Daar is nie ’n 11de gebod nodig nie

Kyk ook:

Kyk kommentaar onderaan.

*******

Daar is nie ’n 11de gebod nodig nie | Netwerk24

Willem Cillié, Bellville

09 November 2021

Ek is nie ’n opgeleide teoloog nie, maar volgens my kennis het ons hemelse Vader net twee keer met die mens op skrif gekommunikeer. Die eerste keer was toe Hy die Tien Gebooie vir Moses op twee kliptafels geskryf het en die tweede keer was toe Hy vir koning Belsasar teen die muur geskryf het dat sy koninkryk se dae getel is.

Die Tien Gebooie is maklik om te verstaan, maar dis moeilik om daarvolgens te leef. Ons probleme begin wanneer mense die 11de gebod skryf en dit probeer afdwing. Die Proteas moet nou kniel vir BLM, selfdegeslagverhoudings word veroordeel, en vele meer 11de gebooie. Ons moderne leefstyl kan steeds teen die Tien Gebooie gemeet word en geen 11de gebod is nodig nie.

Kommentaar

Selfdegeslagsverhoudings is nie ’n 11de gebod nie. Met hierdie redenasie moet ons ook ruimte maak vir pedofilie en bestialiteit.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui