Dinosourusse

Dinosourusse was unieke land-reptiele wat ook lug ingeasem het en dus saam met al die ander landdiere op dag 6 deur God geskape is.

Volgens evolusioniste het dinosourusse ongeveer 65 miljoen jaar gelede uitgesterf. Skeppingsleerders glo egter dat dinosourusse gewone diere was wat ook geskep is soos beskryf in Genesis 1 en dat hulle ook op Noag se ark was.

Uitsterwing

Evolusioniste het baie teorieë oor hoe dinosourusse uitgesterf het. Die gewildste een is dat dit deur ‘n groot asteroïde gebeur het ongeveer 65 miljoen jaar gelede.

Skeppingsleerders glo dat dinosourusse mettertyd uitgesterf het, soos ander diere soos die dodo in 1681 uitgesterf het. Dit was waarskynlik weens atmosferiese en klimaatsveranderinge na die sondvloed. Mense kon ook ‘n rol gespeel het. Dit was dus nie die sondvloed wat hulle uitsterwing veroorsaak het nie, soos baie mense glo nie.

Dinosourusse in die Bybel

Party mense redeneer dat ’n mens nie van dinosourusse in die Bybel lees nie en daarom het hulle miljoene jare gelede uitgesterf. Daar is ‘n paar dinge wat ’n mens daarop kan sê:

1. Argument uit stilte

Dit is ‘n argument uit stilte.

2. Bybel noem nie alle diere nie

Die Bybel praat ook nie van olifante, renosters en kameelperde nie, tog kry ’n mens hulle vandag.

3. Bybel noem moontlik wel dinosourusse

Job praat van die behemoth (40:10-19 / 40:15-24) en die leviatan (40:20- / 41:1-34). In die Afrikaanse Bybel word dit vertaal as ’n seekoei en ’n krokodil onderskeidelik. Hierdie diere pas egter hoegenaamd nie die beskrywing volgens die Bybel nie. Kyk behemoot en leviatan en Die Bybel oor skepping vs evolusie. Die behemoot was waarskynlik ’n brachiosaurus en die leviathan ’n swemmende reptiel soos die Sarcosuchus imperator, plesiosourus of mosasourus.

Jesaja 30:6 praat van vlieënde drake:

  • ABA: “drake wat vlieg”
  • AFR53, NLV: “vlieënde draak”
  • AFR83: “drake rondvlieg”
  • AFR20: “vlieënde vurige slange”
  • KJV, AMP, ESV, ASV: “[fiery] flying serpent”

Hierdie mag dalk na ‘n pterosaur verwys.

Dinosourusse het onlangs geleef
alt

Lewende fossiele

Vandag word dinosourusbene saam met beendere van hedendaagse diere gevind en fossiele van sogenaamde prehistoriese diere is feitlik identies aan hedendaagse diere. Kyk Lewende fossiele.

Kyk ook

2 thoughts on “Dinosourusse”

  1. Die krisis in die NG Kerk is ontstellend. Lidmate is in die duister met Sinode besluite. Die nuwe denkers dink hulle het die kerk gekaap maar vergeet dat God alleen heers en Hy sal ons nie in die steek laat nie. Ek bid saam met alle leraars en lidmate wat weë soek vir oplossing.
    Dankie dat ek kan deel in Glo die Bybel.
    Seënwense
    Gys en Ina Hough
    (Lidmate van DENNEOORD NG gemeente, George)

  2. ” 2 Job praat van die behemoth en die leviathan. ”
    Toe Prof Fensham Job vir die 1983 vertaling vertaal het, het hy in die klas die volgende opmerking gemaak: ‘Menere, Job is in die oudste Hebreeus in die Bybel geskryf. Ek weet nie wat om hiermee te maak nie. Daar bestaan nie vandag sulke diere nie’ . As mens mooi kyk na hoe die struktuur en gewoontes van die behemoth beskryf word, bv. dat sy krag in sy heupe is, dan kan dit nie anders as ’n dinosourus wees nie, en dan nog die grootste en sterkste van almal.
    Sien hierdie skakel: https://www.youtube.com/watch?v=m3vQvgfwvbc

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui