Evangeliese Inisiatief

Hierdie is ’n poging om ’n idee te gee van die Evangeliese Inisiatief. Voel asb vry om meer inligting te verskaf in die kommentaar onderaan.

Die Evangeliese Inisiatief (EI) het in ongeveer 2007 ontstaan in reaksie op die teologiese strominge in die NG Kerk. Kyk byvoorbeeld:

Die doel van die EI was om die NG Kerk te probeer omdraai omdat dit duidelik op ’n baie gevaarlike teologiese pad was.

Onder andere die volgende mense was betrokke by die Evangeliese Inisiatief:

Aanvanklik was daar ’n redelik suksesvolle byeenkoms van ongeveer 200 belanstellendes in Moreletapark en was daar ’n inligtingsbrosjure uitgedeel met ’n paar artikels.

Ds Andries Louw het ook later betrokke geraak by die EI, maar toe het Louis Louw, Jorrie Potgieter en Adrio König reeds onttrek. Hy was die enigste predikant wat toe nog betrokke was. Prof Hoffie het voortgegaan met vergaderings saam met enkele oudlidmate van Moreletapark.

Ds A Louw het een of twee artikels uitgestuur oor die verband tussen die Nuwe Hervorming van prof Sakkie Spangenberg van Unisa, en die sogenaamde Jesus Seminaar beweging waarin biskop John Shelby Spong, ’n afgetrede biskop vd Episcopalian Kerk in die VSA, ’n leidende rol gespeel het. Spong was daarna ook op besoek in SA en het by Unisa en Tukkies voordragte gelewer.

Dit was egter duidelik dat die EI in ’n doodloopstraat was. Toe prof Piet Strauss, wat op daardie stadium die moderator van die NG Kerk was, die EI kom besoek het en gewaarsku het teen kerkskeuring, het dit die laaste entoesiasme in die EI uitgedoof en het dit ’n stille dood gesterf.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui