Kyk ook:
- Riaan de Villiers
- Brief: As jou Pinkstersop bitter word (Theo Danzfuss, 13 Jun 2025, Kerkbode)
- Jesus se “liefdelose” uitsprake en dade
- Jesus oor homoseksualiteit
- ’n Saak vir kerkskeuring
Kyk ook KOMMENTAAR onderaan.
*******
Brief: Waaroor het Jesus wél gepraat? – Kerkbode
Kerkbode
11 Junie 2025
Ds Riaan de Villiers van Kaapstad skryf: Die Pinkstersop proe die afgelope dae effens bitter. Terwyl die Gees ons nooi om in liefde een liggaam in Christus te wees, kondig ’n handvol lidmate en gemeentes hier rondom Lydenstyd en Pase aan dat hulle nou afskei van die liggaam – omdat die NG Kerk selfdegeslagverbintenisse erken en gay leraars in verbintenis in die amp toelaat. Hulle staan op Skrifgesag, sê hulle.
LEES OOK: Klassieke Karoo-innovasie: Gemeente en gemeenskap gebruik musiek om waarlik verwelkomend te wees
Die woord “Skrifgesag” word vinnig en hard gebruik. Jesus rep egter nie ’n enkele woord oor gay gelowiges nie. Indien hierdie groep wat wegskeur dan regtig so ernstig is oor die woorde van Jesus moet ons miskien let op dit wat Jesus, volgens die Evangelies, die meeste oor gepraat het. Hy het wél herhaaldelik en dringend gepraat oor die gevare van rykdom, van godsdienstige arrogansie, van mense wat ander uitsluit en self onwillig is om die koninkryk binne te gaan in die manier hoe hulle met mekaar en met hulle besittings omgaan.
Kyk wat gebeur kort na Pinkster met Ananias en Saffira. Wat was hulle oortreding? Hulle het nie met alles wat hulle gehad het ingekoop in die liggaam nie. Hulle het selfs van hulle hulpbronne vir hulleself gehou. Hoeveel dolerende gemeentes ontrek nou hulle sinodale bydrae wat die eenheid, toerusting, barmhartigheid en koninkrykswerk in die breër NG Kerk benadeel?
Wát lê op Jesus se lippe? Nie ’n enkele uitspraak oor gay mense nie. Sy leringe oor rykdom, uitbuiting en die roeping om die armes te dien en die weerloses te omarm, loop egter soos ’n goue draad deur die Evangelies: “Wee julle wat ryk is, want julle het reeds julle troos ontvang” (Luk 6:24).
LEES OOK: Invloedryke teoloog en skrywer Walter Brueggeman oorlede op 92
“Verkoop alles wat jy het en gee dit vir die armes” (Luk 18:22).
“Julle kan nie God én Mammon dien nie” (Luk 16:13).
Ons land staar ’n krisis van ongelykheid, geslagsgebaseerde geweld en chroniese armoede in die gesig. Kinders stap kilometers skool toe sonder kos; gemeenskappe sukkel onder bendegeweld; huishoudings huil oor die gaping tussen ryk en arm. Tog word die brandpunt vir afskeiding ’n verbond van liefde tussen twee volwassenes wat saam in liefde en trou wil leef?
Skrifgesag beteken sekerlik nie om enkele verse te buig en dit as wapen te gebruik om ander uit te hou nie. Ware Skrifgesag ondersoek alles in die lig van Jesus se sentrale boodskap: liefde vir God en ons naaste, vreemdeling, vlugteling en vyand. Wie my naaste is, het Jesus verduidelik in ’n verhaal waar ’n Samaritaan – ’n godsdiens-buitestander—uiteindelik die ware voorbeeld van barmhartigheid word en die weg na die ewige lewe aandui.
Hoe kan ons dan mense uitsluit wat mekaar liefhet en net wag om hulle gawes en hulle liefde in die gemeenskap van Christus in te bring? Hoe kan gemeentes die liggaam van Christus verder so vermink deur hulleself om hierdie redes af te sny van die liggaam?
Pinkster herinner ons dat die Gees oor alle grense vloei, in nuwe tale tot ons spreek, diversiteit omarm en verdeeldheid genees. Afskeiding oor liefde weerspreek daardie Gees. Laat die wêreld ons ken aan ons liefde, nie aan ons skeuring nie. – Brief verkort – Red.
Kommentaar
Daniel Louw
Tipies van vrygesindes, fokus hulle slegs op Jesus se liefde.
Kyk gerus na die artikels in die “Kyk ook”-blokkie aan die bokant en Theo Danzfuss se skitterende reaksie op hierdie artikel.
“Jesus rep egter nie ’n enkele woord oor gay gelowiges nie”.
Ek dink juis weer in besonder aan Lukas 24:27 die afgelope tyd, waar Christus die skille van die Emmâusgangers op sò merkwaardige wyse afgehaal het. Nie met mag en krag en geweld en groot vertoon en onmiddelik nie, maar deur die Gees in woord en daad en ‘n Krag wat priemend tot diep binne in die hart werk. Riaan sé oë het nog nie oopgegaan nie, As Christus spreek dat die Ou Testament van Hom spreek, spreek Hy daarmee saam in kognitiewe parallel met die Gees, dat die Ou Testament wáár is in sy volledige openbaring. Waarom sal Christus spreek oor waaroor die Gees rééds gespreek het? En is die Gees nie IN Christus nie? Lieg die Gees? En God is tog ook Gees. Lieg God die Vader dan?
Die NG Kerk is soos Hamas se leiers, èn Iran se Generaals. Hul woorde is daar om God se woorde wat lànk reeds gespreek is, ongedaan en onwaar te maak oor Israel, en dan met hul éie vleeslike kognitiewe parallel te insinueer, dat God lieg.
Miskien moet hul naak voor God raak, want die “bitterheid” is diep-binne in hulsélf, wat nou gal braak heeldag oor ánder, terwyl die groot parallel balke van hul hoogmoed en trots soos massiewe sementvloere van “Twin Towers” , op die punt staan om tot “as” te word. God se woorde, is nie jou speelmaat nie, Riaan. En dit geld vir álle kerke. Die Ou Testament praat nie net oor 1 soort sonde nie. En ek dink die Pinkster en Charismatiese kérke en NG Kerk en baie ánder, het dit gerieflikheidshalwe vergeet (ignoreer) vir dekades: LIEFDE VIR GELD, is nie sommer ‘n weglaatbare klein sondetjie nie, so asof maar so groot soos ‘n 50sent munstuk nie.
Ek het onlangs heelwat debat ontlok toe ek by my plaaslike geloofsgemeenskap bely het dat ek nie meer myself as Christen sien nie. Die benaming “Christen” in sy moderne definisie is nie meer op my van toepassing nie, en bogenoemde artikel wat blykbaar deur n N.G. Kerk ampsdraer geskryf is, bevestig weereens my oortuiging.
Volgens my verstaan is die God van die Bybel almagtig en kan ons, sy skepsels, Hom en Sy woord nie verander en aanpas om by die gees van hededaagse (en verbygaande ) tendense aan te pas nie. Die Bybel (in sy geheel), is die Woord van die Almagtige God. Bo tyd, menslike foefies, en modes verhewe.
Die Woord van God gee my nie magtiging om n godjie van my eie te maak waarvaan ek hou nie. Nee. Ek kan ook nie n versiesmous wees wat selektief fokus op versies wat my pas nie.
Solank die N.G.Kerk, en watter kerk ookal, n god vir hulself skep wat aan hulle aardse, tydelike modegiere voldoen, en hulself “Christene” noem, gaan ek verkieslik myself nie n “Christen” noem nie. Ek is n sondaar wat n Redder nodig het, n Almagtige God soos Hy Homself in die Bybel openbaar, en nie n godjie wat ek aan n toutjie kan rondruk om aan my sondige behoeftes te voldoen nie.