VGK huiwer nog; Hervormdes se gays jubel

Kyk ook:

Die volgende artikel het op Netwerk24 verskyn.

Ten spyte daarvan dat die NG Kerk en die Hervormde kerk geswig het onder die homoseksuele kwessie, het die VGK nog staande gebly.

*********

VGK huiwer nog; Hervormdes se gays jubel

Pieter Cilliers

9 Oktober 2016

Die Verenigende Gereformeerde Kerk (VGK) het gister op sy algemene sinode tot teleurstelling van die kerk se gay lidmate besluit die tyd is nog nie ryp om gay verbintenisse goed te keur nie.

Die sinode het met ’n groot meerderheid (87 stemme teen 48) besluit om op gemeentevlak voort te gaan met gesprekke daaroor, maar wou geen finale besluit neem nie.

Volgens die sinode se besluit is daar nog nie genoeg met gemeentes en ringe gesprek gevoer oor die saak nie, maar die kerk se gay lidmate sê die kerk het die laaste paar jaar nog geen daadwerklike poging aangewend om daaroor met gemeentes te praat nie.

Hanzline Davids, ’n voormalige VGK-dominee en lidmaat van die kerk, sê daar moet erkenning gegee word aan diegene in die kerk wat ten gunste is van gay verbintenisse en pro-LGBT-groepe (lesbies, gay, biseksueel en transgender). Inligting en werksessies moet aan gemeentes verskaf word.

Verskeie lidmate van die VGK het die kerk op sosiale media kwalik geneem omdat hulle meen die kerk bly in gebreke om die beginsels van die Belhar-belydenis, naamlik eenheid, geregtigheid en versoening, uit te leef.

Abe Pieterse, wat sedert 2007 nie as dominee gelegitimeer kon word nie omdat hy gay is, sê die sinode se besluit verbaas hom nie, maar dit is skokkend dat hulle nie tot n finale besluit kan kom nie.

Volgens hom is daar geen beletsel in die VGK se kerkorde wat ’n gay persoon verhinder om ’n predikant van die VGK te wees nie.

  • Intussen is die besluit dat gay amptenare in die Nederduits Hervormde Kerk van Afrika (NHKA) nie meer selibaat hoef te wees nie, volgens een van sy oud- en openlik gay predikante “ ’n geweldige groot deurbraak” en ’n stap in die regte rigting. Pieter Cilliers, ook bekende televisievervaardiger en skrywer van die boek ’n Kas is vir klere, sê dit bly egter ’n pad besaai met duwweltjies en een wat versigtig geloop moet word.

“Die gay-kwessie bestaan uit vrees, oningeligtheid en wanpersepsie. Eers as dit uit die weg geruim word, gaan mense besef gays is ook mense wat net soveel liefde van die kerk verdien.”

Dr. Wouter van Wyk, die NHKA se sekretaris oor kommunikasie, sê ongeag die seksualiteit word daar van alle lidmate verwag om steeds ’n hoë morele standaard te handhaaf. “Ons verwag van alle ampsdraers om verantwoordelik te leef.”

Met hul besluit dié week op die 71ste algemene kerkvergadering (AKV) het die NHKA ook gesê die gesprek oor homoseksualiteit hoort binne die pastorale konteks van ’n gemeente. “Die belange en welstand van die gemeente weeg swaarder as dié van enige ampsdraer as daar ’n botsing van belange tussen ’n ampsdraer en sy of haar gemeente ontstaan.”

Dr. André Ungerer, voorsitter van die 71ste AKV, sê meer as 90% van gemeentelede gaan in konflik oor die besluit wees, maar dis belangrik vir die kerk om hierdie stap te doen.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui