Waar het die vroeë kerk bymekaargekom?

Handelinge 2:46 “Hulle het almal elke dag getrou by die tempel bymekaargekom, van huis tot huis die gemeenskaplike maaltyd gehou”
Handelinge 5:42 “En hulle het nie opgehou om die mense elke dag in die tempel en in hulle huise te leer en die evangelie te verkondig dat Jesus die Christus is nie.”
Handelinge 8:3 “… hy het van huis tot huis gegaan …”
Handelinge 10:22 Kornelius se huis
Handelinge 12:12 “… huis van Maria … waar baie gelowiges saam was…”
Handelinge 16:32 Tronkbewaarder se huis (?)
Handelinge 16:40 “…is hulle na Lidia se huis toe, waar hulle die gelowiges gesien en bemoedig het”
Handelinge 18:7 “…en na die huis toe gegaan van ’n godvresende man met die naam Titius Justus…”
Handelinge 20:20 “…in julle huise onderrig…”
Romeine 16:5 “Groete ook aan die gemeente wat gereeld in hulle [Priscilla en Akwila] huis bymekaarkom.”
1 Korintiërs 16:19 “Van Akwila en Priscilla en ook van die gemeente wat gereeld in hulle huis bymekaarkom”
Kolossense 4:15 “Dra my groete oor aan die gelowiges in Laodisea en aan Nimfa en die gemeente wat gereeld in haar huis bymekaarkom.”
Filemon 1:2 “Aan Filemon … en aan die gemeente wat gereeld in jou huis bymekaarkom.”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui