nie. Ons het verskillende sienings hieroor en dit is nie deel van dwaalleer (of Belhar) nie.

19 Augustus om 05:56 NM. · Hou van · 3

Jaco De Beer

Dankie Jan, ek het dieselfde gedagte gehad toe ek begin sien ons kan dalk ontspoor met die doop. Later baklei ons met mekaar en die vyand stap deur ons laer

19 Augustus om 05:58 NM. · Gewysig · Hou van · 3

Philip Venter

Ek stem saam met Jan en Jaco. Die doop is in elk geval nie ietds om oor te baklei nie.

19 Augustus om 06:02 NM. · Hou van · 2

Wynand Louw

Jan, Johann het n wig tussen die wat verskillend glo oor die doop probeer indryf hier. Wat ek gesê het oor die doop was om die punt te dryf: Ons stem saam oor die evangelie, daarom kan ons saam veg vir die evangelie. Ek het die term wederdopers gebruik omdat Johann dit gebruik het.

My stukkie oor die verbond was om te verduidelik hoe ek die kerk sien- my ekklesiologie. Waarom ek nog in die ngk is.

Die doel was nie om die gesprek te ontspoor nie. Ek bid al jare weekliks saam met die Baptiste op ons dorp…

19 Augustus om 06:03 NM. · Gewysig · Hou van · 1

Jaco De Beer

Laat ons maar mekaar as gelyke sien en nie die baptiste as ’n toevoeging wat verdra moet word nie. Ek kan ’n redelik sterk teologiese saak bring as ek wou en wys dat die kleindoop ouens in die OT leef en nog moet aanbeweeg na die NT, maar ek het ook al weer aanbeweeg daarvan in my lewe en Christus en die waarheid is groter as die doop.

19 Augustus om 06:05 NM. · Hou van · 3

Jaco De Beer

My kerk wat ’n gereformeerde baptiste kerk is werk met 4 ander kerke in die omgewing saam en al 4 is kleindoop kerke. (REACH kerke). Ons hou reformasie dag saam, hou gereeld diens saam en ons jeug doen dinge saam en kamp saam. Ons besoek mekaar vrylik oor en weer. ’n Lidmaat het onlangs oorgekom na ons omdat sy oortuig was oor die gelowige doop en die pastoor van die kleindoop kerk het die doopdiens bygewoon. Ek is so bly ons het groot geword oor die onderwerp en aanbegweeg.

19 Augustus om 06:09 NM. · Gewysig · Hou van · 3

Jaco De Beer

Net vir informasie doeleindes: Baie REACH kerke laat beide dope toe op versoek van die lidmate. Gereformeerde baptiste herken die verbond en dis slegs die teken van die verbond waarmee ons verskil. Verbond teologie is Bybels. Dis net die kleindoop wat as teken daarvan geleer word waarmee ons verskil. Verbond teologie is ook nie net doop nie aangesien die NT leer mens raak deel van die verbond deur die geloof. Waarom sal ons nou toelaat dat ’n koppie water en ’n dam water tussen vriende staan. Laat ons nou nie mekaar verdrink in die water nie  Soos ons juis hier bespreek het, het die Woord (wat vlees geword het) genoeg vyande sodat ons nie mekaar hoef te veg nie.

19 Augustus om 06:27 NM. · Gewysig · Hou van · 3

Wynand Louw

Jaco jy is my broer in Christus en jou bydrae in die gesprek is van onskatbare waarde. Dit is ’n eer vir ons dat jy hier betrokke is. Ek besef dit was ’n fout om hier oor die doop te praat, want soos Jan sê dit is nie waaroor die draad gaan nie.

19 Augustus om 07:01 NM. · Gewysig · Hou van · 1

Jan Lynzaad

Hier wil ek my hoed vir julle afhaal en jul gelukwens. Baie families is al oor die doop uitmekaar geskeur. Dankie dat jul hierdie saak soos broers in Christus hanteer het.

19 Augustus om 07:29 NM. · Hou van · 1

Kobus van der Walt

Ek wil nie ’n nuwe draad oor die doop begin nie – dit ís nie en dat wás ook nie my motief met die oënskynlike domvraag wat ek gevra het nie (Stefaan), daar is egter een of drie dinge wat ek net graag wil aansny n.a.v. dit wat op hierdie draad gesê is; ook omdat my naam so kwistig misbruik en selfs in enkele gevalle lasterlik misbruik was. Hierna verlaat ek ook hierdie draad en terloops, ek verwag geen reaksie nie.

Ek wil dit kategories stel dat ek nog nooit die N.G.Kerk as denominasie aangeval het nie en ook nie besig was of is met ’n aksie teen die NGK nie – ek het wel (al) twee jaar gelede ’n “Opebrief” geskryf wat wyd uitgestuur is en daarin het ek my kommer en opregte en diepe hartseer oor die situasie in die NGK uitgespreek en het ek my hand van broederskap en vriendskap uitgereik na my kollegas in die NGK wat steeds staan vir die ononderhandelbare Waarheid en ek het hulle verseker van my voorbidding. Ek het wel enkele individue (l.w. nie die NGK nie) vermeld en hulle is welbekend aan elkeen van julle en hulle name is telkens in hierdie draad genoem (snaaks hoe gou is van sommige van hulle vergeet), waarvan twee my telefonies gedreig het met lasteraksies. Ook tragies hoe ek beskuldig word van sonde wat net vergewe kan word as ek my weer laat doop – tragies hoe die heer self “left, right en centre” my belaster en vals beskuldig – is dit nie sonde nie! Wat wel interessant is, is dat die woede (dit is oënskynlik nie sonde nie) nogsteeds so vlak lê – dit wys ek het tog dalk iewers ’n snaar getokkel. Ek dra egter my kruis met vreugde, want daardeur identifiseer ek myself met die verrese Chirstus Jesus – my Koning en Verlosser!

Dit is hartverskeurend om te hoor hoe dat ’n geleerde Doktor dink dat jou sonde deur die doopwater afgewas word – dít is om van te huil – eintlik is dit so ironies, want ek dink dat dit juis een van die punte is waarom sommige mense of manne (l.w. nie broeders nie) die pad op die ou einde geloop het wat hulle nou loop – omdat die besprenkeling in hulle oë waarskynlik ’n naamgewings-geleentheid is en/of ’n geleentheid waartydens die babatjie saligheid ontvang (lees mooi – ek sê nie die NGK nie en ook nie alle predikante in die NGK nie).

Ek baseer my dooportuiging beslis NIE op artikel 34 van die NGB nie – ek gebruik die Woord daarvoor, maar ek moet bysê, dat ek wel die 1689 Batpiste Geloofsbelydenis onderskryf – ek daag julle uit om dit deur te werk (ek kan dit vir julle stuur as julle dit graag wil lees).

Dit is nodig dat ek ook daarop moet wys dat daar Baptiste én Baptiste is – onthou dit tog asb. Charismate (en dit sluit Joel Osteen in – eina!) word ook beskou as Baptiste, maar dan is daar ook Baptiste wat in die Waarheid wandel soos daar boontoe op die draad weliswaar gesê is – ek is ’n oortuigde, uitgesproke GEREFORMEERDE Baptis.

Ek het nog nooit neerhalend van paedodopers gepraat nie en ek sê gereeld dat die doop nie ’n voorwaarde vir redding is nie, maar ek vind dit tog jammer dat broeders (l.w. ek sê broeders) in die een asem Baptiste (kredodopers is dalk ’n beter woord), broeders noem en in dieselfde asem selfs kwetsend verwys na die “wederdopers” – as jy dan iemand aanhaal wat twak – nee onbybelshede, kwytgeraak het oor die doop, plaas dit dan tussen aanhalingstekens asb. Net soos wat sommige Gereformeerdes nie daarvan hou as daar na hulle verwys word as “Doppers” nie, is dit aanstootlik om na kredodopers te verwys as “wederdopers”, want in ons oë bestaan daar nie iets soos ’n wederdoper nie – jy word net eenkeer gedoop en dit is na jou wedergeboorte – hierop wil ek nie uitspin nie, want ek en Gideon Aggenbag het al twee jaar gelede heerlik en in ’n uiters goeie gesindheid en met respek oor die twee dope geredeneer en ons is nogsteeds broeders en om nou verder daaroor te redeneer sal in elk geval op niks uitloop nie (soos ook reeds gesê).

Laastens, om die “wederdoop” as ’n dwaling te etiketeer (soos wat wel ook op hierdie draad deur ’n broeder of twee gemaak is) maak dat ek onmiddellik nie meer op broederskap by julle kan aanspraak maak nie, want dan is ek eintlik in dieselfde kategorie as ander “Professore, Doktore en ander Ore” = ’n dwaalleraar. Laat ons mekaar respekteer en hande vat t.w.v. die Waarheid – ASB!

19 Augustus om 08:06 NM. · Gewysig · Hou van · 1

Jan Lynzaad

Kobus, jou skrywe herinner my wat my vader van my oupa en ouma vertel het. My oupa het ek nooit geken nie. My ouma was “doopsgesind” soos hulle dit in Nederland genoem het, en my oupa Rooms Katoliek. Toe hulle trou wou hulle nie een van die twee kerke die voordeel bo die ander gee nie – en word toe gereformeerd. Meer gereformeerd as my oupa kon jy toe skynbaar in die hele Nederland nie vind nie!

19 Augustus om 07:59 NM. · Hou van · 2

Wynand Louw

Kobus.

Dankie vir die stukkie. Ek hoop weklik nie dit ontspoor die draad nie. (Verwys asb na my nota aan Jaco) En as jy nou loop het Johann Ernst sy doel bereik en ons onder mekaar laat baklei. Ek het die grootste waardering vir jou ope brief wat jy aan die NG Kerk geskryf het, ek is een van die wat dit versprei het. Dit is op my blog.

Ek wil net uitwys dat ons verbondsdopers die woord “kinderdoper” of “paedodoper” as misleidend en afbrekend sien. Ons het van die begin af volwassenes gedoop, ons is dus nie kinderdopers nie. Ons doop ook kinders.

Ons is verbondsdopers, nie kinderdopers nie.

Ek hoop jy kan sien dit dinge in beide rigtings werk.

Soos ek sê, wat ek hierbo vir Jaco gesê het geld vir jou ook.

Kom ons los nou die doop daar asb mense!

19 Augustus om 08:14 NM. · Gewysig · Hou van · 1

Henrietta Klaasing

Dankie vir hierdie Wynand: Belhar as opsionele belydenisskrif?

19 Augustus om 08:11 NM. · Hou van · 1

Kobus van der Walt

Loop sal ek beslis nie loop nie BROEDER – lees maar net weer my laaste sinnetjie

19 Augustus om 08:12 NM. · Gewysig · Hou van · 3

Wynand Louw

Dankie Hetta, Mrs Katenpyst het my voorgespring. Ek wou nou net die skakel hier plak….

19 Augustus om 08:18 NM. · Hou van · 2

Stefaan de Jager

Ek dog ons is nou klaar met die doop? Na Jan gevra het dat ons daarvan afstap is daar nog 12 plasings daaroor. As julle dus verder iets oor die doop sê, aanvaar ek die baan is oop dat ons aangaan?

19 Augustus om 08:20 NM. · Hou van

Wynand Louw

(O en daar verbreek ek my eie versoek: Ek moet byvoeg ons is ook credobaptiste want ons doop mense omdat hulle glo!)

19 Augustus om 08:20 NM. · Hou van

Wynand Louw

Stefaan: NEEEE!!!!!

19 Augustus om 08:20 NM. · Hou van

Wynand Louw

Ok Mea culpa

19 Augustus om 08:21 NM. · Hou van

Jaco De Beer

Die is dalk iets om te lees tot beter insig vir almal dan verstaan ons mekaar in die toekoms beter.

Reformed Baptist Covenant Theology

19 Augustus om 08:53 NM. · Gewysig · Hou van

Stefaan de Jager

Jaco, jy hou nie by die ooreenkoms nie. Kan ek ook maar `n paar goedjies oor die doop begin plaas? Ek gaan vir Wynand roep dat hy vir jou ook kom NEEEEE!!!! sê!

19 Augustus om 08:56 NM. · Gewysig · Hou van

Johann Heinrich Ernst

Wynand, jy aanbid graag saam met Geesvervulde wederdopers. Maar hulle verwerp die kinderdoop wat deel van ons belydenis is. Nou verwerp Ben du Toit, wat volgens jou nie in die duiwel glo nie, ook die belydenis. Hoe kan jy saam met wederdopers wat dwaal aanbid, maar nie met Ben nie. Sê nou net Ben is ook geesvervuld? Dwaalleer is dwaalleer. En die feit dat iemand soos Kobus van der Walt die verbondsdoop en die genadeverbond ontken, maak dat hy ook dwaal – sy kerk of gemeente ook slange en adders geword het en uitgeban moet word, want dit is wat ons met ons eie kerk en sy mense doen! Sien jy hoe gevaarlik dit is as ons oor dwaling praat en ander gelowiges uitskel, soos die sogenaamde leierskorps van die NG Kerk hier uitgeskel word. Vir my lê dit wat Julian Müller na bewering oor panenteïsme leer, dit wat Ben du Toit na bewering oor die duiwel sê en dit wat Kobus vd Walt na bewering oor die doop sê op presies dieselfde vlak – dit is strydig met ons belydenis. Dit stel dwaalleer in die kerk van Christus daar en moet dan, soos jy en ander wil, uitgeban word. Die minagting van die Bybelse verbondsleer, is nie so randsaaklik as wat jy dink nie. Want dan is Ben du Toit se duiwelbeskouing ook randsaaklik, en Julian Müller se panenteïsme. Die herdoop van reeds gedooptes is ’n veragting van die genade van God en is ten diepte ’n verwerping van die sola gratia-leerstuk. Want hier het ek ’n eie bydrae te maak tot my heil. My kind en geen sê gehad daarin dat ek sy pa is nie. Ek het ook geen sê daarin dat ek God se kind is nie. En, terloops, daar is baie wat hulle laat weerdoop om daarmee sonde in hulle lewe af te laat was. Daarom word bekering voor die doop verlang. Bekering van wat? Sonde natuurlik! Terwyl ons bely en glo dat Jesus vir ons sonde aan die kruis gesterf het en ten volle daarvoor betaal het. Terloops, ons as NG Kerk ken en beoefen ook die credo-doop. Maar vir ons is kinders van gelowiges ook saam met ons kinders van die lewende God. Hy het ons so uitgekies en Hom so aan ons geopenbaar. Ek vra nie dat julle Kobus vd Walt nou as ’n dwaalleraar behandel nie. Ek vra dat julle ander, van wie julle ook op leergronde mag verskil, sal behandel soos julle vir Kobus behandel (en selfs saam met hom wil bid). Maar hier word diegene wat getrou aan die leer van die NG Kerk, soos ek glo ek is, soos ’n slang en ’n adder vertrap! Daar is ’n groot skroef hier los!

19 Augustus om 09:22 NM. · Hou van

Wynand Louw

Johann

Ek waardeer jou betrokkenheid in die gesprek.

Kyk wat se Paulus in 1 Korinthiers 3

9WANT ons is medewerkers van God; die akker van God, die gebou van God is julle. 10Volgens die genade van God wat aan my gegee is, het ek soos ’n bekwame boumeester die fondament gelê, en ’n ander bou daarop; maar elkeen moet oppas hoe hy daarop bou. 11Want niemand kan ’n ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus. 12En as iemand op dié fondament bou goud, silwer, kosbare stene, hout, hooi, stoppels — 13 elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is. 14As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang; 15as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.

1) Die fondasie is Christus. Niemand kan ’n ander fondasie bou as dit nie.

2) Op die fondasie kan mens bou met strooi en stoppels of met goud of edelstene.

3) Met die oordeel sal dit wat strooi en stoppels is verbrand word.

4) As jou fondasie Christus is en jou bouwerk word verbrand word jy steeds gered.

Let op: DIt gaan hier oor leerstellings in die kerk.

As die fondasie reg is is jy gered. As die fondasie nie Christus is nie is jy verlore.

As ons sê dat die fondasie Chritus is bedoel ons daarmee Sy wese, Sy persoon, en Sy verlossingswerk. ’n Ontkenning of herdefiniering van enige van dié aspekte is ’n verloening van Christus. Sola Scriptura, Sala Gratia Sola Fide en Solus Christos is absoluut essensieel vir ’n ware Christusbeeld.

Die fondasie is Christus. Die spesifieke siening van die verbond, die doop, die eskatologie is nie die fondasie nie.

Ben du Toit se fondasie is nie Christus nie.

1) Hy verwerp die teistiese wêreldbeeld omdat hy beweer God word deel van die energievelde en atoomsamesstelling van die mens. As die skepping deel is van God of deel word van God het God nie uit niks geskep nie of is God nie onveranderd nie. As God deel is vand ie energievelde van die mens is God nie net goed ie omdat die mens se sonde in God gepleeg word, as deel van God. Omdat sy Godsbeeld verkeerd is is sy beeld van Christus verkeerd. Christus is tog God. ’n Panenteisitiese godsbeeld is onverenigbaar met die evangelie.

2) Hy verwerp die sondeval eksplisiet. As die sondeval nie plaasgevind nie is die mens nie totaal verdorwe nie. Du Toit sê eksplisiet dat sonde die gevolg van die skepping is: Tipiese panentiesiese en gnostiese filosofie. As die mens nie totaal verdorwe is nie het Christus nie gesterf as betaling vir ons skuld nie.

3) Du Toit ontken Christus se maagdelike geboorte

4) Hy ontken dat Christus wonderwerke gedoen het.

5) Hy is uiters dubbelsinnig oor die opstanding van die vlees, en sê soms dat hy dit glo, maar sê ook dat hy nie glo dit is nodig om dit te glo nie.

6) Hy glo Jesus was maar net ’n produk van sy tyd, dat Hy geen spesiale kennis gehad het nie.AS JESUS VERKEERD WAS OOR ENIGIETS KAN HY JOU NIE VERLOS NIE.

7) Hy verwerp die idee dat geloof essensieel is vir redding, omdat hy beweer dat God mense buite die verbond, wat nie glo nie mag red.

Julian Muller sê direk in sy boek “Om te mag Twyfel” dat hy nie meer glo dat Christus gesterf het as ’n kosmiese kontrak nie, maw Hy het nie betaal vir ons sondes nie. Anton van Niekerk sê dat die idee dat God Jesus vir ons sonde verbrysel het barbaars is.

ELKEEN van bogenoemde punte ontken Christus se wese, Sy persoon of Sy werk.

MAW hierdie mense is volgens Paulus NIE GERED NIE.

En let mooi op: Nie Kobus of Jaco is in die NG Kerk nie. Hulle het nie ’n kontrak soos Ben du Toit (Of NElus Niemand wat beweer du Tiot se abberante teologie val binne die raamwerk van die NG Kerk) met die NG Kerk om die belydenisskrifte te aanvaar nie. Daarom het ek nie nodig om met hulle te baklei nie.

En hulle fondasie is Christus. Hulle verkondig die evangelie suiwer en sekuur. Hulle is vervuld met die Heilige Gees.

du Toit en Kie het ’n kontrak met die NG kerk om die belydenisskrifte te onderskryf. Hulle weet hulle verbreek daardie kontrak. Tog bly hulle aan in die NG Kerk. Hulle is skelms en bedreers omdat hulle kontrakbedrog pleeg.

Johann, dit is onstellend dat jy, wat ’n doktorsgraad in die teologie het, nie kan onderskei waaroor dit regtig aangaan nie. Ek sê dit met liefde, in die hoop dat jy insig sal kry in wat hier aangaan.

So in samevatting:

Du Toit en kie het ’n kontrak met die kerk om die belydenisskrifte te onderskryf.

Jaco en Kobus het nie

Du Toit en Kie verwerp Christus, die fondasie.

Jaco en Kobus se fondasie is stewig en vas. Hulle is gebou op Christus.

Du TOit en kie kan nie eers begin bou nie, want daar is geen fondasie nie.

Jaco en Kobus bou hier en daar met strooi en stoppels. Dit is nie my probleem nie want dit sal op die einde wys. DIt wat ek met strooi en stoppels bou sal ook verbrand.

Op die ou end word dié wie op Christus bou gered. En dit is enkel en alleen uit genade. Die res gaan dan nie meer saak maak nie.

Johann, ek bid vuriglik dat jy sal begryp wat ek hier vir jou probeer sê!

19 Augustus om 10:08 NM. · Gewysig · Hou van · 4

Johann Heinrich Ernst

Nee, Wynand, so maklik kan jy nie hiervan wegkom nie. In I Korintiërs word juis met kerkskeuring, die in stukke kap van Christus se liggaam, sy kerk gehandel. Jy staan mos by Luther, bly dan by hom staan. Ek haal aan uit Bakhuizen Van den Brink en Dankbaar, Handboek der geschiedenis: “Luther wilde aanvankelijk de Dopers dwingen de kerkdiensten bij te wonen; toen dat niet hielp, bevel hij aan, hen het land uit te jagen en sinds 1530 heft hij zelfs goedkeuring aan gehecht dat de overhead hen naar ‘Meister Hans’ (de beuel) verwees.” Los maar jou oordeel oor my gebrek aan onderskeiding. Ek val jou nie in person aan en beledig jou nie. Staak dit asseblief vir altyd! Laat die oordeel oor ander aan God self oor. Kom ons bly by die saak. Die doperse beskouing het sedert die 16de eeu die kerk van Jesus geskeur. Daarom is daar so baie los gemeentes en val hulle ook aanhoudend die NG Kerk aan. Onthou dat die nagmaalformulier sê dat homoseksueles en kerkskeurders nie die koninkryk van God gaan beërwe nie. Ek sê dit nie en pleit weer vir verdraagsaamheid teenoor diegene wat op leerstellige gronde van ons verskil. Maar behandel dan almal dieselfde. Met die maat waarmee jy meet, sal jy self gemeet word, het Jesus gesê. Jy gaan so oor Teilhard de Chardin aan. Wat van die hedendaagse aanhangers van Grebel, Mantz, Blaurock, Hofmann, die Melchioriete, Volckertsz, Trypmaker, Philips, die Mennoniete, Joris en ’n horde ander kerkskeurders. Is dit hoekom daar op hierdie blad soveel mense is wat sê ons is van Christus? Paulus het selfs hulle as skeurmakers aangespreek. Waar die Wederdopers in die NG Kerk “ingedring” het, soos nou in Port Elizabeth, lê die liggaam van Christus in skerwe. En hulle glo hulle weet beter as wat ons bely! En jy dans met hulle saam. Kom ons leer uit die verdraagsame wyse waarop die NG Kerk met die “anabaptiste” saamgeleef en gewerk het. Kom ons leer hulle om eweneens verdraagsaam teenoor die NG Kerk en sy mense te wees – oorweldigend mense met ’n kinderlike geloof in God-drie-enig. Maar nou por selfs jy hulle aan om die NG Kerk as deel van die liggaam van Christus aan flared te ruk. Wat dink jy gaan gebeur as ons op dieselfde wyse onder die baptiste, charismate, of wie ook al in vlieg. Sal hulle ook soos Simson die gebou van hulle eie geestelike moeder op hulle neertrek? Jy hoef nie vir my uittreksels uit die Bybel aan te haal nie. Ek het die Bybel hier by my in baie tale om self te lees – en ek doen dit graag ook.

19 Augustus om 10:31 NM. · Hou van

Jan Lynzaad

Johann Ernst, Ek het jou gister ’n paar vrae gevra en wag nog steeds op die antwoorde. In stede daarvan kom jy elke keer met ’n dubbelloop haelgeweer en probeer platskiet die wat met jou verskil. En, as jy klaar losgebrand het op wie jy ookal wou, loop jy en kla jy asof jy die een is wat te na gekom is. Nadat die ander onder mekaar gekoukus het, kom jy maar weer met jou haelgeweer. Nie een keer het jy werklik in diepte die onderwerp van hierdie gesprek aangeraak nie. Jy sê Wynand gaan nie so maklik wegkom met ’n ding nie, maar jy is self besig om die werklike onderwerp te ontwyk.

19 Augustus om 10:34 NM. · Hou van · 1

Jaco De Beer

Ben du Toit is nie ’n kind van God nie.

19 Augustus om 10:52 NM. · Hou van · 1

Jaco De Beer

Gereformeerde Baptiste ontken nie die genade verbond nie.

19 Augustus om 10:52 NM. · Hou van · 1

Jaco De Beer

Johann Ernst, jy sit satan binne in die liggaam van Christus deur Ben du Toit daar te plaas. En so ook mense soos Gerhard Bothma.

19 Augustus om 10:53 NM. · Gewysig · Hou van · 1

Jaco De Beer

Hulle is mense wat ouens bevorder soos Spong en Borg.

19 Augustus om 11:02 NM. · Gewysig · Hou van · 1

Jaco De Beer

Nelus Niemand prys Ben du Toit as ’n teoloog wat Bybelse waarheid verkondig. ’n Vis vrot van die kop af.

19 Augustus om 10:55 NM. · Hou van · 1

Jaco De Beer

En jy is slinks Johann. Jy speel nou ’n slim spel deur die waarheid te neutraliseer met die doop. Dis is ’n skerp move moet ek jou toegee.

In ’n hof waar ’n advokaat ’n moordenaar probeer red van die oordeel is dit ’n skerp move. Dit maak die getuienis van die waarheid ongeldig. Ek moet jou lof gee vir die een.

Gelukkig in die hemelse hof wen jy nie punte op die een nie, want die ewige Regter gaan die Ben du Toit’s en Nelus Niemand’s wat hom goed praat nie laat wegkom nie.

19 Augustus om 10:59 NM. · Gewysig · Hou van · 1

Wynand Louw

Mmm. Ek sien my boetie Jaco is ontsteld.

19 Augustus om 11:01 NM. · Hou van

Jaco De Beer

Johann die RKK, WRK, VGK en PCAUSA sal met graagte met die NGK bande smee. Jy sal nie een van die ander gereformeerdes kry wat met julle bande wil smee nie, want julle dwaal. Die dwalendes dwaal saam met julle. Hulle almal veg vir gay regte en predikante. Hulle almal veg vir humanisme. Daarom sal hulle met die NGK bande smee, maar hulle sal dit nie doen met ware belydende gereformeerdes nie.

19 Augustus om 11:14 NM. · Hou van · 2

Jan Lynzaad

Wynand, Jaco, Kobus, Jan – Ernst ken julle en hy gaan elke keer terugkom met sy haelgeweer op julle gerig. My ken hy nie, daarom ignoreer hy my soos ’n taxi ’n rooi robot – hy vergeet eendag doen die taxi dit een te veel en beland op sy dak. Hy gaan ons nie die antwoorde gee wat ons wil hoor nie, maar ons almal eerder beskuldig van alles en nog wat. Soos Jaco sê, hy is slinks en speel ’n slim spel.

19 Augustus om 11:14 NM. · Hou van · 2

Johan Fourie

Ek lees nou hier weer ’n klomp harverskeurende uitlatings. Ek gaan nou nie woordeliks aan haal nie, maar Johann om die aanname te maak dat mense in die NG Kerk oorweldigend mense met ’n kinderlike geloof in God-drie-enig is, is nou werklik na ’n strooi halm gryp. Daar is duisende der duisende Sondag-christene in die kerk en baie mense wat in die voorste banke sit wat geen persoonlike verhouding met God-drie-enig het nie maar wat mildelik gebruik maak van die sakramente. Hierdie mense is ook nie net beperk tot die gewone lidmaat nie, maar sit op kerkrade en kommissies en ja selfs ook op die kansel. Dit is om hierdie en geen ander rede dat die leierskorps van ’n vaste fondament leiding moet neem en soos wat dit regdeur hierdie draad duidelik blyk is dit nie die geval nie, vanweë soveel kontroversiele uitlatings van “gesiene” teoloë in die leierskorps.

19 Augustus om 11:16 NM. · Hou van · 2

Wynand Louw

Johann, dit gaan gaan nie hier oor die doop nie. Dit gaan nie oor sigbare, strukturele eenheid in die sigbare kerk nie. Die Liggaam van Christus is een al is daar 20 000 000 denominasies.

Soos Jaco sê jy maak die klassieke Tu Quoque logiese denkfout. (Google dit) Jy omseil die kwessie: “Is daar dwaalleer in die NG Kerk” deur te sê “Gereformeerde Baptsite is dwaalleraars!” en “Wynand heul met dwalende Baptiste!”

Jammer, Johann, logiese denkfoute wen nie hierdie tipe bespreking nie.

Nie een van die punte wat ek in my pos hierbo genoem het oor hoe du Toit en kie Christus se wese, persoon of werk ontken is vals nie. Elke punt is dokumentêr opmy blog bewys.

En geen hoeveelheid dwaalleer in die Gereformeerde Baptiste kerk gaan du Toit se dwaalleer verminder of enigsins daaraan verander nie.

Ek het vir jou ’n rasionele, Bybelgefundeerde rede gegee waarom verkeerde doopteologie nie op die vlak is van du Toit en kie se dwaling nie. En dit is nie my Bybeluitleg nie, dit is Calvyn wat gesê het Paulus praat van teologie in 1 Kor 3. Ek haal hom aan:

Let us observe that these things are said by Paul first of all for the purpose of commending his doctrine, which he saw was despised by the Corinthians; and, secondly, for the purpose of repressing the insolence of others, who from a desire for distinction, affected a new method of teaching. These he accordingly admonishes to attempt nothing rashly in God’s building. Two things he prohibits them from doing: they must not venture to lay another foundation, and they must not raise a superstructure that will not be answerable to the foundation.

Calvin, John (2012-08-26). The Complete Biblical Commentary Collection of John Calvin (Kindle Locations 455327-455331). . Kindle Edition.

Ja, Paulus waarsku dat ons nie met strooi en stoppels moet bou nie, maar hy onderskei tussen die fondasie en die “superstructure”

En jy onken dit, Johann. Jy maak ’n tweede logiese denkfout hier: Jy verwar die kategorie “Fondasie leerstellings” met die kategorie “superstruktuur leerstellings” Dit is ’n klassieke kategorie logiese denkfout.

Omdat jy twee ongelyke kategoriee aan mekaar gelykstel beweer jy dat die du Toit se dwaling en die Gereformeerde Baptiste se dwaling ekwivalent is. Ek het nou vir jou uit die Bybel met Calvyn as getuie bewys dit is nie.

Ek gaan nou slaap. Mag jy God se liefde, genade en vrede ervaar!

19 Augustus om 11:21 NM. · Gewysig · Hou van · 5

Stefaan de Jager

Saam met Thomas bely ek Jesus as my Here en my God. Hy is my Verlosser en daar is geen ander weg na die Vader as deur Hom nie. Sou Ben du Toit, Julian Muller en wie ookal dit nie van Jesus bely nie, Sy Godheid loën en reken dat daar ander maniere is om by God uit te kom as deur Christus alleen, is hulle vyande van die kruis en oppad na die ewige verderf.

Al sou Kobus van der Walt dan `n wederdoper wees, is hy minstens my broer in die Here omdat Hy die belydenis het dat Jesus die Here is. Muller, du Toit en `n klomp ander wat by hul verloëning van Christus as enigste Here ook nog die Bybel degradeer tot slegs die woorde van mense oor God, sal tot bekering moet kom. Kobus van der Walt is wel `n kind van die Here wat sy hart aan die Here gegee het. Myns insiens sou ek graag wou sien dat hy tot ander insig moet kom oor die genade wat hy verskraal deur die Verbond te verskraal. Dis nie immers nie `n ligtelike saak nie, want die NGB praat van die verfoeilike wederdopers!

Alle dwaalleer is nie almal aan mekaar gelyk nie. Daar is graadverskille. Om bv apartheid destyds uit die Skrif te probeer regverdig het as Bybels korrek, was `n dwaalleer agv gebrek aan insig wat tog op `n ander vlak lê as om die maagdelike geboorte te ontken as synde nie van die Heilige Gees af nie. Lg is heiligskennis, waar gelaster word teen die Heilige Gees.

Die ontkenning van die Verbond en kinderdoop gaan Kobus van der Walt nie die ewige lewe kos nie. Wie egter die Seun van God nie het as hulle Here en hul God nie, het nie die ewige lewe nie, en gaan verlore. Kobus mag myns insiens wel die genade verskraal, maar die panenteiste wat `n christelike sousie oor hul heidendom gooi, verskraal nie die genade nie maar gooi dit in God se gesig terug en spuug Christus in Sy gesig.

20 Augustus om 12:13 VM · Gewysig · Hou van · 1

Chris Brits

Hulle eie stelsel wurg hulle

20 Augustus om 05:40 VM · Hou van · 1

Wynand Louw

Stefaan ek het nie ’n studie gemaak van die Anabaptistese leerstellings nie maar Calvyn vaar in sy werke teen hulle uit oor baie onderwerpe behalwe die doop. Die NGB noem hulle spesifiek ook anargiste. Ek weet Jaco is nie n anargis nie.

Ek sal daaroor moet gaan lees, maar ek glo nie jy kan die Gereformeerde Baptiste gelykstel aan die Anabaptiste nie. Ons moet ook oppas om nie kategoriefoute te maak nie. ’n Baptis is nie noodwendig gelyk aan die “wederdopers” van die NGB nie.

20 Augustus om 06:32 VM · Gewysig · Hou van · 2

Johan Fourie

Die doop is nie hier onder besporeking nie, maar aangesien dit nou ook as dwaallleer van die “wederdopers” gesien word en ’n verskraling van die Verbond, wil ek hier ’n klip in die bos gooi en sien hoeveel hoenders vlieg op. Almal word in sonde ontvang en gebore. Gelowige ouers bring hulle kinders onder die Verbond deur hulle te laat doop. Nie alle ouers is gelowig of dan gered nie. Soos dit behoort te blyk uit my vorige plasing gebruik hulle die sakrament van die doop bloot uit gewoonte en as ’n amptelike naamgee seremonie. Wanneer so ’n gedoopte volwassene dan tot bekering kom en homself weer laat doop dan is hy nou op ’n dwaling – me think not.

20 Augustus om 06:33 VM · Hou van · 1

Wynand Louw

Ek wil nou hier graag my geloof in die openbaar bely. Ek bely die agterblad van Sondag se Rapport in soverre dit ooreenstem met die Woord van God.

Daarom wil ek voorstel dat die NGK die agterblad van Sondag se Rapport as ’n opsionele belydenisskrif, sonder belydenisdwang aanvaar.

20 Augustus om 06:52 VM · Hou van · 6

Frik Stoffberg

Ek het nie belydenisskrifte wat deur ’n klomp liberale teoloee opgestel is nodig om te glo nie. Ek lees die Woord van God en die Heilige Gees geen die insig en wysheid om dit te verstaan en daarvolgens te leef. As lidmaat van die NG Kerk wil ek net se dat die kerkleiers besig is om drasties van die waarheid af te wyk en dit sluit die sg doop van kinders in. Die meeste lidmate van die kerk is gelukkig nie so naief om die leiers sondermeer te volg nie. Ons volg Jesus Christus die Beginner en voleinder van ons geloof.

20 Augustus om 07:01 VM · Hou van · 4

Henrietta Klaasing

Dankie Wynand vir die lekker       – seker ek gaan heeldag loop en giegel

20 Augustus om 07:02 VM · Gewysig · Hou van · 1

Wynand Louw

Frik met liefde en respek, jy verstaan nie wat ’n belydenisskrif is nie.

Ons glo nie belydenisskrifte nie. Ons bely in belydenisskrifte wat ons glo. En ’n belydenisskrif is ’n kontrak waarmee ek ’n prediker of leier verantwoordelik kan hou om die waarheid te verkondig.

As jou kerk nie belydenisskrifte het nie, goed so. Maar eendag gaan daar n pastoor op jou gemeente se kansel staan wat ’n vals evangelie gaan verkondig en jou kerkraad sal nie van hom ontslae kan raak nie. As jy nie met sy dwaalleer tevrede is nie sal jy uit die kerk moet gaan. Dit is hoekom kerkskeurings daagliks in belydenislose kerke plaasvind en gemeentes om persoonlikhede gebou word. Dit is ook hoekom belydeniskerke dikwels vir eeue bestaan en die evangelie suiwer verkondig. Dit is ook hoekom belydeniskerke verdwyn die oomblik as hulle hulle belydenis verwerp soos die leiers van die NGK doen.

In liefde, jy is verkeerd oor die doop. Maar ons praat nie hier oor die doop nie.

20 Augustus om 07:27 VM · Gewysig · Hou van · 1

Jaco De Beer

Die doop is deur Johannes begin in opdrag van God. Dit was van dag een af ’n bekerings doop. Jesus het dit voortgesit deur die opdrag te gee van bekering en doop. Nêrens word daar enige melding gemaak dat die besnydenis as teken van die verbond voortgaan in die NT en slegs ’n ander teken word nie. Tweedens leer die Westminister dat as iets nie ooglopend gestel word in die Bybel nie maak ons afgeleide waarhede soos met die drie eenheid. Maar as dit reguit gestel word dan is dit nie nodig nie. Die doop word direk in die NT geleer as ’n doop van bekering en geloof en nie as teken van die verbond nie. Daai brug bestaan nie en is deur mense gebou. Die kleindoop word dmv. die beginsel van afgeleide waarheid bereik en is nie nodig nie want dit word oop en bloot gestel. Nêrens in die NT word die doop as teken van die verbond geleer nie. Dis ’n goeie afleiding wat ek al die bestudeer het en kan sien hoe die sommetjie gemaak word maar ek sien iets meer direk wat God leer wat dit werklik is.

20 Augustus om 07:59 VM · Gewysig · Hou van · 2

Jaco De Beer

Alhoewel ek met van julle verskil hieroor is ek diep vriende met baie mense wat in doop as teken van die verbond glo. In my kringe beskou ons mekaar nie as dwalend nie maar wel mense wat verskil. Ons sien mekaar se denke raak en verstaan en respekteer dit. In my kringe kan ons beide kante se denk rigting raaksien en selfs gewig gee aan die feit dat daar sin in ’n persoon se denke is. Ons ken mekaar se teologie baie goed en weens dit staan ons baie naby mekaar omdat ons kan sien dis ’n goed logiese en teologies beredeneerde denke. Ek dink in van julle hier is daar nog baie groei nodig in die verband dan sal julle nie na mense wat in die doop van geloof en bekering as dwalendes verwys nie. Want as ek as nuwe bekeerling die NT lees is doop, geloof en bekering heel logiese prentjie wat ek sien. As ek met altwee standpunte voor my sit en ek lees net die NT dan is dit heel voor die hand liggend. Ek hoef nie diep te grawe nie. Die NT praat dieselfde taal as geloof, doop en bekering.

20 Augustus om 08:22 VM · Gewysig · Hou van · 2

Wynand Louw

Jaco ek sal elders met jou praat oor die doop .

(Galasiers 3:26 en aan. Ook Kol 2. )

Kom ons hou by die tema van die draad?

20 Augustus om 08:26 VM · Gewysig · Hou van

Jaco De Beer

As ek praat van my kringe dan praat ek van Sproul, Beeke, Duncan, Furgeson, Lawson, MacArthur, Riddlebarger ensovoorts. Beeke het al by ons kerk gepreek en so baie ander kleindoop predikers. Baie van die groot teoloë aan beide kante tree by mekaar se konferensies op en hulle lê saam in die loopgrawe. Ek dink eerlikwaar julle moet bietjie uit julle wêreldjie kom en kontak maak met die groter teologiese wêreld daar buite. Ek vind die ng kerk se teologie het baie afgesny geraak van die teologie van die gereformeerde wêreld daar buite.

20 Augustus om 08:31 VM · Gewysig · Hou van · 2

Jaco De Beer

Die grace ministers conference wat in die Kaap aangebied word is hoofsaaklik ’n baptiste gereelde byeenkoms en die afgelope jare het verbond doop ouens opgetree. Dis nie eers meer ’n issue by ons nie. Word wakker ouens. Gaan beweeg bietjie in die weier gereformeerde kringe. Julle wêreldjie is klein.

20 Augustus om 08:33 VM · Gewysig · Hou van · 2

Gideon Aggenbag

JACO…. JACO, JACO!!

20 Augustus om 08:50 VM · Hou van

Stefaan de Jager

Jaco, jy gaan nie vorder as jy my vertel van my klein wêreldjie waarin ek is wanneer jy sê ” Ek dink eerlikwaar julle moet bietjie uit julle wêreldjie kom en kontak maak met die groter teologiese wêreld daar buite” nie. Wat jy sien as `n klein wêreldjie is in my oë die groot wêreld van God se genade.

Sommie is die moderator hier, want dis sy sinode, ekskuus muur! Sommie, gaan ons aan met die doop of moet ons die ouens wat nie gehoor wil gee nie verdrink!?

20 Augustus om 08:57 VM · Gewysig · Hou van · 2

Gideon Aggenbag

Hier is mostert ná die maal… ’n paar dae lankinternetprobleme ondervind. My vraag bly: Wat is in die Belharbelydenis wat NIE in ons bestaande belydenisse raakgevat word nie. Indien daar soiets is, waarom is dit in die loop van honderde jare nie raakgesien nie? Indien daar nie soiets is nie, waarom is Belharbelydenis dan nodig? Dit bring ons by die rede(s) waarom daar nou so aangedring word op die aanvaarding van Belhar. As Belhar niks nuuts op die tafel sit nie, moet daar mos buite-Bybelse redes wees vir hierdie aandrang. Vir my is dié rede(s) gekoppel aan die uiteindelik “hereniging” met VGKSA, waarvan die voertaal alreeds Engels geword het. Indien hereniging slaag, wat gaan die voertaal wees? Watter eiendomme gaan wie s’n wees? (Vgl. die talle binnegevegte {ook hofsake} oor eiendomme). Watter kulture se geloofsbelewenisse, gesange, aanbiddingstyle ens. sal neerslag vind in eredienste? Kerkhereniging gaan nog baie jare se fiasko afgee, want dit is NIE hoe die eintlike EENHEID noodwendig gestalte gaan kry nie.

20 Augustus om 09:07 VM · Hou van · 2

Johann Heinrich Ernst

Net om Jaco se wêreld te help groter maak. Hy skryf: “Jy sal nie een van die ander gereformeerdes kry wat met julle bande wil smee nie, want julle dwaal.” Die NG Kerk het tans formeel bande met die volgende kerke, waarvan ’n hele klomp “streng gereformeerd” is: Die VGKSA, die NGKA, die RCA, DRC in Botswana en Swaziland, die RC in Zimbabwe en Zambië, die CCAP (Nkoma Synod), Church of Central Africa Presbyterian (Harare Synod), Igreja Reformada Mocambique, RC in East Africa, NH Kerk, CRC North America, CRC Australia, RC in Japan, CRC in Sri Lanka, RC in Hungary, GEK Australië, Afrikaanse Christenkerk in Nieu-Seeland, Gereformeerde Kerke in SA, Volkskerk in Afrika, Calvyn Protestantse Kerk, UPCSA, Uniting Church in Australia, Church of Jesus in Madagaskar, Communaute Evangelique du Congo, PKN en Verenigde Protestantse Kerk in België. Die NG Kerk is in dialog met die Evangelissche Krirche Deutschland, AGS in SA, Methodist Church of Southern Africa, Rooms-Katolieke Kerk in SA, Anglican Church in SA, Evangelical Lutheran Church in Southern Africa, Federasie van Switserse Protestantse Kerke, Presbyterian Church in Australia, Reformed Churches in New Zeeland en die United Congregational Church in Southern Africa. Die NG Kerk is in kontakverhouding met die APK, Church of England in SA en die Rynse Kerk. Die NG Kerk is in multilaterale verhoudinge met die Wêreldgemeenskap van Gereformeerde Kerke, die Gemeenskap van Gereformeerde Kerke in SA, SARK, WRK, Council of Churches in Namibië, The Evangelical Alliance of South Africa, Conventus van Reformatoriese Kerke, Tussenkerklike Raad (Afrikaanse Kerke), All Africa Conference of Churches, World Reformed Fellowship en Global Christian Forum. Dit weerspreek Jaco se stelling hierbo en bewys dat hy total oningelig en bevooroordeel is.

20 Augustus om 09:16 VM · Hou van

Johann Heinrich Ernst

Jan Lynzaad, dit is nie dat ek jou ignorer nie. Jy het nie reg om teenoor my as aanklaer op te tree nie en ek staan nie onder verpligting om jou te antwoord nie. Ek het reeds hierbo genoem dat julle mense wat my ken vir my geloofstandpunte kan kontak. In die mond van twee of meer getuies sal die woord vasstaan. Ek het geen waarborg dat jy eerlik met my antwoorde sal omgaan nie. Hierdie inkwisisie-styl ken ek al. As jou broer sondig, sê Matteus 18, moet jy met hom gaan praat. As hy nie luister nie, vat iemand anders saam. Eers as hy dan nie luister nie, sê jy dit vir die gemeente (neem jy dit na die openbare domein). Dit is Jesus-woorde in die Bybel. Ek ondervra jou nie oor jou kerkverband, jou kerkvergaderinge se standpunte, jou persoonlike lewe, of wat ook al nie. Jy het geen reg om dit in die openbaar van my te eis nie. Ons kan dit wel in ’n persoonlike gesprek in ’n veilige ruimte doen.

20 Augustus om 09:31 VM · Hou van

Jaco De Beer

Johann, nie een ware gereforneerde kerk sal met die NG kerk bande smee nie. Die wat dit doen is die naam gereformeerd nie werd nie en vertaan nie gereformeerd nie. Dis Sola Scriptura Johann. Nie SOLO SCRIPTURA nie. EK kan jou hier name noem van jou eie teoloë wat jy goed ken wat nie in die Woord as geinspireerde foutlose Woord glo nie maar mense woorde. Nou as ’n gereformeerde kerk met julle wil bande smee dan bely hy nie die 5 Solas nie en evrstaan dit nie. EK gaan so bietjie rondkrap in die name wat jy genoem het om te sien wat hulle bely en glo. Laat ons sien.

20 Augustus om 09:35 VM · Hou van · 1

Stefaan de Jager

Jaco, en so sit die ongeredde Muller en du Toit nou vir die gereddes en lag wat mekaar in die doopwater probeer verdrink! Hond vreet nou hond lyk dit my! Die hele besigheid het nou lagwekkend geraak!

Ek is minstens bly ek is as kleingedoopte oppad hemel toe, al is dit saam met `n paar geredde grootgedooptes, omdat ons darem vir Jesus as Here bely. Ons sal daar dalk oor die doop kan saamgesels wanneer ons nie meer ten dele ken en verstaan nie. Intussen moet ons gereddes mekaar maar hier liefhê, al verstaan ons mekaar soms verkeerd.

20 Augustus om 09:42 VM · Gewysig · Hou van · 1

Somerset Morkel

Ek dink die meeste wat gese kon word oor die doop (ook heel humoristies maar in meeste gevalle darem toepaslik) binne sinvolle konteks sonder om in verdere diepe teologiese worstelinge in te gaan oor die doop, is nou gese.

Gideon Aggenbag en Kobus van der Walt se uitstekende debat oor die doop, so twee jaar gekede, is materiaal uit die heel boonste rakke – kyk gerus daarna (ek vermoed Gideon kan die volle debat voorsien as jy hom vra.)

Daar is nog ’n aspek oor die doop wat ek persoonlik sou wou byvoeg,  maar ek gaan dit nie doen nie want dan gaan ons weer verder met ’n sekondere item op hierdie draad.

Kom ons laat dit daar, wat die doop betref en hou by die – onmiskenbare – dwaling in die NGK..

20 Augustus om 09:43 VM · Gewysig · Hou van

Stefaan de Jager

Dankie Sommie! Respek is om iemand anders se muur in ag te neem en ek sal dit so probeer hou!

20 Augustus om 09:45 VM · Hou van · 1

Jaco De Beer

Stefaan, ek en jy kom al lank saam in gesprekke aan dieselfde kant van die draad. Maar jou uitlating van “dwalende wederdopers” het die gesprek ontspoor. Dis jammer dat jy so laag gedaal het. Dit plaas ons op moeilike waters.

Ek het te veel respek vir kleindoop mense om so van hulle te praat. Ek het nog nooit en sal ook nie. Ek het hul teologie al bekyk oor die doop en daar is baie waarheid in van die verbond en ook is hulle God verheerlikend. Ek sien hul denk rigting en verstaan hoekom hulle tot die afleiding van kleindoop kan kom. Hul eerlikheid en opregtheid wat hulle na daai kant laat val is baie naby aan my denkrigting hoekom ek in die gelowige doop glo. Hoe meer ek die saak bedink en ondersoek, hoe nader voel ek en kom ek aan kleindoop mense. Ek hoop jy ontdek my teologie ook eendag so.

Verder het jy en Wynand gepraat asof die Baptiste tog net verdra moet word as byvoegings tot die waarheid tot hulle tot ander insigte kom. Dis jammer. Daai tipe gesindheid was aanstootlik. Soos ek gesê het wys dit die min begrip en diepte wat daar bestaan vir beide kante se teologie. Daar is redelike sterk punte aan beide kante te maak en ek het nou die dag gehoor hoe ’n kleindoop teoloog se daar is geldige punte aan beide kante.

20 Augustus om 09:48 VM · Gewysig · Hou van · 2

Somerset Morkel

Dankie Stefaan, ook vir jou sinvolle bydrae in die debat, al is jy ’n NGK predikant… (GRAPPIE!!)

20 Augustus om 09:46 VM · Gewysig · Hou van

Somerset Morkel

Vir seker is op tone getrap en ek glo dat sommige formulerings oor die doop meer nuanse nodig gehad het en dit bestaan sekerlik in die ouens se harte.. Kom ons vergewe mekaar soos broers in Christus en stap aan.

20 Augustus om 09:49 VM · Hou van · 1

Wynand Louw

Oom Gideon

Belhar bring iets na die tafel wat nie in ons bestaande belydenis is nie: Klasseskeiding wat die wêreld verdeel in die armes, noodlydendes en onderdruktes en die wat hulle arm en noodlydend maak en onderdruk. Dit is volgens die wetenskap van Marxistiese histories dialektiese analise. En natuurlik is God buite die verband van enige verbond op ’n besonderse wyse die God van ’n spesifieke klas.

20 Augustus om 09:50 VM · Gewysig · Hou van · 1

Somerset Morkel

Wederdopers, groot dopers, baptiste, credo-dopers, paedodopers, kinderdopers, et al… Ons wat aan Christus vashou in teenstelling met die liberale wan-teoloee soos hierbo genoem, het mekaar nodig, ongeag die hoeveelheid water ens.

20 Augustus om 09:51 VM · Hou van · 3

Jaco De Beer

Somerset, ek was besig om te tik toe jy klaar gepos het. So as ek buite orde is, is ek jammer. Ek voel nog steeds ek wou dit noem.

Ek vergewe almal wat my aanstoot gegee het en ek vra vergewe my as ek ooit in die verlede of in die gesprek waarheidsmense aanstoot gegee het.

20 Augustus om 09:51 VM · Hou van · 2

Somerset Morkel

God is by uitstek die God van Sy Kerk, Sy liggaan, wat armes, noodlydendes, vertraptes, gebreklikes, blindes, dowes, plebs, rykes ens insluit – al diegene wat op Hom vertrou vir redding o.g.v. die geloof alleen.

Daarin dwaal Belhar eksplesiet en adem die gees van Marxistiese dialektiek.

20 Augustus om 09:53 VM · Gewysig · Hou van

Somerset Morkel

Die NGK het hierin ingekoop o.g.v. ’n dwalende leierskap wat dit probeer verdedig.

20 Augustus om 09:53 VM · Hou van

Wynand Louw

Die Moderator (Sommie) het gespreek, mense…

20 Augustus om 09:54 VM · Hou van · 2

Somerset Morkel

Wynland… ek is meer van ’n Modder-eter as ’n Moderator, maar dit laat my belangrik voel.. LOL.

20 Augustus om 09:55 VM · Hou van · 1

Stefaan de Jager

Moet sê, as Sommie met sy allesbehalwetaktvolle styl ooit moderator van ons kerk sou wees, sou ek nie een oomblik verveeld gewees het nie.

20 Augustus om 09:57 VM · Hou van · 2

Somerset Morkel

Die blindheid waarmee die leierskap geslaan is, en ek glo aan oorgegee is, blyk uit Johann E se standpunt hierbo-aan waar hy die Baptiste se doop-leer gelykstel aan dwaling en dit dan vergelyk met Ben du Toit et al se sienswyses en dit dan regverdig waarom die NGK die mense tolereer..

20 Augustus om 09:58 VM · Gewysig · Hou van

Somerset Morkel

Ek wil nie verder daarop ingaan nie want dit is goed geantwoord en gefundeer deur Wynand en andere hierbo, maar ek wil beklemtoon dat dit tragies is..

20 Augustus om 10:00 VM · Hou van

Gerhard Potgieter

Ek het die storie van buite af gekyk en ek dink toe wat moet die swernoot wat op die kruis gered is en al die ander mense wat saam met hom in die hemel is dink van die debat oor ’n gedopery? Maar nou ja nou is dit agter ons en ons weet hoe almal voel en dink. There is life after baptism – to coin a phrase. So waaroor gesels mens volgende?

20 Augustus om 10:00 VM · Hou van

Jaco De Beer

Johann, jy het ’n baie gesonde teologie oor kerkdissipline. Hoekom pas jy dit nie toe nie. Ou Jakobus se dit beteken niks om net ’n prater te wees nie.

Kan jy my dan antwoord hoekom het Ben duToit ontstanp uit die kerk dissipline.

Hoekom dissiplinieer julle nie die dwalendes nie?

Op die stadium beteken jou getuienis oor jou geloof niks want jy doen nie wat die Woord leer nie.

20 Augustus om 10:02 VM · Hou van · 1

Stefaan de Jager

Gerhard, ek is nou moeg om oor myself te gesels. Kom ons gesels oor jou. Wat dink jy van my?

20 Augustus om 10:02 VM · Hou van · 1

Somerset Morkel

Stefaan: Ek gaan nou ry, maar dankie vir jou (heel toepaslike) humor – ek smile vandag al die pad daaroor..

maar nogtans, kan jy glo, sal ek as gevolg daarvan daaroor dink i.t.v. my oorkom na ander toe.

Ek is ’n pleb met baie ongeduld met dwaaling, maar ek weet ek moet ook nie dwaal deur God se gebod vd liefde te onderslaan nie.

Dit bly ’n worsteling.

En opregte broers se vermaning gaan nie sommer-net verby nie.

Dankie daarvoor.

20 Augustus om 10:03 VM · Gewysig · Hou van · 2

Wynand Louw

Ek stel voor ons praat volgende oor die agterblad van die Rapport. Ek bring n mosie dat ons dit as opsionele belydenisskrif aanvaar.

20 Augustus om 10:03 VM · Gewysig · Hou van · 3

Somerset Morkel

Lol!

20 Augustus om 10:04 VM · Hou van

Wynand Louw

Sommie as jy soet is maak ons jou sommer Pous ook.

20 Augustus om 10:04 VM · Hou van · 1

Stefaan de Jager

Ja Wynand, want daardie agterblad is die woorde van mense oor mense, soos Belhar!

20 Augustus om 10:05 VM · Gewysig · Hou van · 1

Somerset Morkel

Humor het soms ’n waarheid in wat direk tot in die hart indring..

20 Augustus om 10:05 VM · Hou van

Somerset Morkel

Kan ons ’n Facebook-Sinode begin met ’n nominasie-proses…?

20 Augustus om 10:06 VM · Hou van

Somerset Morkel

Ek nomineer Wynland as Sinode-leraar belas met Aktuele Leer.. (kerkleer, nie ’n trapleer nie…)

20 Augustus om 10:08 VM · Gewysig · Hou van

Gerhard Potgieter

Somerset behoede die arme Katolieke as jy hulle pous word. Dar is sal ’n onmiddelike gewigsverlies program van lidmate wees wanneer jou hervorming plaavind. Stefaan – sienende dat ek jou nie regtig ken nie – wat kan ek sê – behalwe dat dit lekker is om met my maats in Christus te gesels. Al kan dit lekker warm gesprekke wees. Ek het dit geniet. Ek is opgewonde oor die entoesiasme van die ware gelowiges in Christus en hoop net dit word gebruik om siele te raak daarbuite – heeldag en aldag

20 Augustus om 10:09 VM · Hou van · 2

Wynand Louw

Ek bely die agterblad van die Rapport Quatenus. In soverre dit met die Woord van God ooreenstem. Wie is met my?

Die VGKSA se hele totale belydenis is Quatenus, en Belhar ook. So ek is in goeie geselskap.

20 Augustus om 10:10 VM · Gewysig · Hou van · 1

Jaco De Beer

Johann Ernst….soos ek gedink het. Die NG kerk het bande met die URCSA weens die stelling.

“Synod confirms that homosexual people are members of the church through faith in Jesus Christ.” (URCSA press release).

20 Augustus om 10:10 VM · Hou van · 1

Wynand Louw

Johann, het jy enige kerkregtelike beswaar teen die agterblad van die Rapport as opsionele/quatenus belydenisskrif?

20 Augustus om 10:12 VM · Gewysig · Hou van · 1

Jaco De Beer

Johann Ernst……hier is nog een vir jou van jou bande smeers…..MOOI MAN…..

“Synod appeals to URCSA members to reach out with love and empathy to our homosexual brothers and sisters and embrace them as members of the body of Christ in our midst.”

Jy het jou definisie van gereformeerd verloor. Dis jammer. Vroeër in die gesprek het ek gedink mens dalk met jou praat. Jy dwaal ou maat.

20 Augustus om 10:13 VM · Hou van · 1

Stefaan de Jager

Wynand, daar gaan ouens wees wat nie met jou is nie. Ek dink aan soveles wat groter erns die afgelope dertig jaar met Belhar gemaak het as met die Woord, Die Woord kan maar uitmekaar geskeur word, solank Belhar, die heilige koei, net nie geslag word nie!

20 Augustus om 10:13 VM · Gewysig · Hou van · 2

Gerhard Potgieter

Ai – en ek was so lus vir Belhar koei op die spit.

20 Augustus om 10:17 VM · Hou van · 2

Stefaan de Jager

Jaco, as ek reg het hou jy nie daarvan dat ander vir jou sê jy dwaal nie. Johannn sal seker ook nie daarvan hou as jy dit vir hom sê nie……..? Kom ons verskil oor die saak met mekaar.

20 Augustus om 10:18 VM · Hou van · 1

Johann Heinrich Ernst

Jaco, ek dink nie Gereformeerde Kerke in SA (die Doppers) gaan baie gelukkig wees met wat jy oor hulle sê nie. En ook nie die Reformed Church in Japan. En die kerk in Hongarye. En die kerke by TESA nie. Die NG Kerk het oor die 1500 behoorlik teologies opgeleide diensdoenende predikante. Julian Müller is nie meer prof by die teologiese[Daar kom hy weer op vir die kerk, wat nooit vir Julian Müller aangevat het oor sy dwaling nie.]

20 Augustus om 10:19 VM · Hou van

Stefaan de Jager

Gerhard, dit gaan nog `n tydjie vat voor daai koei op die spit kom. Daar is nog te veel ouens wat besig is om haar te melk!

20 Augustus om 10:19 VM · Hou van · 3

Wynand Louw

Ja Stefaan. En Belhar guru Jaap Durand het in sy oudag die evangelie versaak om n New Age akoliet van Teilhard de Chardin te word. Dit is hartverskeurend.

20 Augustus om 10:20 VM · Hou van · 2

Wynand Louw

Johann Julian Muller is bevorder tot amper-dekaan NADAT hy die evagelie eksplisiet verwerp het en New Age panenteisme verkondig het. En Nelus het terwyl Julian visie dekaan was verklaar “Daar is geen dwaalleer by Tukkies nie”.

20 Augustus om 10:23 VM · Gewysig · Hou van · 3

Jaco De Beer

Ek sien Johann Ernst noem die RKK in SA as deel van die NG kerk se gereformeerde bande. So ook die Anglikaanse kerk. Ek kan net lag.

20 Augustus om 10:23 VM · Gewysig · Hou van · 2

Wynand Louw

Ek het Nelus in persoonlike gesprek gevra om panenteisme in die openbaar te verwerp. Hy was so ontsteld dat hy die telefoon neergeplak het. Ek moet aanneem Nelus het n besonderse affiniteit vir Julian se mens-is-god teologie. Onthou Nelus is ook n groot fenboi van Jurgen Moltmann die beroemde panenteis.

20 Augustus om 10:26 VM · Gewysig · Hou van · 1

Wynand Louw

Sommie kyk jy rofstoei? Al leer wat ek mee goed is is die stepleer waarmee rofstoeiers mekaar oor die kop moker.

20 Augustus om 10:31 VM · Hou van · 1

Johann Heinrich Ernst

Wynand, ek is besig om ’n boek oor die Laeveld te skryf met klem op die swart stamme, hulle omgang met die “blanke” okkupante. Veral Modjadji, die reënkoningin, word genome en ook haar beskouinge oor haar reënmaakkrag. Ek gaan dus binnekort as ’n swart animis, afrikanis, panties, tradisionalis en dalk kommunis uitgekryt word. Dit is mos dood eenvoudig nie waar dat die goeie en diep gelowige prof Jaap du Rand nou ’n panenteïs en new-ager geword het. Diagnose verkeerd! Verkeerde tand getrek! Pasient bloei onnodig dood. Maar wag, nou is ek klaar met hierdie eidelose redenasies wat na niks lei nie. Al glo ek met my hele wese in God-driënig en al is Jesus my persoonlike Verlosser en Here, het ander besluit ek gaan hel toe, want ek behoort aan ’n New Age, Panenteïstese, duiwel-ontkennende NG Kerk. Ek is daaroor verdoem.

20 Augustus om 10:35 VM · Hou van

Johan Fourie

Dwaal en nie dwaal nie, verskil en nie verskil nie en tussen al die belydenisskrifte asook die agterblad van die Rapport, val die pap op die grond en gaan duisende verlore as gevolg van die leuen. Dit is dalk tyd dat die NGK en sy leierskap terugkeer na die waarhede opgesluit in die Heilige Woord van God sodat ons soos ’n goeie vrind van my sal sê; “Rob hell to populate Heaven.”

20 Augustus om 10:37 VM · Gewysig · Hou van · 3

Stefaan de Jager

Johan, wat sê jy van Rob Bell?

20 Augustus om 10:41 VM · Hou van · 1

Jaco De Beer

Stefaan, ek weet wanneer om te se iemand dwaal. Daarom het ek dit nog nooit vir jou gesê nie, maar jy het dit vir my gesê. Die woord dwaal is ’n Bybelse woord wat reg gebruik kan word en dit pas by die NG kerk sinode.

Johann dwaal saam met homoseks propageerders. DIS DWAAL.

20 Augustus om 10:42 VM · Hou van · 1

Jaco De Beer

Johann, moet nie my punt ontwyk nie. Waarom het julle bande met ’n kerk wat openlink gay, lesbians en gay predikers propageer as die Woord dit verbied.

Dit was mos my punt reg aan die begin. Die mense met wie julle naby bande smee dwaal saam met julle.

Die res belowe ek jou ken julle nog nie so goed nie.

En dis skreiend om die RKK, WRK en Anglikaanse kerk te koppel aan gereformeerd.

Miskien moet jy weer jou Teologie 101 gaan afstof.

20 Augustus om 10:44 VM · Gewysig · Hou van · 1

Johann van der Watt

Van die kant af lyk of die vissermanne weer sit en skoorsoek oppie boot. Fokus op die visvang vrinne. Liefde.

20 Augustus om 10:44 VM · Gewysig · Hou van · 5

Stefaan de Jager

Jaco, “DIS DWAAL” is `n relatiewe begrip, So kan mens ook dwaal deur die genade van die kinderdoop te verruil vir die eie werke van die grootdoop. Maar soos gesê, dis gelukkig nie `n dwaling wat jou die ewige lewe sal kos nie! My grootouers het ook gedwaal omdat hulle as christene apartheid goedgepraat het. Gelukkig weet ek dat hulle darem ook in die hemel is! Ek glo hulle leef daar in vrede saam met baie van diegene wat hulle eintlik nie verwag het daar sou wees nie!

20 Augustus om 10:50 VM · Hou van

Jaco De Beer

Stefaan, blykbaar wil jy nou ’n fight he. Ek praat nie verder met jou nie. Om te verwys na die gelowige doop as werke is vernederend. Ek is baie teleurgetseld in jou. Ek groet jou eers tot ’n ander keer.

20 Augustus om 10:56 VM · Hou van · 1

Wynand Louw

Nee Johann. Lees my resensie van Durand se boek op my blok. Nee beter, lees Durand se boek self. En lees Durand se artikel in Kerkbode waarin hy in ooreenstemming met Teilhard die bestaan van die hel verwerp. Dit is duidelik dat Durand hom een voel met Teilhard se teologie.

Onthou ek sê net goed wat ek kan bewys.

20 Augustus om 11:00 VM · Hou van · 1

Wynand Louw

En Nelus se woorde na aanleiding van Julian se panenteisme by Tukkies was “Daar is nie dwaalleer by Tukkies nie.”

As dit so lyk ruik en proe is dit die genuine produk Johan.

20 Augustus om 11:03 VM · Hou van · 1

Stefaan de Jager

Jaco, jy wil uitdeel maar kan dit nie vat as dieselfde met jou gedoen word nie. Dis ongelukkig my eerlike siening dat die herdoop `n terugval op die werke is. Ons kan daaroor verskil. Ek voel nie verneder as jy nie met my sou saamstem nie.

20 Augustus om 11:11 VM · Hou van

Jaco De Beer

Stefaan, ek het jou nog nooit ’n dwalende, werke gedrewe ou verbond Israeliet genoem nie. Maar jy was vry met jou terme teenoor ons.

Dis belaglik om te noem ek kan nie vat wat ek uitdeel nie. Sou ek jou name genoem het kon jy dit aan my toedig. Om dit aan my toe te dig omdat ek dit aan Johann toedig is teleurstellend en duidelik staan ek en jy nie aan dieslfde kant nie.

En om die woord saamstem te noem is een ding maar om mense dwalende wederdopers te noem is heeltemal iets anders.

En nou is ek klaar met jou gepraat.

20 Augustus om 11:14 VM · Gewysig · Hou van · 1

Stefaan de Jager

Vroeëer het ons dit so gehad dat die teoloë by Tukkies opgelei word, die pastors by Stellenbosch en die kosters by Kovsies. Nou het die dinge bietjie verander. Die teoloë word (soort van) by Kovsies opgelei. Die Fariseërs by Stellenbosch, want hulle leer daar dat `n persoonlike verhouding met Jesus nie nodig is om teologie te bedryf nie. Die Sadduseërs word by Tukkies opgelei waar hulle min of meer dieselfde leer as by Stellenbosch, met die verdere onderskeiding dat hulle nie in die Opstanding glo nie!

20 Augustus om 11:21 VM · Gewysig · Hou van · 2

Stefaan de Jager

Jaco, hou dan daarby dat jy klaar met my gepraat het. Dis jou keuse. Die man wat kwaad raak het verloor.

20 Augustus om 11:20 VM · Gewysig · Hou van

Johann Heinrich Ernst

Toe ons op Universiteit was, was filosofie ’n keusevak in die voorbereiding vir teologiese studies. Oor al die eeue is daar gepoog om teologie en filosofie met mekaar in verband te bring. Die wonderlike van die mens is dat hy ’n redelike wese is en dat dit heel natuurlik is dat hy/sy sal poog om rasionele wyse geloof in die onbekende en wetenskaplike kennis kennis by mekaar uit te bring. Daar is duisende filosofiese strominge, waarvan panenteïsme maar net een is. Daar is ook strominge van penteïstiese filosofie. In die Stanford Encyclopedia of Philosophy word van Moltmann se weergawe van panenteïsme soos volg beskryf: “Utilizing resources from the tradition of German Idealism, Jürgen Moltmann developed a form of panentheism in his early work, The Crucified God in 1974 (1972 for the German original), where he said that the suffering and renewal of all humanity are taken into the life of the Triune God. He explicated his understanding of panentheism more fully in The Trinity and the Kingdom in 1981. Theological concerns motivate Moltmann’s concept of panentheism. Panentheism avoids the arbitrary concept of creation held by traditional theism and the loss of creaturely freedom that occurs in Christian pantheism (Cooper 2006, 248). Moltmann understands panentheism to involve both God in the world and the world in God. The relationship between God and the world is like the relationship among the members of the Trinity in that it involves relationships and communities (Molnar 1990, 674). Moltmann uses the concept of perichoresis to describe this relationship of mutual interpenetration. By using the concept of perichoresis, Moltmann moves away from a Hegelian understanding of the trinity as a dialectical development in history (Cooper 2006, 251). The relationship between God and the world develops because of God’s nature as love that seeks the other and the free response of the other (Molnar 1990, 677). Moltmann does not consider creation necessary for God nor the result of any inner divine compulsion. Instead creation is the result of God’s essential activity as love rather than the result of God’s self-determination (Molnar, 1990, 679). This creation occurs in a process of interaction between nothingness and creativity, contraction and expansion, in God. Because there is no “outside” of God due to God’s infinity, God must withdraw in order for creation to exist. Kenosis, or God’s self-emptying, occurs in creation as well as in the incarnation. The nothing in the doctrine of “creation from nothing” is the primordial result of God’s contraction of God’s essential infinity (Cooper, 2006, 247). Moltmann finds that panentheism as mutual interpenetration preserves unity and difference in a variety of differences in kind such as God and human being, person and nature, and the spiritual and the sensuous (Moltmann, 1996, 307). As ons met ’n heksejag oor filosofie in die teologie wil begin, sal ons dalk verbaas wees hoe gekontamineer die Christelike teologie is, ook die teologie van die “suiwer gereformeerde kerke”. Paulus speel ook in Handelinge 17 in ons die Bybel met die Stoïsyne en die Epikuriërs se filosofië en net daaroor kan Wynand vir Paulus, soos vir die dierbare prof Jaap du Rand, hel toe stuur! Omdat ons sukkel om te onderskei waarop dit werklik neerkom, etiketeer ons maklik en viktimiseer ons dan op grond daarvan. Wynand se verwysing oor hoe hy as tandarts na die kerk kyk, is reeds ’n vermening van die skulêre met die sakrale, en in terme van sy eie beofening van die teologie op grond daarvan, is hy ook strafbaar met die helse vuur. Gelukkig werk die Christelike geloof nie so met sy beoefenaars nie. Dr Louw Alberts het sy wetenskapsbeskouing sinvol met die Christelike geloof prober versoen. Kreationiste verskil van hom wesenlik. Ek is seker oom Louw het in vreugde en vrede sy Here in die ewigheid ontmoet. Al was daar ook diegene wat hom tot ketter wou maak, omdat hy die skepping en geskaper wêreld anders as die suiwer ortodoksie verstaan het. Petrus en Paulus se teologie verskil ook wesenlik. So ook Lukas en Matteus. En ek en Wynand.

20 Augustus om 11:24 VM · Hou van

Stefaan de Jager

So van Dr Louw Alberts gepraat. Hy het eendag vir ons by `n Ringsitting gesê dat dit vroeëer jare baie moeilik was om `n wetenskaplike te wees en daarby saam `n kinderlike gelowige. Hy sê dat die dinge verander het, want deesdae is dit baie moeilik om `n teoloog te wees en daarby saam `n kinderlike gelowige!

20 Augustus om 11:30 VM · Hou van · 3

Stefaan de Jager

Mense, ek is nou eers oppad. Sal later hier kom kyk hoe julle sonder my vorder. Ek weet dis moeilik, maar probeer maar!

20 Augustus om 11:31 VM · Hou van · 1

Wynand Louw

Johann Dankie dat jy dit wat ek oor Moltmann sê bevestig. Ek is nou besig rn kan nie nou verduidelik waarom panenteisme onverenigbaar met die evangelie is nie. Sal jou later anwoord.

20 Augustus om 11:37 VM · Hou van · 2

Henrietta Klaasing

Wynand is nie ’n tandarts nie, maar ’n hoogsopgeleide oor- neus- en keelspesialis.

20 Augustus om 12:06 NM. · Hou van · 2

Wynand Louw

Ok ek het n paar minute so hier begin n kort lesintjie oor panenteisme.

Les 1 gaan oor God se Immanensie vs Sy Transendensie. Tradisioneel dink mense daar is konflik tussen die twee. John Frame beweer die konflik is vals. Die gevalle mens wil eenvoudig nie nimmanente en n transendente God hê nie. ’n Transendente God soos in deisme stel nie belang in my nie so ek kan doen wat ek wil. ’n Immanente God soos in panteisme is nie almagtig nie so ek kan doen wat ek wil. I dipolere God wat n mengsel van deisme en panteisme is, is panenteisme. Sy transendente pool is te transendent om belang te stel. Sy immanente pool is vasgevang in die skepping en is dus nie almagtig nie. Best of both worlds: Ek kan steeds doen wat ek wil. Die transendesie vs immanensie debat is bloot n manifestasie van die mens se rebellie teen God.

God is almagtig alomteenwoordig en onveranderlik. Transendensie beteken hy is oral buite tyd en ruimte (omdat Hy die skepper van tyd en ruimte is) sowel as oral binne tyd en ruimte (ondat Hy as Skepper noodwendig toegang het tot sy skepping) Immanensie beteken Hy is ook hier, in tyd en ruimte.

Vir die wat oplet sal dit duidelik wees dat God immanent is omdat Hy transendent is. God se immanensie is n funksie van Sy transendensie, en nie in konflik daarmee nie.

20 Augustus om 12:09 NM. · Hou van · 3

Henrietta Klaasing

Stefaan ek dink ek moet ook “in die pad” val – TWEE dae van brood en konfyt is seker te veel vir manlief. BEL- HAAR en KRY-KLAAR – hierdie pos raak baie lang draad-erig, maar ek kan dit net nie uitlos nie – veels te interessant!

20 Augustus om 12:09 NM. · Hou van · 3

Kobus van der Walt

Ek het gesê ek praat nie weer nie, maar na wat ek alles weer gelees het en veral van sommige deelnemers, kan ek nie anders as om my stilte te verbreek en maar weer ʼn ou eenvoudige en ongeleerde (ek het by die PUK geswot) “opinietjie” te lig en een vraag te vra nie (jammer Sommie as ek nou ons vriendskap hier befoenkfaai). Ek sien dat hier vier groepe aan hierdie draad deelneem (dit is nou die moderator van die draad uitgesluit – en of ek nou vir die Doktor weer skietgoed gee of nie – daarvoor voel ek ʼn veer): 1. Die stilswyende lesers en een of twee wat een of twee maal iets gesê het. 2. Die Dwalende Paedobaptiste. 3. Die Baptiste (of Kredo/Credo- baptiste), 4. Die Behoudende (en na dese dink ek moet ek dalk begin praat van die “behoudende”) N.G.- lidmate. My vraag aan Groep 4: Waar plaas julle Stefaan de Jager – dalk in ʼn vyfde groep, of dalk saam met julle?

20 Augustus om 12:18 NM. · Hou van · 2

Wynand Louw

Les 2

Daar is drie karegoriee of soorte immanensie en hulle moet nie verwar word nie.

1) Ruimtelike immanensie. God is hier in 3d ruimte. Bv: Die bottel is in die see en die see is in die bottel. Die bottel is nie die see nie en die see is nie die bottel nie.

2) Verhoudingsimmanensie: God is hier en het n verhouding met my. Dit is afhanklik van ruimtelike immanensie. Dink aan n man en vrou wat liefde maak: hulle beleef ruimtelike immanensie maar daar is ook n diep emosionele en kognitiewe band tussen hulle.

3) Ontologiese immanensie. God is in die skepping en die skepping is deel van God. God is die substans van die skepping, soos waterstof en suurstof in water is en die substans van die water is.

In Handelinge praat Paulus van ruimtelike immanensie as hy praat met die grieke op die areopagus. Paulus praat van verhoudingsimmanensie as hy sê “ek leef nie meer nie maar Christus leef in my!”

NERENS IN DIE BYBEL VIND ONS ENIGE ONTOLOGIESE IMMANENSIE NIE BEHALWE IN TERME VAN DIE MENS SE REBELLIE TEEN GOD.

20 Augustus om 12:20 NM. · Hou van · 3

Wynand Louw

Kom ons kyk na wat die Bybel leer oor ontologiese immanensie:

ROMEINE 1:25 AFR83

Dit is hulle wat die waarheid van God verruil vir die leuen. Hulle dien en vereer die skepsel in plaas van die Skepper, aan wie die lof toekom vir ewig. Amen.

Satan sê vir Eva “jy sal soos God wees…”

Die oudste leuen is die leuen van ontologiese immanensie. Van daardie dag af aanbid die gevalle verdorwe mens die skepping in plaas van die Skepper.

Moltmann se verhoudingsontologie en verhoudingsdrie eenheid is afgodsdiens want dit stel die Driee Eenheid oop vir deelname deur die skepping. As ek in verhouding met God is is ek ontologies deel van God. Dit is presies wat Paulus in Romeine 1 verwerp. Nelus Niemand het Tony Jones aangehaal om presies dit te sê in n radiodebat met Johan van Rensburg. “Ons word in die triniteitsverhouding ingenooi.”

20 Augustus om 12:29 NM. · Hou van · 2

Johann Heinrich Ernst

Kobus van der Walt kan homself ook op grond van Handelinge 2 vers 39 ’n “dwalende eksklussief credo baptis” noem. Miskien moet hy net in die Grieks gaan lees as Petrus op die geboortedag van die kerk sê “en julle kinders ..” Al vyf my kinders en my drie kleinkinders is aktief deel van die kerk van Christus en uit genade gered! Dank die Here daarvoor! Wat God by die hulle doop belowe het, het hy reeds waar gemaak in hulle almal se lewens. Hulle glo! En daarvoor was die bekering van vers 38 nie meer nodig nie, want God en my en my vrou ook as klein babatjies ingelyf in sy verbond en sy verbondsbeloftes aan ons waar gemaak. Prys Hom daarvoor!

20 Augustus om 12:36 NM. · Hou van

Wynand Louw

In panenteisme is die sondeval onmoontlik. Tony Jones se boek waaruit Nelus aangehaal het se titel is “A better atonement. Beyond the depraved doctrine of original sin.” Ben du Toit verwerp die leer van die sondeval eksplisiet in sy boek.

In panenteisme is die duiwel en die hel logiese onmoontlikhede. Dis hoekom die genoemde here sê die duiwel is net n bose mag in die mens. Dit is ook hoekom Jaap die bestaan van die hel verwerp in sy kerkbode artikel.

In panenteisme is Jesus God, maar ons almal is God so Jesus is niks spesiaal nie. Daarom ontken du Toit sy wonderwerke en maagdelike geboorte. As Jesus uniek is is panenteisme vals.

Verlossing in panennteisme is onvermydelik evolusioner. Anton van Niekerk en Julian Muller sien die idee dat Jesus ons skuld betaal het as barbaars.

20 Augustus om 12:37 NM. · Hou van · 1

Wynand Louw

Johann kan jy sien hoe jou vriende jou mislei?

20 Augustus om 12:38 NM. · Hou van · 1

Kobus van der Walt

Hierdie is so ’n eenvoudige redenasie wat die onkundiges atyd aanhaal dat ek my nie eens verwerdig om daarop te reageer nie. Ek stel in elk geval nie daarin belang om met jou te praat nie, want ek kies my vriende en ek gesels net met hulle – soos jy waarskynlik 2 jaar gelede ook kon agterkom toe jy my telefonies gekontak het

20 Augustus om 12:41 NM. · Hou van · 1

Wynand Louw

Johann ons het reeds besluit die draad gaan nie oor die doop nie. Ek konfronteer jou hier in die openbaar met die Evangelie van Jesus Christus. Jy moet besluit of jy soos die res van die NG leiers die skepsel wil aanbid en of jy jou aan die Skepper wil onderwerp.

Groete. Ek moet nou gaan.

20 Augustus om 12:43 NM. · Gewysig · Hou van · 3

Johann Heinrich Ernst

As die hart van die Evangelie op die spel kom, kan ’n mens ongelukkig nie meer jou vriende kies nie. Wynand, net Sommy kan ons hier afjaag. Ek weet nie wie die “ons” is wat besluit het die drag gaan nie oor die doop nie. Dit het begin by Belhar en valse of dwaallleer. Wederdoop is dwaalleer. So hier is ons nou. Kobus vd Walt praat van “onkundiges”. Dit gaan nie hier oor wat ander sê nie, dit gaan oor wat in die Bybel self staan. Jy kan nie die Bybel gebruik net as dit jou pas of as jy jou eie optrede (om jou weer te laat doop) wil regverdig nie. Daar staan in Handelinge 2 vers 39 (na die vers wat die wederdopers graag aanhaal, maar nie verder lees nie): humin gar estin he epangelia kai tois teknois human – “vir julle want dit is die belofte en vir die kinders van julle ..” Dit gaan hier direk oor die Christelike doop en die beloftes wat daarmee saamgaan, naamlik sondevergifnis en wedergeboorte/nuwe lewe. Teknon in Grieks is jou eie kind, jou direkte nageslag. Nie jou opgegroeide kind nie. Die word paidion word nie eers hier gebruik, as hy ons as dwalende paedobaptiste brandmerk nie. Wat nou van die Sola Scriptura hier.

20 Augustus om 01:59 NM. · Hou van

Jaco De Beer

Johann die belofte waarna Handelinge 2 verwys gaan oor redding en die belofte van die Gees en nie doop wat belowe word nie. Dis nou ’n heel skewe verstaan en vooropgestelde idee daai. Die Vader belowe die Gees aan die verbond kinders van Abraham en HY adresseer jode op daai stadium. Dis nie die doop wat belowe word nie maar die belofte van die Gees. Moet asb nie inlees wat nie daar staan nie.

En moet ook nie stop soos jy andere daarop wys nie. Lees beide die verse saam en sommer die gedeelte wat wys na die wat geroep sal word ook.

20 Augustus om 03:30 NM. · Gewysig · Hou van · 1

Wynand Louw

Johann is jy n panenteis soos Muller en Durand? Dit is ontstellend dat jy hulle so verdedig. En jou korrekte doopteologie beten niks as dit op n verkeerde fondasie gebou is. So antwoord my asb eerlik?

Is jy n panenteis?

As jy nie een is nie waarom verdedig jy panenteisme?

Hoe regverdig jy panenteisme in die lig van die NGB wat verklaar dat God ewig onveranderlik is en uit niks geskep het?

Hoe verdedig jy panenteisme in die lig van wat Paulus sê oor mense wat die skepping aanbid?

Dit is jammer dat jy nou die saak van die doop uitbuit om dit waaroor dit hier gaan nl dwaalleer in die NGK en die dwaling van Belhar te vermy.

20 Augustus om 02:28 NM. · Gewysig · Hou van · 2

Johann Heinrich Ernst

Nee, Wynand, ek is ’n Christen wat in die Drie-enige God glo en die Vader deur die Seun en die Gees aanbid en dien. Jy verwar teologie en filosofie met mekaar. Ek verdedig dit nie. As ek die Freedom Charter lees en bestudeer en selfs positiewe kommentaar daarop maak (soos dat Suid-Afrika ook aan witmense behoort), maak dit my nie van my ’n ANC nie. Ek buit niks uit nie. Feite is feite, my broer! Jou huis moet teen alle soorte bedreiging kan staan, ook die geloofshuis waarin ons woon.

20 Augustus om 02:55 NM. · Hou van

Gerhard Potgieter

Feit is jy gaan mos nie ’n antwoord kry nie Wynand. But good to challenge the man anyway. If he admits they are wrong he will probably not be invited to the next snoek braai of his friends and he would hate to miss that……He has found some small territory of truth to cling to and now that is all he will talk about. THE REAL CRUNCH ISSUE – the divinity of Jesus Christ – his immaculate conception and incarnation – death for sin and resurrection to eternal reign? Simply a few minor unimportant details to gloss over. If he is a not a pantheist he certainly visits that brothel of pantheists and quite happily smokes their tobacco and drinks their wine. He is certainly unaware of the following verse despite his superior academic qualifications compared to mine 2 Cor 6:14 NIV. Do not be yoked together with unbelievers. For what do righteousness and wickedness have in common? Or what fellowship can light have with darkness? Hmmm……. me thinks Mr Ernst must meditate on this one with his “New Age” friends?

20 Augustus om 02:59 NM. · Gewysig · Hou van · 4

Kobus van der Walt

Matt.10:14 – en daarmee saam: Stilte en neutraliteit spreek boekdele

20 Augustus om 03:16 NM. · Gewysig · Hou van · 2

Henrietta Klaasing

Gerhard, this is for YOU:

For it is written, I will destroy the wisdom of the wise, and will bring to nothing the understanding of the prudent. Where is the wise? where is the scribe? where is the disputer of this world? hath not God made foolish the wisdom of this world? For after that in the wisdom of God the world by wisdom knew not God, it pleased God by the foolishness of preaching to save them that believe. For the Jews require a sign, and the Greeks seek after wisdom: But we preach Christ crucified, unto the Jews a stumblingblock, and unto the Greeks foolishness ( 1Cor 1:19 – 23)

Maybe this is why Jesus choose simple fishermen as his first disciples?

20 Augustus om 03:17 NM. · Hou van · 4

Henrietta Klaasing

Selfs eenvoudige “tandartse” is deesdae welbelese … Die deursnee lidmaat het mondig geword, is ingelig en het kennis verwerf. “Al die kindertjies van Jesus is nie pôpôs nie”, sing Prophet in een van hul heel eerste liedjies.

20 Augustus om 03:18 NM. · Hou van · 3

Henrietta Klaasing

Jaco, hierdie beantwoord jou vraag van vroeër:

Beeld : Ons hou vas aan die bekende sekerhede

20 Augustus om 03:45 NM. · Hou van · 1

Jan Louw

1 Kor 5:9 In die vorige brief het ek aan julle geskryf om nie met mense om te gaan wat in onsedelikheid leef nie. 10 Daarmee het ek glad nie die onsedelikes of die geldgieriges, bedrieërs of afgodsdienaars van hierdie wêreld bedoel nie, want om hulle te vermy, sou julle uit die wêreld moes padgee. 11 Wat ek geskryf het, was dat julle nie moet omgaan met IEMAND WAT HOMSELF ‘N GELOWIGE NOEM, maar wat onsedelik of geldgierig of ’n afgodsdienaar of kwaadprater of dronkaard of bedrieër is nie. Met so iemand moet julle nie eens saam eet nie. 12 Per slot van rekening is dit nie vir my om oor mense buite die gemeente te oordeel nie. God sal oor hulle oordeel. Maar julle moet oor julle eie mense oordeel: “Verwyder die slegte mens onder julle uit!”

20 Augustus om 03:57 NM. · Hou van · 6

Jaco De Beer

Dankie Henrietta, dis tipies wat gebeur as jy die tentpenne moet skuif om die ruim huis van geloof te skep soos Nelus Niemandt daarvan hou om dit te noem. Dan raak die tent lekker groot en gay, new age, panteïs, en wat se -is nog mag inval is welkom. DIe RKK, WRK en alle rade van kerke lekker knus op een hoop in ’n nuwe her-gedefinieerde geloofshuis met ’n lekker nuwe god wat van almal hou.

20 Augustus om 04:00 NM. · Hou van · 3

Jaco De Beer

Jan jy is reg. Daai Skrif is deel van kerkdissipline wat juis bedoel is om die liggaam suiwer te hou en mense tot bekering te roep. Kerk dissipline is een van die mees afgewaterde konsepte van die Bybel in die kerk vandag, want as dit toegepas moet word verloor paar Proffies hul werk en die lidmate krimp met meer as 50%.

Die ander probleem is daar is te veel hoog geplaaste teoloë wie se kinders dalk gay is en die kerk moet verlaat as jy dit toepas. Nie ’n welkome situasie nie.

20 Augustus om 04:04 NM. · Gewysig · Hou van · 2

Somerset Morkel

Nou ja, die doop het wel weer ter sprake gekom – al het ons gedink ons het afgestap vd tema…

Ek gee nie om nie, solank dit sinvol gedoen word, want wanneer mense mekaar van dwaling beskuldig, kan mens nie die argumente se temas kompartementaliseer nie..

So die doop is weer op die toneel.

Maar asb nie as ekslusiewe kinderdoop vs credodoop debat nie, maar binne die konteks van persepsuele dwaling.

20 Augustus om 04:23 NM. · Gewysig · Hou van

Somerset Morkel

Dit is vir my baie interessant dat beide Johann Ernst en Stefaan de Jager die credodoop as dwaling beskou omdat dit ‘werke’ sou wees.

Dit klink vir my asof Wynand Louw ook aansluiting vind hierby, oftewel hy lyk my eerder sterk voel oor die kinderdoop as korrek i.t.v. die verbondsbeskouing vd kinderdopers (lg positief bedoel).

Johann E skryf hier-boontoe: “Al vyf my kinders en my drie kleinkinders is aktief deel van die kerk van Christus en uit genade gered! Dank die Here daarvoor! Wat God by die hulle doop belowe het, het hy reeds waar gemaak in hulle almal se lewens. Hulle glo! En daarvoor was die bekering van vers 38 nie meer nodig nie, want God en my en my vrou ook as klein babatjies ingelyf in sy verbond en sy verbondsbeloftes aan ons waar gemaak.”

Baie interessante perspektief.

Bekering nie nodig nie?

Dit hang natuurlik af wat mens met bekering bedoel en of mens daarmee wedergeboorte bedoel.

Mens is baie baie dankbaar as jou kinders en kleinkinders glo.

My vraag is, glo hulle omdat hulle as kinders in die verbondsdoop gedoop is?

Ek dink mos nie so nie.

Dit sou beteken dat dit gewaarborg is dat alle kinders van verbondsouers gered is omdat hulle gedoop is.

Dit klink vir my taamlik na Rome.

Dit sou ook beteken dat bewese dwaalleraars soos Julian Muller, Ben du Toit, et al ook gered is omdat hulle gedoop is.

Dit klink vir my na woeste dwaling.

Ek vermoed al lankal dat die Hervormers destyds nie ver genoeg gegaan het in hulle hervorming weg van Rome nie –

en dat die kinderdoop vandag ’n sterk band met Rome vorm en die sg. ‘terugkeer’ na die Moederkerk Rome soveel makliker maak –

juis omdat albei op dieselfde manier dwaal oor redding..

20 Augustus om 07:51 NM. · Gewysig · Hou van

Anton Bosch

Die genadeverbond spreek direk tot ons redding. Ons word slegs by hierdie verbond ingesluit (eksperiensieel) sodra wedergeboorte plaasvind.Hoe kan ons dan verseker wees wie daarby ingesluit GAAN WORD, veral as dit nog pap babatjies is? Klink die kinderdoop hieraan gemeet nie dan waarlik na werke nie? Deur die ouers se aksie en belofte word die kind dan nou kwansuis reeds ingesluit. Maw God is beinvloedbaar deur ons as mense? Eerstens kan niemand eers verseker weet of die doopouers ware gelowiges is nie, en tweedens, waar kry ons die belofte dat kinders van gelowige ouers noodwendig ingesluit is onder die genadeverbond? As dit waar sou wees, sou dit dan nog nodige vir hulle wees om self tot geloof te kom? En wat maak ons met die woorde van Jesus: Mat 10:34 Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard.

Mat 10:35 Want Ek het gekom om tweedrag te verwek tussen ’n man en sy vader, en tussen ’n dogter en haar moeder, en ’n skoondogter en haar skoonmoeder.

Mat 10:36 En ’n mens se huisgenote sal sy vyande wees.

20 Augustus om 04:44 NM. · Hou van · 1

Wynand Louw

Johann, ek verwar nie filosofie met teologie nie.

Ons praat nie hier van ’n intellektuele oefening nie. Ons praat van ’n peroonlik e verhouding met die Lewende God, Skepper van die heelal wat Hom self finaal aan ons openbaar het in Sy Seun, Jesus.

Jy bely dat jy in God glo. Ek is regtig bly daaroor.

Jesus het gesê dat as jy Hom lief het, jy Sy gebooie sal onderhou.

Hier is Christus se opdrag aan jou vandag:

1Geliefdes, moenie enigeen glo wat sê dat hy die Gees van God het nie, want daar is nou reeds baie vals profete in die wêreld, maar ondersoek elkeen, ondersoek of sy gees van God afkomstig is. 2Hiéraan ken julle die Gees van God: elkeen wat bely dat Jesus werklik die Christus is wat mens geword het, het die Gees wat van God afkomstig is. 3En elkeen wat dit nie van Jesus bely nie, het nie die Gees wat van God afkomstig is nie. Hy het die gees van die antichris, die gees van wie julle gehoor het dat hy kom en wat nou reeds in die wêreld is.

Met ander woorde: Ondersoek almal wat beweer hulle het Jesus lief om te sien of hulle die Gees van God het of die gees van Satan.

As enigiemand Christus ontken het hy die Gees van die antichris.

Panenteisme ontken die Wese van God, en dus die wese van Christus. Dit is nie maar net filosofie of teologie nie, dit is die gees van boosheid.

Panenteisme ontken die Persoon van Christus. Dit ontken Sy maagdelike geboorte, sy wonderwerke, Dit ontken Sy uniekheid. Ja. Christus is God, maar ons is mos almal God. Moltmann se drie-eenheid maak plek vir die hele skepping in die drie eenheidsverhouding. Nelus Niemandt het dit oor die radio bely, as aanhaling uit Tony Jones se boek. Dit is dus nie meer ’n drie eenheid nie maar ’n multi-eenheid. En as ons deel word van Moltmann se drie-eenheidsverhouding is ons self god, omdat hy glo in ’n verhoudings-ontologie van God. Jaap Durand verkondig Teilhard se KOsmiese Christus: DIe omegapunt waarna ons almal evoleer. Christus is niks besonders nie. Hy is nie uniek nie nie. Hy het net voor die res van ons by die bestemming aangekom. Wat Hy is sal ons ook wees. Omdat panenteisme die unieke Persoon van Christus ontken is dit nie blote teologie of filosofie nie, dit is die gees van boosheid.

Panenteisme ontken Jesus se werk. Johannes sê dat Jesus gekom het om die werke van die duiwel ongedaan te maak. As die duiwel nie bestaan nie, wat het JEsus dan kom doen? Omdat panenteisme die sondeval onken verwerp dit die idee dat Jesus vir ons sonde gesterf het.

Kyk wat skryf Anton van Niekerk, wie toevallig hoog aanbeveel word deur Nelus Niemandt aan my in persoonlike korrespondensie:

Dit spyt my boonop om te verneem hoe vreeslik dit vir u is dat die bestaan van die duiwel, die “hel” en en dus die idee van God se “ewige straf op die sonde”, tereg deur vooraanstaande teoloë bevraagteken word. Dis darem erg as ’n mens slegs in God (bly) glo omdat Hy Een is wat straf, pynig en vervolg! Is die evangelie nie ’n evangelie van genade nie? Eerder as om verdere verwarring in die kerk te help skep, behoort u u eie teologie ’n keer krities onder die loep te neem.

Nelus Niemandt beveel Tony Jones se boek aan in radiodebat met Johan van Rensburg. Kyk wat skryf Jones in die boek wat Nelus aan sy kudde aanbeveel:

The problems with this concentration on God’s wrath are pluriform. First and foremost, it contradicts the experience that most of us have with God, and that a lot of us have with the Bible. Our experience of God is not of wrath, but of love. Indeed, that’s how most people experience God even before they accept the idea that Christ stands between us and God. So it seems odd to first have to convince people that God’s wrath burns against them, then to convince them that Jesus lovingly took on that wrath.

Secondly, it seems that God might need therapy. Consider this: God is really, really mad about human sin. So God looks around for someone to punish for that sin. God sends tornadoes and earthquakes and cancer, but God’s anger still isn’t sated. Finally he finds and innocent victim—who happens to be his own son(!)—and only after killing his son does God’s anger finally abate.

Panenteisme is nie maar net teologie of filosofie nie, Johann. Omdat dit Christus se werk ontken is dit die gees van die antichris.

Ek het jou nou die waarheid vertel. Jy het nou ’n verantwoordelikheid voor die Lewende God en Sy Seun Jesus Christus wat jou gaan oordeel:

10As daar iemand na julle toe kom wat ’n ander leer bring, moet julle hom nie in julle huise ontvang nie en hom selfs nie groet nie, 11want wie hom groet, is saam skuldig aan die kwaad wat hy doen.

As jy Christus liefhet sal jy nie so ligtelik omgaan met panenteisme nie. Jy sal dit aan die kaak stel en die wat dit verkondig soos Ben du Toit, Julian Muller en by implikasie Nelus Niemandt jou huis belet.

Dit is waaroor dit gaan.

Jesus het vir die fariseers gesê: Vandag het die Koninkryk van die Hemel tot by julle gekom!

Dit was ’n uitnodiging om in gehoorsaamheid aan God oor die lyn te trap.

Daardie uitnodiging staan vandag vir jou, Johan: Gaan jy gehoorsaam wees en die dwaalleraars aktief, in die openbaar teenstaan, of gaan jy jouself oorgee aan die gees van die antichris?

Die keuse is joune.

20 Augustus om 04:57 NM. · Hou van · 4

Wynand Louw

Ek gaan nie verder in gesprek oor die verbond of die doop nie, behalwe as dit direkte verband hou met die probleem van dwaalleer in die NGK en Belhar. Belhar ontken die verbond deur te beweer dat mense van een politieke klas Sy witbroodjies is. God is slegs op ’n besonderse wyse die God van die verbond. Maar ek herhaal myself. Sela.

20 Augustus om 05:05 NM. · Hou van · 1

Johann Heinrich Ernst

Het iemand hierbo beweer Wynand Louw is ’n tandarts en dat nie-teoloë soos hy onbelese pôpôs is? Die klassieke formulier vir die nagmaal lees: “.. en ons verkondig aan hulle dat hulle geen deel aan dir ryk van Christus het nie .. alle veragters van God en sy Woord en die heilige sakramente; alle godslasteraars; almal wat skeuring en oproer in kerk en staat wil veroorsaak … twissoekers en die wat in haat en nyd teen hulle nasste lewe; alle egbrekers, hoereerders, dronkaards, diewe … Hulle almal moet, solank hulle in sulke sondes volhard, hulle van die nagmaal onthou, wat Christus alleen vir sy gelowiges ingestel het, sodat hulle oordeel en verdoemenis nie nog swaarder word nie.”

20 Augustus om 06:01 NM. · Hou van

Jaco De Beer

Aan almal: Ek is baie jammer as ek enige persoon aanstoot gegee het omdat ek my vervies het in die gesprekke oor die doop.

Ek het te veel respek vir mede gelowige broers en susters wat die doop as ’n verbondsteken praktiseer. Daar is baie waarheid vir my in die verbondsteologie. Ek staan baie naby aan hoe julle dink oor die verbond en ons deel saam in die gereformeerde belydenis behalwe die doop van babas as vervanging van besnydenis. Ek bely die NGB, Westminster en Dordt met uitsluiting van die babadoop as vervanging van die besnydenis.

Hiermee maak ek nie weer ’n teologiese debat oop nie. Ek wil net verduidelik waar ek staan. Ek wil net weer my respek en agting vir julle as my broers en susters uitspreek en dat ek nooit na julle as dwalend sal verwys of sien nie. Ek sien julle nie as anders as ek of dat my kerk meer waarheid het weens die saak nie. Daar is nie ’n julle en ons vir my nie. Daar is mense naby my hier wat weet hoe my hart klop oor die saak van eenheid met my gereformeerde broers en susters.

Ek wou dit net duidelik maak. Seënwense aan almal wat die Here Jesus baie lief het en ons Vader eer deur Sy Seun onder leiding van die Heilige Gees.

20 Augustus om 06:05 NM. · Gewysig · Hou van · 2

Johann Heinrich Ernst

Jaco, dankie. Vir wat ek gesê het wat aanstoot gegee het, sê ek ook jammer. En om die een of ander rede het ek ’n “like” in Sommy. Ek dink ook ek moet nou groet.

20 Augustus om 06:20 NM. · Hou van

Wynand Louw

Johann ek is onseker oor wat jou pos beteken maar net ingeval, hier is my persoonlike getuienis en waarom ek die nagmaal gebruik.

1 TIMOTEUS 1:12-17 AFR83

Teenoor Christus Jesus ons Here is ek dankbaar: Hy het my krag gegee en my betroubaar geag om my in sy diens te stel, al het ek Hom voorheen belaster, vervolg en beledig. Maar God was genadig teenoor my omdat ek in my ongeloof nie geweet het wat ek doen nie. Ons Here het my oorlaai met sy genade en met geloof en liefde wat ons deel is in Christus Jesus. Dit is ’n betroubare woord en kan sonder voorbehoud aanvaar word: Christus Jesus het in die wêreld gekom om sondaars te verlos. Van hulle is ek die grootste. Maar juis daarom was God my genadig sodat Christus Jesus aan my, as die grootste sondaar, al sy verdraagsaamheid sou betoon en ek ’n voorbeeld kon wees vir almal wat in die toekoms in Hom sou glo om die ewige lewe te verkry. Aan Hom wat vir ewig Koning is, die onverganklike, onsienlike, enigste God, kom toe die eer en die heerlikheid tot in alle ewigheid! Amen.

20 Augustus om 06:32 NM. · Gewysig · Hou van · 3

Gerhard Potgieter

Kom ons wees eerlik die vermyding van die sleutel kwessie/s deur Johann Ernst is vir my die saak. Die probleem van dwaal en die verdoemende getuienis daarvan onder die NG Kerk leierskap. Male sonder tal die laaste dae is hy – Johan Ernst – gevra om onomwonde standpunt in te neem en ek sê weer wat Paulus gesê het. As jy nie daaroor standpunt inneem nie is jy ’n meeloper. Daar sou hoop wees wanneer sulke manne die waarheid begin ondersteun en die valse leer begin teenstaan. 2 Cor 6:14 Do not be yoked together with unbelievers. For what do righteousness and wickedness have in common? Or what fellowship can light have with darkness? Dit is die vraag wat na al die baie goeie debat steeds onbeantwoord is. Die vraag waarvan Belhar ’n kern deel vorm. Steeds is daardie vraag nie beantwoord nie. Sien – dit is waarom mense geloop het vir die regte redes. Gelowige mense en dissipels van Jesus Christus. Dit is hoekom hulle gaan aanhou loop tot daar net die dop van Panteiste, New Agers en meelopers oorbly met so ’n klompie oningeligtes. So staan ons eintlik nog net daar waar ons begin het. Die onverdedigbare word steeds verdedig. Hier staan ek.

20 Augustus om 07:07 NM. · Gewysig · Hou van · 5

Wynand Louw

1 TIMOTEUS 1:3 AFR83

Soos by my vertrek na Masedonië toe, dring ek nou weer by jou daarop aan om in Efese te bly. Daar is sekere mense wat vals leerstellings versprei, en jy moet hulle dit verbied.

20 Augustus om 07:09 NM. · Hou van · 5

Henrietta Klaasing

“Wynand se verwysing oor hoe hy as TANDARTS na die kerk kyk, is reeds ’n vermening” – – Johann Ernst, hierdie sinsnede kom uit jou plasing wat met hierdie woorde begin: ” Toe ons op Universiteit was, was filosofie ’n keusevak… ”

20 Augustus om 07:30 NM. · Gewysig · Hou van

Johann Heinrich Ernst

Sorry, Wynand het gesê dokter. Ek weet goed hy is ’n mediese spesialis. Tandartse is ook dokters, maar dit moet natuurlik oor-, neus- en keel chirurg wees. Henrietta maak egter of ek dit neerhalend of minagtend gesê het. Ek het nie, soos sy wou voorgee, gemaak of Wynand ’n pôpô is nie. Ek het dit ook nie met haar, wat ’n doktorsgraad het, gedoen nie. Miskien moet ons vra waarom sy so gereageer het?

20 Augustus om 07:39 NM. · Hou van · 1

Henrietta Klaasing

Hier is die hele sin Johann. Die sin waarin dit voorkom, het vir my neerhalend voorgekom:

“Wynand se verwysing oor hoe hy as tandarts na die kerk kyk, is reeds ’n vermening van die skulêre met die sakrale, en in terme van sy eie beofening van die teologie op grond daarvan, is hy ook strafbaar met die helse vuur” ( geknip en plak nes dit daar staan)

20 Augustus om 07:42 NM. · Hou van

Johann Heinrich Ernst

Gerhard, vir oulaas: ek het niks vermy nie. Ek het my standpunte, ook geloofsoortuiging, helder en duidelik uitgespreek. Gaan soek skoor met die individue, waaraan julle ’n hele kerk se standpunte en oortuiging wil meet. As Zuma of watter ANC lid iets verkeerd doen of sê, is die hele ANC nie daarmee heen nie. Maar dit is wat jy met die NG Kerk, wat in sy gemeentes daagliks bestaan, doen en aanhou doen, duidelik met bymotiewe. Jy het niks oor jou eie geloof en kerkverband gesê nie. Maar as ek na jou taal en styl kyk, wonder ek maar net. Leierskap is iets wat julle aanhou konstrueer. Jesus het gesê, niemand moet hullself leiers noem nie, want net een is julle leier, en dit is Christus. Ek is ’n gewone kind van my Hemelse Vader en ’n navolger van Christus as my leier. So ook sien bykans ’n miljoen NG-lidmate hulleself. As daar enkele valse stemme is, maak dit nog nie die koor tot niet nie. As die Bulle se huidige spelers swak speel, is die hele unie nie daarmee heen nie. Christus is die Hoof ook van die NG Kerk, nie mense nie. Dit staan ook swart op wit in ons Kerkorde. Ons is nie soos sommige “onafhanklike” kerke wat hulle om ’n persoon of ’n individu se oortuiging groepeer nie. Mense kom en God, God is ewig en bly staan! Julle haat die NG Kerk as liggaam van Christus en soek die NG Kerk se ondergang. Daarvoor is sommige selfs bereid om die NG Kerk vir eie voordeel te skeur. Sny die kanker uit, ja! Maar kry respek vir die liggaam self, hanteer dit met deernis, want dit is nie ons liggaam nie, maar die Here s’n. Nou is ek klaar, behalwe as iemand nog soos Gerhard met oordeel en verdoemenis wil voortgaan. Julle vat aan my geestelike moeder. Sy het haar foute. Maar ek sal haar verdedig met alles wat ek het en is. Sy is en bly my geestelike ma! Ek het haar nie weggegooi of vir ’n ander ma ingeruil, soos ander nie. Ek sal ook nie. Nag, ou grote!

20 Augustus om 07:53 NM. · Hou van

Johann Heinrich Ernst

Henrietta, vervang net “tandarts” met “dokter” en kyk weer na die punt wat ek probeer maak het. Allermins wat jy daarvan gemaak het of probeer maak. Ons leef tog sekerlik met ons voete op die aarde. Ons is tog nog in hierdie wêreld, alhoewel nie van hierdie wêreld nie. Niks maak dominees belangriker as dokters en doktors nie. Ek het dit nooit gesê nie en daarom moet dit my ook nie in die mond gelê word nie.

20 Augustus om 07:58 NM. · Hou van · 1

Henrietta Klaasing

Ons vrouens seker anders “besnaard” as mans, dankie vir jou verduideliking Johann.

20 Augustus om 08:01 NM. · Hou van

Jaco De Beer

Johann, ek hou van jou stelling dat ons nie die bruid van Christus moet weggooi nie en verseker is ek die eerste wat herken daar is gelowiges in elke gemeente in die NG kerk. Ek hou ook baie van jou stelling laat ons met deernis na die bruid moet omsien. Dis tog hoe mens met ’n bruid werk. Mens is ontsaglik lief vir die bruid. Ek wil graag aan jou vra dat ons God en Sy Seun baie lief sal hê en die bruid wat Hy gekoop het as Syne so sal ag weens die prys wat Hy betaal het dat ons nie sal toelaat dat die bruid besoedel word nie. Kom ons veg dan vir die bruid en ons beskerm haar soos die Bybel ons die opdrag gee. Ek hoop jy gaan die uitdaging wat die Woord aan ons rig opneem en die bruid bewaar weens die offer wat haar Bruidegom gegee het om haar te koop.

20 Augustus om 08:10 NM. · Hou van · 2

Jan Kirsten

Die NG kerk , my geestelike ma!!!

Dit spreek boekdele.

20 Augustus om 08:19 NM. · Hou van · 1

Gerhard Potgieter

Uiteindelik ’n lekker dik en lang antwoord van Johann sonder dat hy die vrae beantwoord het. Jammer maar jou mede lidmate glo jou nie. Jou mediese, Rugby, politieke en ander metafore sê ons nie hoekom jy nie die ooglopende ernstige en fatale dwaal nie aanvat nie maar dit eerder verdedig. Dit is nie wat die Woord leer nie. Sny die kanker uit sê jy? Ek wag in spanning – wanneer begin julle? Om my eie metafoor te gebruik. Tien jaar gelede was die brakkie klein en julle het niks gedoen nie. Nou is die brakkie al ’n Rotweiller en julle het steeds niks gedoen nie. Ons is nie baie entoesiasties oor die proses van “kankers uitsny” nie want julle chirurge blyk totaal onbekwaam te wees.

20 Augustus om 08:34 NM. · Gewysig · Hou van · 1

Jan Kirsten

En Jesus se , hy wat sy vader en moeder liewer het as vir My , is nie werd om aan My te behoort nie; ….

20 Augustus om 08:42 NM. · Hou van · 2

Gerhard Potgieter

Net so terloops – ek het nog nooit enige verbintenis gehad met die NG kerk nie. My ouers as volwassenes ook nie. Drie van die vier broers is voltyds in sending. – net so terloops. Jy maak toe nou ’n klomp afleidings. Maar kom ek gooi ’n klip in die bos sonder dat ek veel van jou weet. Met hoeveel mense het jy Johann Ernst op persoonlike vlak die evangelie gedeel die laaste ses maande? Dan nog ’n ding – Jy sny sommer so maklik verby by twee baie spesifieke kommentare wat ek geskryf het oor hoe ontsettend belangrik dit is dat die NG kerk oorleef en hoekom. MAAR nou wil ek mos die NG kerk vernietig. Nou praat ek met jou man tot man verder. Mens dit is tipies. Die self bejammering as jy nie die guts het om op te staan en veg vir dit wat jy in jou siel weet reg is nie. Vergeet wat dit jou gaan kos – ware gelowiges dink nie daaraan nie. Vat die ding vas en baklei vir oorlewing van waarheid man. Hou op om die gemors in jou denomonasie goed te praat en te probeer verdedig – jy kry niks punte voor God daarvoor nie. Stoot jou bors uit vir waarheid en doen wat reg is. Daarvoor kry jy respek voor God en alle ware gelowiges. Wys ons wat in jou steek soos Wynand skaamteloos doen. Selfs hy het foute maar nie dat hy nie die eer van die ware kerk van Jesus met sy hele wese liefhet en probeer beskerm nie. Vergeet die NG kerk – dit gaan oor die ware geloof – die ware kerk van Christus – waarvan die NG kerk ’n goeie voorbeeld en deel van is of ’n bespotting daarvan. Of verwag ons te veel van jou? Verwag God te veel van jou? Man tot man daag ek jou uit om te wees wat Christus wil hê jy moet wees – ’n onverskrokke soldaat van sy waarheid. Come friend – put on the whole armour of God and lets get into batlle for truth and souls – If you do – we are with you and guess what? Jesus too! Mat 28:19-20 Go, therefore, and make disciples of all nations, baptizing them in the name of the Father and of the Son and of the Holy Spirit, teaching them to observe everything I have commanded you. And remember, I am with you always, to the end of the age.” (Holman Christian Standard Bible). So stop playing the intellectual and high brow games and hit the road running with the flame of the true gospel and don’t stop running no matter who or what gets in the way!!

20 Augustus om 09:04 NM. · Gewysig · Hou van · 3

Wynand Louw

Johann ek waardeer dit dat ons in ’n goeie gesindheid kan kommunikeer . Ek is in ’n groot mate persona non grata in die NGK en die feit dat jy ten spyte daarvan bereid is om te lees wat ek tik sê iets van jou persoon en integriteit.

Dankie daarvoor.

Maar ek is erg hartseer omdat jy nie bereid is om standpunt in te neem in die aangesig van soveel getuienis nie. Ek wil jou graag smeek om die saak met die Here uit te stoei.

Ek glo dat jou kollegas in die Moderamen weet dat hulle die belydenisskrifte verwerp. Hulle is nie inkompetente teoloë nie. Dit is waarom hulle met die aanhitsing van Dr PvH quia wil vernietig. Hulle weet hulle pleeg kontrakbedrog met die NGK.

Ek bid vir jou Johann. Eendag gaan jy persoonlik voor Jesus staan. Moenie dat hierdie gesprek dan as getuienis teen jou dien nie.

20 Augustus om 09:29 NM. · Hou van · 5

Gerhard Potgieter

Mooi woorde Wynand uit ’n hart wat omgee. Ek is meer militant van natuur maar gee nie minder om nie. Dit is juis omdat mens omgee. Jou sagter manier van doen soos Jan Lynzaad ook altyd wys hou my nederig en bewus van my skerp kant.

20 Augustus om 09:35 NM. · Hou van · 3

Philip Venter

Ek kom nou soos mosterd na die maal in. Ek wil ook nie die gesprek oor die doop heropen nie. Maar dit het tog betrekking oor hoe ons oor die saak dink. Die NGB art 34 en ander artikels stel dat die doop die bad vd weergeboorte is. Dis n afleiding uit Joh 3:5 en Tit 3:5. Dis n totale skeeftrek van beide hierdie verse en meeste NG dominees stem nie daarmee saam nie. Maar in die openbaar MAG hulle nie daarvan verskil nie. Dan dwaall hulle en is hul amp in gedrang

20 Augustus om 09:41 NM. · Hou van · 3

Johann Heinrich Ernst

Ek het ’n artikel in beeld geplaas waarin ek my sterk uitgespreek het teen die panenteïsme. Ek het dit as lid van die Kuratorium UP by meer as een geleentheid gedoen. Ek het hierbo my eie geloofstandpunte omonwonde gestel. Ek het my teen Sakkie Spangenberg se boek Jesus van Nasaret in die openbaar uitgespreek. Ek het preek op preek gelewer waarin ek my van bepaalde strominge gedistansieer het. Ek het tydens ’n preek by die opening van die Oostelike Sinode openlik uitgespreek en verantwoord. Maar ek het niks gedoen nie. Ek het die dwaling in die NG Kerk vertroetel. Ek is self een van die dwalendes. Ek is ’n panenteïs, ’n liberaal, ek glo nie die duiwel bestaan nie, ek is glo een van dié vir wie Jesus dood in die graf lê. Ek het die afgelope jare met niemand oor Christus gepraat nie. Hoe verweer ’n mens jou teen sulke voorgesette valse beskuldigings. Daar is blindheid in mense se woede teen die NG Kerk. Hulle het hulle eerste liefde verloor. Hoe Gerhard Potgieter met soveel vooroordeel die Evangelie aan ander kan verkondig, bly ’n misterie. Is dit hoe ons daar buite dissipels moet maak? Wat weet hy van wat dit my al gekos het. Hy is plain geestelik hoogmoedig en verwaand! Sommige wat die NG Kerk so blindelings aanval, het selfs owerspel en egbreuk gepleeg voor hulle die NG Kerk verlaat het, en het dit gedoen toe hulle tot orde geroep is. Hulle het selfs nuwe kerke gaan stig. Maar as ’n mens die reguit pad probeer loop, word jy verguis, tot sonde gemaak. Dit gaan baie slegter met ons in die kerk as wat ons dink. Ons kort almal ’n hartgrondige bekering. Nie net dié na wie ons so graag die vinger wil wys nie. Maar ek het eintlik reeds gegroet.

20 Augustus om 11:31 NM. · Hou van · 1

Gideon Aggenbag

Philip, ek volg die gesprek met belangstelling. Net ’n regstelling: Dit is nie NGB Art.34 nie, maar HK Vraag en Antw. 71. Ek reken my opmerkings hieronder is in lyn met Sommie se versoek dat ons net nie weer terugval na groot of klein doop nie.

Eerstens: As jy Joh.3:5 noukeurig lees, sal jy opmerk dat Jesus eintlik met Nikodemus oor die fisiese (uit die water van die moeder) en geestelike (“van bo af”) geboorte praat. Hy het veel later eers, by Sy hemelvaart, die Christelike doop ingestel.

Tweedens: Ek stem saam met jou oor Tit.3:5. Dit het ook niks met die doop te doen nie. Die 1933/35 vertaling gebruik wel die woord “bad”. Die Griekse woord hier is “loetron”, wat beteken wassing, reiniging of dan ook bad. Dit dui op die reiniging wat by die wedergeboorte plaasvind – die “reiniging van die wedergeboorte”. Die 1983 vertaling stel dit dan ook: “Dit het Hy gedoen deur die wedergeboorte wat die sonde afwas”.

Ek het iets oordie doop geskryf (“Die Doop in Perspektief” – ong. 40 bladsye) wat ek graag per epos vir jou sal stuur as jy (of enige van ons gespreksgenote) belangstel. Ek toon o.a. ook daarin aan (uit die O.T.) waarom Jesus deur Johannes gedoop moes word en die betekenis daarvan. (Ek het dit nog nooit in enige ander geskrif verduidelik gesien nie.)

My epos-adres is  gaggenbag88@gmail.com.

Groetnis en vrede.

20 Augustus om 11:42 NM. · Hou van

Jaco De Beer

Oom Gideon, ek het al jou dokument gekry in die verlede. Ek sal waardeer as jy dit vir my weer stuur. Ek het dit nie meer nie.

20 Augustus om 11:48 NM. · Hou van

Wynand Louw

Johann dit is juis omdat ek weet wat jy in die verlede gedoen het, oa jou aksie teen Izak Spangenberg dat jou huidige meeloping so teleurstellend is.

Ben du Toit se teologie is net so destruktief. Hy is voorloper al vir dekades in ATLAS. Hy bepaal in n groot mate die teoloie van ons algemene sinodes! Het jy hulle dokument oor die apostolicum gelees? Dit is vol panenteisteiese en oop teistiese teologie! Kyk bietjie wat sê die dkkument oor boosheid. Die sondeval word nie eers genoem nie. En Pieter Fourie het NGK geld en middele gebruik om Durand se boek en kerkbode artikel te publiseer. Jy is aktuaris. Waarom het jy nie n tugaksie teen Fourie begin nie?

Jy sien Johann jy veroorsaak kognitiewe dissonansie by my. Jou geskiedenis en jou getuienis dat jy die Here lief het weerspreek jou aksies die afgelope paar jaar. Dit is verwarrend om mense te sien wat een ding sê en n ander doen.

Jy noem owerspel. Die van ons wat uit die rokende wrakstukke van owerspel kom weet hoe destruktief dit is. Ons en ons kinders gaan nog vir jare die wonde daarvan dra. Miskien is dit waarom die Evangelie vir ons so ongelooflik kosbaar is. Dit is al waaraan ons kan vashou. Dit is al hoop wat ons het.

Maar hoor dit. God sê vals godsdiens is erger as owerspel. Dink maar hoe jy sal voel as jy jou vrou in die arms van ’n ander betrap. God voel net so maar ’n miljoen maal erger as n verbondskind ’n ander Jesus bring. Dit is waaroor Hosea se boek gaan.

21 Augustus om 06:32 VM · Gewysig · Hou van · 4

Jan Louw

Johann, Ek het ook al vir jou gesê jy loop nie ’n reguit pad nie en jy was kwaad gewees vir my. Wel dit is soos ons dit ervaar. Dit is lyk dit my wat Wynand vir jou probeer sê.

Ek wil nie nog name hier betrek nie, maar van ons heel prominente leiers het die besluit oor die duiwel goedgepraat. Nie een enkele een waarvan ek weet was bereid om in die openbaar te sê: Broers wat ons hier doen is verkeerd nie. NIE EEN NIE! Dit is verlammend. Dit is waaroor hierdie gesprek gaan.

Wynand het met groot opoffering ’n rooivlag probeer opsteek toe hy ’n tugsaak teen Ben du Toit begin het. Ons het ervaar dat die leierskap rondom Ben stelling ingeneem het om hom te beskerm.

Destyds toe Ferdie in sy onervarendheid die leerdwalinge onder die aandag van die kerk probeer bring het, het hy alleen gestaan. Die ringe en die dosenteraad het Julian wat destyds al sy geloof versaak het beskerm. Nou is die verskoning: Die saak is amptelik hanteer.

Gerhard is reg as hy sê: Die brakke het nou ’n rottweiler geword. Die mense wat hier skryf het eenvoudig ons vertroue in die leierskap van die NG Kerk verloor. Enige inisiatief waarmee julle begin, Belhar ingesluit, is nou onder verdenking. Gaan sê dit asb vir ons leiers daar by die moderamen.

Ek wil vir die NG Kerk bid, maar ek weet nie meer wat om te bid nie. Die Here is gesteld op sy eer en ek is ook gesteld op die Here se eer, daarom weet ek nie meer wat om vir die NG kerk te bid nie.

Die woorde van ’n man van God aan Eli is hier van toepassing: 1Sa 2:29 Waarom verag julle my diereoffer en my graanoffer waarvoor Ek voorskrifte in my woonplek gegee het? En waarom ag jy jou seuns belangriker as vir My, deurdat julle julle vet maak met die beste uit al die offers van my volk Israel? 30 Daarom lewer die Here die God van Israel uitspraak: Ek het nadruklik gesê: Jou huis en jou nageslag sal My altyd in die tempel dien. Maar nou sê Ek, die Here: Dit sal nie gebeur nie, want die een wat My eer, sal Ek eer, en die een wat My minag, sal Ek minag.

21 Augustus om 07:55 VM · Hou van · 4

Gerhard Potgieter

Mooi Johann daarvan het ek nie geweet nie – van vriend Izak wel maar nie van die res nie. Ek eer jou daarvoor. Hoekom dan eers die huidige verdedig? Mag jou passie om dit wat skeef is teen te staan groter en sterker opvlam. Jy is in ’n sleutel possisie en sleutel dot die stryd wat regoor die wêreld woed. Dit gaan rof en die stryd is fel. Jy is verseker bewus van wat in die grootste evangeliese Lutherse denominasie in die VSA aan die gang is. Mens se hare staan regop. Om vandag kind van God te wees is duidelik nie vir sissies nie. Jy sal weet hoe manne wat staan vir waarheid in die VSA aangeval word. Almal van ons binne en buite die susterskerke, splitsings vanuit daardie kerke, die AFM (AGS), UCCSA ens. moet stry en sonder om moeg te word teen die invloede, liberalisme, post modernisme ens. wat besig is om in te sypel en selfs oor te neem. Ons mag nie opgee nie. Ons mag nie want vergeet dat die wêreld ons dophou. Die hemele hou ons dop. Groot dele van die Nuwe Testament is apologeties so ons het ons voorbeeld om te volg en ons weet wat gebeur het met die kerk van die vierde eeu af. Die stryd is nie nuut nie en ons het die voorbeeld – so oud al – oor wat gebeur wanneer ons nie alles in die stryd werp nie. Ek is ’n niks of niemand en my stryd is maar meestal om die lokale swart kerke – meestal onafhanklik te rig. Ek verloor die stryd loshande. Maar ek gaan nie ophou nie. Sien gister weer ’n poster – een of ander MAJOR PROPHET gaan in ’n stadion optree. Die “profete” is nou al meer en groter as die Ou Tetament profete – Major I ask you. Ek sien hoe Christen leiers in die omgewing T Joshua se gemors op Facebook post. Ek sien hoe die Pentacostals in Indië belaglikhede preek deur my kontak met mense daar. Ek kan stilbly maar ek mag nie. Mense se siele is op die spel. Jy word uitgekryt, aangeval, beledig maar wat anders kan mens doen? Mense dink jy is ’n dwaas. Ja ek is een, maar ’n dwaas vir Christus en ek weier – ek weier absoluut – om vrede te maak met die status quo in jou denominasie of enige ander. Kom ons vat eerder hande Johann want saam is ons sterker of hoe? Dit is nie “lekker” werk nie maar dit is noodsaaklik en ’n Bybelse opdrag. Ek is al uit ’n gemeente geskop omdat ek dit gewaag het om die predikant aan te vat. Soos ’n melaatse behandel. Dit maak ons vrek seer maar sterker. Ek het ook al gedink daar moet ’n beweging tot stand kom om die kernwaarheid van die evangelie te verdedig en dit in alle denominasies. Gewild gaan so ’n groep nie wees nie maar die behoefte is daar vir ’n “Spanish Inquisition” vir die waarheid. Vrede vir jou.

21 Augustus om 08:14 VM · Hou van · 4

Henrietta Klaasing

Innig dankie Gerhard, vir hierdie pleitdooi uit jou hart uit! Ja, die aanslag is fel en dit is inderdaad wêreldwyd. “Evangelicalism Divided“ van Iain Murray raak ook aan hierdie probleem van die vervlakking van die evangelie. In sy boek bespreek Murray onder andere die kompromieë en verskraling van Christenwees, die kruipende liberalisme wat ’n “geloof” in Christus toelaat wat nie gebaseer is op geopenbaarde waarhede nie en wat sonder Skrifgesag is. Selfs mense soos Billy Graham word deur Murray aangevat.

21 Augustus om 08:36 VM · Hou van · 2

Henrietta Klaasing

Johann, ek wil my stem voeg by dié van Wynand, Jan en Gerhard. Gisteraand voor ek gaan slaap, was jy die laaste persoon in my gedagtes en ook die eerste toe ek wakker word vanoggend – en het ek in my gebede ernstig aan jou gedink. My gewroeg oor jou is soveel te meer omdat ons as gesinne saam gekuier het hier in Groblersdal, ons was saam by die pioniers-bouwerk van die pragtige Kruisrivier kampterrein betrokke gewees, toe jy jou bediening hier begin het. Mag ek dit sê? Ja ek gaan: die Johann wat my oorlede man Willem en ek toe leer ken het, is nie meer die Johann van vandag nie.

21 Augustus om 08:44 VM · Hou van · 3

Jaco De Beer

Broers en Susters dis met alle opregtheid en eerlikheid wat ek hier skryf. Ek weet nie hoekom voel ek so baie vir julle en vir die NG kerk nie….miskien weet ek. Hulle sê mos bloed is dikker as water. Wel ek dink die Heilige Gees is dikker en sterker as bloed (met respek). Ek is diep in my hart geraak deur pleidooie hier soos deur Wynand Louw en Jan Louw. Ek is al ’n geruime tyd diep betrokke by die Kaapse Studiegroep saam met Daniel du Plessis wat ’n groep is wat diep besorg is oor die dwaling in die NG kerk. Die Bybel sê as een lid lei, lei almal. As een bly is, is almal saam bly. Vriende ek is diep besorg oor die Here Jesus eerste en dan Sy liggaam. Sy offer en die Vader wat Sy Seun gegee het is onmeetbaar. Ek dink nie ons verstaan aldag die grootsheid van die genade nie. Daarom dat die Bybel sê wee hom wat die bloed van die Seun van God smaad. Dis vreeslik om in die hande van die lewende God te val. Vriende die saak is eenvoudig. Die Here Jesus is kosbaar en wee Hom wat dit nie ag nie. Kyk hoe skryf Paulus: As iemand die Here Jesus Christus nie liefhet nie, laat hom ’n vervloeking wees! Maranáta! (1Co 16:22)

Aan al my broers en susters hier van die NG kerk wat werklik opreg lief is vir Jesus die Here en Verlosser, ek is lief vir julle en die liggaam van Jesus Christus ons Verlosser is een al ontmoet hulle in verskillende kerke en geboue. Die saak van God is ons almal sin. Jesus is een en nie verdeeld nie. Ons is nie met ’n wêreldse organisasie besig wat kompetisie vir mekaar is nie.

Johann Ernst, moet asseblief nie die saak miskyk dat daar mense is wat die Here Jesus uitmekaar skeer nie. Maak asseblief jou oë oop vir mense wat kom soos lammertjies met mooi woorde, maar die ware evangelie en die Woord van God, gegee deur Sy Gees, herskryf hulle. Waak en bid en moet nie deel daarvan raak nie. Die ruim geloofshuis waarvan Nelus Niemandt praat is nie van God af nie. Dit smaad SY SEUN omdat die mense wat Hy toelaat die evangelie herdefinieer en sentrale waarhede ontken. Lig en duisternis, satan en die Gees van God en Sonde en Heiligheid sit nie langs dieselfde vuur nie. Dis ons plig om die liggaam skoon te hou onder leiding van die Gees deur die Word. Ons kan nie sonde en lering van demone goedpraat en dan vrede roep nie. Wee ons as ons dit doen. Gay is sonde, satan bestaan en die Here Jesus het hom vernietig dat hy soos ’n bliksemstraal uit die hemel val. Panteïsme is afgodery, ikoon aanbidding is afgodery, verwerping van die inspirasie en foutloosheid van die Woord is haat teen God en nie liefde nie.

Laat ons ook die woorde van Paulus opneem: Want ons kan niks doen teen die waarheid nie, maar wel vír die waarheid. (2Co 13:8)

21 Augustus om 10:15 VM · Gewysig · Hou van · 2

Stefaan de Jager

Henrietta, waarom is Johann van destyds nie meer dieselfde Johan as destyds nie? Jy kan nie so `n stelling maak, die dolk in die man se bors laat en wegloop nie! Ons sou minstens kon verwag dat jy hierdie waarneming van jou uitspel.

21 Augustus om 10:55 VM · Gewysig · Hou van

Gideon Aggenbag

Gerhard, ek merk op dat jy skryf: “Ek het ook al gedink daar moet ’n beweging tot stand kom om die kernwaarheid van die evangelie te verdedig en dit in alle denominasies.” Ek waag dit om te sê dat jy jou hier midde-in so ’n beweging bevind. Omtrent almal wat hier skryf is lede van so ’n Forum. Ons het die boek “Die Trojaanse Perd in die NG Kerk – die kanker van evolusie en liberalisme” geskryf. Ons webwerf is “GlodieBybel.co.za“. Een van ons lede, dr. “Xxxxxx Xxxx” het vir Ben du Toit aangekla, en ek het hom by die 1ste sitting daarvan bygestaan, ons het ’n verwoede stryd teen artikels in Kerkbode en “sê jou sê” gevoer totdat die nuusredakteur die aftog geblaas het, ens., ens. Ons handhaaf nie ’n hoë profiel nie. Al ons lede het, om verskeie redes, nog nie aan hierdie debat deelgeneem nie, maar elkeen voer ook sy persoonlike stryd waar sy/haar hand iets vind om te doen – (bv. iets soos wat jy besig is om te doen). Wil jy lidmaatskap oorweeg? Sê maar net.

21 Augustus om 11:01 VM · Gewysig · Hou van · 2

Gideon Aggenbag

Stefaan, ek ervaar Henrietta se opmerking as ’n soort van opsomming van wat byna almal al hierbo gesê het: “Jy was eers by ons, maar nou is jy nie meer nie. Kom asseblief terug”.

21 Augustus om 11:29 VM · Hou van · 3

Henrietta Klaasing

Stefaan, die boodskap was in die eerste plek vir Johann bedoel, en hy sal weet waarvan ek praat

21 Augustus om 11:30 VM · Hou van

Henrietta Klaasing

Gideon, jy is in die kol.

21 Augustus om 11:30 VM · Hou van

Daniel du Plessis

Baie dankie, Jaco. Ek praat namens die Studiegroep as ek sê dat ons werklik die Here se Naam hoog wil hou in wat ons doen. Ons is lief vir die Ned Geref Kerk maar ook uiters besorgd ook dwaalleer wat stadig maar seker plek in die kerk gevind het. Volgens die Legitimasie eed wat ons as leraars afgelê het word ons geroep om teen dwaling te stry en dit is wat ons in liefde probeer doen.

Groete

Danie

21 Augustus om 12:03 NM. · Hou van · 4

Stefaan de Jager

Henrietta, dan moes jy die boodskap aan hom persoonlik gestuur het deur dit te “inbox”. Nou lees ons dit ook en weet nie waarvan jy praat nie. Dit kan so maklik lei tot “name dropping”, waar vae goed oor iemand gesê word en dit dan in die lug hang. Ek glo egter nie dat dit jou bedoeling was nie en vra maar net dat jy dit regstel, anders gaan die kloof tussen julle net groter word.

21 Augustus om 12:05 NM. · Hou van

Henrietta Klaasing

Stefaan: In aansluiting by wat Daniel du Plessis hier bo sê: Johann het sy legitimasie eed waar leraars geroep word om teen dwaling te stry, in ons gemeente afgelê, waar ons gesin van die getuies in die stampvol kerk was.

21 Augustus om 12:20 NM. · Gewysig · Hou van · 1

Henrietta Klaasing

A sheepdog, a warrior, a watchman, a sentinel. This is what I choose to be.

Do You Have What It Takes To Be A Sheepdog?

21 Augustus om 01:05 NM. · Hou van

Johann Heinrich Ernst

Laat ek maar my slotsang hier sing. Hierbo word nie net oordele oor my uitgespreek nie, maar my integriteit wesenlik aangetas. Wynand noem my ’n meeloper. Jan Louw sê ek loop nie die reguit pad nie. Vir Henrietta het ek iemand anders geword. Vir Gideon Aggenbag, wat nog nie in sy lewe ’n woord met my gepraat het nie, is ek nie meer by sy “ons” nie. Dit is alles so ad hominem as wat ’n mens kan kry. Vir Daniel du Plessis is ek ’n verbreker van die legitimasie-eed.

Daar is ook iets soos sosiale en emosionele intelligensie. Die geheim van die lewe is om goeie verhoudinge met diegene om jou, ook in die kerk, in stand te hou. Ons kan net ’n verskil maak, as ons by en saam met mense is. Dikwels is diegene om ons, nie gelyksoortiges en gelykdenkendes nie. Maar liefde en omgee maak die groot verskil. Wanneer ’n mens soos Wynand, Jan, Henrietta en Gideon patroneer (neerbuigend optree) en daarby ander se integriteit bevraagteken, kry verhoudinge skade. Voeg nog daarby ’n stuk hooghartigheid, gebrekkige insig, beterweterigheid, en niks is daarna meer oor nie. Daarom is daar ook huweliks- én kerklike egskeiding. Mense besit nie ander mense nie (“by ons”) en beskik ook nie oor ander mense nie (“iemand anders geword”). Dit is slegs wanneer ’n met opregte bedoelinge ’n verskil tussen ander mense kan maak, wanneer ’n mens van jou troon afklim, jou persoonlike menings en belange tweede stel, wanneer mens kwesbaar en weerloos word, dat ander deur jou oortuig kan word. Wynand en ander, julle dink dat julle goed doen, julle glo dat julle goed bedoel, maar eintlik is julle besig om die Evangelie en die NG Kerk groot skade aan te doen (soos “abuse” en patronisering en alewige twis by die huis ook huwelike en gesinne vernietig). Daar is ander, beter maniere om ’n verskil te maak. Ek is dankbaar dat die Here my gebruik waar ek is. Ek is niemand se meeloper nie, net Jesus se navolger. Ek is nie by “ons” en ook nie by “hulle” nie. Ek het in geen opsig my legitimasie-eed verbreek nie, ook nie my doopgelofte waar ek my voor God aan die leer van die NG Kerk verbind het en op sy genade alleen steun nie. Ek loop nie die “reguit” pad óf die “kronkel” pad nie, maar volg liewer die “small” weg waarop daar teenstand kom. En ek hoef nie te treur oor gebroke en verwoeste verhoudinge, huislik en kerklik, nie. Want waar daar liefde is, daar is God die Heer. Wynand, pasop dat die Hemelse Regter nie eendag dieselfde van jou sê as wat daardie aardse regter vir jou gesê het hoe jy met ander omgaan nie. As jy in bekering glo, moet jy dit nie meer aan ander doen nie. Ek voel aan my eie lyf wat jy en ander aan mense doen. Ek wil nie en ek kan nie onder dieselfde dak só leef nie! Jammer dat ek dit moes sê, maar hier staan ek, ek kan nie anders nie!

21 Augustus om 01:32 NM. · Hou van · 1

Johan Schütte

Sprinkled and dunked. Finally Paedos and Credos can agree on something!

21 Augustus om 01:36 NM. · Hou van · 2

Jaco De Beer

Hierdie mense dra die vrug van bekering. Doen jy en die sinode? Of spreek jul sonde goed soos homoseksualiteit. Weerlê julle die Woord. Ongelukkig moet ek van julle praat want jy is deel van die sinode. Julle laat wolwe gedei en die kerk en Sy skape skeer. Jy is dus die laaste persoon wat kan praat van verhoudings en omgee. Julle gee nie vir die evangelie en Jesus Christus om nie. Soos jou kollega Gerhard Bothma al gesê het: daar is baie weë na God. Waarom dissiplineer julle hom nie? “Talk is cheap.” Hy bevorder Borg en Spong….jammer ek het vergeet Spong is ’n RKK so hy is eintlik ok. Nee-wat Johann, gaan dra die vrugte van bekering. Wynand wys dit.

21 Augustus om 01:45 NM. · Hou van

Johann Heinrich Ernst

Ek wou nie Jaco se naam byvoeg nie, want hy het reeds verskoning gevra vir sy eie optrede. Maar sy verskoning het net ’n dag gehou. Hy is meer beledigend en vervolgend as ooit. Nog ’n voorbeeld van patroniserende optrede op hierdie draad.

21 Augustus om 01:51 NM. · Hou van · 1

Johann Heinrich Ernst

Henrietta, “he will never turn his teeth on the flock” In jou poging om die wolf af te weer, het jy met jou opmerkings hierbo ’n skaap gebyt. Verder, die legitimasie-eed word nie by bevestiging in ’n gemeente afgelê nie, maar by die legitimasie self.

21 Augustus om 01:58 NM. · Hou van · 1

Jaco De Beer

Johann, jy het ’n totale wanbegrip van oordeel. Wat was veroordelend en wat was reguit die waarheid.

21 Augustus om 02:00 NM. · Gewysig · Hou van · 1

Jaco De Beer

Wat is onwaar wat ek genoem het? Waarom tree jy nie op teen die mense wat openlik die kerk verskeer met dwaling nie. Nou kies jy teen mense wat Bybelse waarheid bepleit.

21 Augustus om 02:00 NM. · Gewysig · Hou van · 1

Jaco De Beer

Johann ek het nie en sal nie verskoning vir die waarheid nie. Ek het verskoning gevra oor my skerpheid weens aantygings van dwaling oor my oortuiging van doop.

21 Augustus om 02:02 NM. · Gewysig · Hou van

Johann Heinrich Ernst

Jaco, Gerhard Bothma is nie my kollega nie en hy dien nie in die Moderamen van die Algemene Sinode wat op hierdie draad as die “leierskap” van die NG Kerk onder skoot is nie. Net so is prof Jaap du Rand nie eers predikant van die NG Kerk nie. Maar so skiet ’n mens met ’n haelgeweer. Soos my vrou se oom altyd gesê het: “As ’n hoer in die Kaap dood is, is dit seker ook my skuld!” Verskoon die kras taal. En dan is Spong, sover ek weet, nie van die RKK nie, maar van die Amerikaanse Episkopaalse Kerk. Ek het niks met hom te doen nie, en hy ook nie met my nie. Die NG Kerk het in sy amptelike besluite “sonde soos homoseksualiteit” goed gespreek nie. “Talk” is werklik “cheap”. Is dit die vrugte wat by die bekering pas, waarvan jy praat: Leuens, bedrog, onwaarhede, valsheid, beledigings, misplaaste opmerkings, vals beskuldigings …

21 Augustus om 02:13 NM. · Hou van

Jaco De Beer

Johann die punt en vraag wat ek maak is dat daar baie mense is wat dwaalleer bevorder en openlik leer en ek kan jou name noem en wat hulle leer soos baie hier al aan jou genoem het. Waarom kom diesulkes weg en waarom tree jy nie op nie.

21 Augustus om 03:01 NM. · Hou van

Jaco De Beer

Jou stilte skep die beeld van goedkeuring en meegaan.

21 Augustus om 03:01 NM. · Hou van

Stefaan de Jager

Hierdie hele draad het ontspoor. Ek sê weer dat ek Johann se teenstanders hier presies dieselfde beleef as sy teenstanders destyds op JO se werf. Daar was dit meestal mense wat die Woord net sien as die woorde van mense oor God. Hier word hy op dieselfde wyse verguis deur mense wat die Woord bely as die Woord van God. Die Satan wat julle so beveg, lag al die pad oor die sluwe manier wat hy julle hier mislei het. In jou poging om `n ander ou uit te wys as misleier is jy al die pad die misleide sonder dat jy dit agtergekom het.

Ek sou graag eendag vir Johann wou ontmoet en self met hom wou gesels oor baie dinge wat hier oor die kerk en leiers gesê word, wat ongelukkig baie van waar is. Ek is egter oortuig dat daar `n ander manier is om die dwaling in die kerk te beveg as wat dit hier gedoen is, deur `n medebroer uitmekaar te skeur.

Ja my hart bloei ook oor die Evangelie wat so in die spervuur kom deur baie slange en adders in die kerk. Ek huil oor diesulkes wat die Godheid van Jesus aantas, wat Sy maagdelike geboorte en liggaamlike opstanding loën, wat die Satan net as bose mag verklaar terwyl Jesus dit anders het en Sy lewe gegee het om ons te verlos van die mag van die Satan. As Satan maar net `n bose mag was, het Christus mos met respek gesê, Sy lewe vir spek en boontjies gegee? Ja my hart bloei daaroor dat ons al vir 30 jaar mislei word om onnodige energie op Belhar te mors, terwyl die brandpunte wat hier uitgewys word, gesmoor word deur goed wat geen ewigheidswaarde het nie. My hart bloei oor mense wat die Woord van God beroof het van God en die Heilige Gees self en God se praat degradeer van die Almagtige se Woord tot die woord van `n mens sodat ons daarmee kan maak wat ons wil.

My hart bloei egter ook oor die liefdeloosheid wat ek hier beleef het en ek dink die Here se hart bloei ook.

21 Augustus om 03:02 NM. · Hou van · 1

Jaco De Beer

Plus dit wil voorkom dat jy die stemme wat hier opgaan nie hoor nie en eerder gevoelloos ignoreer en afmaak. Terwyl dit mense is wat werklik besorg is.

21 Augustus om 03:02 NM. · Hou van

Johann Heinrich Ernst

Jaco, vra eers verskoning vir die onwaarhede wat jy my gevra het om uit te wys, dan praat ons respekvol en in liefde verder. Want ons sal ’n weg moet vind om soos Christene, kinders van die Here, met mekaar te praat. Ons kan nie wat kosbaar vir ons almal hier is, vir die varke gooi nie.

21 Augustus om 03:04 NM. · Hou van

Jaco De Beer

Wat se onwaarhede.

21 Augustus om 03:08 NM. · Hou van

Johann Heinrich Ernst

Jaco, dat Gerhard Bothma my kollega is, dat die NG Kerk in sy amptelike besluite die “sonde van homoseksualiteit” goed gespreek het, dat Spong van die RKK is …

21 Augustus om 03:13 NM. · Hou van

Stefaan de Jager

Jaco, ek stel voor jy hou nou maar op. Iewers moet jy leer om minder te praat en die laaste sê te wil inkry. Ek het dit vir jou gister ge-inbox, maar jy kry blykbaar nie die boodskap nie. Jy is op hierdie wyse nie meer met die eer van die Here besig nie, maar met jou eie eer. Ek dink die geveg is oor en ons het almal verloor. Tragies, want eintlik moes ons almal as wenners hier weggegaan het. Ek dink die Satan in wie se bestaan du Toit en andere nie glo nie, is baie ingenome met homself oor wat hy hier vermag het!

Ek vertou dat Rom 16:20 vir ons waar sal word: “En God wat vrede gee, sal die Satan spoedig onder julle voete vertrap.”

21 Augustus om 03:21 NM. · Hou van

Jaco De Beer

Stefaan, ek en jy het niks vir mekaar te se nie. Jy is ook nie oor my aangestel nie. Jy is ook nie my mentor nie. Miskien moet jy ook jou eie lewe gaan uitsorteer voor jy oor ander spreek.

21 Augustus om 03:31 NM. · Gewysig · Hou van

Stefaan de Jager

Jaco, onthou tog dan net dat jy op jou beurt weer nie oor Johann aangestel is en ook nie sy mentor is nie!

21 Augustus om 03:38 NM. · Hou van

Jaco De Beer

Johann, oor Spong is jy reg. Ek was verkeerd. Ek het sy kerk met die RKK verwar. GB is volgens my jou kollega want hy is ’n predikant in die NG kerk waarvan jy een van die leiers is. Hy werk nie saam met jou in jou eie gemeente maar jou posisie in die NG kerk raak hom direk as ek reg is. Tweedens kan ek nie onthou dat ek gesê het die sinode het dit goedgekeur nie maar dat baie van die kerk se predikante openlik bely dis nie sonde nie. Ek het jou gevra waarom jy dan nie optree teen diesulkes nie.

My vraag aan jou bly waarom tree jy as leier in ’n baie hoë posisie in die NG kerk dan nie op teen die goed wat openlik is nie. Dis feite wat nie ontken kan word nie en dit kan ook uit die Bybel weerlê word.

21 Augustus om 03:39 NM. · Hou van

Jaco De Beer

Stefaan, ek praat met Johann en nie met jou nie.

21 Augustus om 03:39 NM. · Hou van

Stefaan de Jager

Johann skryf hierbo: “Ek is niemand se meeloper nie, net Jesus se navolger. Ek is nie by “ons” en ook nie by “hulle” nie.”

My pa het vir ons geleer dat iemand wat konsekwent die waarheid soek, nooit heeltemal net in een kampie sal inpas nie. Meestal sal jy deur die wêreld maar soms ook deur die gelowiges misverstaan word. Hy het dikwels ervaar dat hy soms in die kerk as liberalis uitgekryt is omdat hy in die apartheidsjare daarteen gepraat het. Ander kere is hy weer as verkramp beskou omdat hy nougeset aan die Woord van die Here wou leef.

21 Augustus om 05:28 NM. · Gewysig · Hou van

Johann Heinrich Ernst

Jaco, by die laaste Algemene Sinode het ek my stem laat hoor oor die besluite rakende die duiwel en homoseksualiteit. Tov die duiwel het die Algemene Sinode hom duideliker as ooit uitgespreek dat die duiwel bestaan en inderdaad ’n werklikheid is. Tov homoseksualiteit het ek voor die hele vergadering gevra dat ons nie die 2007-besluit verander nie, omdat dit ernstige gevolge vir die NG Kerk sal hê. Die Algemene Sinode het met algemene stem beide voorstelle goedgekeur. Wat kan ’n mens meer doen? My aan die brand steek voor die afgevaardigdes?

21 Augustus om 05:31 NM. · Hou van

Jaco De Beer

Nee Johann die sinode het gesê hy aanvaar beide teologiese sienings. Maw die sinode ontken Jesus se lering oor die satan.

Daar is nie twee leringe deur Jesus oor die satan nie.

21 Augustus om 05:39 NM. · Gewysig · Hou van

Jaco De Beer

In Nelus se woorde: die ng kerk is ’n ruim geloofshuis wat almal kan huisves.

21 Augustus om 05:42 NM. · Hou van

Jaco De Beer

Oor homoseksualiteit: die sinode het dit nog nie goedgekeur nie. Dis waar. Ek glo jy weet hoeveel predikante dit reeds openlik bely. Die Wes Kaap sinode het ’n versoek van meer as 20 predikante voorgelê om dit toegelaat te kry. Wat sê jy daarvan. Wat gaan jy maak as die sinode dit instem.

21 Augustus om 05:45 NM. · Gewysig · Hou van

Daniel du Plessis

Ín die lig van die jongste ‘comment’ van Jaco wil ek noem dat daar ín ons plaaslike gemeente verlede Maandagaand ’n bespreking was met die onderwerp: ‘Intimiteit binne gevestigde verhoudings: Nogal veelseggend sou ek sê.

21 Augustus om 06:42 NM. · Hou van · 1

Johann Heinrich Ernst

Jaco, die Algemene Sinode (AS) 2013 het besluit: “Die AS aanvaar die werklikheid dat daar ’n wye diversiteit van interpretasies en toepassing van die Bybelse boodskap oor die bose en demone binne die NG Kerk is. Daar is lidmate wat die persoonlike aard van die duiwel en demone aanvaar, en daar is lidmate wat die nie-persoonlike aard van die duiwel en demone aanvaar. ALBEI STANDPUNTE ERKEN DIE REALITEIT VAN DIE BOSE.” Daar is no so iets soos “Jesus se lering oor die satan nie.” Die Gereformeerde kerke het ook nie ’n leerstuk oor die satan nie. Die Gereformeerde belydenisskrifte praat op ’n verskeidenheid maniere van die bose, soms in die enkelvoud, soms in die meervoud. Hoe kan die satan sonder meer persoon wees, as satan terselfdertyd as dier of slang of gees of krag of gevalle engel, ens. aan ons in die Skrif bekendgestel word. Jesus sê selfs vir Petrus: “Gaan weg van my Satan.” Daar word op baie plekke in die Skrif “onpersoonlik” van die duiwel of satan gepraat. Niemand op aarde het die satan nog van oog tot oog gesien nie – ons het wel God gesien wat hom persoonlik in en deur Jesus aan ons geopenbaar het. In Johannes 13 vers 27 lees ons dat die satan in Simon Iskariot ingevaar het. Hoe kan een persoon in ’n ander invaar? Tog is daar ander plekke in die Skrif waar die satan of duiwel met persoonlike eienskappe voorgestel word. Is dit personifikasie of werklik persoonlik? En oor die sogenaamde 20 predikante, die Wes-Kaapse Sinode en homoseksualiteit het jy die kat aan die stert beet. Dit was 26 lidmate, waarvan ’n aantal predikante was, en Lina Spies het intussen bedank uit die kerk. Daar was ’n hele klomp nie-predikante (regsdosente, joernaliste, ens) onder hulle. Hulle beskrywingspunt is nie aanvaar nie. Dus kan jy my nie aandadig of medeplitig maak aan enigiets wat hulle gevra of gedoen het nie. As is verbrande hout. Ons kan nie spekuleer of reageer op iets wat ’n “as” is nie. Wat maak jy as die hemel op jou val?

21 Augustus om 08:04 NM. · Hou van · 1

Stefaan de Jager

Dalk iets vir ons almal om aan te dink: ‘Do not consider it a great victory that you have outwitted someone in a theological debate. Instead, transform youself into a person of peace, compassion and loving kindness. Now that would be something to celebrate!” – Jim Palmer.

Of Palmer nou `n gelowige is of nie sal ek nie weet nie, maar ek sou graag die laaste sin wou verander na ” Instead, ask the Holy Spirit to transform you into a person of peace, compassion and loving kindness”, want ek kan my tog nie self in so `n mens verander nie.

22 Augustus om 12:00 VM · Hou van · 3

Henrietta Klaasing

Lees oor waarom die vernietiging van die belydenisskrifte saak maak hier:

Die vernietiging van ons belydenisgrondslag. Waarom dit saak maak.

23 Augustus om 07:16 NM. · Hou van · 1

Henrietta Klaasing

‘n Kort maar kragtige bydrae TEEN Belhar deur Dr. TC Breitenbach onder die opskrif: “Kerk is ons ’n verduideliking verskuldig

25 Augustus om 02:54 NM. · Hou van · 1

Philip Venter

Ek weet nie meer wie om te glo nie. Het Johann Ernst nie nog so rondom Vrydag gesê die VGK vereis nie meer BB vir kerkvereniging nie?

25 Augustus om 04:39 NM. · Hou van · 1

Henrietta Klaasing

Nou ja, daar is al lank sprake van “besorgde lidmate” van verskillende lidmate wat hul kragte saamsnoer – lyk my dit het nou gebeur! Calvinistiese Alliansie kom tot stand in Pretoria

26 Augustus om 01:19 NM. · Hou van · 3

Louis Van Jaarsveld

Johann Ernst, mag ek vra – waarom wurg jy vir Wynand? Is dit dalk “sensual”, om Moltmann se woord te gebruik, of was dit deur die Gees van Christus geïnspireer?

Wynand weet ek is gekant teen ’n benadering wat nét negatief is. Ons weet almal daar is wel mense wat in die verlede die Here persoonlik in die NGK leer ken het. Wynand was byvoorbeeld mans genoeg om soos die tollenaar voor die Here in trane te wees oor wat hy verkeerd gedoen het – as jy op sy blog lees aan die begin van verlede jaar. Hoeveel maal het hy nie jou bydrae in die gesprek hierbo waardeer nie? Hoeveel sinvolle bydraes het jy nie hierbo gemaak nie – myns insiens oor Belhar ook wat nie noodwendig marxisties is nie, maar tog vir so ’n vertolking vatbaar sou kon wees? Maar jy besluit nogtans om onder die belt te slaan?!

Jy kan wel anders, man. Hou asb op daarmee – dis nie bietjie onverdraagsaam en en vreemd aan die vryheid wat die Here Jesus bring nie…

Wynand het nie egbreuk gepleeg nie, maar bly soos Hosea by die genadeverbond.

27 Augustus om 02:09 NM. · Hou van · 3

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui