ASM nooi: práát oor teologiese opleiding

Gustav Claassen, algemene sekretaris van die NG Kerk vra dat lidmate moet praat oor teologiese opleiding.

Presies ’n maand gelede op 12 Junie 2019 het Fanie Snyman in Morelexit: Hy is moeg vir die verdagmakery presies dieselfde gevra.

Ek is bevrees Claassen is óf naïef, óf hy bluf, maar daar is nie ’n manier dat liberales en behoudendes onder een dak kan leef nie – so ’n huis is nie ruim genoeg nie. Hierdie kwessies (soos homoseksualiteit) is te groot om die benadering te volg van “kom ons kom ooreen om te verskil” (“agree to disagree”). Dit tas die gesag van die Bybel in wese aan en veroorsaak dat sonde, wat die Bybel as afskuwelik beskryf, in die kerk ingebring word.

Ek het in Fanie Snyman moeg vir verdagmakery ’n hele rits dinge genoem wat wys dat die kuratoriums nie sal draai nie. Kyk ook die lys briewe ná hierdie artikel.

*************

ASM nooi: práát oor teologiese opleiding | Kerkbode

12 Julie 2019

[ASM = Algemene Sinode moderamen]

Gemeentes en predikante moet hulle vrae en bekommernisse oor teologiese op­leiding met die kuratoria of Algeme­ne Kuratorium bespreek, het dr Gustav Claassen, algemene sekretaris van die NG Kerk, onlangs gesê.

“Die Algemene Kuratorium neem kennis dat daar tans verskeie gesprekke in die kerk oor teologiese opleiding aan die gang is. Teologiese opleiding is ’n baie belangrike deel van ons kerk en dit is goed dat daar voortgaande gesprek in die kerk hieroor is. Teologiese opleiding, soos ander terreine van die kerk se werk­saamhede, is blootgestel aan uitda­gings in ons samelewing, in die kerk en in Hoër Onderwys, volgens Claassen.

Claassen moedig ook gemeentes en predikante aan om hulle eers te verge­wis van die beleidstuk “Raamwerk vir mis­sionale bedieningsontwikkeling van die NG Kerk” voor hulle met die Algemene Kuratorium in gesprek tree.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui