Vryedenke

Ek het die volgende op Quora teëgekom wat die moeite werd is om hier te noem (my eie vertaling):

Is it possible to be a freethinker who believes in God?

Is dit moontlik om ’n vryedenker te wees wat in God glo?

As ’n vryedenker nie in God kon glo nie, sou hulle nie regtig vry wees nie, of hoe?

Ek verafsku die term vryedenker omdat dit so dikwels gebruik word om outomatiese verwerping van alle leerstellings te beteken, eerder as noukeurige, onbevooroordeelde ondersoek daarvan. ’n Vryedenker sal na die idee van God kyk, die argumente oorweeg en besluit om die idee te aanvaar of te verwerp. ’n Dogmatikus aanvaar of verwerp die idee gebaseer op outoriteit van buite (Richard Dawkins sê so) of hul interne wêreldbeskouing (geeste is nie werklik nie).

Op hierdie manier word dit so misbruik soos die term kritiese denke, wat so dikwels gebruik word om rasionele denke eerder as diep introspeksie te beteken. Sien Stephen Sibbald se antwoord op What is critical thinking?

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui