Gee kerkgeld vir waar dit nodig is

Op 9 November 2021 was daar 88 NG gemeentes wat gedoleer het waarvan 51 gemeentes hulle sinodale bydraes teruggehou het.

*******

Gee kerkgeld vir waar dit nodig is | Netwerk24

Deon de Villiers, Perlemoenbaai

09 November 2021

Ek stem heelhartig met Jannie van Niekerk van Riviersonderend (“Raadslede ’n werkverskaffingsfoefie”, 06.11) saam dat raadslede se uitspattige salarisse ’n werkskeppingsfoefie is.

Daar is egter sekere amptenare wat beslis hul geld verdien.

Sy voorstel is dat daardie geld eerder direk aan munisipale dienste bestee moet word.

Net so voel ek oor kerkleiers en die sinode se werkskeppingsburo, wat deur gemeentes se bydraes betaal word. Om wat te doen? Hulle kom tot geen volhoubare en realistiese besluite nie. Gee liewer die bydraes direk aan die predikers, of behoeftige gemeentelede of ouetehuis en nie vir die skatkis-opgaarders nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui