Skeppingsvolgorde volgens Genesis 1

Hier volg die skeppingsverslag volgens Genesis 1 in die Bybel en ’n kort beskrywing wat dit prakties moontlik beteken het.

Dag 1

(1)In die begin het God die hemel en die aarde geskep. (2)Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef. (3)Toe het God gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig. (4)God het gesien die lig is goed, en Hy het die lig en die donker van mekaar geskei. (5)God het die lig toe “dag” genoem, en die donker het Hy “nag” genoem. Dit het aand geword en dit het môre geword. Dit was die eerste dag.

Wat geskep is: Aarde (roterend), ruimte, tyd en lig: Die aarde was heel moontlik heeltemal bedek met water (kyk dag 3). Ruimte en tyd is op redelike afleidings gebaseer.

Let daarop dat die aarde op hierdie stadium reeds moes roteer het anders kon daar nie dae wees nie. Kyk Dae sonder ‘n son.

Dag 2

(6)Toe het God gesê: “Laat daar ’n gewelf wees tussen die waters om die waters van mekaar te skei.” (7)So het dit gebeur. God het die gewelf gemaak en die waters onder die gewelf geskei van die waters bo die gewelf. (8)God het die gewelf “hemel” genoem. Dit het aand geword en dit het môre geword. Dit was die tweede dag.

Wat geskep is: Atmosfeer: ’n Redelike afleiding om te maak, anders sou die plante nie die volgende dag kon uitspruit nie.

Dag 3

(9)Toe het God gesê: “Laat die waters onder die hemel op een plek bymekaarkom sodat die droë grond sigbaar word.” So het dit gebeur. (10)God het die droë grond “aarde” genoem, en die waters wat bymekaargekom het, het Hy “see” genoem. En God het gesien dit is goed. (11)Toe het God gesê: “Laat daar uit die aarde groenigheid voortkom, groen plante wat saad gee en vrugtebome op die aarde, wat elkeen na sy aard vrugte dra en waarvan die saad in sy vrug sit.” So het dit gebeur. (12)Die aarde het groen plante laat uitspruit wat elkeen na sy aard saad gee, en bome wat vrugte dra met die saad daarin, elkeen na sy aard. En God het gesien dit is goed. (13)Dit het aand geword en dit het môre geword. Dit was die derde dag.

Wat geskep is: God het die droë grond en die see geskei en plante geskep: Die droë grond was heel moontlik Gondwanaland en het geskei in die verskillende kontinente tydens die sondvloed (kyk hoofstuk 11 uit die Creation Answers Book: Chapter 11: What about continental drift? en ook Natural rafts carried animals around the globe).

Dag 4

(14)Toe het God gesê: “Laat daar ligte wees aan die hemelgewelf om dag en nag van mekaar te skei. Hulle moet ook as tekens dien om seisoene, dae en jare aan te dui. (15)Hulle moet ligte wees aan die hemelgewelf om op die aarde lig te gee.” So het dit gebeur. (16)God het die twee groot ligte gemaak, die grootste om bedags te heers en die kleiner lig om snags te heers, en ook die sterre. (17)God het hulle in die hemelgewelf geplaas om op die aarde lig te gee, (18)om oor dag en nag te heers en om lig en donker van mekaar te skei. En God het gesien dit is goed. (19)Dit het aand geword en dit het môre geword. Dit was die vierde dag.

Wat geskep is: Son, maan, sterre en planete. Soms vra mense hoe daar dae kon wees voor die son geskep is. Skeppingsleerders se verduideliking daarvoor is dat God moontlik self die lig was. Kyk Dae sonder ‘n son. Hierdie is ook duidelik teenstrydig met kosmologiese evolusie wat beweer dat die aarde eers na die son en ander groter sterre gevorm het. Hoekom het God eers die aarde geskape en toe die res van die hemelliggame? Daar is twee moontlikhede:

  1. Miskien wou God verhoed dat mense die son belangriker ag as die aarde en die son begin aanbid. Kyk Sun, shine! Moon, glow! Stars, twinkle! Day 4.
  2. Miskien is dit vir ons ’n aanduiding hoe belangrik God die mens ag: Hy het ons eerste geskape en die res van die heelal is vir ons geskep. Kyk Ons is in die middel!

Dag 5

(20)Toe het God gesê: “Laat die waters krioel van lewende wesens, en laat daar voëls onder die hemelgewelf oor die aarde vlieg.” (21)God het die groot seediere geskep en al die ander lewende wesens waarvan die waters krioel, almal na hulle aard; ook al die voëls na hulle aard. En God het gesien dit is goed. (22)Toe het God hulle geseën: “Wees vrugbaar, word baie en bewoon al die waters van die see. En laat die voëls baie word op land.” (23)Dit het aand geword en dit het môre geword. Dit was die vyfde dag.

Wat geskep is: Vlieënde kreature (onder andere voëls) en seekreature (onder andere visse)

Dag 6

(24)Toe het God gesê: “Laat die aarde lewende wesens voortbring, elkeen na sy aard: mak diere, diere wat kruip, wilde diere, elkeen na sy aard.” So het dit gebeur. (25)God het die wilde diere op die aarde gemaak, elkeen na sy aard; ook die mak diere, elkeen na sy aard; en ook al die diere wat kruip, elkeen na sy aard. En God het gesien dit is goed. (26)Toe het God gesê: “Kom Ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld, sodat hy kan heers oor die vis in die see, die voëls in die lug, die mak diere, die wilde diere en al die diere wat op die aarde kruip.” (27)God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep. (28)Toe het God hulle geseën en vir hulle gesê: “Wees vrugbaar, word baie, bewoon die aarde en bewerk dit. Heers oor die vis in die see, oor die voëls in die lug, oor al die diere van die aarde, ook oor die diere wat op die aarde kruip.” (29)Verder het God gesê: “Let op! Ek gee aan julle al die plante wat saad gee op die hele aarde; ook al die bome wat vrugte dra en saad gee. Dit sal julle kos wees. (30)Maar aan die wilde diere op die aarde en aan die voëls in die lug en aan die diere wat op die aarde kruip, aan alles wat leef, gee Ek al die groen plante as kos.” So het dit gebeur. (31)Toe het God gekyk na alles wat Hy gemaak het, en dit was baie goed. Dit het aand geword en dit het môre geword. Dit was die sesde dag.

Wat geskep is: Landkreature (onder andere landdiere) en die mens.

Dag 7

Genesis 2:
(1)Die hemel en alles daarin is voltooi en ook die aarde en alles daarop. (2)Op die sewende dag was God reeds klaar met die skeppingswerk en het Hy gerus na al die werk wat Hy gedoen het. (3)Hy het die sewende dag as gereelde rusdag geheilig, want op daardie dag het Hy gerus na al die skeppingswerk wat Hy gedoen het. (4a)Dit dan is die geskiedenis van die hemel en die aarde toe hulle geskep is.

Wat geskep is: Niks is geskep nie. God was klaar met Sy skepping en het gerus.

Bybelse skeppingsweergawe teenoor evolusie en oerknal

Die volgende is ’n baie vereenvoudigde voorstelling van die evolusie van lewende dinge volgens die evolusieteorie:

Bybel

~4004 vC

Evolusie en oerknal

15 miljard jaar gelede

Dag 1-3: Aarde, water, land-see

Dag 4: Hemelliggame: son, maan, sterre

Dag 5: Seediere en voëls

Dag 6: Landdiere en die mens

Oerknal

Hemelliggame

Aarde

Amoeba

Visse

Soogdiere

Walvisse

Ape

Mens

Dinosourusse

Ander reptiele

Voëls

Die belangrikste om op te let is dat die aarde, die mens se woonplek, eerste geskep is volgens die Bybel. Volgens evolusie is die aarde en die mens ’n toevallige gebeurtenis.

Vraag: Indien die son eers op dag vier geskep is, hoe kon daar dae gewees het voor dag vier?

Om ’n dag te meet, moes daar ’n roterende aarde en lig gewees het. Volgens Openbaring is God lig:

  • Openbaring 21:23 : Die stad het nie die son en die maan nodig om hom te verlig nie, want die heerlikheid van God het hom verlig, en die Lam is sy lamp.
  • Openbaring 22:5 : Daar sal nie meer nag wees nie. Die mense het nie die lig van ’n lamp en die lig van die son nodig nie, omdat die Here God hulle sal verlig, en hulle sal tot in alle ewigheid regeer.

Dus was ’n son streng gesproke nie nodig nie (kyk ook How could the days of Genesis 1 be literal if the sun wasn’t created until the fourth day?).

Ander bronne

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui