Dankie vir dolerende dominees soos Mahne

*******

Dankie vir dolerende dominees soos Mahne | Netwerk24

Dr. Bernhard Ficker, Somerset-Wes

Vrydag, 13 Oktober 2023

Baie dankie aan ds. Gerhard Mahne vir sy skrywe “So saam aanbid Bybel-vreemd” (09.10). Soos ek verstaan, is hy ’n behoudende en dolerende dominee wat onlangs vanuit die Gauteng-area hier in Kaapstad aangeland het. Hy gaan nog ’n groot kultuur- en Bybel-skok ondergaan oor al die Bybelvreemde dinge wat hier in die Kaap ontstaan en aangaan.

Dis iets wat NG Kerk-gelowiges in die noorde nie aan gewoond is nie. Die 12 berugte teoloë en gays wat die NG Kerk hof toe gesleep en veroorsaak het dat die NG Kerk in hierdie groot “vasgeloopte” gemors beland het, was feitlik almal van die Kaap, en veral teoloë en afgestudeerdes van die Stellenbosse Kweekskool.

Meer behoudende en dolerende dominees word in die Kaap-area benodig om die vloedgolf van plaaslike liberale en humanistiese teologie teen te staan en probeer verminder. Baie dankie vir Mahne se pas verskene boek Die Kerk met die verkeerde Baas. Ek het dit pas gelees en was baie bemoedig dat daar dominees is wat nog poog om Bybelgetrou te wees en Bybelvreemde dwaalleer aan die groot kerktoring op te hang en aan die kerk se voordeur vas te spyker sodat mense goed bewus daarvan kan wees.

Ds. Mahne, skryf asseblief nog baie briewe sodat ons Kaapse mense goed bewus kan word van al die Bybelvreemde dinge wat hier uitbroei en aangaan.

• Laat hoor van jou: Stuur jou brief na dbmening@dieburger.com. Briewe moet vergesel wees van die skrywer se naam, adres en telefoonnommer. Briewe korter as 350 woorde sal voorkeur kry. Die Burger behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort. Publikasie van briewe word nie gewaarborg nie en berus by die brieweredakteur. Geen kommunikasie sal hieroor gevoer word nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui