Kyk ook:
Op Sondag 31 Augustus 2025 het die twee leraars van NG gemeente Hermanus, ds Corné Kemp en ds Johan Botes, ‘n intergeloofserediens gehou (kyk NG Kerk Hermanus 31.08.2025). Na heelwat negatiewe terugvoer het hulle die volgende persverklaring uitgereik:
- Persverklaring (8 Sep 2025)
Daarna het die geleentheid die volgende dekking in die media gekry:
- Hermanus NG Kerk intergodsdienstige nagmaals-erediens (12 Sep 2025, Ferdie Mulder, Youtube)
- Hermanus NGK reageer op inter-godsdienstige erediens (18 Sep 2025, Ferdie Mulder, Youtube)
- Intergeloof-nagmaal wys NG Kerk is in moeilikheid (21 Sep 2025, Johan Janse van Rensburg, Rapport)
- Nagmaal-herrie: Klaers soek sensasie, sê NG kerk Hermanus (21 Sep 2025, Johan Eybers, Rapport)
- Interfaith gathering sparks connection (Sep 2025, The Village News)
- Herrie oor nagmaal: ‘Wees bietjie dapper en deel jou ruimte, broer’ (28 Sep 2025, Christo Benadé, Rapport)
**********
PERSVERKLARING: EREDIENS 31/08/2025
08/09/2025
Die Kerkraad van NGK Hermanus neem kennis van ’n video wat onlangs versprei is en sterk emosies ontlok het. Ons spreek ons jammerte uit oor die skade wat dit veroorsaak het, maar bevestig dat die inhoud van die video onwaar is. Die video is gemaak deur iemand wat nie die diens bygewoon het nie en geen gesprek met lidmate, die predikant of leraars gevoer het om feite te verifieer nie.
Die betrokke ekumeniese diens was een van die hoogtepunte op ons kalender – ’n viering van geloof en gasvryheid saam met gaste uit ander denominasies, tale en selfs gelowe. Dit was vir ons ’n voorreg om hierdie gaste te ontvang. Gaste wat nie as Christene identifiseer nie, het nie die nagmaal gebruik nie, maar het wel die geleentheid gehad om te sien hoe dit in ons Gereformeerde tradisie bedien word, na ’n naweek van intergeloof-gesprekke oor gebed by Volmoed.
Ons gemeentelede het nie net oor Christelike liefde gesing nie, maar dit tasbaar geleef in hulle gasvryheid en warm verwelkoming. Ons betreur dat hierdie liefdelose en sensasie-soekende video verdagmakery en skinderpraatjies versprei het wat die getuienis van die Kerk in ons land benadeel. Indien verskoning verskuldig is, is dit aan die jong man wat sonder enige rede of feite verkeerdelik as ’n sangoma geïdentifiseer is.
UITGEREIK DEUR DS. KEMP & DS. BOTES