Kyk ook:
- NG Kerk gee uit medelye humanitêre hulp in Midde-Ooste (14 Aug 2025)
Kyk ook KOMMENTAAR onderaan.
*******
NG Kerk skenk kwartmiljoen om Gasa te help: ‘Ons kan nie die lyding ignoreer’ | Netwerk24
Johan Eybers
Sondag, 17 Augustus 2025
Die NG Kerk kan nie sy oë sluit vir die lyding van vroue en kinders in Gasa nie.
Só het ds. Jan Lubbe, moderator, gereageer ná kritiek op die kerk se besluit om ’n kwartmiljoen rand uit sy rampfonds vir humanitêre hulp in die streek te skenk.
Lubbe het by navraag gesê gemeentes en sinodes van die NG Kerk is uit ’n gesindheid van Christelike barmhartigheid in talle plaaslike kontekste by noodleniging betrokke, en die algemene sinodale moderamen het in dieselfde gees besef “dat die kerk nie ongeraak verby die ontsaglike lyding van kinders en vroue in Gasa kán stap nie”.
Ds. Neels de Jager van die NG gemeente Vaalrivier het Donderdag in ’n verklaring die skenking as “erg problematies” bestempel.
Hy meen “min tot niks daarvan gaan by honger kinders uitkom nie”.
De Jager beskuldig die algemene sinodale moderamen (ASM) daarvan dat hy meer omgee oor die opinies van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) as oor die mense van Suid-Afrika of sy eie lidmate.
De Jager gebruik aanhalings uit Mosab Hassan Yousef se boek Son of Hamas om aan te voer dat korrupsie en Hamas se magshonger – nie Israel nie – die ware oorsaak van Palestynse lyding is.
Hy sê Israel is as land gevestig nadat meer as 6 miljoen Jode in die Tweede Wêreldoorlog vermoor is en dat Israel grond in die Wesoewer en Gasa afgestaan het vir ’n Palestynse staat.
“Maar ten spyte van 53 Moslemlande wêreldwyd – 2020-statistieke – is niks ooit genoeg nie,” lui De Jager se verklaring.
Ds. Rheinier Nel, ’n leraar van Bethulie wat deur die kerk van sy legitimasie as predikant gestroop is, het ook die besluit in ’n ope brief veroordeel.
Volgens Nel was daar reeds duidelike meningsverskille op die algemene sinode in 2023 oor die konflik tussen Israel en die Palestyne, maar die ASM het voortgegaan en ’n besluit geneem wat tot groot verdeeldheid binne die kerk kan lei.
Lubbe het verduidelik dat die ASM sy opdragte van die algemene sinode ontvang, en een van daardie besluite uit die sitting van Oktober 2023 het spesifiek oor die konflik in die Midde-Ooste gehandel, met ’n sterk pleidooi vir vrede en ’n volhoubare oplossing.
“Die ASM, as die verteenwoordigende leierskap van ál nege sinodes van die NG Kerk, het die opdrag om tussen sinodes met besluite van die algemene sinode te handel, veral wanneer dramatiese gebeure of dinamiese ontwikkelinge in ons leefwêreld afspeel en dit ook ander Christelike kerke raak.”
Hy sê die ASM het reeds by twee vorige geleenthede op hierdie én ander konflikte gereageer.
Die VN se agentskap vir Palestynse vlugtelinge (UNRWA) het die afgelope week bekend gemaak dat byna een uit elke vyf jong kinders in Gasastad nou aan akute wanvoeding ly.
Die ASM se besluit volg kort ná skerp uitsprake deur die Wêreld- en Suid-Afrikaanse Raad van Kerke dat Israel kerke en ander plekke van aanbidding in Gasa teiken, verhongering as ’n oorlogswapen teen Palestyne gebruik, humanitêre bystand dwarsboom en volksmoord pleeg. Die NG Kerk is lid van albei rade.
Die dagbestuur van die ASM het vroeër die skenking in ’n verklaring aangekondig “as ’n gebaar van Christelike liefde en barmhartigheid te midde van ontsettende menslike lyding, veral dié van kinders en weerloses in Gasa”.
Die skenking sal deur die Midde-Oosterse Raad van Kerke (MECC) versprei word.
“Die MECC, met sowat 150 personeellede in Gasa, verskaf noodsaaklike mediese sorg, medisyne, voedsel, pastorale ondersteuning en ander basiese behoeftes aan mense in groot nood, met ’n besondere fokus op Christene wat by kerke skuil.”
Die verklaring lui verder: “Soos met soortgelyke hulpverlening in 2023 ná die aardbewings in Turkye, getuig hierdie besluit van die NG Kerk se oortuiging om nie weg te kyk van waar daar nood is nie, maar om in gehoorsaamheid uit te reik en hoop te probeer bied – ook buite Suid-Afrika.”
Bylaag A: Neels de Jager
facebook.com/share/p/1BFNuak8yL
14 Aug 2025
On November 29, 1947 the United Nations adopted Resolution 181 (also known as the Partition Resolution) that would divide Great Britain’s former Palestinian mandate into Jewish and Arab states in May 1948 when the British mandate was scheduled to end. (History.state.gov retrieved 14 Augustus 2025)
DIE WÊRELD het Israel as land gevestig nadat meer as 6 miljoen Jode vermoor is in WO2.
Israel het land in die Wesbank en Gaza afgestaan vir ‘n Palestynse staat. Maar ten spyte van 53 Moslem lande Wêreldwyd (2020 statistiek) is niks ooit genoeg nie.
“This land for peace offer represented a historic opportunity for the long-suffering Palestinian people, something few Palestinians would have dared imagine possible. But even so, it was not enough for Arafat. Yasser Arafat had grown extraordinarily wealthy as the international symbol of victimhood.”
“For Arafat there always seemed to be more to gain if Palestinians were bleeding. Another intifada would surely get the blood flowing and the Western cameras rolling once afain”. (Boek – Son of Hamas, Mosab Hassan Yousef bl 126-127).
“But many in Hamas smelled money, power and glory. Even former leaders who had given up on the organization came out of nowhere to grab a piece of the pie”. (Bl225).
Min dinge in Israel/ Palestina is eenvoudig. Maar een ding is duidelik – die R250 000 wat die Algemene Sinodale Moderatuur van die NG Kerk nou wil skenk vir Gaza is erg problematies. Myns insiens sal min na niks daarvan uitkom by honger kinders. Vir ‘n FEIT het die Algemene Sinode van 2023 NOOIT OPDRAG OF TOESTEMMING hiertoe gegee nie. Dit is myns insiens duidelik dat die ASM SE rigting van denke daarop dui dat hulle meer omgee vir die opinie van die Suid Afrikaanse Raad van kerke as vir mense in Suid-Afrika of sterwende gemeentes van die NG Kerk.
Ek distansieer my van hierdie besluit van die ASM en Vaalrivier gemeente sal hierdie saak voorlê op die eerskomende kerkraads vergadering met die oog daarop om ook die saak te bespreek en ‘n dringende skrywe te rig aan ‘n skynbaar horende doof ASM.
Blessings Neels de Jager
Bylaag B: Rheiner Nel
OPE BRIEF: Aan die NG Kerk Algemene Sinodale Moderamen en Dagbestuur.
U sogenaamde ” Herderlike brief” gerig aan “broers en susters en gesinsgenote” versprei op 14 Aug 2025 van die Algemene Sinodale Dagbestuursvergadering gehou op 28 Julie 2025 verwys.
Die gebruik van “Herderlike briewe is analogies met die Roomse ensikliek of pouslike briewe aan die biskoppe.
In die genoemde skrywe (ASM Dagbestuur) identifiseer die afsender homself as die Algemene Sinodale Moderamen ( ledetal 45) se dagbestuur.( ledetal 13). Kerkorde. Regl 2.4.1.
In die skrywe verwys die dagbestuur verskeie keer na “ons ” wat besluit het en oortuig is.
Egter wanneer die skenking van R 250 000 .00 vir Gasa ter sprake kom dan word vermeld dat die Algemene Sinodale Moderamen dit gemagtig het.
Uit die skrywe is dit nie duidelik of dit n handeling is van die Algemene Sinodale Moderamen en/of dit die Algemene Sinodale Moderamen Dagbestuur is nie.
Indien dit die handeling is van die Algemene Sinodale Moderamen dan is dit Kerkordelik ongeldig. Op grond dat die betrokke kommissie se handelingsbevoegdheid deur KO. Reglement 2. 5.10 voorgeskryf word as: “Die ASM het bevoegdheid oor beleid ten opsigte van die bedryfsake ( personeel, fondse, bates en beleggings) van die Algemene Sinode.”.
Kerklike missionale aktiwiteite is lankal afgewentel na die plaaslike gemeentes. Dit is dan ook so geformuleer in die Algemene Sinode se Droomsceanario 2030. Dus: Misionale aktiwiteite is nie deel van die ASM se handelingsbevoegdheid nie.
Verder: Die konflik Israel- Palestina het reeds gelei tot meningsverskille op die Algemene Sinode 2023. Daarna het die konflik hieroor verdiep plaaslik en wereldwyd.
Die Kerkorde Regl. 2.5.11 noem spesifiek dat indien die Algemene Sinodale Moderamen vermoed dat n besluit of standpunt tot groot verdeeldheid kan lei moet die Algemene Sinodale Moderamen die advies van die streeksinodes inwin om konsensus te kry.
My kontensie is dat dit nie gedoen was nie. Ook dat die geldelike skenking aan Gasa die konflik oor die Algemene Sinode se jarelange sinodekrasie verder in gemeentes gaan verdiep.
Indien die Gasa geldelike skenking die besluit was van die Algemene Sinodale Moderamen Dagbestuur dan is dit ook ongeldig. Die Kerkorde Regl. 2. 4.3 ken alleen aan die Algemene Sinodale Moderamen se dagbestuur bevoegdheid toe met betrekking tot die goedkeuring van notules van die Algemene Sinodale Moderamen..
Die Algemene Sinodale Moderamen Dagbestuur gee baie hoog op in die “herderlike brief” van Kerkordelike getrouheid en integriteit.
Die tyd het lankal vir die Algemene Sinodale Moderamen en Dagbestuur aangebreek vir introspeksie voor die spieel van die Skrif en Belydenis.
Ds.Rheinier Nel.
NG Gemeente Bethulie.
16 Aug 2025.
083 501 7302
Kommentaar
xxx
Die NG Kerk met sy liberale bestuur en die fondse wat oorbetaal is aan Gasa is besig om die knie te buig voor satan. Die predikante en predikers is besig om die gemeentelede saam met hulle oor die afgrond die verderf in te sleep.