Wat is die Kerk van God?

Die Kerk van God is nie ’n gebou of ’n spesifieke gemeente of denominasie nie.

Die Kerk van God is ’n liggaam van gelowiges wat in Christus verenig is.

Verwysings na die Kerk van God in die Bybel

Mat 16:18 | 1 Kor 1:2; 11:22; 15:9 | 2 Kor 1:1 | Gal 1:13 | 1 Tim 3:5

Jesus oor sy moeder en broers

Matteus 12 vertel die volgende:

(46)Terwyl Jesus nog besig was om met die mense te praat, het sy moeder en broers buite gestaan, en hulle wou met Hom praat. (47)Iemand sê toe vir Hom: “U moeder en u broers staan daar buite en wil met U praat.” (48)Maar Hy sê vir die man wat dit vir Hom gesê het: “Wie is my moeder, en wie is my broers?” (49)Toe wys Hy met sy hand na sy dissipels en sê: (50)“Daar is my moeder en my broers! Elkeen wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is, dié is my broer en my suster en my moeder.”

Jesus wil hier sê dat ons ware familie nie deur bloed bepaal word nie, maar deur ons geloof in Christus. Ons ware familie is medegelowiges.

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui