Kletskerk

Kyk ook:

KLETSKERK was ’n aanlyn-geselsruimte op die internet wat geskep is om vrymoedige gesprek en dialoog/debat oor geloofsake aan te moedig. Dit was ’n plek waar verskillende standpunte openlik gestel kan word, en is nie beperk tot lidmate van ’n spesifieke kerk nie. Kletskerk het onstaan nadat ’n kerksakejoernalis, Jean Oosthuizen, deur die debatte op litnet.co.za geïnspireer is om so ’n geselsruimte te begin en te bedryf, aanvanklik vanaf Kerkbode, die amptelike koerant van die NG Kerk, se webblad. Mense van verskillende kerke, geloofsoortuigings en ook agnostici en ateïste het aan die forum deelgeneem. Ter wille van ’n werklike oop gesprek is die minimum mo­de­rering toegepas.

’n “Kuberkerkstryd” het vroeg in 2007 ontvlam toe alle skakels tussen die NG Kerk se amptelike webwerwe en die forum verbreek is weens klagte oor beweerde gods­lasterlike kwinkslae en inhoud op die blad, en ’n dreigende hofinterdik. Sedert 2008 is dit onafhanklik bedryf.

Vandag bestaan dit nie meer nie.

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui