NGK/Facebook debat oor Nelus se Dagbreekonderhoud

Kyk ook:

Die volgende het op 5 Mei 2013 om 19:01 op NGK Facebook verskyn na aanleiding van ’n onderhoud met Nelus Niemandt op Dagbreek. Vir meer agtergrond hieroor, kyk Ongegronde klagte benadeel evangelie – moderator.

********

Die moderator van die NG Kerk, Nelus Niemandt, praat oor veranderinge in die kerk op Kyknet se Dagbreek. Hy verduidelik in 5 minute waarom verandering soms spanning bring, maar ook waarom dit uiters noodsaaklik is dat daar mense in die kerk is wat in nuwe omstandighede nuut moet kan dink.

Kyk ook Dagbreekonderhoud met Nelus Niemandt (25 Apr 2013)

Kommentaar op Facebook

Kobus Hattingh

Die probleem met Nelus Niemandt en Kie is dat hulle die Bybel nou probeer aanpas om by die mense van vandag aan te pas. Ek beplan om in die NG Kerk aan te bly maar nee dankie vir Nelus en sy ‘nuwe’ gospel.

5 Mei om 07:05 NM

NG Kerk

Die NG Kerk se amptelike besluite oor skrifbeskouing gee verdere agtergrond vir Nelus se opmerkings – http://www.kerkweb.org/sites/default/files/15_Bylaag_-_Skrifbeskouing.pdf

5 Mei om 07:10 NM

Kobus Hattingh

We’ll dankie tog nie alle Dominees preek Kerk doktrine nie maar hou hulle darem besig met die Woord van die Here wat self tot mense spreek sonder die inmenging van mense opinies. En vir my en vaie NG ledemate (en ja selfs Dominees) kan Nelus maar sy eie Bybel skryf.

5 Mei om 07:14 NM

Gerhard Bothma

Verandering is onafwendbaar, maar nie altyd maklik nie. Veral nie as jy dink jy is “reg” (of ‘goed’ ens) en het nie verandering nodig nie. Die uitdaging, dink ek, bly om te vra of dit oor “ek” en “my” welwese gaan en of dit ten behoewe van n groter “ons” gaan. “Ek” en my groep is mos nie vir God belangriker as iemand anders nie?

5 Mei om 07:17 NM

Kobus Hattingh

Presies. Die Bybel het deur die eeue reeds waarheid tot mense se harte gespreek en dit is nie nodig vir enigNiemandt om dit nou te probeer aanpas of herinterpreteer sodat dit meer ontvanglik sal wees nie. Of jy soek die waarheid of jy doen nie en om mense nou te probeer verdeel in groepe is teenproduktief en sal lei tot n grootter verlies aan lidmate. Spreek die woord en laat die saad val waar dit moet. Ons soek nie onkruiddoders nie want baie is giftig opsigself

5 Mei om 07:21 NM

Albert Cruywagen

Spanning soos in Hofffie brief in Kerkbode: NG Kerk op glybaan! (sic)Gelukkig is die meerderheid NGK leiers nuutdenkers. Hou so aan. Ons stap saam.

5 Mei om 07:23 NM

David Kruger

Wat ek graag sal wil weet is: Van waneer af is daar ’n “Moderator van die NG-Kerk”? Is die amp van Moderator nie maar beperk tot Voorsitterskap van die Algemene Sinode nie, en sodra die vergadering verdaag is daar nie meer so ’n amp in die kerk nie? Of het die amp nou “Pous” geword in die NG-Kerk wat namens die kerk kan praat?

5 Mei om 08:03 NM

NG Kerk

David, ons sou hom ook die voorsitter van die Moderamen van die Algemene Sinode kon noem, maar dan weet niemand waarvan ons praat nie. Die Moderamen neem verantwoordelikheid vir die leierskap tussen sinodesittings, en het spesifieke verantwoordelikheid vir o.a kommunikasie. Die moderator van die laaste Algemene Sinode word as voorsitter van die Moderamen verkies. Hierdie voorsitter het ’n beperkte verantwoordelikheid in ’n Gereformeerde kerk, maar word wel as ’n verteenwoordiger van die kerk gesien vir die tydperk wat hy verkies is. Jy kan meer hieroor lees in Reglement 1 van die kerkorde.

5 Mei om 08:28 NM

David Kruger

Aaahh so tipe “Pous” dan. Skuus man, ek is bietjie agter die tyd. Was onder die indruk dat hy/sy net die voorsitter is van ’n vergadering. Thanx, nou is ek ook weer by.

5 Mei om 08:30 NM

Henrietta Klaasing

“The Dutch Reformed Church is weak and getting weaker, awash in theological liberalism and secular agendas.” (Kevin de Young, na sy onlangse besoek aan SA) – Lees meer hier: Thoughts on the Trip to South Africa.

5 Mei om 09:15 NM

Wynand Louw

Dr Ben du Toit se sienings tydens die ondersoek het die belydenisskrifte direk weerspreek.

Ek beplan om eersdaags ’n volledige verklaring oor die ondersoek uit te reik.

Al wat ek op hierdie stadium kan sê is: As Dr du Toit se sienings soos verwoord tydens die ondersoek aanvaarbaar is vir die leierskap van die NG Kerk is die NG Kerk nie meer ’n belydeniskerk nie.

5 Mei om 09:46 NM

Albert Cruywagen

Nelus (moderator ofte nie!), carry on. Ons stap saam. Die doemprofete is “has beens” en randfigure.

5 Mei om 09:53 NM

Cobus Van Wyngaard

Ek lees pas Francine van Niekerk se artikel oor die perke van sosiale media. Wynand, gegewe die feit dat jy die aanklaer was is ek nie seker of jou publieke verwerping van die uitspraak sal kan deurgaan as nie “met voorbedagte rade of in ’n gees van kwaadwilligheid” nie.

Op ’n ander noot, as Ben dan wel binne die breë stroom van die NG Kerk beweeg, is jy nog bereid om lidmaat van hierdie kerk te bly gegewe die feit dat jy oordeel dat jou kerk nie meer ’n belydeniskerk is nie?

http://kerkbode.co.za/sosiale-media-waar-le-die-perke/

5 Mei om 10:18 NM

Wynand Louw

Volgens die Kerkorde van die NG Kerk het ek 21 dae gehad om te besluit om appèl teen die ondersoekliggaam se bevinding aan te teken of nie. Die bevinding is op Saterdag 20 April bekend gemaak.

Prof Niemandt het hom in die uitsending op 25 April namens die leierskap van die NG Kerk uiters bevooroordeeld bewys. Dit maak dit onmoontlik om teen die uitslag appèl aan te teken, omdat enige appèlliggaam as gevolg van Prof Niemandt se uitsprake bevooroordeeld sal wees.

Ek betreur Prof Niemandt se minagting van die Kerkordelike proses, en die feit dat hy deur sy optrede die kerkordelike proses van appèl na ’n hoër vergadering in die wiele gery het.

5 Mei om 10:30 NM

Gerhard Bothma

Waarom is dit dat mense wat ander voortdurend tot bekering oproep hulleself nie aan dieselfde oproep wil onderwerp nie? Wynand en Henrietta, snap julle regtig nie wat Nelus se nie?

5 Mei om 11:16 NM

Adil Smit

Lees vandag in die kerk-koerant dat NGK kinderhuise onder geweldige druk is, dat Kestell kinderhuis toegemaak het. Dalk moet ons minder aandag gee aan interpretasies en belydenisskrifte ens ens. As Jesus nou op aarde was sou hy sekerlik aandag gegee het aan kinders in nood. Mense het dominees nodig wat huisbesoek doen en omgee – nie teoloe wat so slim is dat hulle voel hulle moet die Bybel herskryf.

5 Mei om 11:32 NM

Kobus Hattingh

Die NG Kerk se ‘NUWE” psalm? http://www.youtube.com/watch?v=SKqzayNo4Dk

6 Mei om 07:24 VM

Somerset Morkel

Nelus Niemand se uitspraak in die onderhoud dat Ben du Toit se sienswyse oor die Bybel en die belydenisskrifte “deel is vd hoofstroomdenke vd NGK”, is ’n duidelike aanduiding dat die NGK besig is om vals kerk te word. Ben du Toit se sienswyses is onbybels – hy glo bv nie in die bestaan vd duiwel nie, en hy glo in evolusie,en hy is van mening dat Jesus en die Apostels van destyds nie oor die kennis beskik waaroor ons vandag beskik nie. Sy lg stelling in sy boek ‘God?…’ is tragiese filosofiese arrogansie, want daardeur is dit duidelik dat hy Jesus begrens, en nie verstaan dat Jesus as Skepper deur die Skrif aangedui word nie. Die feit dat Jesus erken het dat Adam en Eva die eerste mense was, misken hy daardeur ook. Hy weet derhalwe beter as die Skrif en as Jesus self. Daardie intellektuele arrogansie is die goedere wat mense vandag uit die NGK dryf – in ’n groeiende golf. Dit is ook nie alleen dit nie, maar beide Ben du Toit en Nelus Niemandt maak hul skuldig aan intellektuele oneerlikheid deur te konstateer dat hy (BdT) die Skrif en die belydenisskrifte onderskryf. Dit is bloot nie waar nie. Nelus Niemandt se beeld vd bree rivier is waar… Die rivier word egter nou so breed en gekontamineer met modernistiese onbybelse denke dat die diegene wat die waarheid vd Skrif aanvaar (noem dit nou maar soos Nelus Niemandt ‘die hekwagters’), nie meer in die besoedelde stroom kan meevaar nie.. Daar kom ’n tyd om te gaan, en daardie tyd is nou, en al meer mense loop: die stroom word al vlakker.

6 Mei om 08:21 VM

Gerhard Bothma

Ek verkies die Bybel bo die duiwel

6 Mei om 08:21 VM

Jaco De Beer

Mense julle mors julle tyd met die NG kerk en sinode. Hulle het Jesus Christus verloën en verlaat. Hulle harte is nie lief vir God drie enig met passie en emosie nie. Hulle is besig om massas om die bos te lei met sogenaamde vernuwing. Dis ’n vals term om ’n “boaring” godsdienstige en religieuse persoon se dors te stil wat nie die Jesus Christus wat opgestaan het ken nie. Nog minder ken die sinode en ringkoppe dit.

Die Bybel se op menige plekke God het hulle aan hulle self oorgelaat om te verhard en ’n gees van blindheid gegee. Dis waar ek dink die leierskap van die NG kerk is.

Daar is niks nodig vir ’n vervulde lewe in God behalwe die hoeksteen Jesus Christus en om te eet van die boord van die lewe nie. Die Heilige Gees voed jou siel met God se Woord. Dis ’n eenvoudige beginsel en dis al wat nodig is. Die sogenaamde vernuwing is ’n misleiding weg van die sentrale fokus af wat die Woord van God ook voorhou.

Ons moet die mense los. Jesus sal self kom oordeel as Hy terugkom. Intussen moet ons die evangelie verkondig sodat die wat nog uitverkies word tot redding sal inkom.

6 Mei om 08:23 VM

Somerset Morkel

Gerhard se kort stelling hierbo is ’n aanduiding van hoe verwarde teologie werk met jou kop – hy lees die NGK Bybel, nie die geopenbaarde Skrif nie..

6 Mei om 08:23 VM

Jaco De Beer

Verder het die mense die Woord van God verlaat. Hulle herinterpreteer die Woord van God wat net EEN boodskap het en so sal bly. Hulle verwerp na 2000 die belydenis van die ortodokse evangeliese belydenisse. Hulle is in waarheid kerk, maar nie liggaam van Christus nie. Liggaam van Christus is verbind aan die Hoof van die liggaam en word opgebou as stene in ’n geestelike tempel met Jesus as die hoeksteen wat die gebou anker.

Per definisie is hulle nie meer liggaam van Christus nie, want hulle was nog nooit gebou in die geestelike tempel wat deur die Hoof self gebou is nie.

Johannes skryf dat hulle van ons uitgegaan het sodat dit duidelik kon word dat hulle nooit deel van ons was nie. Die mense wat nou op allerhande maniere snaakse belydenisse maak en die ware belydenis verlaat, was nooit deel van die liggaam nie. Dis nou net duidelik.

6 Mei om 08:29 VM

Gerhard Bothma

Daar bestaan nie n “NG Kerk Bybel” nie, Somerset. Ek -en ek glo die meeste ander NG dominees- lees die Biblia Hebraica Stuttgartensia en die Nestle Aland XXVII teks. As dominees probeer ons ons allerbes om deur God gelei te word in ons verstaan en bediening. Ons wil nie populere stem wees nie, maar mense help om God se roeping in hulle elkedagse lewe te integreer sodat hullle n impak in die wereld kan maak. Dis jammer dat julle ons as ongeloofwaardig probeer afmaak. Ek dink nie God word so gedien nie

6 Mei om 08:34 VM

Somerset Morkel

Dis net jammer dat gewone lidmate steeds mislei word deurdat die leierskap steeds vashou aan die verklaring dat hulle die Bybel as die Woord van God beskou, en dat hulle die belydenisskrifte erken.. Dit is bloot nie waar nie.. Hulle glo sekere fundamentele waarhede glad nie meer nie. Daar is nog mense in die NGK wat vashou aan die waarheidsleer van die Skrif, maar die moderne teoloee het die strukture oorgeneem en hanteer die openbare beeld vd NGK. Die kerk word bestuur deur vals leraars.

6 Mei om 08:34 VM

Jaco De Beer

Amo 8:11 Kyk, daar kom dae, spreek die Here HERE, dat Ek ’n honger in die land stuur, nie ’n honger na brood nie en nie ’n dors na water nie, maar om die woorde van die HERE te hoor.

Amo 8:12 En hulle sal swerwe van see tot see en rondslinger van noord na oos, om na die woord van die HERE te soek, maar hulle sal dit nie vind nie.

Amo 2:4 So sê die HERE: Oor drie oortredinge van Juda, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie; omdat hulle die wet van die HERE verwerp het en sy insettinge nie onderhou het nie; en hulle leuengode het hulle verlei waar hulle vaders agter aan geloop het.

6 Mei om 08:34 VM

Somerset Morkel

Gerhard, God word deur die Waarheid gedien, maar julle doen nie die waarheid nie. Julle is nie meer geloofwaardig nie, want julle teologie is vals. Die Bybel waarvan jy praat, glo jy nie meer nie – jy glo Ben du Toit se weergawe. En dit is nie die waarheid nie. Julle mislei die mense agter ’n ander Jesus aan. Dit is ’n ander evangelie. Paulus was duidelik daaroor. Julle is misleiers. En dit is nie ‘jammer’ nie. Dis tragies..

6 Mei om 08:42 VM

Somerset Morkel

My laaste antwoord aan Gerhard is verwyder… Die gees van Jean Oosthuzen is nog nie dood nie.

6 Mei om 09:12 VM

Somerset Morkel

Ek her-fraseer: Gerhard, jy glo nie die Bybel waarvan jy praat nie. Jy glo Ben du Toit se weergawe. Dit is nie Skrif nie, dit is ’n wanvoorstelling en verwringing vd Skrif.

6 Mei om 09:13 VM

Somerset Morkel

Mense wat die Skrif verwring en Jesus se eie woorde ignoreer, asook die vd Apostels, is nie meer in die waarheid nie.. Dit is waar ‘die hoofstroom’ vd NGK hom nou bevind.

6 Mei om 09:18 VM

NG Kerk

Hier is geen kommentaar verwyder uit hierdie gesprek nie. Hierdie is egter die NG Kerk se bladsy, en ons het wel die reg, soos enige ander organisasie, om kommentaar te verwyder van ons eie facebook bladsy. Ons wil wel vra dat die gespreksgenote hierdie debat wat nou al soveel keer herhaal na ’n ander platvorm neem waar hulle persoonlik met mekaar kan praat. Wees bewus dat ons nie gaan toelaat dat ’n paar mense ook hierdie platvorm (soos ander) oorneem deur hulle geliefde onderwerpe herhaaldelik in die gesprek in te forseer nie. As hierdie gesprekslyn langer gebruik word om klippe heen en weer te gooi sal verdere kommentaar wel verwyder word. Die NG Kerk is ’n ruim huis waar vir verskillende standpunte ruimte gemaak word. Hierdie gesprek is egter besig om die kerklike waardes van ‘luister’ en ‘respek’ te ondergrawe.

6 Mei om 09:35 VM

Jaco De Beer

Ruim huis met verskillende standpunte. Ken die Bybel sulke terme. Nee. Die Bybel se die volgende.

Eph 6:24 Die genade sy met almal wat onse Here Jesus Christus in onverganklikheid liefhet! Amen.

1Co 16:22 As iemand die Here Jesus Christus nie liefhet nie, laat hom ’n vervloeking wees! Maranáta!

6 Mei om 09:48 VM

Somerset Morkel

Gerhard, you are stating the obvious. Ek vrees nie in die ‘bang’ sin nie.. Ek vrees net julle verstaan nie meer waaroor dit gaan nie. Jou uitsprake vd verlede het gewys dat jy nie meer ’n bybelgelowige is nie. Ek vrees net die NGK se lidmate word om die bos gelei. Daarom moet daar stemme opgaan om hulle te waarsku. Die Skrif is duidelik daaroor dat mens vals leraars moet uitwys.

6 Mei om 10:32 VM

Somerset Morkel

Ek het hierbo verwys na die volgende punte: Evolusie, die bestaan vd duiwel, die gesag vd Skrif, Jesus en die Apostels se uitsprake wat misken word en die erkenning vd belydenisskrifte. Gerhard, jy antwoord nie, jy spring rond op ’n intellektuele basis. Julle liberaliste in die kerk wat soek na ’n mistieke Jesus kan nie meer antwoorde gee op die feit dat mens julle vals teologie uitwys nie.

6 Mei om 10:36 VM

Henrietta Klaasing

In die Beeld van 22 April was daar ’n berig geskryf deur Neels Jackson “Ongegronde klagte benadeel evangelie – moderator”.Daarvolgens impliseer die moderator dat sogenaamde ongegronde klagte soos dié van dr. Wynand Louw die evangelie benadeel. Dat die NG Kerk voor ’n groot uitdaging staan, is duidelik uit die tienduisende lidmate wat dié kerk die laaste jare verlaat het. Ek dink nie dis die gewraakte “ongegronde klagte” wat die evangelie benadeel nie, maar juis die bepaalde “nuut en vars bring van die evangelie” soos dit so ywerig gepropageer word deur hedendaagse kerkleiers.

Jare lank al ignoreer die NG Kerk se leierskorps waarskuwende stemme van besorgde lidmate wat vra dat die kerk sy eietydse, Skrifgetroue en belydenisgetroue karakter handhaaf. Vir die soveelste keer is hierdie ’n teken van die kerk se ongeduld met behoudende stemme in die kerk.

Ek bewonder dr. Wynand Louw dat hy die moed gehad het om op te staan teen die sogenaamde “nuwe denke”.

6 Mei om 10:38 VM

Somerset Morkel

Daar is mos ’n uitdrukking: Die revolusie vreet sy kinders.. Daar is revolusie in die NGK – die rewolusie is nie terug Woord toe nie (wat ‘gereformeerd’ beteken..) maar dit is weg vd Woord af (wat ge-de-formeerd beteken..). Die huidige leierskap is besig met deformasie, nl vd ware leer af weg.

6 Mei om 10:40 VM

Somerset Morkel

Ons ken julle, Gerhard. Moenie agter daardie argument wegkruip nie, en antwoord eerder op die punte geopper.. Ben het ’n boek geskryf. Jy het ’n klomp goed op FB en elders kwytgeraak. Nelus is die Moderator wat ook boeke geskryf het en uitsprake gemaak het. Het julle dalk ANDER standpunte? Jou passie is duidelik in die verkeerde rigting, nl in deformasie, weg vd waarheid vd Skrif af. So ook die ander manne wat genoem is.

6 Mei om 12:00 NM

Henrietta Klaasing

“Nuwe denke” as sulks is nie noodwendig verkeerd nie. Jesus self het gesê dat ’n mens nie nuwe wyn in ou leersakke gooi nie (Mat 9:17 en ander bewysplase). Die “nuwe denke” wat die laaste paar jaar so gedryf word, moet egter sterk onder die soeklig kom. Wanneer hierdie “nuwe denke” nie in lyn is met kernwaarhede soos ons dit in God se Woord kry nie, wanneer daar sprake is van korrek-wees in die oë van die sekulêre wêreld, van humanistiese “naasteliefde” wat kwessies wil akkommodeer wat duidelik verkeerd is volgens die Bybel , dan moet mens kliphard NEE sê vir hierdie soort “nuwe denke”.

6 Mei om 11:10 VM

William King

Soos ek dit nog laas verstaan het van gereformeerde kringe bestaan verandering allereers in ecclesia reformata, semper reformanda. Hervorming terug na God se Woord. Daarna kom praktiese veranderinge wat hieraan ondergeskik is. Die NG Kerk het histories gekyk sy raamwerk verskuif weg van die gereformeerde beskouing van sola scriptura. Ben du Toit se vryspraak is maar net nog ’n teken hiervan. Nou is ek seker een van daardie “hekwagters” wat nie verandering voorstaan nie, maar alles behalwe. En dit is net hier waar Nelus sy voeling verloor het met die “hekwagters” en hom gaan skaar het by die “handelaars”. Hy is van mening dat om te vra vir suiwer woordverkondiging, vir ’n terugkeer na die gesag van die Skrif, ens. beteken om te stagneer. Ver daarvan. “Hekwagters” wil die Skirf se gesag as normatief hê en nie as ’n bysaak nie. Verandering op leerstellige gebied is ongeldig as dit juis die Skrif as normatiewe beginsel loën.

6 Mei om 12:03 NM

Anton Bosch

Hoekom is verandering ‘onafwendbaar’ wat die kerk betref? Is verandering by God onafwendbaar? Verander God ooit? Verander Sy beloftes? Verander Sy woord? Verander Sy planne? Verander die wyse van ons redding? Moet ons verstaan ‘noodwendig’ verander om by ’n sg post-moderne menslike denkwyse te pas? Sou dit oeroue, Godgegewe waarhede kon verander?

Komaan NG Kerk, antwoord hierdie vrae? Sonder verskonings van die sg. ‘kompleksiteit’ van die kwessies!

6 Mei om 05:08 NM

Somerset Morkel

Die beginsels verander nie. God verander nie. Sy Woord ook nie.. Die mens verander ook nie. Hy bly sondig. En hy bly in elke generasie God se Woord bevraagteken en ondermyn. Die kerk is die wegwyser vir die mens terug na God toe. Wanneer die kerk egter begin dink hy weet beter as God, dan begin die dwaling – en die dwaling begin altyd binne die kerk.

6 Mei om 04:45 NM

Jaco De Beer

Gerard, jy is korrek. Die wat die waarheid lief het is “SAINTS” in die Bybel genoem. Dit het niks met hoogmoed te doen nie. Hulle is lief vir God en sy Woord uit ’n nederige hart. Hulle weet hulle is vuil sondaars en daarom verstaan hulle, hul nodigheid van ’n Verlosser. Die ander verlaag God se Woord uit ’n hooghartige hard. Die het niks uit te waai met wie sondaars is en wie nie. ALMAL is. Die wat begenadig is deur God ken Hom uit nederigheid en hulle is wedergebore deur Sy Woord. Hoe sal hulle dan ooit Sy Woord verlaat.

6 Mei om 05:34 NM

Daniel du Plessis

Nelus praat van ’n evangelie wat ‘sin maak’ vir die mens van ons dag. Dit is nie ons taak nie. Ons verkondig ’n Evangelie wat dwaasheid is vir die wêreld en elders ‘onsin vir dié wat verlore gaan’ (1 Kor 1.18) Net die Heilige Gees kan die Evangelie laat ‘sin maak’ en die wêreld oortuig van sonde, geregtigheid en oordeel.

6 Mei om 05:49 NM

Somerset Morkel

Gerhard, ek verbaas my oor jou gebrek aan insig in die argumentelyn. Jy antwoord nie op ons punte nie. Dit gaan nie daaroor wie is groter sondaars as ander nie, soos Jaco tereg hierbo aandui. Dit gaan oor julle dwaling weg vd Skrif. Ons het dit uitgewys, maar jy graviteer steeds na irrelevante punte toe. As jy wegdraai vd Skrif dwaal jy. Punt. En jy doen dit, En Ben du Toit doen dit. En Nelus Niemandt doen dit. Daarom noem ons julle dwaalleraars. Julle tas die Skrifgsag aan en verhef julle bo dit.

6 Mei om 05:55 NM

Jaco De Beer

Wat my ook verbaas in Nelus se gesprek op KykNet is dat hy praat van Hemeneuric wat verander. So ons verander elke 100 jaar ons Hermeneutiek dan eindig ons op met ’n ander God. Toe Israel in Eksodus lees wat Moses skryf toe verstaan hulle baie goed dat God in 6 dae geskep het. Nou ’n paar 1000 jaar later kom se ons die oorspronklike verstaan het verander en is God nie meer die skepper in ses dae nie. Wat se gekkigheid is dit. Wie wil in so God glo wat gekonstrueer word deur die feilbare sondige verstand van mense wat filosofies oor die lewe dink. Ek verlaat my nie aan ’n denkbeeldige God nie. Die lewende God is eg en lewendig. Hy is ’n persoon wat geken en ervaar kan word. Hy het gepraat en deur Sy profete en apostels Sy wil openbaar. Nou verander mense dit deur hul eie interpretasie en konstrueer ’n God wat na hul pype dans.

6 Mei om 07:10 NM

Jaco De Beer

Ek dink die “handelaars” is maar net goeie verkoopmanne. Enige verkoopsman praat jou maar ’n gat in die kop om sy idees of produk te koop. Nogal insigewende term wat Nelus gebruik het.

6 Mei om 08:17 NM

Somerset Morkel

Die NGK is ver heen, en mens kan maar net mense waarsku teen die dwaalleraars. Nelus Niemandt het met sy uitspraak in hierdie onderhoud as hoogste NGK-leier duidelik uitspraak gegee dat hy Ben du Toit ten volle ondersteun en dat hy in feite bly is daaroor dat die betrokke Ring hom vrygespreek het. Hy gaan verder deur te se dat Ben du Toit se denke deel is vd ‘hoofstroomdenke’ vd NGK. Daarmee gee Nelus Niemandt die duidelikste aanduiding nog sover in die openbaar, waarheen die NGK onder die huidige leierskap op pad is. Ben du Toit se boek weerspieel n waninterpretasie vd Skrif, en direkte weerspreking daarvan in verskeie opsigte. As dit, soos Nelus dit stel, die hoofstroomdenke vd NGK verteenwoordig, is dit tyd om uit die NGK te gaan in gehoorsaamheid aan die Skrifoproep in Openbaring: “Gaan uit haar uit, my kinders, want sy het ontrou geword..”. Die afgelope Alg Sinode se besluite oor die duiwel en oor saamwoon voor die huwelik, is ’n aanduiding vd kanker in die kerk. Dit is terminaal. Dit kan nie meer verwyder word nie want die liggaam is reeds onherroeplik gekontamineer met vals lering. Lidmate moet opgeroep word om in getuienis te staan teen die dwaling, wat nou openlik aanvaar word en op TV verkondig word, soos Nelus Niemandt so pas gedoen het. Die “haemorage” van lidmate wat ander weivelde gaan soek omdat die voeding vd waarheid by die NGK toenemend geestelik toksies word, sal toeneem. En dit is inderdaad in hul eie geestelike belang om te gaan.. Die NGK is tragieserwys eenduidig op pad na ontrouheid aan die Waarheid en die Skrif, en daarom op pad om vals kerk te wees. Die proses het al ver gevorder en mens kan maar net verder toekyk hoe dit manifesteer in verdere sinodebesluite. Mens kan bid vir die getroues wat nog binne bly, en sout en lig is, en getuig teen die toenemende vervalsing vd ware boodskap in die Woord van God.

7 Mei om 07:07 VM

Somerset Morkel

Daar is baie om te leer by manne wat die werklik-gereformeerde leer aanhang, I.p.v. die gedeformeerde leer waarmee die NGK tans besig is..: http://www.youtube.com/watch?v=-d7DGvudvZU. [Kyk ook Die Bybel oor Jesus se houding teenoor die waarheid en verkeerde dinge.]

7 Mei om 04:30 NM

Nelus Niemandt

Ag nee wat David, jy kan ontspan. In die NG Kerk gebruik ons duidelik die term Voorsitter van die Algemene Sinode Moderatuur. Ons het nie eintlik beheer oor die benamings wat die koerante gebruik en in die volksmond groei nie.

8 Mei om 06:50 VM

Nelus Niemandt

Daniel [du Plessis], natuurlik verkonding ons ’n Evangelie wat sin maak, al is die sin daarvan paradoksaal ‘onsin’ vir die wat verlore gaan. Met sin maak bedoel ek dat die Evangelie vertaal word en verstaanbaar oorvertel word. Daarom het ons Bybelvertalings, daarom preek ons Sondae en bied die boodskap op ’n relevante manier aan. Daarom doen ons moeite om die konteks van die Bybel en ons eie konteks by mekaar uit te bring. Daarom leer ons nie ons lidmate Grieks en Hebreeus nie, maar bied ons die BYbel in moedertale aan. Dit gaan oor kontekstualisering – een van die mes basiese begrippe in sending.

8 Mei om 06:54 VM

Wynand Louw

Prof Niemandt, waarom haal jy Dingemans aan? Wat in sy panenteïstiese prosesteologie trek jou aan?

9 Mei om 07:07 VM

Henrietta Klaasing

Vreemd dat prof Niemandt na Gijs Dingemans verwys? Hier kan meer gelees word oor sy sienings: Panenteïsme: In gesprek met Gijs Dingemans

9 Mei om 10:25 VM

Jan Louw

Kom ons keer net terug na dit waaroor die gesprek hier gaan: Ben du Toit is vrygespreek op die aanklagte teen hom oor die soort dwaalleer wat hierbo deur Somerset Morkel beskryf is. Die Ring van die Paarl het verklaar dat Ben du Toit se standpunte val binne die raamwerk van die NG Kerk. Nelus ons moderator het die saak blykbaar bestudeer, want hy verklaar die aanklagte is ongegrond en hy het in die TV onderhoud bevestig dat Ben du Toit se hantering van die Bybel en sy verstaan van die die belydenisskrifte in pas is met die hoofstroom van die NG Kerk.

Dit is seker so dat Ben se uitlatings binne die raamwerk val van dit wat by die NG Kerk se teologiese fakulteite geleer word, maar dit is doodgewoon nie waar dat dit in pas is met die belydenis waaroor ons in die NG Kerk met mekaar ooreengekom het nie. Enige regdenkende mens wat waarde heg aan die betekenis van woorde sal tot die konklusie kom dat Ben nie die waarheid kan praat as hy sê dat hy ons belydenisskrifte onderskryf nie. Die redakteur van Rapport het “leuens” alreeds voor die deur van die leierskap van die NG Kerk geplaas (17 Maart 2013). Dit is ’n waarskuwing om op ag te slaan.

Die verwysing van Nelus op KykNet na die teoloog Dingemans is ook veelseggend, soos Henrietta Klaasing hierbo aantoon. Dit wil lyk of Dingemans saam met Julian Muller besig is om te bou aan ’n panenteïstiese beeld van God en dit op die forums van die NG Kerk se teologiese fakulteit Pretoria. Die persepsie word so versterk dat ons moderator geen probleem het om in die geselskap te verkeer van mense wat dwaalleer verkondig nie. Dit pla hom blykbaar ook nie om hulle denkbeelde vir ons voor te hou van hoe ons oor die kerk moet dink nie.

Mag die Here Jesus in hierdie Pinkstertyd doen wat Johannes die Doper oor Hom geprofeteer het in Mat 3:11,12: Hy sal julle met die Heilige Gees en met vuur doop. Hy het sy skop in sy hand en Hy sal sy dorsvloer deur en deur skoonmaak. Sy koring sal Hy na die skuur toe bring, maar die kaf sal Hy met ’n onblusbare vuur verbrand.” Ek vra dat almal wat respek het vir God en sy kerk om in hierdie dae saam met my hiervoor te bid.

9 Mei om 12:18 NM

Wynand Louw

Daniel [du Plessis], mense soos Dingemans en Julian Muller gryp juis na panenteïsme omdat die Evangelie nie vir hulle sin maak nie. Volgens prof Niemandt se kommentaar hierbo is dit dan ’n bewys dat hulle verlore gaan. Wat my laat wonder hoekom hy Dingemans aanhaal en kategories ontken het dat daar “Dwaalleer by Tukkies” is, ten spyte van Muller se onbeskaamde panenteïsme.(Muller was toe visie-dekaan van Tukkies se teologie.)

Kyk wat sê Julian Muller hier. Bybelse teïsme maak nie vir hom sin nie, daarom is hy ’n panenteïs.

http://www.teo.co.za/wmview.php?ArtID=639

(aanhaling begin)

Na ons mening is dit juis die teïstiese wêreldbeeld waarvolgens Jesus ’n soort ruimtereisiger word (“Jesus Christ Superstar”), wat moeilik verteerbaar is binne die denkraamwerk van die hedendaagse mens. As Jesus gesien word as die half-god wat tussen die goddelike en die menslike wêreld reis ten einde versoening te bewerk, is dit ’n konstruk wat moeilik te integreer is met ’n integrale wêreldbeeld, wat so eie is aan die postmoderne verstaan van die wêreld. Aan die ander kant word die inkarnasie-gedagte juis beter verstaanbaar deur die panenteïstiese verwoording van die verhouding tussen God en wêreld.

(einde aanhaling)

Die probleem met panenteisme is dat dit onverenigbaar is met die leer van die sondeval, totale verdorwenheid van die mens, die leer van die hel, die bestaan van die duiwel, die leer dat Jesus betaal het vir ons sonde, wat insluit “propitiation, justification and redemption”. Julian Muller verwerp al drie hierdie leerstellings in sy boek “Om te mag twyfel” op grond daarvan dat dit klem lê op ’n sg “kosmiese transaksie” wat weereens nie vir hom sin maak nie. Daar bly gewoon niks van die Evangelie oor as panenteïsme tot by sy logiese uiteinde gevolg word nie.

Tony Jones, ook ’n panenteïs en ’n dissipel van Jurgen Moltmann, doen presies dieselfde in sy boek “A Better Salvation. Beyond the depraved doctrine of original sin.” (Prof Niemand het hierdie boek al by geleentheid in die openbaar baie positief aangehaal.)

Die vraag is nou, waarom is Prof Niemand so lief om mense aan te haal wat reguit sê dat die evangelie nie vir hulle sin maak nie en dan gryp na die demoniese, New Age filosofie van panenteïsme?

Prof Niemandt, ons wonder maar.

9 Mei om 01:10 NM

Johann Heinrich Ernst

Ek sien Henrietta het hierbo aangehaalk wat Kevin deYoung oor die NG Kerk te sê gehad het na ’n besoek aan Suid-Afrika. Kan iemand vir my sê waar hy eerstehands sy inligting vandaan gekry het? Of het ek sy ore aan ander uitgeleen?

9 Mei om 02:27 NM

Kobus van der Walt

Johann, dit smaak my JY het inderdaad SY ore uitgeleen – g’n wonder hy se wat hy se nie, want hoe sou hy dan gehoor het as JY nie SY ore uitgeleen het nie (soos jy sê)

9 Mei om 03:45 NM

Wynand Louw

Johann, Kevin het ’n lesing gegee by die Witfield Gemeente in Boksburg, as gas van daardie gemeente. Die onderwerp van sy praatjie was “Unity in faith. Is it possible in the light of panentheism, postmodernism and emergent theology in the church?” Die praatjie het basies gegaan oor die probleme in die Reformed Church of America, wat identies is aan die probleme wat ons hier het. Daar is ook mense wat die maagdelike geboorte, die bestaan van die duiwel ens net soos hier by ons ontken. (Net soos Ben du Toit, oor wie hierdie gesprek gaan.) Belhar is deur die RCA aanvaar as vierde belydenisskrif, ten spyte van die feit dat dit die Dortse leerreels weerspreek. Hy het dus onmiddelik die probleme in die NGK herken omdat dit identies is as dié in die RCA, en het daarby aanklank gevind. Hy het ook kontak gehad met tientalle Engelse en swart gereformeerde gelowiges, en het waarskynlik met hulle ook gepraat oor die NGK. Maar jy weet dit mos alles al klaar, Johann. Jy het mos ’n uitnodiging na die geleentheid gekry! Hoekom vra jy dan?

9 Mei om 03:47 NM

Nelus Niemandt

Ek is maar baie skepties oor Amerikaners wat invlieg, ’n rukkie hier deurbring, glad nie moeite doen om regtig met verteeenwoordigers van ’n kerk te praat nie, en dan baie publiek en met ’n oormaat selfvertrou ’n oordeel oor ’n ander kerk vel. Dit op sigself spreek al boekdele, en staan waarskynlik teen die kenmerkende etos van Gereformeerdheid. Of wil hy maar net sy eie punte aanteken?

9 Mei om 06:34 NM

Albert Cruywagen

Hierdie kritikaster is en bly dieselfde groepie bittereinders. Ons moet seker so effens na hulle luister, maar dit raak al hoe uitputtender!!

9 Mei om 06:37 NM

Daniel Louw

Weet iemand wanneer hierdie dokument uitgereik is: http://www.kerkweb.org/sites/default/files/15_Bylaag_-_Skrifbeskouing.pdf

9 Mei om 07:43 NM

Somerset Morkel

Ek het 22 jaar in die buiteland diens gedoen, en het as Christen uit my belangstellingsveld en uit my werksveld gesien hoe dit gaan in kerke in Duitsland, Nederland, die VK en in die VSA. Ek het die kerkleiers leer ken, oor die hele spektrum, ook die Roomse Kerk. Mens weet iets van die ‘kerklike landskap’ af.. Wanneer Gerhard Bothma praat van ’n breer prentjie, weet ek iets daarvan. Sy hoogmoedige aanmerking is dus misplaas, soo sy ander stellings ook – en hy antwoord geensins op die punte in die argumentslyn nie… Ek weet ook hoe dinge werk wanneer iemand ’n land besoek en hoe inligting deurgegee word. Daar is nie deesdae iets soos iemand wat 7 dae in ’n land is en dan nie ’n uitspraak mag maak nie.. Die internet en ander kommunikasie vandag verleen ’n baie breer beeld as wat ons destyds moeisaam met tyd moes opdoen. Kevin de Young het gewoon in sy gesprekke (ook met NG-mense) gehoor wat hy gehoor het – en hy het reg gehoor. En julle in die leierskap kan dit nie ontken nie: die NGK het probleme, want sy mense loop weg.. En die uitvloei word elke jaar groter. Wat is fout wanneer in EEN JAAR 30 duisend mense wat nog 12 maande gelede daar was, die volgende jaar nie meer daar is nie? Wil julle nie ’n slag deurdink dat dit dalk nie rassime is, soos Kobus Gerber dit uitgedruk het nie? Deur die jare was die waarskuwings daar – in verskeie wegwysers langs die pad, soos Die Trojaanse Perd, Ferdie Mulder se boek Opgestaan, Kobus vd Walt se Ope brief – maar die boodskapper is gekruisig en bespotlik gemaak, en die punte wat geopper is, word nie aangespreek nie, maar daar word al verder weggedwaal daarvan. Ek wil nie weer herhaal wat hierbo geopper is i.t.v. die punte van dwaling van Ben du Toit nie, want dit word nie deur die NGK-leiers hier aangespreek of beantwoord nie. Dit word net verklaar as deel vd hoofstroom vd NGK. Jan Louw het die spyker op die kop geslaan in sy bydrae hierbo. Al wat ons nou kan se, is dat Moderatuur en kie (Nelus, Johann Ernst, Gerhard, Ben dT ens) eenduidig op die wa is wat van die NGK ’n vals kerk sal maak. Julle verdra nie meer die gesonde leer nie. Julle dwaal vd Skrif af weg. Die laaste Alg Sinode het dit gewys. En julle volhard op hierdie pad.. Mens moet ongelukkig by die punt kom dat mens dit so stel: Nie meer leiers nie, maar misleiers..

9 Mei om 08:06 NM

NG Kerk

Daniel [Louw], die dokument waarna jy verwys kom uit die agenda van die 2011 Algemene Sinode. Dit was in opdrag van die 2007 Algemene Sinode gedoen. Die aanbevelings is deur die sinode van 2011 aanvaar.

9 Mei om 08:42 NM

Daniel Louw

Baie dankie, NGK. [Kyk Kommentaar op NGK skrifbeskouing 2011.]

9 Mei om 09:13 NM

Johann Heinrich Ernst

Wynand, dankie vir jou terugvoer. Ek dink nie Kevin deYoung was enigsins in ’n posisie om hom objektief oor die stand van die NG Kerk uit te laat nie. Hier is dit weer ’n geval van skuld deur assosiasie. Dit is doodgewoon onwetenskaplik en onteologies om die situasie in die RCA met dié van die NG Kerk te vergelyk. Mens neem nie die uitsonderings en maak daarvan die reël nie. Jy verdoem nie ’n kerk in totaliteit op grond van enkele uitsonderlike tendense nie. Jou eie siening dat die Dordtse (let die spelling) Leerreëls en Belhar in stryd met mekaar is, is ewe ongegrond. Gesprekke met “tientalle” Engelse en swart gereformeerde gelowiges voorsien ook geensins die basis vir so ’n uitspraak oor die NG Kerk nie. Mens praat nie met nie-lidmate oor die NG Kerk nie. Hulle het niks wesenliks te sê nie. Ek het nie geweet dat hierdie doemprofeet by Witfield kom praat het nie. Wie het vir my die persoonlike uitnodiging gestuur? Lyk my hy het die selfopgestelde strooipop van ander kom afskiet, so asof die NG Kerk sy Gereformeerde teologie vir “panenteisme, postmodernisme en emergent theology” verruil het. Ek beweeg daagliks wyd in die NG Kerk is dit is die grootste leuen wat oor die NG Kerk versprei word, nogal deur sommige van sy eie lidmate wat daaroor ’n obsessie ontwikkel het. Stuur vir deYoung die volgende keer na ons eie en honderde ander gemeentes, sodat hy hom tot die waarheid oor die NG Kerk kan bekeer. En leer hom, soos ons vir ander by ons moet leer, dat ’n predikant van ’n ander kerk nooit sy mond vol moet hê oor ’n ander kerk nie. Dit is “plain” liefdeloos, aanmatigend, hovaardig en ongeskik.

9 Mei om 09:44 NM

Johann Heinrich Ernst

Sommy, ek nooi jou uit om in die gemeente waarvan ek reeds 29 jaar predikant is, die volgende stellings van jou teenoor my by name te kom toets: “Julle verdra nie meer die gesonde leer nie. Julle dwaal vd Skrif af weg. Die laaste Alg Sinode het dit gewys. En julle volhard op hierdie pad.. Mens moet ongelukkig by die punt kom dat mens dit so stel: Nie meer leiers nie, maar misleiers..” As jy een lidmaat kry wat dit, wat my betref, teenoor jou met feite bevestig as waar, sal ek dadelik as lid van die Moderamen en as predikant bedank. Indien jy nie iemand vind nie, wil ek vra dat jy onmiddellik sal ophou om enigiets van hierdie aard in die openbaar te sê. Anders het jy ’n misleier geword. As dit die manier is waarop iemand wat homself ’n Christen noem oor mede-Christene praat, en dit nogal met ’n beroep op die Bybel, is daar ’n groot skroef los in so ’n persoon se verstaan van wat dit werklik beteken om ’n Christen te wees. Baie van wat hierbo staan kan allermins dit wat Jesus ons kom leer het, gerym word. Dit klink meer vir my soos hoe die Fariseërs en die Saduseërs hulle teenoor Jesus self uitgespreek het. Ek sien niks, absoluut niks, van die Jesus-gesindheid daarin nie. Om nie eers van die vrugte van die Gees te praat nie …

9 Mei om 09:59 NM

Wynand Louw

Prof Niemandt, ek verstaan u skeptisisme 100%. Maar ek dink dat as u Kevin DeYoung leer ken deur sy boeke te lees en van sy internet preke te luister sal u moontlik oortuig word van sy eerlikheid. Ek glo nie u gaan teologies met hom saamstem nie, maar dit is ’n ander saak.

9 Mei om 10:37 NM

Wynand Louw

Johann

1) Die NG Kerk is van Nederlandse afkoms. Die RCA is van Nederlandse afkoms. Hulle noem hulleself “Dutch Reformed” met ander woorde “Nederduits Gereformeerd”.

2) Die RCA het die Drie Formuliere van Eenheid as belydnisstandaarde. Ons ook.

3) Die RCA het geen interne teologiese eenheid nie. Ons ook nie.

4) Die RCA is besig om drasties te krimp. Ons ook.

5) Die RCA word van binne gerysmier deur liberale teolgie wat die Goddelike inspirasie van die Bybel verskraal, die maagdelike geboorte ontken, die bestaan van die duiwel ontken en die hele res van die liberale pakket. Ons ook.

6) In die RCA word mense wat hierdie dwaalleer uitwys dikwels aangeval en gemarginaliseer. By ons ook.

7) Die RCA se teologiese seminariums is in ’n groot mate oorgeneem deur liberale teoloë. Ons sn ook.

8 ) DIe RCA het BElhar aanvaar. Ons gaan ook.

Die ooreenkomste gaan aan en aan. Ek kan nog ’n paar noem as jy wil.

Wat Belhar betref: God is slegs op ’n besonderse wyse die God van die verbond en die uitverkorenes, volgens Dordt. Hier is nie nou tyd om daarop in te gaan nie. Ons het die gesprek reeds gehad, en jou standpunt oortuig nie.

Jy skryf: ” Lyk my hy het die selfopgestelde strooipop van ander kom afskiet, so asof die NG Kerk sy Gereformeerde teologie vir “panenteisme, postmodernisme en emergent theology” verruil het. Ek beweeg daagliks wyd in die NG Kerk is dit is die grootste leuen wat oor die NG Kerk versprei word, nogal deur sommige van sy eie lidmate wat daaroor ’n obsessie ontwikkel het.”

Julian Muller het jare panenteïsme verkondig by Tukkies, en is ten spyte daarvan, of moontlik as gevolg daarvan, bevorder tot visie-dekaan. Tog het Prof Niemandt beweer: “Daar is geen dwaalleer by Tukkies nie.” Beteken dit hy weet nie wat panenteisme is nie, of beteken dit hy sien dit nie as dwaalleer nie?

I rest my case. Miskien nie die meerderheid van die lidmate nie, maar die kweekskole en van die top leiers beslis.

Jy het ’n keuse, Johann. Jy kan panenteïsme in die NG Kerk aanvaar, maar dan moet jy dit uit die Belydenisskrfte teologies kan regverdig, of jy moet jou legitimasie eed gestand doen en dit as dwaalleer met al jou mag uit die kerk weer. Dit beteken dat jy as aktuarius die plig het om mense wat panenteisme verkondig onder die kerklike te te plaas.

Waarom wil geen een van die huidige moderamen die een of die ander doen nie?

Laastens: DeYoung se benadering was nog altyd in groot nederigheid en in liefde. Die Bybel sê dat as iemand jou vlei is hy jou vyand. As iemand jou liefhet praat hy die waarheid al maak dit seer.

Dank maar die Here dat daar nog Gereformeerde Christene in die wêreld is wat ons in die NGK lief genoeg het om aan ons die waarheid in liefde te vertel.

Sover ek verneem is die uitnodiging na die byeenkoms deur Kerknuus na elke eposadres in die NG Kerk Jaarboek gestuur. As jou eposadres in die jaarboek is het jy waarskynlik een gekry, tensy jou eposprogram epos vanaf Kerknuus af as spam sien.

9 Mei om 11:04 NM

Wynand Louw

Hier is Kevin DeYoug se praatjie by Witfield.

https://vimeo.com/66450952

18 Mei om 17:00

Henrietta Klaasing

Dankie Wynand, die halfuurtjie het verbygevlieg en ek kon my heelhartig vereenselwig met wat Kevin te sê het. Mag hierdie boodskap van hom ver en wyd gehoor word, want dit is só nodig!

18 Mei 2013 om 21:15

Wynand Louw

https://www.glodiebybel.co.za/die-uitkoms-van-die-dwaalleer-tug-ondersoek-teen-dr-ben-du-toit-2013-05-19/

My verklaring oor die tugsaak teen Dr du Toit. Elke lidmaat van die NG Kerk het die reg om self te oordeel.

19 Mei 2013 om 09:23 VM

Bylae A: Transkripsie van gedeelte van Dagbreekonderhoud met Nelus

25 April 2013

Vraag: Dr Ben du Toit is vrygespreek, is jy gelukkig daarmee.

Nelus sê dat hy baie bly daaroor is dat Ben vrygespreek is.

Hy sê dat die kerk ’n groot instelling is en daar is altyd twee groot kragte in so ’n instelling.

  1. Hekwagte, mense wat wil hê dinge moet nooit verander nie.
  2. Handelaars, mense wat in nuwe omstandighede ingaan en probeer om die nuwe omstandighede in die kerk tuis te bring. Hulle beland in die moeilikheid, want daar is mense wat ontevrede is as hulle waag om nuwe dinge te doen. Ben du Toit was so ’n handelaar en daarvoor het hy persoonlik baie skade gelei. Ondersoek het behoorlik plaasgevind.

Vraag: Is daar swartsmeerdery?

Dis die tye waarin ons leef met die sosiale media en blogs. Mense is nogal vry in die houe wat hulle uitdeel. Ben du Toit is onlangs in ’n groot tydskrif beskuldig van dinge waarvan hy sê hy staan nie daarvoor nie. Hy is baie diep oortuig van die Christelike waarhede van die belydenisskrifte. Mense maak opmerkings wat hom persoonlik swartsmeer.

Vraag: Die aanklagte teen hom – dit pas nog in, in die NG Kerk se raamwerk?

Die ringsondersoek was baie deeglik. Hermeneutiek. Die wyse waarop hy tekste hanteer is deel van die hoofstroom van denke. Daar is mense wat hulle eie beperkte siening wil afdwing. Sy manier van hantering van die Bybel en sy verstaan van die die belydenisskrifte inpas in die hoofstroom van die NG Kerk.

Vraag: Hoekom moet die kerk vernuwe en bybly by die mense. As die kerk moet vernuwe, gaan dit mos nie meer oor die kerk nie?

Dingemans het ’n mooi beeld. Die lewe is soos ’n groot stroom met twee walle aan weerskante van die stroom. Aan die een wal is dit die Bybel, die belydenisskrifte en die tradisies van die kerk, die hele storie. Die evangelie, die ding wat die kerk wil verkondig. Aan die ander wal is mense wat sin probeer maak van die lewe, in die moderne lewe in tye wat verander. Die kerk is soos ’n brug wat die twee walle probeer bymekaar bring. As die twee walle ver uitmekaar uit is, bring dit die kerk onder spanning. Daar kom intense verskille. Daar moet ’n balans kom. Ons moet nie die kernwaarhede van die evangelie vergeet nie. Ons moet ons vasbind aan die oewer.

Aan die ander kant is die uitdaging ook om te verstaan dat tye verander, dat wetenskap ontwikkel, dat mense se insigte verander dat mense se se lewensbeskouing verander. Dit is ’n geweldige uitdaging vir die kerk om hierdie brugfunksie te vervul, om hierdie twee wêrelde bymekaar te hou. As ons dit nie sou regkry nie, maak dit nie vir jou sin nie, dan maak die evangelie nie ook nie in jou alledaagse lewe sin nie.

Vraag: Wat van die objektiewe waarheid wat die kerk veronderstel is om vir die mense te gee?

Die kerk het ’n boodskap van lewe van hoop, die boodskap van Christus en sy versoening. Dit hoef nie te verander nie. Dit is mos nou wat vasstaan. Die kleed waarin dit kom, die manier waarin dit verwoord word.

Voorbeeld: Wetenskaplike insigte wysig. Die Bybel was op ’n spesifieke tyd geskryf. Die Bybel is nie ’n wetenskaplike handboek nie. As jy daardie insigte konteksloos wil gaan toepas op nuwe omstandighede, sonder om in aanmerking te neem dat daar ’n gaping is, dan beland jy in diep moeilikheid.

Dit is wat ons met hermeneutiek bedoel, op watter manier, respekteer jy die ontstaansgeskiedenis, die manier waarop die tekste ontstaan het en hoe bring ons dit tuis in ons moderne en postmoderne wêreld.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui