Draadsit is dán goed

Op 22 Februarie 2021 het Stephan Joubert hierdie die artikeltjie hieronder aan Beeld geskryf. ’n Mens wonder of hy dit nie geskryf het op grond van die Facebooksprek in Januarie hierdie jaar (kyk Stephan Joubert sit steeds op die draad).

Hoe dit ookal sy, op 11 Maart bied Ekerk ’n kursus aan met die titel “Draadsitters vir Jesus: Die Bybelse middelgrond in ’n tyd van kampgevegte.”

Let daarop dat predikante wat dit bywoon 5 VBO-punte kan toeken. Dit is interessant om te let daarop dat André Bartlett tans die hoof van Excelsus is. Excelsus is die sentrum by die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van Pretoria wat verantwoordelik is vir Voortgesette Bedieningsontwikkeling (VBO) van predikante van die NG Kerk.

In 2019 was Stephan Joubert en André Bartlett saam op ’n toer na Turkye – kyk September 2019 Turkye toer.

**********

Draadsit is dán goed | Netwerk24

Deur Stephan Joubert

22 Februarie 2021

Jy word gou-gou as ’n draadsitter bestempel as jy nie kant kies tussen strydendes in die kerk en elders nie. Dan het jy blykbaar nie die moed van jou oortuiging nie. Draadsit is egter ’n goeie sitplek as jy dit tot eer van die Heer doen. Jy hoef regtig nie by elke geveg ingetrek te word nie.

Jy hoef nie opinies of antwoorde te gee op strydvrae oor alles van inentings tot kerklike onderonsies nie. Net omdat mense vrae het, beteken dit nie jy moet dit op hul voorwaardes antwoord nie.

Bid altyd om die Here se onderskeidingsvermoë. Moenie bang wees om te sê wat jy moet sê as dit nodig is nie. Maar onthou: Die Here se knegte is nooit bakleierig nie. Leef eerder met negatiewe etikette saam as dat jy afbrekend praat en jou siel besoedel. Sulke optredes doen die Heer geen eer aan nie.

Ekerk bied met trots ons eerste Digitale Learning Community aan vir 2021. Ons nooi jou graag na hierdie digitale geleentheid toe op Donderdag 11 Maart 2021. Ons gaan tydens die oggend uit verskillende hoeke die soeklig laat val op nuwe verstaan van geloof, menswees en leef in hierdie tyd waar alles altyd in teenpole opgestel word. Ons wil graag tydens hierdie geleentheid mense help om ’n nuwe middel te ontdek met nuwe vrae en nuwe maniere van leef binne die koninkryk van God.Moet nie hierdie unieke leergeleentheid misloop nie!

Tema: Draadsitters vir Jesus: Die Bybelse middelgrond in ’n tyd van kampgevegte.

Plek: Regstreeks deur middel van video

Jy het net ‘n internet-konneksie nodig waar jy saam gaan kyk op video na die regstreekse uitsending van die dag. Die geleentheid is REGSTREEKS en die OPNAME GAAN SLEGS VIR 24 URE NA DIE GELEENTHEID BESKIKBAAR WEES om weer daarna te kyk. Neem asb kennis dat jy moet betaal en registreer om deel te neem. Geen betaling of registrasie, geen toegang.*

Tyd: 10:00 – 12:00
Datum: 11 Maart 2021
Koste: R50 pp

Neem asb kennis dat die kaartjieverkoope sluit om 11 Maart 2021 om 06:00.

Sprekers vir die oggend:

  • Dr Roedolf Botha (leraar, teoloog, kerkplanter)
  • Dr Ena Bromley (Ph.D., M.Sc., statistical geneticist, genetic epidemiologist and visionary.)
  • Prof Stephan Joubert (teoloog, skrywer)
  • Dr Koos van der Merwe (predikant, bekroonde liedskrywer, digter)

Daar sal 5 VBO-punte toegeken word vir die bywoning van hierdie leergeleentheid. Daar gaan slegs VBO punte toegestaan kan word indien jy ’n kaartjie gekoop het.

* Reg van toegang voorbehou deur ekerk direksie

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui