Belhar glo nie meer nodig vir eenheid

{jcomments on}Onderstaande het op Facebook verskyn op 17 Oktober 2012.

Kyk ook:

********************

NG Kerk in KZN (Sinode)

Dr Kobus Gerber vertel weer die storie van die pad wat al gestap is met die Belhar-belydenis. “Vandag is ek BAIE bly om te kan se dat die aanvaarding van die Belhar-belydenis is nie meer ’n voorwaarde vir eenwording nie. Dit kan ook nie anders nie, want sulke voorwaardes is direk instryd met die inhoud van Belhar.”

Kommentare:

Hennie Mouton

Goed om te hoor. Waar kan so ’n amptelike verklaring gevind word?

Henrietta Klaasing

Waarom hoor ons dit NOU eers? Mag hierdie nuus WYD verkondig word!

NG Kerk in KZN (Sinode)

Daar kom ’n omvangryke kommunikasieproses wat inligting na gemeentes sal deurgee.

Hennie Mouton

Kobus Gerber se stelling impliseer dat ook die VGK verklaar het dat die Belhar-belydenis se aanvaarding nie meer ’n voorwaarde vir eenwording is nie. Is dit so?

Hennie Mouton

Iemand skryf die volgende vir my.

Die opmerking is eintlik ou nuus:

1. Die ASK van die VGKSA het reeds in 2006 besluit:

In die verband mag die Belhar Belydenis nie as voorwaarde vir eenheid geld nie. Die boodskap van Belhar sal steeds vir ons die inspirasie en gids wees vir beide die proses tot en die formasie van die nuwe kerk. In lyn met die besluite van beide die kerke sal die Belydenis van Belhar ’n volwaardige belydenisskrif van die nuwe kerk wees en sal ons saamwerk om die kerk te help om te groei tot ’n volledige aanvaarding van die belydenis.

2. Die Algemene Sinode van die VGKSA het in 2008, te midde van al die spanning by die sinode, weer bevestig:

That the conviction of the church remains that the Confession shall not be forced upon anyone and should be willingly and gratefully accepted by those convicted by the truth that it embodies.

3. In die huidige gesprek en ooreenkoms tussen die NG Kerk en die VGKSA is besluit:

We agree that the churches will journey together in this process of acceptance and renewed engagement of the Confession of Belhar (= dit is nie die een wat ’n pistool teen die kop van die ander hou om die een of ander punt te forseer nie).

Maar as mens kyk na wat Neels Jackson hieronder skryf, lyk dit nie heeltemal waar dat die aanvaarding van Belhar, ten spyte van die aanhalings hierbo, nie tog maar die vereiste was nie.

VGK en NG Kerk maak vrede

2012-10-03 21:37

Neels Jackson in Beeld

Een van die grootste vertrouensbreuke in jare in die NG kerkfamilie is gister hier tussen die Verenigende Gereformeerde Kerk (VGK) en die NG Kerk herstel.

Dit het gebeur nadat betrekkinge in 2008 so ’n laagtepunt bereik het dat die VGK se algemene sinode ’n moratorium geplaas het op direkte gesprekke met die NG Kerk oor kerkeenheid.

Gister het die VGK se algemene sinode dié moratorium met ’n oorweldigende meerderheid opgehef.

Niemandt … het gesê die NG Kerk se leierskorps is daartoe verbind om die NG Kerk tot die volle aanvaarding van Belhar te lei.

Die belangrikste rede vir die VGK se besluit was die besluit van die NG Kerk se algemene sinode om Belhar deel te maak van die NG Kerk se belydenisgrondslag.

Henrietta Klaasing

Ek sien daar is ’n hele paar stukke in die nuwe Kerkbode aan Belhar gewy, soos hierdie een: http://kerkbode.co.za/?p=2063

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui