Die Bybel oor ouderlinge en diakens

Handelinge 20

(17)Van Milete af het Paulus ’n boodskap na Efese toe gestuur om die ouderlinge van die gemeente te laat roep.

1 Timoteus 3:1-12

Die ouderlinge van die gemeente

(1)Dit is ’n waar woord: as iemand graag ouderling wil wees, begeer hy ’n voortreflike werk. (2)’n Ouderling moet onberispelik wees, getrou aan sy vrou, nugter, verstandig, beskaaf, gasvry en bekwaam om te onderrig; (3)hy moenie aan drank verslaaf of ’n rusiemaker wees nie, maar inskiklik, vredeliewend en nie geldgierig nie. (4)Hy moet sy eie huisgesin goed kan beheer en in alle opsigte op waardige wyse gesag oor sy kinders kan uitoefen. (5)Immers, as iemand nie weet om sy eie huisgesin te beheer nie, hoe kan hy dan die sorg vir die gemeente van God op hom neem? (6)Hy moet ook nie iemand wees wat maar onlangs tot geloof gekom het nie. So iemand kan verwaand word, en in die oordeel kom waarin die duiwel hom laat beland. (7)Ook by die mense buite die gemeente moet hy as ’n goeie man bekend staan, sodat daar nie praatjies oor hom ontstaan en hy in ’n strik van die duiwel val nie.

Die diakens van die gemeente

(8)Net so moet diakens ook manne van goeie karakter wees. Hulle moenie uit twee monde praat nie en nie aan drank verslaaf of op oneerlike winsbejag uit wees nie. (9)Hulle moet in alle opregtheid aan die geopenbaarde waarheid van die geloof vashou. (10)Vooraf moet ondersoek ingestel word na hulle geskiktheid, en as niemand beswaar teen hulle inbring nie, kan hulle as diakens dien. (11)Net so moet vroue ook van goeie karakter wees, nie skinder nie, nugter en in alles betroubaar. (12)’n Diaken moet aan sy vrou getrou wees en sy kinders en sy eie huisgesin goed beheer. (13)Dié wat as diaken goed gedien het, verwerf vir hulleself ’n eervolle plek in die gemeente en groot vrymoedigheid in die geloof in Christus Jesus.

Titus 1:6

(6)’n Ouderling moet onberispelik van gedrag wees; hy moet aan sy vrou getrou wees, en sy kinders moet gelowig wees en nie die naam hê dat hulle losbandig lewe en teen gesag in opstand kom nie. (7)’n Ouderling is immers ’n bestuurder van die huishouding van God. Daarom moet hy onberispelik van gedrag wees, nie aanmatigend en opvlieënd nie, nie ’n dronkaard of ’n rusiemaker of ’n soeker na oneerlike wins nie. (8)Hy moet gasvry wees, lief vir wat goed is, verstandig, regverdig, vroom en selfbeheers. (9)Hy moet vashou aan die betroubare woord waarin hy onderrig is. Dan sal hy in staat wees om ander met die gesonde leer aan te moedig en die argumente van teenstanders te weerlê.

Hebreers 13:17

(17)Julle voorgangers hou wag oor julle lewe en moet aan God rekenskap gee. Wees gehoorsaam en onderdanig aan hulle, want dan sal hulle hulle werk met vreugde kan doen en nie kla nie; anders het dit vir julle geen nut nie.

1 Petrus 5:1-4

(1)As mede-ouderling en getuie van die lyding van Christus en ook deelgenoot aan die heerlikheid wat geopenbaar sal word, dring ek by die ouderlinge onder julle daarop aan: (2)Pas die kudde van God wat aan julle toevertrou is, goed op. Hou toesig oor hulle, nie uit dwang nie, maar gewillig soos God dit verwag; nie om eie gewin nie, maar uit toegewydheid; (3)ook nie deur baas te speel oor dié wat God aan julle sorg toevertrou het nie, maar deur ’n voorbeeld vir die kudde te wees. (4)En dan, wanneer die Opperherder kom, sal julle die heerlikheid as onverganklike kroon ontvang.

4 thoughts on “Die Bybel oor ouderlinge en diakens”

  1. Julle voorgangers hou wag oor julle lewe en moet aan God rekenskap gee. Wees gehoorsaam en onderdanig aan hulle, want dan sal hulle hulle werk met vreugde kan doen en nie kla nie; anders het dit vir julle geen nut nie.

    Hebreers 13:17

  2. As mede-ouderling en getuie van die lyding van Christus en ook deelgenoot aan die heerlikheid wat geopenbaar sal word, dring ek by die ouderlinge onder julle daarop aan: Pas die kudde van God wat aan julle toevertrou is, goed op. Hou toesig oor hulle, nie uit dwang nie, maar gewillig soos God dit verwag; nie om eie gewin nie, maar uit toegewydheid; ook nie deur baas te speel oor dié wat God aan julle sorg toevertrou het nie, maar deur ’n voorbeeld vir die kudde te wees. En dan, wanneer die Opperherder kom, sal julle die heerlikheid as onverganklike kroon ontvang.

    1 Petrus 5:1-4

  3. EN van Miléte het hy gestuur na Éfese en die ouderlinge van die gemeente laat roep.
    18En toe hulle by hom kom, sê hy vir hulle: …

    28 Gee dan ag op julleself en op die hele kudde waaroor die Heilige Gees julle as opsieners aangestel het om as herders die gemeente van God te versorg, wat Hy deur sy eie bloed verkry het.
    29Want ek weet dit, dat ná my vertrek wrede wolwe onder julle sal inkom en die kudde nie sal spaar nie.
    30Ja, uit julle self sal daar manne opstaan wat verkeerde dinge praat om die dissipels weg te trek agter hulle aan.
    31Daarom moet julle waak en onthou dat ek drie jaar lank nag en dag nie opgehou het om elkeen met trane te vermaan nie.

    Handelinge 20:18-19, 28-31

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui