Die beginsels in die Bybel bly vir altyd waar

Kyk ook:

**********

Die beginsels in die Bybel bly vir altyd waar | Netwerk24

Deur Rocco Hough, Bellville

29 Oktober 2021

Dit is noodsaaklik om die Bybel te herinterpreteer vir vandag sodat ons dit reg kan verstaan, maar dit kan gevaarlik wees omdat sommige mense die Bybel interpreteer soos wat hulle dit graag sou wou hê.

Wanneer ons die Bybel herinterpreteer, moet ons altyd vashou aan die woorde van Jesus in Mattheus 5:18: “Dit verseker Ek julle: Die hemel en die aarde sal eerder vergaan as dat een letter of letterstrepie van die wet sal wegval voordat alles voleindig is.

Ons moet die Woord herinterpreteer soos wat Jesus dit self gedoen het, naamlik om vas te hou aan al die beginsels wat die Here ons gegee het en om daardie beginsels toe te pas vir die tyd waarin ons leef.

As Deuteronomium 22:8 byvoorbeeld sê ons moet ’n muurtjie om die dak van ons huis bou, is dit duidelik dat die bedoeling is om ons naaste se lewe te bewaar wanneer hulle op die dak kuier. Daardie beginsel kan ons nooit verander nie. Ons moet ander mense se lewe vandag ook bewaar, byvoorbeeld deur ons swembad toe te maak vir kinders of aan ons passasiers te sê om hul veiligheidsgordels vas te maak, ensovoorts.

Ongelukkig is daar sommige moedswillige mense wat die beginsels van die Woord probeer verander en poog om die Bybel iets te laat sê wat nooit die Here se bedoeling was nie – en dit is ’n bitter gevaarlike ding om te doen.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui